Oscar Pistorius-moordverhoor: “Daar is nie met misdaadtoneel gepeuter”

Oscar Pistorius Foto: Daniel Born/The Times/Pool (SAPA)

Oscar Pistorius Foto: Daniel Born/The Times/Pool (SAPA)

ʼn Video van die hofverrigtinge volg onderaan die berig. ʼn Ballistiese kenner sal na verwagting Woensdag getuig of Oscar Pistorius sy prosteses aangehad het toe hy vier skote gevuur het wat tot Reeva Steenkamp se dood gelei het.

Kapt. Christian Mangena het Dinsdag reeds in die getuiebank in die Pretoriase hooggeregshof verskyn. Hy het aan die hof gesê hy het toetse gedoen wat verband hou met die gate in die toiletdeur waardeur die atleet Steenkamp op 14 Februarie 2013 geskiet het. Die gate word vergelyk met merke op die teëlvloer en die posisie van Steenkamp se noodlottige wonde.

Die een koeël wat Steenkamp gemis het, is in ʼn afwaartse hoek geskiet. Mangena sê hy het van lasertegnologie gebruik gemaak om sy konvensionele ballistiese toetse te ondersteun.

Pistorius ontken dat hy Steenkamp wou vermoor. Hy voer aan hy was onder die indruk dat ʼn inbreker agter die toiletdeur skuil. In sy weergawe het hy nie sy prostese aangehad toe hy die skote gevuur het nie, en het dus weerloos gevoel. Hy het later sy prostese aangetrek en toe die deur met ʼn krieketkolf oopgebreek toe hy besef Steenkamp is moontlik in die toilet.

ʼn Kenner van die polisie het verlede week getuig dat die merke wat ʼn krieketkolf gemaak het, te laag was en hy glo die atleet was steeds op sy stompies.

Mangena is die vierde polisiegetuie. Vorige getuies is aan erge kruisondervraging van Barry Roux, vir Pistorius, blootgestel. Roux probeer bewys dat die polisie die toneel besmet en met die bewyse gepeuter het.

Roux het Dinsdag aangevoer dat ao Barend van Staden, ʼn polisiefotograaf wat duisende foto’s op die toneel geneem het, bewysstukke rondgeskuif het en foto’s van die hof weerhou het. Gerrie Nel, staatsaanklaer, het Van Staden egter gehelp om te verduidelik dat ʼn krieketkolf uit twee verskillende hoeke afgeneem is, en dit daarom wil voorkom of die kolf geskuif is.

Foto’s van ʼn paar plastiekplakkies dui egter daarop dat dié paar sandale moontlik tydens die neem van die foto’s geskuif is. Van Staden het ontken dat hy die sandale geskuif het, en sê hy het slegs ʼn sportsak geskuif. Hy het aan die hof gesê dit is ʼn regmatige deel van die ondersoek om voorwerpe rond te skuif.

Roux wou ook by Van Staden weet of hy alleen was toe hy die foto’s geneem het. Van Staden het gesê hy kan nie onthou dat sy kollegas saam met hom in die kamer was nie, maar die tye van polisiefoto’s van Van Staden en kol. Motha, van die ballistiese afdeling van die forensiese laboratorium, stem egter ooreen.

Die polisie moes reeds in die hof erken dat ʼn ballistiese kenner ʼn vuurwapen op die toneel sonder handskoene hanteer het en dat een van die atleet se luukse horlosies verdwyn het.

Ander getuies het tot dusver aan die hof gesê dat hulle ʼn vrou se gille die aand gehoor het net voordat Steenkamp doodgeskiet is.

Die staat voer aan die paartjie het die aand baklei.

Pistorius staar ook aanklagte wat verband hou met die oortreding van die Vuurwapenwet in die gesig. -SAPA

Volg die hooftrekke van die hofverrigtinge gratis op Maroela Media.

Die insetsel is deur eNuus vervaardig. Kyk eNuus elke aand om 19:00 op kanaal 144 en 145 op DStv.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

charmaine coetzee ·

Ai dis so hartseer dat onskuldige mense doodgemaak word ek bid vir elke een dat die HERE hulle styfvas sal hou en dat GOD hierdie land van ons sal genees

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.