Oscar Pistorius-moordverhoor: Grafiese getuienis nie uitgesaai

Oscar Pistorius Foto: Bongiwe Mchunu/Independent Newspapers Ltd/Pool (SAPA)

Oscar Pistorius Foto: Bongiwe Mchunu/Independent Newspapers Ltd/Pool (SAPA)

Die regter in Oscar Pistorius se moordverhoor het Maandag beslis dat die regstreekse uitsending van hofverrigtinge afgesny moet word terwyl ʼn patoloog grafiese getuienis oor Reeva Steenkamp se beserings lewer.

“Daar sal nou geen regstreekse uitsending wees nie. Dit sluit Twitter in,” het regter Thokozile Masipa gesê.

Die staat het Maandag ʼn spesiale aansoek ingedien dat grafiese forensiese bewyse van Steenkamp se beserings nie uitgesaai moet word nie. Klik hier om meer te lees.

Professor Gert Saayman het daarna sy plek in die getuiebank ingeneem.

Die hofverrigtinge moes vlugtig verdaag nadat Pistorius homself nie tydens die patoloog se getuienis kon bedaar nie.

Saayman hou grafiese foto’s van Steenkamp voor en verduidelik die bloedbevlekte klere wat saam met haar liggaam gebring is vir die lykskouing.

Klik hier om die hooftrekke van die hofverrigtinge gratis op Maroela Media te volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.