Oscar Pistorius na ander tronk geskuif

Oscar Pistorius. Argieffoto: Siphiwe Sibeko/Reuters/Pool

Oscar Pistorius. Argieffoto: Siphiwe Sibeko/Reuters/Pool

Die departement van korrektiewe dienste (DKD) het Maandag bevestig dat Oscar Pistorius na die Atteridgeville Korrektiewe Sentrum oorgeplaas is.

Singabakho Nxumalo, woordvoerder van die departement, het gesê die Atteridgeville-gevangenis val onder die bestuur van die Kgosi Mampuru II-gevangenis. Die Atteridgeville-gevangenis word gebruik om oortreders wat vonnisse van minder as ses jaar tronkstraf uitdien, te huisves.

“Dit was ná versigtige oorweging van al die belangrike faktore dat die bestuur besluit het die Atteridgeville Korrektiewe Sentrum is die beste plek om Pistorius te akkommodeer,” het Nxumalo gesê. “Sedert Pistorius gevonnis is, is hy in die voorlopige aanhoudingsentrum aangehou om sy gestremdheidsbehoeftes te akkommodeer. Hierdie sentrum het egter geen rehabilitasie- en ontwikkelingsprogramme nie aangesien dit ontwerp is om verhoorafwagtende gevangenes aan te hou.”

Nxumalo het gesê die Kgosi Mampuru II-bestuur het in Mei vanjaar opgraderings by die Atteridgeville-gevangenis gedoen waartydens daar baddens geïnstalleer is. “Hierdie opgraderings is nie net vir mnr. Pistorius gedoen nie, maar om alle gestremde gevangenes in die Kgosi Mampuru II-gebied te akkommodeer. Hierdie opgraderings was reeds beplan lank voordat mnr. Pistorius na Atteridgeville oorgeplaas is,” het hy gesê.

Hy het gesê Pistorius sal nou aan departementele rehabilitasieprogramme kan deelneem wat spesifiek ontwikkel is volgens gevangenes se behoeftes en vonnisse. “Hierdie program speel ʼn noodsaaklike rol in die rehabilitasie van ʼn oortreder en is van kardinale belang wanneer gevangenes vir parool oorweeg word. Mnr. Pistorius se oorplasing is suiwer gedoen op grond van sy aansoek wat wettiglik en volgens die korrekte prosedure oorweeg en goedgekeur is.”

Pistorius is in Julie vanjaar tot ses jaar tronkstraf gevonnis vir die moord op sy meisie, Reeva Steenkamp. Die staat se appèlaansoek teen Pistorius se vonnis is in Augustus vanjaar aangehoor en van die hand gewys. Die staat het daarna aangedui dat hy die appèlhof direk sal nader om teen die vonnis te appelleer.

Lees alle vorige berigte oor Oscar Pistorius op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Buitestander ·

Waarom die voormalige atleet nou so baie publusiteint kry gaan my verstand te bowe.

Anoniem ·

Hoekom word Oscar so bevoordeel???? Ek ken iemand wat bedrog gepleeg het vir die bedrag van R2,5 miljoen. Sy straf – 15 jaar en is in ‘n sel saam met 25 ander persone. Hoekom, hoekom????????

M'Lady ·

Anoniem, lees asb die berig noukeurig dan sal jou vraag beantwoord word.

Sam ·

“Die Atteridgeville-gevangenis word gebruik om oortreders wat vonnisse van minder as ses jaar tronkstraf uitdien, te huisves”. Toemaar hy sal terug skuif wanneer hy effektief tot 15 jaar gevonnis gaan word.

Malva ·

Mnr Pretorius, excuse me. Waarom word daar nie so na alle veroordeeldes verwys nie?

Joe ·

Ai genade …. maar die mannetjie hou daarvan om publisiteit & aandag te kry …. tipies ….. hoekom is hy ook nie saam met ander gevangenisse in ‘n sel nie ….. is hy bang of kan hy dit nie ” handle ” nie !!! Wat maak hom dan so spesiaal om al die aandag kry …. hoop van harte hy kry ook sy vonnis van 15 jaar …. wat goed is vir een misdadiger , is goed vir hom ook !!

Linda B ·

Ai Joe ek glo nie Oscar het die media gekontak en gese hy wil die berig plaas nie

love ·

Ek is so dankbaar dat daar iets vir gestremtes gedoen word of hulle nou oortree het of nie.Nou kan hy en elke ander gestremde gehulp word om programme uit te dien en ja spoeg nou maar oor oscar rn spoeg klaar.Hulle kan oordeel net soos julle wil elkeen verdien n tweedr kans in die lewe

Soekie ·

Ek stem saam love, almal wat so hulle monde uitspoel maak my skoon siek. So kruisig my nou want dis hoe die wit mense by mekaar staan.

chris ·

Wat van die vrou wat hy vermoor het, waar is haar tweede kans

Karring ·

Die enigste geriewe en rehab wat moordenaars kort is harde arbeid van vroeg tot laat

Johann Barnard ·

As hy so vinnig kan hardloop dan kan hy mos hard werk ook.Laat hom arbeid.

Sam ·

Jammer Soekie maar ek as wit mens staan nie by ‘n moordenaar nie. Dit is nogal snaaks hoe jy dink die wit mensdom is dom genoeg om by ‘n moordenaar te staan. Ek staan wel by Reeva jy weet, die wit vrou wat wit Oscar vermoor het….

Tilla ·

Sorry Sampy…hy het haar nie vermoor met voorbedagdr rade nie. Dit was n ongelukkige verloop van omstandighede. GROOT verskil tussen iemand wat met n vuurwapen un sy sak loop en op die uitkyk is vir n misdaad, soos roof of verkragting, pleeg. Oscar het nooit ontken hy het Reeva vermoor nie. Kry jul feite reg!!!!

Theresa B ·

Stel nie in die minste belang waar hy aangehou word nie. Moet ons nou blomme stuur?
Hou asb op om publisiteit te soek en skryf iets positiefs waarin mens belangstel.

Oosie ·

Chris, as jou saak met die Here reg is het jy ‘n tweede kans…

Uvonka ·

Ag wie gee tog om? Artikels oor hom raak nou baie vervelig!

CAROL ·

LOVE……. BAIE BAIE DANKIE EK STEM SAAM. ONGELUKIG IS DIT HARTSEER DAT “SY ” NIE HIER IS NIE, MAAR AI JAI JAI DIE MENSE GAAN AAN EN AAN EN AAN, OSCAR IS MOS NOU TOPEGESLUIT. LOS HOM LAAT HY SY VONNIS UITDIEN SONDER DAT ALMAL N EIER HET OM TE LE!!!! CHRIS JA MENS KRY 2DE KANS AS JOU SAAK REG IS MET DIE HERE.

Johan ·

Mense wat hulle nog regtig hieraan steur moet ‘n sosiale lewe kry……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.