Oscar Pistorius-moordverhoor: Patoloog getuig eerste

Oscar Pistorius op 14 Maart 2014 in die hof Foto: Kim Ludbrook/EPA/Pool (SAPA)

Oscar Pistorius op 14 Maart 2014 in die hof Foto: Kim Ludbrook/EPA/Pool (SAPA)

ʼn Patoloog sal Maandag die eerste getuie wees wanneer Oscar Pistorius se verdediging sy saak begin stel in die Paralimpiese atleet se moordverhoor in die hooggeregshof in Pretoria.

Volgens Brian Webber, een van Pistorius se regsverteenwoordigers, sal Jan Botha, ʼn patoloog, die verdediging se eerste getuie wees. “Ons het nie ʼn keuse nie. Die patoloog het persoonlike redes oor hoekom hy eerste moet getuig.” Die saak hervat Maandag nadat regter Thokozile Masipa die verhoor vir ʼn week uitgestel het nadat een van haar assessors siek geword het.

Pistorius sal na verwagting na Botha getuig. Die verdediging gaan moontlik op forensiese bewysstukke en Suid-Afrika se buitengewone hoë misdaadkoers staatmaak om sy saak te stel. Pistorius het sy eie span forensiese kenners gehuur om lig te werp op die gebeure van 14 Februarie 2013 toe hy sy vriendin Reeva Steenkamp doodgeskiet het.

Die staat het op Dinsdag 25 Maart sy saak afgesluit. Altesaam 21 persone uit ʼn aanvanklike lys van 107, het getuig. Pistorius se eksmeisie Samantha Taylor, sy vriende, bure en deskundiges het getuig. Die verhoor sal na verwagting tot middel Mei duur.

Pistorius word aangekla van moord met voorbedagte rade. Pistorius voer egter aan dat Steenkamp vir ʼn inbreker aangesien het. Hy staar ook aanklagte wat verband hou met die oortreding van die Vuurwapenwet in die gesig.

Volg die hooftrekke van die moordverhoor gratis op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.