Oscar Pistorius moet minstens só lank sit

Oscar Pistorius word Dinsdag na die aanhoudingselle by die hooggeregshof in Pretoria geneem. Foto: Herman Verwey/Media24/Pool

Oscar Pistorius word Dinsdag na die aanhoudingselle by die hooggeregshof in Pretoria geneem. Foto: Herman Verwey/Media24/Pool

Oscar Pistorius moet minstens 10 maande tronkstraf uitdien voor daar oorweeg sal word om sy vonnis in korrektiewe toesig om te skakel.

Regter Thokozile Masipa het Pistorius Dinsdag tot vyf jaar tronkstraf gevonnis op die aanklag van strafbare manslag. Sy het hom gevonnis ingevolge art. 276 (1)(i) van die Strafproseswet waarvolgens Pistorius ʼn sesde van sy vonnis moet uitdien voor die nasionale kommissaris van korrektiewe dienste kan oorweeg om sy vonnis in korrektiewe toesig om te skakel. Die maksimum vonnis ingevolge art. 276 (1)(i) is vyf jaar tronkstraf.

Sy het Pistorius ook tot drie jaar tronkstraf gevonnis op die aanklag wat met die Vuurwapenbeheerwet verband hou. Die vonnis is vir vyf jaar opgeskort. Staatsaanklaer Gerrie Nel het onmiddellik hierna versoek dat Pistorius onbevoeg verklaar word om ʼn vuurwapen te besit.

Klik hier om die hooftrekke van die hofverrigtinge gratis op Maroela Media te volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

stephanie ·

5 jaar is so min vir n lewe, tog is sy lewe ook in n mate verby. Ek voel jammer vir beide kante, dit voel net of als so onnodig was…. as ,as ,as …. maar soos die oumense se, as is verbrande hout. Sterkte aan die Steenkamps wat nou hopelik kan aanbeweeg en sterkte vir Oscar se familie want dit raak hul net soveel as vir Oscar en ook sterkte vir Oscar want tronklewe is nie lekker nie. Almal verloor hier…
RIP Reeva.

Leeutjie ·

Dis beter so Oscar. Doen wat jy moet doen…. Maak van die geleenthede gebruik om beheer oor jouself te kry met die hulp wat jy gaan ontvang. As jy vrygespreek was sou die haatspraak en selfs moontlik geweldadigheid onder die publiek die oorhand gekry het. Jy is deur soveel die afgelope tyd dat die negatiewe invloede van buite net verdere afbreuk sou doen…. Ek bid vir beide families om te berus en aan te gaan! As hy my seun was sou ek hom liewer agter tralies wou sien as aan die publiek uitgelewer……waar haat en nyd en vergelding seevier!

Anton Visser ·

Ek stem saam glo ook die is die beste vir almal en dat hy nou die rehabilitasie geleenthede moet aangryp en hom self verbeter! Hy kan dit doen! Sterkte aan albei families en Oscar!

elize hartley ·

Regter Maphisa, ek dink sy was fantasties, ek haal my hoed af vir haar in hierdie hofsaak, ek glo dit was nie vir haar ‘n maklike taak nie, maar ek glo en ek weet ook na sy al die faktore in ag geneem het, het dat sy die regte besluit geneem.

Aan beide families wat hierdie verskriklike trauma moes deurmaak, ek bid vir genesing vir hulle. Aan Oscar, hy kon my seun gewees het, my hart het so uit gegaan na hom daar in die beskuldigende bank en ek het meermale gewens ek kon net vir hom ‘n drukkie gee en se alles gaan okay wees. 5Jaar is lank, maar ook nie so lank nie, hou jou kop op hoog en ja, hy moet onthou hy gaan nooit alleen wees nie, ons groot Heel Meester gaan saam met hom wees, elke dag, uur, minuut en sekonde. En aan ons ander mense(publiek) hou asb jul mening vir julle self, die regte prosedure is gevolg en geneem…

Trudie Bergh ·

Oscar die tronkstraf wat jy gekry het….het jy oor jouself gebring…..jy alleen sal weet wat werklik daardie nag gebeur het..dien jou tronkstraf soos ‘n man uit…mag jy, jou familie en Reeva se familie berusting vind.

ANNE-MARIE ·

OSCAR…SEUN….EK BID VIR JOU EN JY GAAN HIERUIT ‘N BETER MENS STAP
GOD IS MET JOU…HY IS GENADIG EN VERGEWE JOU OORTREDINGE MAAR MENSE IS WREED
JESUS SELFS AAN DIE KRUIS VIR ‘N MOORDENAAR GESê: VANDAG SAL JY SAAM MET MY IN DIE PARADYS WEES
WIE IS ONS WAT IN GLASHUISE WOON OM JOU TE STENIG?
MOENIE DIE GROEN KORING IN ONS LANDE VERGEET NIE….MENSE DINK NIE WAT HULLE DOEN EN OORDEEL NIE
JY IS DEUR LYDING EN STEEDS…REEVA IS WEG VIR ALTYD….HOE KAN ONS WEET WAT GOD SE PLAN MET ONS LEWENS IS/
STERKTE EN SAL JOU ALTYD IN MY HART DRA EN OPDRA AAN JESUS
BAIE LIEFDE VAN TANNIE ANNE-MARIE

SY de Wet ·

Moordenaar ? Lees ;Matt_27:38 en Numeri 35 Toe word daar saam met Hom twee ROWERS gekruisig, een aan die regter— en een aan die linkerkant.” l Johannes_1:9 ” As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig. LW Belydenis van sonde Eksodus 20:21 , moord Exodus_23:2 ” Jy mag die meerderheid nie volg in verkeerde dinge nie. En jy mag in ‘n regsaak geen getuienis aflê agter die meerderheid aan om die reg te verdraai nie” llJohn_1:11 For he that biddeth him God speed is partaker of his evil deeds. Mat_5:6″ Salig is die wat honger en dors na die geregtigheid, want hulle sal versadig word.” AS ons wonder of iets reg of verkeerd is , kyk in die Boek .

Gert ·

oj venter, jy is seker n baie verbitterde mens. Gelukkig is jy nie ‘n Regter of Landdros nie (ek flippin hoop nie so nie). Die hof het hom nou klaar gestraf, los die res in die hande van God. Gaan spring liewer self in die Vaalriviere!!!!

jakoos ·

Askies ou Gert, maar waar was “God” toe OP vier skote op ‘n vermeende indringer afgevuur het?

EMK ·

Jakoos – jy sal dalk eendag verstaan! “Nou ken ons ten dele, maar eendag sal ons ten volle ken” – 1 Kor 13. God is oral en daar is ‘n plan met alles. Dis jammer dat mense soms slagoffers is, dit gebeur reg deur die geskiedenis – Sy eie Seun het hy nie ontsien, maar dit alles het ‘n doel.

ELSA ·

OSCAR……STERKTE VIR DIT WAT VOORLE……ALBEI OUER PARE OOK BAIE STERKTE..
ONS MOET NIE OORDEEL NIE…..ONS VADER SAL OORDEEL..

Rina Pretorius ·

Ek gaan nie oordeel nie want niemand weet wat werklik daar gebeur het nie, Oscar, baie sterkte vir jou, lig jou kop en kyk die mense in die oe, niemand is sonder sonde nie en niemand mag jou oordeel nie. Sterkte aan albei kante van die families.

Hannes ·

Stem saam met jou OJ Venter. Die onbevoegde Regter het ‘n president geskep en gaan wraaklustiges in enige twyfelagtige omstandighede nou moor en wegkom met 10 maande. Een keer ‘n boef altyd ‘n boef. Moet nie skynheilig wees en sy optrede beskerm nie mense. Die ou en familie is behep met wapens en o ja, geld(mammon) het hul so magtig gemaak dat hul met als wegkom. Moenie dat hierdie Christenpraatjies jul mislei !

Gert ·

Bla-bla-bla- bla…………………… Mog jy of een van jou naby familie lede nooit in hierdie posisie kom nie want indien wel, sal ek jou graag wil hoor. Bla-bla maar rustig voort, die meeste lesers vat jou in elk geval nie kop toe nie!!

Babs ·

Hannes, Moet asb nie hier praat van geld. Dit was die groot probleem in die Steenkamp gesin. Die ouers was in die dobbelbedryf. Reeva moes sorg vir hulle. Kry liewer beide gesinne jammer. Die Steenkamps omdat hulle ‘n dogter verloor het en die Pistoriusse omdat hulle ook nou deur moeilike tye gaan. Hierdie is nie Christenpraatjies nie. Ons bid werklik vir albei gesinne – EN VIR JOU OOK.

jakoos ·

Neem kennis julle huisbewoners: Julle mag nie meer op inbrekers skiet nie! Oscar is vyf jaar tronk toe gestuur omdat hy op ‘n inbeker geskiet het. Ja, ek weet dit was Reeva in die toilet, maar die regter het OP se weergawe dat hy gedink het dit is ‘n inbreker geheel en al aanvaar (tot wrewel van diegene wat dink hy het haar willens en wetens geskiet). En toe stuur sy hom 5 jaar tronk toe – sonder dat ‘n deel daarvan eens opgeskort word (maar darem met die kans op parool na ‘n tyd).

Maar neem kennis dat DIT nou is hoe die wet geinterpreteer sal en moet word – jy mag nie op inbrekers skiet nie – jy moet wag totdat daar op jou geskiet word.

DIT is die kern van die uitspraak – en ek daag enige regsgeleerde uit om met vers en kapittel te bewys dat ek verkeerd is.

PR Mackay ·

OK ,Cut ! Take six hundred and thirty nine . Met so n ‘Vonnis” , sy is dalk nie werklik dood nie .

jakoos ·

En verder het regter Matsipa enige kritiek teen ons trionke van die tafel gevee. Die wit sosiale werker, Vergeer, se bewerings wat in versagting gemaak is, is totaal verwerp as uitgedoen, verouderd en pateties. (dat sy die gevangenisdiens se 2011/12 jaar verskag aangehaal het en na onlangse gesprekke met gevangenes verwys het, is nie ter sake nie).

Maar Modise se versekerings dat alles hankiedorie is in ons tronke en eintlik vinnig gaan verbeter (a la tipiese ANC-beloftes), is holus bolus as waar en bevestig aanvaar. (dat verskeie regsmense en ook nie-regeringsorganisasies skerp van Modise verskil en hy selfs in die parlementere komitee geloop is, is nie ter sake nie). Ek moet darem byvoeg dat Roux gedink het dis net genoeg om ‘n paar dinge te noem om Modise se bewerings te weerle. Hy moes sy huiswerk baie beter gedoen het.

Kan enigeen my verkwalik dat ek ‘n krieweling begin kry dat wittes se bewerings en getuienis in die NSA vir niks gaan tel nie, maar swartes altyd en oral net die heilige waarheid praat?

lynni ·

Gaan lees wat sekere lot op News24 van Oscar se. Maar as hul mense moor is hul doodstil. Daar is soveel positiewe kommentaar op Maroela Media vir Oscar. Laat hom nou in vrede sy straf uitdien.

Apunamous ·

Wonder of Masipa n paar verkeerskaartjies vir my kan “Oscar”

Sollie ·

Dis goed om te lees daar is BAIE mense wat vergewensgesind is; wat nie wil oordeel want hullle was nie daar nie. Ek is trots met diesulkes geassosieer te word. Mag die Steenkamps nou leer vergewe en probeer aanvaar en iets positiefs hieruit tot stand te bring – ek is seker daar is heelwat manier/dinge.

Mickey ·

leeutjie jy klink soos n plaat wat vasgehaak het maar nietemin dit kon “jou dogter gewees het?” die feit is iemand is vermoor en iemand moet gestraf word daarvoor (net dit ) sonder bybelse teksverse en mense wat namens God wil praat want niemand mag en kan dit doen nie is die hele konsep mos nie te moeilik om te verstaan nie,is dit?

Leeutjie ·

Hoe lekker lag ek nou. Dankie Mickey, my kinders se ook so! Ek sal moet introspeksie doen!

Sofia ·

Ek dink ook 5 jaar te min, Daar is soveel mense daar binne wat nie eers moord geleeg het nie, en hulle kry 16+ jaar en kan eers parool of huisares na 6 jaar kry, waar Oscar dalk na 10 maande kan huis ares kry. Hy het n jong dame se lewe geneem, hoeveel mense daarbinne het net een arm en een been en hulle moet maar tevrede wees met die minste, nou word hy in n enkel sel gesit en kry spesiale behandeling hy is n mense en n oortreder net soos die ander daar binne. Die regstelsel is baie onregverdig. Hy is n mense net soos ons. Hoeveel dames en mans wat daarbinne in die tronke is wat alleen ouers was wat nie kon werk kry nie het plan gemaak mits hy/sy dit diefstal of bedrog was net om vir hulle kinders te sorg even hulle kry 10 jaar+. Hy het n lewe geneem. Wat is missing hier.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.