Oscar Pistorius-moordverhoor: “Oscar het geweet van patroon in vuurwapen”

Barry Roux Foto: Kevin Sutherland/Times Media Group/Pool (SAPA)

Barry Roux Foto: Kevin Sutherland/Times Media Group/Pool (SAPA)

Darren Fresco, ʼn staatsgetuie in Oscar Pistorius se moordverhoor is Dinsdag aan die uitmergelende kruisondervraging van Barry Roux blootgestel.

Fresco het getuig dat hy en Pistorius ongeveer 30 cm van mekaar af gesit het toe hy oorgeleun het om aan die atleet te sê daar is ʼn patroon in die vuurwapen toe hy dit onder die tafel in die Tasha’s-restaurant in Johannesburg vir hom aangegee het. Pistorius het glo gesê ‘oukei’, en Fresco het daarop aangedring dat Pistorius daarvan bewus was dat daar ʼn patroon in die vuurwapen gelaai is.

ʼn Skoot het in die restaurant afgegaan, toe die vuurwapen na bewering in Pistorius se hande was. ʼn Gat is in die vloer geskiet.

Fresco het getuig hy het aangeneem Pistorius het die patroon uitgehaal omdat hy hom ʼn skouerbeweging sien maak het nadat hy die vuurwapen aangegee het.

Pistorius het onskuldig gepleit op aanklag van moord op Reeva Steenkamp op 14 Februarie 2013 by sy huis in Pretoria-Oos, en onskuldig gepleit op aanklagte wat verband hou met die oortreding van die Vuurwapenwet.

Die saak hervat Woensdag om 09:30 in die Pretoriase hooggeregshof. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Kellies ·

Swak beriggewing. Die berig begin met Barry Roux wat uitmergelende kruisondervraging toegepas het maar daar word verder niks daarvan berig nie. Hoekom?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.