Oscar Pistorius-moordverhoor hervat

Oscar Pistorius op 14 Maart 2014 Foto:  Phill Magakoe/Independent Newspapers Ltd/Pool (SAPA)

Oscar Pistorius op 14 Maart 2014 Foto: Phill Magakoe/Independent Newspapers Ltd/Pool (SAPA)

ʼn Nuwe getuie vir die verdediging sal na verwagting Maandag geroep word wanneer Oscar Pistorius se moordverhoor in die Pretoriase hooggeregshof hervat.

Die verdediging sal poog om sy saak te bewys dat Pistorius Reeva Steenkamp vir ʼn inbreker aangesien het toe hy haar op 14 Februarie 2013 in sy huis in Pretoria-Oos doodgeskiet het. Hy word beskuldig van moord. Die staat voer aan hy het haar tydens ʼn stryery geskiet. Pistorius het haar vier keer deur ʼn geslote toiletdeur geskiet. Sy is in die heup, arm en kop getref.

Barry Roux, vir Pistorius, se laaste getuie in die getuiebank, voordat die saak op 17 April uitgestel is, was geoloog en voormalige forensiese analis van die polisie, Roger Dixon. Hy het onder andere getuig oor die skietwonde wat Steenkamp opgedoen het, merke wat op die toiletdeur gemaak is toe Pistorius dit met sy prostese wou oopskop en met die krieketkolf wou oopbreek.

Staatsaanklaer Gerrie Nel het Dixon gekritiseer toe hy beweer hy is ʼn kenner op gebiede waar hy glad nie gekwalifiseer is nie.

Die hofsaak het op 3 Maart begin.

Pistorius staar ook aanklagte wat verband hou met die oortreding van die Vuurwapenwet in die gesig. Hy het onskuldig gepleit op alle aanklagte. -SAPA

Klik hier om die hooftrekke van die hofverrigtinge gratis op Maroela Media te volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Maria Aucamp ·

Hyt n moord gepleeg,en hy moet betaal daarvoor!!Ten minste gaan hy nie met sy lewe betaal nie!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.