Oscar Pistorius ly aan stresverteuring

Oscar Pistorius en een van sy ondersteuners op 2 Julie 2014 in die hof Foto: Werner Beukes/SAPA/Pool

Oscar Pistorius en een van sy ondersteuners op 2 Julie 2014 in die hof Foto: Werner Beukes/SAPA/Pool

Die Pretoriase hooggeregshof het Woensdag gehoor die moordbeskuldigde Oscar Pistorius ly aan posttraumatiese stresversteuring (PTSV) en daar bestaan ʼn risiko dat hy kan selfmoord pleeg.

Dié besonderhede is vervat in twee verslae deur ʼn psigiater en sielkundige wat Barry Roux SC, vir Pistorius, aan die hof voorgehou het. Volgens die verslae is Pistorius erg getraumatiseer nadat hy Reeva Steenkamp op 14 Februarie 2013 doodgeskiet het.

Die atleet moet glo steeds kliniese behandeling ondergaan, anders sal sy toestand moontlik vererger.

Aggressie vorm nie deel van Pistorius se persoonlikheid nie. “Diegene wat hom ken, beskryf hom as sagmoedig,” het Roux voorgelees.

Volgens die verslag los hy konflik op deur óf oor die situasie te praat óf dit te vermy. Die atleet het ʼn geskiedenis van onsekerheid en om weerloos te voel. Daar is geen bewyse dat die atleet aan angs ly nie. “Hy voldoen nie aan die kriteria vir algemene angsversteuring nie.”

Volgens die verslag was die atleet se gevoelens vir Steenkamp eg. “Alhoewel dit nog ʼn jong verhouding was, was daar geen teken van mishandeling nie.”

Roux en staatsaanklaer Gerrie Nel het saamgestem dat Pistorius nie weer onder kruisverhoor geplaas sal word nie.

Nel het vroeër sy kruisondervraging van die atleet se agent, Peet van Zyl, afgesluit. Van Zyl het gesê hy kan nie onthou dat Pistorius hom gevra het om te reël dat sy eksmeisie Samantha Taylor hom na die Olimpiese Spele in Londen in 2012 kan vergesel nie. Van Zyl het Dinsdag getuig dat Steenkamp die enigste meisie is wat die atleet ooit saamgenooi het na ʼn byeenkoms. Nel het egter kommunikasie voorgehou waarin Pistorius Taylor uitnooi om hom na Londen te vergesel.

Pistorius word beskuldig van Steenkamp se moord. Hy het haar deur ʼn geslote toiletdeur in sy huis in Pretoria doodgeskiet. Hy voer aan hy het haar vir ʼn inbreker aangesien. Hy pleit onskuldig op die aanklag van moord en drie ander aanklagte wat verband hou met die oortreding van die Vuurwapenwet. Die staat voer aan hy het haar tydens ʼn rusie doodgeskiet.

Die saak duur voort. -SAPA

Klik hier om die hooftrekke van die hofverrigtinge gratis op Maroela Media te volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

AmY ·

Ek wonder steeds wat het dan werklik daai aand en in die vroeë oggendure gebeur. Net Oscar en Reeva weet werklik en Reeva is dood.

petra van vuuren ·

sjeim! ek is seker daarvan dat enige mens getraumatiseerd sal wees as hy of sy iemand doodskiet!
arme sot!

Elize ·

Enige mens kan hierdie oorkom,as jy so getreiter word elke dag.Want Oscar,is teen die grond oor hy sy meisie geskiet het,en nou word hy skuldig gemaak,deur Nel,wat so ongenaakbaar is.
As dit ek was,sal ek ook liewer verkies om my dood te maak.
Niemand besef,wat die arme man deurmaak nie,en dan is daar so baie beskuldigings na hom.Wat net kan oordeel.
Hierdie is n teer saak,

Canned Phantom ·

Dis daai ding waaraan jy ly wanneer jy sien jy het jouself in ‘n hoek in gelieg.

Rieks ·

Ek is uiters keelvol van hierdie saak en hoe elke woord met nog 2 ander woorde vervang word, beredeneer word en op die ou einde is ek as leek glad nie beindruk met die verloop van die saak nie. Ek dink hulle balei oor beuselagtighede en kom nie tot die ware motief ens. uit nie.

Hoe lank gaan hulle nog sit en ping-pong speel voor hulle besluit hy is onskuldig, skuldig of net geestesversteurd? Kan die nie maar agter toe deure gebeur en ons net die uitslag kry nie? Daar is immers die werklikheid ook wat Oscar elke dag moet mee saam leef. Skuldig of Onskuldig – hy HET haar geskiet en sy is oorlede.

Oscar erken tog dat jy haar geskiet het en die hof maak ‘n besluit sonder om ons soos ‘n klomp deurmekaar sotte te laat lyk in die ganse wereld se oe!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.