‘Oscar Pistorius ly nie aan geestesversteuring’

Oscar Pistorius in die hof Foto: Daniel Born/The Times/ Pool

Oscar Pistorius in die hof Foto: Daniel Born/The Times/ Pool

Oscar Pistorius ly nie aan ‘n geestesversteuring wat sy gedrag kon beïnvloed nie, het staatsaanklaer Gerrie Nel Maandag aan die hooggeregshof in Pretoria gesê.

Nel het die bevindinge van psigiatriese verslae aan die hof voorgehou. Pistorius is vir 30 dae by die Weskoppies psigiatriese hospitaal as ‘n buite-pasiënt behandel. Die verslae is opgestel deur drie psigiaters en een kliniese sielkundige.

“Die paneel het die verslae beskikbaar gemaak en aan die hof oorhandig. ‘n Geestesversteuring het nie sy vermoë om tussen reg en verkeerd te onderskei, beïnvloed nie,” het Nel aan die hof gesê.

Regter Thokozile Masipa het op 20 Mei gelas dat Pistorius vir psigiatriese waarneming gestuur moet word. Dit was om vas te stel of hy “ten tyde van die pleeg van die misdryf strafregtelik verantwoordelik was”.

Masipa het gelas dat Pistorius geëvalueer sal word om vas te stel of sy algemen angsversteuring en gestremdheid ‘n invloed op hom gehad het toe hy sy vriendin Reeva Steenkamp op 14 Februarie verlede jaar doodgeskiet het.
Die hofverrigtinge duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

AmY ·

Dan moet hy maar die gevolge van sy dade dra.

Daai getjankery in die hof, is omdat hy gedink het hy gaan wegkom, en hy het nie.

Sy lewe gaan nooit weer dieselfde wees nie.

Carel ·

Mense – wat kyk almal mis?
1) Die vuurwapen wet is duidelik – jy mag nie iemand skiet wat nie op jou skiet of jou lewe bedreig nie – hoe weet jy iets of iemand wat agter n toe deur is bedreig jou?
2) Riva sou skree van pyn na die eerste skoot haar tref (dit is mos die een in die heup?)
3) Hoekom sou Riva haarself in die toilet toesluit? (mens sluit jouself mos nie toe in die toilet nie? – behalwe miskien as jy vlug vanaf jou maat?)
4) Hy het eers na die tyd besef wat hy gedoen het en toe panic inskop breek hy die deur af en besef nou hy is in die poef.

Oscar is n swakeling en het Riva vermoor – sy geld het hom nog altyd uit situasies gehelp maar hier glo ek nie dit gaan help nie – as hy hier loskom is daar fout met ons regstelsel – hy het haar geskiet dit is baie simpel hy moet nou maar beitjie gaan sit – hoop hy word n wyfie hy verdien dit..

Maggie ·

Ag asseblief, lyk my julle kort regtig ‘n paar breinselle, as daar nou fout is met die regstelsel, dan moes ‘n sekere persoon wat sy dogter dood geskiet het toe sy, sy voertuig gegaps het in die nag ook skuldig gewees het, hy moes seker nou volgens julle oordeel eers uithardloop die motor stop en toe vra haai wie steel my motor, en ou pappa jou kommentaar stink nes jy, “sick” Ek gaan ook nie vra wie is in my huis on die nag en wil jy my dalk seertjies maak nie, dit is stupid ek gaan skiet , ons is geleer hy gaa jou dood maak as jy nie eerste optree nie. So hoekom gaan ek nou wag

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.