Oscar Pistorius-moordverhoor: wat jy moet weet

Oscar Pistorius. Foto: Werner Beukes/SAPA

Oscar Pistorius. Foto: Werner Beukes/SAPA

Talle mense was op 14 Februarie 2013 geskok toe die nuus breek dat die wêreldberoemde atleet Oscar Pistorius sy meisie, Reeva Steenkamp, in sy huis in Pretoria-Oos doodgeskiet het.

Pistorius is in hegtenis geneem en voer aan hy het haar vir ʼn inbreker aangesien.

Die staat gaan probeer bewys dat dit moord met voorbedagte rade was, en dat die paartjie baklei het voordat hy haar agter ʼn geslote toiletdeur doodgeskiet het.

Die aanvanklike ondersoekbeampte, Hilton Botha, is van die saak onttrek nadat dit aan die lig gekom het dat hy sewe aanklagte van poging tot moord in die gesig staar nadat hy tydens ʼn polisiejaagtog in 2011 op ʼn taxi gevuur het. Dit het ook aan die lig gekom dat hy nie die nodige skoenbedekkings op die toneel aangehad het nie.

Die staatsaanklaerspan het verlede week met Apple in Amerika vergader om moontlik data van Pistorius se selfoon te bekom. Pistorius beweer hy kan nie die wagwoord vir die iPhone onthou nie. Steenkamp het glo ʼn selfoon by haar in die toilet gehad. Dit is nog nie duidelik of sy iemand gebel of ʼn SMS aan iemand gestuur het nie. Die staat sal ook poog om GPS-data van die foon te bekom om moontlike beweging in die huis te bepaal. Klik hier om Eyewitness News se grafika van Pistorius se weergawe van die gebeure te sien.

Pistorius is op 22 Februarie op borgtog van R1 miljoen op streng voorwaardes vrygelaat. Dié voorwaardes is later verslap.

Die verhoor begin op 3 Maart 2014 in die Pretoriase hooggeregshof en sal na verwagting tot 20 Maart duur.

Klik hier om alle nuus oor die hofsaak op Maroela Media te volg.

Die staatsaanklaer het aangedui dat hy 107 getuies gaan roep. Hier volg ʼn lys van sommige van die getuies en waaroor hulle moontlik sal getuig:

Wie het geskree en wanneer?
Die staatsaanklaer hou vol dat daar getuies is wat sal getuig dat daar ʼn argument was voordat Steenkamp doodgeskiet is. Twintig mense, insluitend bure, veiligheidswagte en ander werknemers van die sekuriteitsoord waar Pistorius gebly het, is op die lys van getuies. Getuies het glo “ʼn vrou hoor skree, toe was daar stilte, toe geweerskote en weer gille”. Pistorius voer aan hy is die enigste een wat geskree het voordat hy Steenkamp geskiet het. Hy het glo op die persoon, wat hy as ʼn inbreker aangesien het, geskree om sy huis te verlaat.

Kundiges
Kundiges sal getuig of Pistorius wel sy prostese aangehad het soos wat hy aanvoer. Hy beweer sonder sy prostese voel hy kwesbaar en vreesbevange. Kenners sal oor die groepering en trajekte van die skote getuig. Die staatsaanklaer het ʼn lys van minstens 10 getuies, insluitend forensiese en ballistiese spesialiste en kriminele sielkundiges.

Pistorius: Roekeloos met vuurwapens?
Pistorius se gedrag in die verlede met vuurwapens sal ondersoek word nadat die staatsaanklaer aangedui het dat hy twee ander vuurwapenverwante klagtes tot die klagstaat bygevoeg het. Die besonderhede van die klagtes is nog nie duidelik nie, maar hou verband met ʼn voorval toe Pistorius ʼn skoot deur die sondak van ʼn motor gevuur het en ʼn tweede voorval toe hy per ongeluk ʼn skoot in ʼn restaurant in Johannesburg afgevuur het. Pistorius het in die eerste voorval glo uit woede die skoot afgevuur ná ʼn onderonsie met die verkeerspolisie in 2012. Samantha Taylor, Pistorius se eksmeisie, en vriend Darren Fresco, was glo ook tydens die voorval in die motor en is geroep as getuies.

Familielede
Pistorius se oom Arnold, broer Carl en suster Aimee is ook op die staat se lys van getuies. ʼn Paar van sy vriende is ook op die lys van getuies en die staatsaanklaer beweer Pistorius het sy familie en vriende ná die voorval gekontak.

Eerste op die toneel
Pistorius het gesê Johan Stander, ʼn bestuurder by die sekuriteitsoord, was die eerste persoon wat hy gebel het om ʼn ambulans te ontbied. Pistorius sê hy het daarna die paramedici ontbied. ʼn Anonieme dokter wat naby aan Pistorius bly, het saam met Stander by die toneel opgedaag. Die staatsaanklaer voer egter aan die veiligheidswagte het eerste Pistorius “betrap” toe hy die sterwende Steenkamp se liggaam na onder gedra het.

Klik hier om alle nuus oor die hofsaak op Maroela Media te volg.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Shannon ·

Oscar se doppie is geklink. Vir twee redes :

1. hy’s blank (en manlik)
2. sy enigste verweer is dat hy `n inbreker vermoed het in sy woning – die vrees van elke blanke mens in Suid Afrika. En dit, soos ons goed weet, mag glad nie gepubliseer word. Joernaliste weet dit sonder om instruksie te ontvang.

Oscar kan `n uiters heftige reaksie verwag indien hy hierdie – sy sterkste alibi – gaan aanvoer. Ons kan verwag dat daar ten minste een Anglikaanse priester met verontwaardiging sy pers toga op TV sal oop skeur. Angus Bakken sal onmiddellik toeslaan met `n realiteit verdrywende bid dag iewers oppe heuwel. En Helena Ziller sal persoonlik die opmars reguit na die hofsaal lei waar sy die skare sal toespreek oor rassisme.

Ons kan ook verwag dat die voyeur kameras afgeskakel sal word en dat die SABC en CNN skielik belangstelling sal verloor in die publiek se “reg om te weet” sodra hierdie netelige wit olifant arriveer in die hof.

Persoonlike nie seker wat om te verwag nie … `n ongemaklike stilte ? … miskien `n uitbars van singende demokrate om sodoende die waarheid onhoorbaar te maak ?

Kan ook nie help om met `n grynslag die hele aangeleentheid te geniet nie.
In die een hoek, onse Oscar, die ongewillige albatros wat nou eintlik namens alle wit mense moet gaan belei dat hy – nes meeste wit mense – spoke sien … dat hy a.g.v. innerlike rassisme glo dat Suid Afrika `n gevaarlike plek is. Aldus al die guns.
Aan die ander kant het ons skone Reeva. Bottel blond, verlief op `n gestremde persoon – nie omdat hy `n celeb is nie – maar omdat sy werklik verlief is. Ja.
En die arme ouers, nie een het `n werk nie, hul is finansieel totaal afhanklik van hul dogter se model loopbaan. En nou moet hulle wag totdat die saak genoeg aandag trek sodat hulle die fliek regte kan verkoop om te kan oorleef.

Maryna ·

Wie is jy om te besluit wat gaan gebeur? Jy klink vir my soos n witch. It is not over, until God says its over. Let God be the judge! En by the way, ek is n colored en ek bid vir n wit man Oscar. So lag jy maar lekker. Die waarheid sal seevier.

Danielle ·

Nee my hartjie, ek sien Shannon vir die persoon wat hy/sy is. Ek wil ook glo dat Oscar dit nie met voorbedagte rade gedoen het nie. Ek hoop en bid dat die regstelsel hom nie sal faal nie.

judith ·

Daar is nog steeds di moontlikheid dat Oscar wel skuldig is;as mens ander persone wil bykom publiek maak tog seker dat jy kan spel! A Buchan ni Bakken nie!

Se Manet ·

Ek weet nie hoekom moet geld gemors word vir ‘n hofsaak nie. Die mannetjie gaan loskom…..ek dink ons weet dit almal. Dan gaan hy aan met sy wonderlike lewe en nuwe meisie wat kort voor lank ook ‘n ex gaan wees…lewendig of dood…ek weet nie. Die oorledene se ouers gaan lekker lag oor die paar miljoen wat hul nou uit hul dogter se dood gaan maak. So sluit die saak nou en kry klaar.

ZachC ·

Se Manet, eks bly dis jou opinie maar dit sal ‘n hartseer dag wees as mens sommer net loskom no sulke gebeure…. Hy gaan nooit loskom nie….. hy is ook mens (hoop ek). Volg die saak en kyk wat gebeur, miskien is ons regstelsel nie so sleg soos jy dink nie.

Maryna ·

Danielle ek is jammer dat jy dink ek het dit op jou bedoel, maar dis op daai Shannon, my skat. Ek sien haar vir wat sy is. Sorry hartjie, maar dis nie jy nie.

Maryna ·

Danielle, jammer as jy dink dis op jou bedoel, maar dis op daai Shannon, wat judge wil speel. Dis nie jy nie hartjie, ek raak net vies as almal iets wil se in n saak asof hulle self daar was. Die waarheid sal seevier. En selfs as Oscar skuldig is, is dit niks met niemand te doen nie, dis n saak tussen hom en God.

Shannon ·

Ek sien die biddendes slaan weer toe ! Dis blykbaar nie `n sekulêre regs aangeleentheid nie maar “als in die hande van god”. En soos gewoonlik word daar weer hardop gebid – in die publiek, waar almal kan hoor. Is julle die selfde ou dwepers wie vir die spoedige herstel van domini Sollie se kommersiële godsdiens gebid het ?
Ek moet bieg, julle gebede is toe verhoor – Huisgenoot, in `n stille, diepe oomblik van aanbidding, het gehoor gegee aan die gees en besef dat hulle geld gaan verloor as hulle soveel godsdienstiges gaan kwaad maak deur oom Sollie se “feel-good” godsdiens van die rakke verwyder.

Word wakker dwase !
My bombastiese opinie is dat ons hier `n geval het van `n ma en pa wat – vir watter redes ook al – hul kosbare seun te veel toegewings gegee het. Die outjie was sy eie gesag. En in my opinie, heel waarskynlik meer as net bedorwe.
Die gevolg is `n opgegroeide rammetjie wat toe nou uiteindelik soveel skade aanrig deur sy kort humeurtjie dat die regstelling nou deur die staat gemaak gaan word. Ma en pa se kans is verby.

Daasy, nou kla gemoun. Nou gaan ek `n bietjie wierook aansteek, my bok skedel pyp stop met ‘slow-boat’ en die voorvaders opsoek.
Guru Shrie Gur Buhpal sê ‘feel the love’. Hummmmmmmmmm ! Hummmmmmmmmmmmmm mmm mmmmm …

Slim Daan ·

Pragtig verwoord.
Pssst! Pass da aan wat jy beoog om te rook. Die juk vd laager druk swaar op my skof.

NETTIE ·

JUL HAATDRAENDHEID GAAN NIKS HELP NIE. LET GOD BE THE JUDGE!!!!!!!!!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.