Oscar Pistorius-moordverhoor: Oscar huil oor Reeva se foto’s

Oscar Pistorius, 13 Maart 2014 Foto:  Alet Pretorius/Media24/Pool (SAPA)

Oscar Pistorius, 13 Maart 2014 Foto: Alet Pretorius/Media24/Pool (SAPA)

Oscar Pistorius het Donderdag gehuil toe die staat foto’s van die oorlede Reeva Steenkamp in die hooggeregshof van Pretoria gewys het.

Toe Gerrie Nel, die staatsaanklaer, aangedui het dat ʼn foto gewys moet word, Pistorius vooroor gebuig en sy A4-notaboekie oor sy kop gehou.

Foto’s van Steenkamp se liggaam is vlugtig op die skerms gesien saam met foto’s van ʼn vuurwapen, die bebloede toiletvloer en patroondoppies.

Pistorius het vroeër vandeesweek naar geword toe die patoloog, Gert Saayman, Steenkamp se beserings beskryf het.

Kol. Johannes Vermeulen, ʼn forensiese kenner van die polisie, moes Donderdag tydens kruisondervraging van Barry Roux, vir Pistorius, vrae beantwoord oor ʼn voetspoor op die toiletdeur waardeur Pistorius Steenkamp geskiet het. Pistorius voer aan hy het eers probeer om die deur oop te skop nadat hy besef het Steenkamp is moontlik in die toilet. Hy beweer hy was onder die indruk dat ʼn inbreker moontlik in die toilet was toe hy daarop geskiet het. Toe hy die deur nie kon oopskop nie, het hy ʼn krieketkolf gebruik om die deur oop te breek.

Vermeulen is daarna van die getuiebank verskoon. Gert van Rensburg, ʼn voormalige kolonel in die polisie, getuig Donderdagmiddag oor die misdaadtoneel.

Pistorius word beskuldig van moord met voorbedagte rade nadat hy Steenkamp op 14 Februarie 2013 in sy huis in Pretoria-Oos doodgeskiet het. Hy word ook beskuldig van die onwettige besit van ʼn vuurwapen en ammunisie en twee aanklagte dat hy ʼn vuurwapen in die openbaar gevuur het. Pistorius het onskuldig gepleit op alle aanklagte. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Slim Daan ·

En die Reeva familie sit droog-oog ? Spaar die gehoor asb hierdie Oscar ” performance “. ( Inderdaad n swak vertoning vir n man met vinnige motorbote en karre. )

Ag Weet Jy Slim Daan ·

Ek wonder SLIM DAAN of dit ook jou kommentaar sou wees as dit jou Seun was die???

Seker nie, jy is seker sonder foute en sonder???

Die beste spelers staan altyd langs die veld, jy moet eerder eers voor jou eie deur vee, as gevolg van jou swak selfbeeld is dit werklik nie nodig om ander te oordeel en te veroordeel nie.

Stem saam met Slim Daan ·

Ek stem saam met Slim Daan. Oscar oordramatiseer “plays for the gallary”. Of mens nou jammer vir hom is of nie, of hy skuldig is of nie, watse gekotsery is dit nou elke keer? Mens kan dalk nog die trane en geboë hoof verstaan. Hoe jammer sou jy vir hom gewees het as Reeva jou dogter was?

Hendrina ·

Ek dink ook die vreeslike braakgeluide en brakery is darem bietjie baie erg. Die trane en geboë hoof kan mens nog verstaan. “Ag wwet jy slim Daan” Hoe sy jy voel as Reeva jou dogter was?
Natuurlik voel mens jammer vir Oscar, maar ek dink nogtans hy is voorgesê om so te oorreageer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.