Oscar Pistorius-moordverhoor: “Vonnis is onbehoorlik”

Oscar Pistorius word na die aanhoudingselle by die hooggeregshof in Pretoria geneem nadat hy op 21 Oktober 2014 tot vyf jaar tronkstraf gevonnis is op aanklag van strafbare manslag. Foto: Herman Verwey/Media24/Pool

Oscar Pistorius word na die aanhoudingselle by die hooggeregshof in Pretoria geneem nadat hy op 21 Oktober 2014 tot vyf jaar tronkstraf gevonnis is op aanklag van strafbare manslag. Foto: Herman Verwey/Media24/Pool

Die staat het Dinsdag sy aansoek tot verlof om appèl teen regter Thokozile Masipa se skuldigbevinding en vonnis in die saak teen Oscar Pistorius ingedien.

“Die vyf jaar gevangenisstraf wat die Paralimpiese atleet Oscar Pistorius opgelê is, is skokkend lig en onbehoorlik,” het staatsaanklaers Gerrie Nel en Andrea Johnson in die hofdokumente gesê. “Daar was nie genoeg klem geplaas op die gruwelike manier waarop die oorledene gesterf het of die grusame beserings wat sy opgedoen het toe die beskuldigde haar doodgeskiet het nie.”

Hulle voer aan enige redelike hof sou nie dié vonnis opgelê het nie.

“Die vonnis is skokkend onbehoorlik vir die beskuldigde wat homself bewapen het, met die doel om te skiet, wat na die badkamer toe geloop het en vier skote afgevuur het, wel wetend dat daar ʼn mens agter die deur was,” lui die aansoek. “Ons sal aanvoer dat die vonnis onvanpas is en skokkend lig vir iemand wat ʼn onskuldige persoon doodgemaak het deur growwe nalatigheid waar sy gedrag grens aan dolus eventualis.”

Masipa het Pistorius op 21 Oktober vyf jaar tronkstraf opgelê op die aanklag van strafbare manslag nadat hy sy vriendin, Reeva Steenkamp, op 14 Februarie 2013 doodgeskiet het. Hy is ʼn verdere drie jaar tronkstraf opgelê wat vir vyf jaar opgeskort is nadat hy in Januarie 2013 ʼn vuurwapen in ʼn Tasha’s restaurant laat afgaan het. Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.

Die staat het aangevoer dat Masipa te veel klem geplaas het op Pistorius se persoonlike omstandighede en nie die gevolge van sy dade in ag geneem het nie, en te veel klem geplaas het op die doel van “rehabilitasie en reformasie” ten koste van “vergelding”.

Die aansoek om verlof tot appèl teen die skuldigbevinding van strafbare manslag is gebaseer op “vraagstelling oor die wet”. Die staat het gesê die vraag moet gevra word of die hof die wetlike beginsels wat met omstandigheidsgetuienis verband hou, en die beginsel van dolus eventualis korrek toegepas het.

Klik hier om alle vorige berigte te lees wat met die hofsaak verband hou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

zahn ·

Baie dankie Gerrie Nel, moenie gaan lê nie, hou aan, jy veg vir almal van ons wat dogters het. Hierdie man het geweet wat hy doen, wat hy op pad is om te doen, en hoe om dit te doen. Hy is mos Oscar, the untouchable..en voor iemand vir my wil kom sê ek mag nie oordeel nie, dink weer, dis presies wat hy gdoen het toe hy geskiet het, hy het die oordeel gevel. Reeva se dood is inderdaad “doelloos eventualis’..

Boesman ·

Mooi so Gerrie. En sterkte. Ek glo nie dat Oscar genoeg boet vir dit wat hy gedoen het nie.

moegoe ·

zahn ek stem 100%+ saam. Oscar is vir atletiek SA verlore. Oordeel kom die mens nie toe nie, maar dit sal wenslik wees dat hy sy lewe met jarelange inmates sal deel 25jaar sonder parool voorwaardes – Reeva is vir altyd verlore- die model sal nooit i inkomste aan sy ouers kan gee nie.

moegoe ·

Oscar het die polisie noodkreet- SKIET OM DOOD TE SKIET geslaag. Ossie jys i crying baby – Cowboys shoot but dont cry – So Ossie watter tipe celeb is jy nou?

martie ·

Dankie Vader ek is nie ‘n siener nie en die oordeel kom my nie toe nie. God ALLEEN weet wat daai dag gebeur het en hy sal verseker boet as dit sy intensies was om haar te skiet as hy geweet het dit is sy wat agter die deur gestaan het. Reg en regverdigheid sal geskied maar nie deur die mens nie. Jammer mense maar as julle geleer het om in daai warm stoel te gaan sit moes julle dit dalk jare terug gedoen het, ons kan niks vir God wegsteek nie, Hy sien alles en Hy oordeel. Gerrie Nel is ‘n veroordeelde boelie en Hy sal eendag voor die Troon moet gaan staan en rekenskap gee. Dit is nou julle kans om my te stenig, maar lees eers jou bybel!!!!!!!

Patat ·

Martie, hoekom dink jy kry ons kans om op die aarde te boet vir ons sondes? En gaan lees maar gerus jou Bybel. Daar word gemaan dat regters onpartydig moet wees. As mens sonder ‘n donkerbril die regter se uitspraak bestudeer, sien mens duidelik dat sy nie onpartydig was nie. As oom Gerrie dit regkry dat Oscar kan boet vir sy oortredinge, kan Oscar dankbaar wees vir die geleentheid.

zahn ·

Martie, jammer jong, maar ek dink regtig dit het tyd geword dat jy die koffiepot moet kom snuffel, hoor. Hoe gaan hy boet vir sy daad as hy net 10 maande gaan sit, in ‘n enkelsel (lees: enkel sel, enk, toemaar) in absolute luukse in vergelyking met die res van die inmates. Wat maak hom so spesiaal? NIKS! hy het gemoor, met voorbedagde rade, en Gerrie Nel hulle wil graag keer dat dit nou vorentoe as ‘n verskoning gebruik kan word deur ander stommerikke.
Reg en regverdigheid? Dit het toe nie gebeur hier nie, daai judge was partydig, en dit is wat Nel sal bewys. Veroordeelde boelie? Gerrie Nel? Veroordeel aan wat? Jy judge mos nou, o ja, jy mag, maar nie ons nie. Ter afsluiting, koffie ruik baie anders, daai goed wat jy ruik, praat jy.

Anoniem ·

Gerrie Nel doen net sy werk. Baie dankie daarvoor en hy is ook bevoeg. Dis van al die ongeregtighede wat plaasvind in die land dat sulke dinge gebeur. Hoera vir Geerie Nel.

jjobson ·

Weereens die BELASTINGBETALER se geld. Staak die vervolging – Oscar is i lopende lyk,verdere vervolging sal traumaties wees- Gerrie en sy regsvriende berus julle by Masipa se uitspraak.

Penelope ·

Ek persoonlik dink dat dit tyd is vir mnr Nel om sy aandag op iets anders te vestig. Dat OP vir Reeva dood geskiet het is so maar niemand weet wat het regtig gebeur nie. Ek is seker anders groot gemaak ek het nie my kinders gehad, sodat hulle vir my op my oudag moet sorg nie. Reeva se ouers moes voorsiening vir hul oudag gemaak het en nie op hul dogter staat maak vir ‘n dak oor hul kop en kos op die tafel nie. Dat hulle dit so vinnig en oral bekend gemaak het dat Reeva vir hulle gesorg het laat my net wonder ek sou nie dit aan enige iemand erken het nie want ek as ouer het gekies om kinders te he omdat ek lief is vir my kinders en nie omdat ek wil sorg vir lewende OTM op my oudag nie. Dit klink kras maar dit is feite. Groete

jjobson ·

Penelope, elke ouer sien i blink toekoms vir sy kind(ers) en is die verwagting dat die ouer daarvoor vergoed word. In die noodlottige geval is lewensverlies, inkomste voor die ouers se oge weggeraap.Ten laaste Reeva se ouers eet elke dag /het i dak oor hulle koppe al is dit nie die rykmans leefstyl nie.

pop ·

Martie, julle spul wat so gou vir ander vertel om die bybel te lees. Jy kan vir Gerrie veroordeel maaar ons kan nie geregtigheid wil sien nie. Dis sy WERK!!!! Dis wat hy doen om te probeer om my en jou en almal n beter plek te gee om in te leef. Ander moet kan sien, jy kan nie n oscar trek en wegkom daarmee nie.

Amelia ·

Se ek ook! Oscar het ‘n lewe geneem en moet boet daarvoor. As dit my dogter was, sou ek beslis gedink het die hof se beslissing stink!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.