Oscar Pistorius-moordverhoor: Polisiefoto’s word bespreek

Barry Roux (L) en Oscar Pistorius Foto: Siphiwe Sibeko/Reuters/Pool (SAPA)

Barry Roux (L) en Oscar Pistorius Foto: Siphiwe Sibeko/Reuters/Pool (SAPA)

Verskille in die posisie van voorwerpe op polisiefoto’s van die toneel waar Reeva Steenkamp doodgeskiet is, is Dinsdag in die Pretoriase hooggeregshof bespreek.

Barry Roux, vir die moordbeskuldigde Oscar Pistorius, het die staatsgetuie adjudant-offisier Barend van Staden ondervra. Volgens Roux wil dit voorkom of ʼn krieketkolf geskuif is terwyl foto’s daarvan geneem is.

Die foto’s wys die krieketkolf op ʼn bloedbevlekte vloer in Pistorius se badkamer, naby aan ʼn bebloede grys handdoek. Pistorius het die kolf gebruik om die toiletdeur af te breek nadat hy Steenkamp daardeur geskiet het. Hy voer aan hy het haar vir ʼn inbreker aangesien.

Die hofverrigtinge het 90 minute laat begin omdat Van Staden eers die oorspronklike misdaadtoneelfoto’s by sy kantoor moes gaan haal.

Van Staden is al 12 jaar lank deel van die polisie se fotografie-afdeling en is al 21 jaar lank werksaam in die Suid-Afrikaanse Polisiediens.

Pistorius word aangekla van moord met voorbedagte rade en staar ook aanklagte wat verband hou met die oortreding van die Vuurwapenwet in die gesig. Pistorius het onskuldig gepleit op alle aanklagte.

Reeva Steenkamp is op 14 Februarie by Pistorius se huis in Pretoria-Oos doodgeskiet. –SAPA

Volg al die hooftrekke van die hofverrigtinge gratis op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.