Oscar Pistorius ʼn “geskikte kandidaat” vir korrektiewe toesig

Oscar Pistorius Maandagoggend in die hooggeregshof in Pretoria waar sy vonnisoplegging begin het. Foto: Werner Beukes/SAPA/Pool

Oscar Pistorius Maandagoggend in die hooggeregshof in Pretoria waar sy vonnisoplegging begin het. Foto: Werner Beukes/SAPA/Pool

Die blote voorstel dat Oscar Pistorius net tot drie jaar korrektiewe toesig gevonnis word, is “skokkend”, het die hooggeregshof in Pretoria Maandag gehoor.

“Om selfs net drie jaar voor te stel is skokkend onvanpas in hierdie saak,” het staatsaanklaer Gerrie Nel gesê tydens sy kruisondervraging aan Joel Maringa, ʼn maatskaplike werker by die departement van korrektiewe dienste, gesê.

Maringa het vroeër ʼn verslag namens die verdediging voorgelê waarin daar voorgestel word dat Pistorius tot drie jaar korrektiewe toesig en 16 ure gemeenskapsdiens per maand gevonnis word. Daar is ook voorgestel dat Pistorius toegelaat moet word om werk toe te gaan maar nie mag reis sonder die nodige reëlings nie.

Volgens Maringa is Pistorius ʼn geskikte kandidaat vir korrektiewe toesig, aangesien hy nie ʼn vorige kriminele rekord het nie. “Die beskuldigde het gesê hy is ʼn sosiale drinker en dat hy tydens sosiale geleenthede bier sal drink.” Volgens hom het Pistorius ontken dat hy dwelms of enige ander medikasie neem. “Die beskuldigde sal baat by korrektiewe toesig.”

Maringa meen Pistorius se lewe kan weens sy ouderdom geherstruktureer word om die “verwagte uitkoms” te verseker. Hy voer aan dit sal ook aan Pistorius die geleentheid bied om weer finansieel onafhanklik te word. “Die beskuldigde moet wel onbevoeg verklaar word om ʼn vuurwapen te besit. Daar moet ook streng voorwaardes aan die korrektiewe toesig gekoppel word.”

Nel het tydens kruisondervraging vasgestel dat Maringa ʼn vae begrip het van regter Thokozile Masipa se uitspraak.

Nel het dit aan Maringa gestel dat Pistorius vier skote deur die badkamerdeur geskiet het. “Hy het in die grond vasgeskiet,” het Maringa geantwoord. “Jy is heeltemal verkeerd,” het Nel gesê. Maringa het gesê volgens sy interpretasie van die uitspraak het Pistorius nie die bedoeling gehad om te skiet nie. “Hoe kan jy jou verslag baseer op ʼn verkeerde interpretasie van die uitspraak? Jy is verkeerd.”

Maringa het ter verdediging van sy verslag gesê korrektiewe toesig is so swaar soos enige ander vonnis. “Ons sê nie hy moet vernietig word nie.” Die vonnis moet die oortreder ʼn “geskikte, verantwoordelike burger” maak, het hy bygevoeg.

“Dink jy aan die familie van die oorledene? Die feit dat hulle lewens vernietig is?” wou Nel by Maringa weet. Hy het bevestig dat hy met die familie simpatiseer.

Klik hier om die hooftrekke van die hofverrigtinge gratis op Maroela Media te volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

antjie ·

Smaak my party mense verstaan nie so lekker dat n moord gepleeg is nie … Sa vat hom Gerrie Nel…….!

Dick Davel ·

Kan jy glo???? Niks oor red October?? Seker is dit nie nuuswaardig nie? Ek sien!!

YOLANDA ·

dit is skokkend,,,,,, geregtigheid bestaan nie meer nie,,,,,besef niemand dan wat gebeur het nie,,,,iemand is dood,,, n pa en ma moet nooit deur so iets gaan nie. wat van hul lewe voorentoe ??? ek dink regtig hierdie is n sirkus

ANYANEWS ·

Net hy sal weet of hy skuldig is of nie, maar as hy wel is, sal niks hom baat nie, sy lewe sal nooit weer dieselfde wees nie, hy sal altyd in ‘n emosionele tronk wees. En die ding sal hom ry tot sy dood dag, soos hul se die wiel draai………….maar aan die ander kant, ons was nie daar op die toneel, so ek wil nie oordeel oor skuldig of onskuldig nie, dis tussen hom en die Here. My innige simpatie aan Reeva se familie!

Zia ·

Oscar het herken dat hy haar dood geskiet het. Maak nie saak wie wat se of doen nie MOORD het hy gepleeg. As hy lig van die afkom, sal sy gewete waarmee hy moet saam leef hom altyd volg en volg……….rus vir sy siel sal hy nooit he nie.

drina ·

Middag jul wil graag weet of hy gevonnis is. Het dit ni op gevolg ni

Sune van Heerden ·

Dagsê Drina

Die saak hervat Dinsdagoggend.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Lucas ·

ek stem saam, almal oordeel en gooi klippe en spoeg vuur maar wie van ons was daar toe dit gebeur het? Niemand van ons is sonder sonde nie. Almal het kaste om skoon te maak. Ja ek praat glad nie goed wat gebeur het nie en ja dit is verkeerd maar dis tussen Oscar en God. Onthou asb, die mens veroordeel maar God aleen oordeel.

BullsEye ·

Lucas, kan ons by die feite hou asb? en die “niemand is sonder sonde” lyn hier uithou. Ons praat hier van ‘n hofsaak en die land se regstelsel nie ‘n sondagoggend preek nie. Moet mense nou gelos word om te doen wat hul wil en te skiet soos hul wil en nie tot verantwoording geroep word nie omdat “niemand sonder sonde is”?! Hy het ‘n persoon doodgeskiet en moet verantwoording doen daarvoor en basta!

lynni ·

Ek het vandag gelees as almal klaar getuig het ter versagting of verswarend, gaan regter nuwe datum gee vir vonnisoplegging. Sy gaan eers deur hierdie getuies voor sy vonnis. Is dit so?

frik ·

Ek kan nie glo die staat het soveel geld gemors op hierdie grappie nie.Ons reg stelsel gaan vir n grap,hulle het so pas die reg op moord oopgestel.Da is nou geen afskrik middel nie.Arm Gerrie ek sal nie dat die Howe so n bespotting van my naam maak nie ek sal bedank.Dis n f@ken grap die nou gaan die manne en vroue mekaar uitmoor en sy saak as n sleutel saak voorgooi ,lekker ne.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.