Oscar Pistorius-moordverhoor: Forensiese bewyse dalk nie uitgesaai

Oscar Pistorius op 10 Maart 2014 in die hof Foto: Bongiwe Mchunu/Independent Newspapers Ltd/Pool (SAPA)

Oscar Pistorius op 10 Maart 2014 in die hof Foto: Bongiwe Mchunu/Independent Newspapers Ltd/Pool (SAPA)

Die staat het Maandag ʼn spesiale aansoek ingedien dat grafiese forensiese bewyse van Reeva Steenkamp se beserings nie tydens Oscar Pistorius se verhoor in die Pretoriase hooggeregshof uitgesaai moet word nie.

Gerrie Nel, die staatsaanklaer, het die aansoek ingedien toe prof. Gert Saayman sy plek in die getuiebank ingeneem het. Saayman sal getuig oor die lykskouingbevindings nadat Steenkamp op 14 Februarie 2013 by Pistorius se huis in die arm, been en kop geskiet is. “Die professor sal getuienis lewer oor die grafiese aard van haar beserings,” het Nel aan regter Thokozile Masipa gesê.

Nel sê die aansoek handel nie oor persvryheid nie, maar word gedoen uit respek vir die waardigheid van Steenkamp en haar familie en vriende. Hy sê Pistorius se regspan ondersteun die aansoek dat klankmateriaal nie “die wye wêreld in gestuur word nie”.

Barry Roux, vir Pistorius, het gesê hulle glo nie die publieke belang moet in dié geval belangriker wees nie.

Die regspan vir die media sal deel wees van die aansoek en die hof het verdaag sodat hulle dit kan bywoon. Dit is nie duidelik hoe die aansoek die media in die hof sal raak nie.

Pieter Baba, hoof van die veiligheidspan die aand wat Steenkamp doodgeskiet is, het Maandagoggend getuig. Roux het selfoonrekeninge aan die hof voorgehou wat teenstrydig is met Baba se getuienis. Roux sê Pistorius het eerste die veiligheidsbeamptes by die landgoed geskakel. “Pistorius het jou om 03:21 geskakel, en hy sal aan die hof getuig dat hy nie duidelik kon praat nie, en kort daarna, om 03:22, het jy hom teruggeskakel om te hoor of alles in orde is by die huis,” het Roux aan Baba gesê.

Baba het vroeër getuig dat Pistorius hom telefonies gerus gestel en gesê het “alles is oukei” by die huis.

Baba volstaan by sy getuienis dat hy eerste die atleet geskakel het. -SAPA

Klik hier om die hooftrekke van die hofverrigtinge gratis op Maroela Media te volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

sarie ·

voel jammer vir Oscar se familie ook,ek sal dink twee verslag gewers in die hele hofsaak sal die ding kan doen,hoekom moet hulle elke dag sit en kyk ,dis nie ‘n sepie wat hulle volg nie,weet hy het Reeeva se lewe geneem,wat nie reg is nie,maar hoop hy het ‘n goeie antwoord wat werklik gebeur het,diep in my hart glo ek hy was en is nog lief vir Reeva.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.