Oscar Pistorius na hospitaal gehaas

Oscar Pistorius. Foto: Werner Beukes/SAPA

Oscar Pistorius. Foto: Werner Beukes/SAPA

Oscar Pistorius is Saterdag na die Kalafong-staatshospitaal in Pretoria gehaas, met na verneem word, beserings aan sy polse.

Singabakho Nxumalo, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, het aan Maroela Media gesê Pistorius het beserings opgedoen nadat hy glo van die bed af geval het in sy sel in die Kgosi Mampuru II-gevangenis.

Hy het gesê Pistorius is by die gevangenis behandel voordat besluit is om hom na die Kalafong-hospitaal te neem.

Pistorius is reeds terug in sy sel, nadat hy behandeling ontvang het. Nxumalo kon nie berigte bevestig dat lemmetjies glo in Pistorius se sel gevind is en sy beserings self toegedien is nie. Volgens mediaberigte was die beserings aan Pistorius se polse.

Nxumalo het dié berigte, sowel as berigte dat onder meer ʼn skêr en pille in Pistorius se sel gevind is, ʼn paar weke gelede, as spekulasie afgemaak. “Die departement het wel besluit om ʼn interne ondersoek te doen na gister se voorval en die bewerings in die media. Inligting word aan die media gelek en ons het ook inligting van verskeie bronne ontvang en daarom het ons besluit om ʼn ondersoek te doen.”

Pistorius is net langer as ʼn maand weer agter tralies, nadat regter Thokozile Masipa hom op 6 Julie tot ses jaar tronkstraf gevonnis het vir die moord op sy vriendin, Reeva Steenkamp. Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het reeds te kenne gegee hy gaan teen die “skokkend ligte” vonnis appelleer.

Prof. Jonathan Scholtz, hoof van kliniese sielkunde by die Weskoppies- psigiatriese hospitaal, wat ook verbonde is aan die Universiteit van Pretoria, het tydens Pistorius se verhoor getuig die voormalige Paralimpiese atleet ly aan ernstige depressie en sy toestand het sedert 2014 vererger. Volgens hom toon Pistorius nie eienskappe van anti-sosiale persoonlikheidsversteuring nie en is sy geweldsrisiko laag.

Steenkamp is op 14 Februarie 2013 in Pistorius se huis in die Silver Woods-veiligheidskompleks in Silver Lakes, Pretoria, doodgeskiet. Masipa het Pistorius op 12 September skuldig bevind aan strafbare manslag, hoewel hy van moord aangekla is. Hy is tot vyf jaar tronkstraf gevonnis, maar is op 19 Oktober 2015 onder korrektiewe toesig vrygelaat. Die appèlhof in Bloemfontein het hom op 3 Desember 2015 skuldig bevind aan moord.

Lees alle vorige berigte oor Oscar Pistorius op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

71 Kommentare

Gerd Lourens ·

Alleen met jou gedagtes. Veroordeelde moordenaar van ‘n weerlose vrou, dit gaan jou vreet!

E.K. ·

Nou gaan die nare kommentaar weer uitkom, sodra die trolle wakker word. Oscar, daar is derduisendes wat vir jou bid en jou die beste toewens. God het jou lankal vergewe want anders as ons sy skepsels dra hy nie haat en lelike dinge met Hom saam nie. Sterkte, ons dink aan jou.

E.K. ·

By voorbaat aan die nare vingerwysende beledigende spannetjie : Lees gerus Gedagte vir die dag: Soos ons ook vergewe en dink voordat julle kommentaar lewer.

Kosie. ·

Hallo Sarel, In watter wereld lewe jy. lees jy ooit jou Bybel? Toe ons Verlosser aan die kruis gehang het het hy vir die moordenaar wat saam met Hom daar gehang het gese: Vandag sal jy saam met my in die paradys wees. Lees ook die verhaal van Dawid Jesus het sy moord ook vergewe.

ida ·

Dis n gemene opmerking. Oscar moes nie in n tronk gaan sit het nie. Ek kan glo dat hy baie depressief is. Sy hart is stukkend en almal maak haatlike opmerkings en veroordeel hom sonder ophou

Ouma mix ·

Ek stem saam ek dink oscar het nou genoeg geboet ons kan net vir hom bid ons weet nie waardeur hy gaan nie.

Irma ·

Ek weet nie meer wat om te se vir en oor hierdie verskriklike verontregte jong man nie. Ek kan net aanhou bid dat die mense sal ophou om hom so te stenig!

Gesie ·

Jam, die onreg lê in die oordeel van mense wat skynbaar dink dat hulle “sondeloos” is. Of ons mensdom nou daarvan hou of nie daar is nie iets soos klein en groot sondetjies nie. Laat ons elkeen maar eerder fokus op die “balk” uit ons eie “oog.”

danie ·

Hy wys nou wie hy regtig is, weerlose man wat n jong vrou meer as eenkeer perongeluk dood skiet. Niemand het haar jammer gekry of hospitaal toe gejaag nie. Meskien moet hy regtig berou begin toon vir sy dade en regtig om verskonning vra.

Mielie ·

Net n strategie……jy moet die regte mense ken vir mediese parol Oscar. Eers gekla oor al die aandag en nou soek jy aandag……

dries ·

Wat is so onreg? 30 jaar terug sou hy gehang het en binne breukdeel van n sekonde sy eie en baie ander se smart gespaar gewees het, so ja miskien is dit n onreg.

E.K. ·

Hou op oordeel! Skaam julle Maroela dat julle nare kommentaar by sekere berigte toelaat en by ander gryp julle polisie vinnig in. Is hy nie ook ‘n mens met foute wat ERKEN het hy het ‘n fout gemaak nie. Verlekker jul maar, die wiel draai en pas op oor jou oordeel van vandag wat terug mag slaan. Sies man!

tom ·

Ek nou al so gatvol vir mense en hulle aanval houdings.Ja hy het geskiet en is nou in tronk.Maar dit het reeve sr ouers nie gepla om die moordenaar se geld te neem nie .Los nou die man uit laat hy sy straf uit dien

christine ·

Gaan lees tog net almal wat so oordeel Matteus 18:22 dan sal dit nog meer jou verstand te bowe gaan

Poppie ·

Vic, daar is n verskil tussen n plaasmoord en Oscar se storie. As die boer die aanvaller doodskiet (of soos in Oscar se geval dink dit is n inbreker) dan gaan die boer n hero wees. Is dit nie?

Columbiana ·

Dit klink of julle se ag siestog laat Pistorius maar uitkom want foeitog hy suffer so baie. Onthou om dan tog net dieselfde vergifnis en.benadering te he vir die ander misdadigers wat in die tronk sit.

Nics ·

E.K. – jip hulle is nou wakker! Gaan kyk tog na die Spele of spit die tuin om – doen iets positiefs eerder as om op dieslefde ou snaar te tokkel

Tinka ·

Julle wat so altyd die bybel voor almal gooi wanneer n krimineel aan die pen ry, een van God se 10 Gebooie is jy mag nie moord pleeg nie en geen een wat God se wette oortree sal ongestraf bly nie. Die van ons wat hom stenig leef volgens die reels en wette van God. Moord is moord en betaal moet hy betaal. Saam die moord is hy n leunaar wat deur die hele storie nie eers die waarheid kon praat nie. Deur sy jaloesie en humeurigheid sit hy daar en hoort hy daar tot die dag wat hy sy laaste asem uitblaas.

mvz ·

Die Here het n moordenaar langs hom vergewe en gesê hy sal saam met Hom vandag in die Hemel wees. Jesus het gesterf vir ons sondes hoe groot al. Die plaas moordenaars is nie jammer vir wat hulle doen nie.

Karinda ·

So ook is 1 van die 10 gebooie dat jy nie mag oordeel nie EN daar is nie ‘n klein of ‘n groot sonde nie. So die wat so oordeel oortree dieselfde 10 gebooie.

JAN BRITS ·

Karinda gaan lees jou 10 gebooie weer. Daar is nie ‘n gebod wat sê dat jy nie mag oordeel nie. Dis wat Jesus vir die farriseërs en skrifgeleerdes gesê het. Daar was ook nie ‘n moordenaar langs Hom aan die kruis nie, maar ‘n rower. Die dwepers ken nie hulle bybels nie.

b j smit ·

hoe weet jyh hy lieg was jy daar gewees soos ek al reeds gese ek het my vrou ook amper dood geskiet in die nag

Sarie ·

Jesus het die moordenaar aan die kruis vergewe Laat ons bid vir Oscar En Reeva se familie dat daar be rusting kom. Niemand kan die klok terugdraai nie

Jantjie ·

Daar was nie ‘n moordenaar aan die kruis nie. Alle psigopate het maar ‘n selfvernietiging-knoppie as hulle maskers afval. Dis die enigste geregtigheid wat hulle slagoffers op die einde kry. Ek hoop nie die mense wat sê hy is “verontreg” leer dit vir hulle kinders nie. As die moordenaars meer simpatie as die slagoffers kry, stuur dit die verkeerde morele boodskap aan die volgende generasie, maak julle ‘n verlore generasie groot sonder morele kompas, reg en geregtigheid, wet en orde.

jaco ·

hy het n wit vrou doodgemaak. vir ons ANC-affirmative action beheerde regstelsel is dit ok. dis een wit mens minder. daarom net 6 jaar…

Sarel ·

Moord is Moord daar is nie ‘n verskil nie! Haal jou kop uit die sand uit.

Gertjie ·

So, as hy sy tronkstraf uitgedien het en geboet het vir sy sondes, sal julle hom nog steeds beskuldig. Hoop julle vind genade. Sterkte Oscar.

danie ·

So lank as wat Reeva nie meer daar is nie so laank sal hy skuldig wees en moet hy boet.

johann cb ·

Ai tog mense, hou op om die man uitmekaar te skeur! Al het hy as vry man weggestap, sal hy steeds vir die res van sy lewe boet – wat ‘n vreeslike straf! Ek neem aan dat niemand van julle kinders het nie, daarom voel julle niks. Kom ons begin eerder ‘n petisie om hom vry te laat uit die gevangenis. Dít sal baie mense laat dink…

Johan ·

Ek het dit geweet….ek julle gesê n maand of wat terug….hy gaan n Shabir or Bheki op hom self trek……gaan if doodelik siek word of iets anders gaan gebeur……

Bid ·

Hy is onder groot demoniese onderdrukking wat ook nou sy eie lewe bedreig! Die vrugte van die Gees is nie te bespeur in wat hy doen nie! Bid vir sy bevryding, sodat hy ware genesing kan ondervind. Bid asseblief vir sy bevryding in die Naam van Jesus Christus wat ‘n legioen duiwels uit die huilende man in die begrafplaas by Gedara in die varke laat ingaan het, bid vir sy verlossing!

Kosie ·

Kom ons Bid ook sommer vir die mense se onvergewens gesindheid.

Reg ·

Sorry. Sy straf is te lig. Hy moet kry wat hom toekom. 10 jaar daarna kan hy aansoek doen vir parool. Hy het geweet wat hy doen..

johan ·

Ek se ook hy het geweet wat hy doen toe hy die eerste skoot aftrek sou sy gegil het en toe kon hy hoor wie dit is tensy hy gehoor gestremd ook is maar ons weet nie daarvan so hy moet maar sy straf uitdien.

Len ·

Aan almal wat nou so bekommerd oor Oscar is: Hy is n veroordwelde moordenaar en nie beter as sy mede gevangenes nie. Daar is n beheptheid met hom omdat hy n celebrity is. Hy is nie die eerste gevangene wat hom self beseer nie en sal ook nie die laaste wees nie. Diegene wat so gou is om sy dade te regverdig? en ander te veroordeel wat hier kommentaar lewer, onthou net om die Bybel in volle konteks te lees. Julle moet dan die Mosaiese wette in gedagte hou waarvolgens Oscar in terme van die oog vir n oog beginsel gedood moes word. Die gebod wat doodslag verbied kan nie deur die talle voorbeelde van God se liefde, uitgevee word nie. Verduidelik net aan my waarom my tuinhulp wat sy ontroue vrou by n ander man betrap en haar en toe met n kierie doodgeslaan het, tot vyftien jaar gevonnis is en drie jaar verhoorafwagtend was? Alles in ag genome, is dit n lafaard wat nie sy straf kan vat nie, wat homself beseer.

Moulder ·

Gewete is n lelike ding. en ja!! As jy berou het het en vir vergifnis vra, God vergewe! MAAR…..ongelukkig moet mens die gevolge van jou dade dra. so vat maar jou straf soos n man, Oscar, soos miljoene ander mense op aarde!

Hester ·

Net omdat Oscar bekend is geen straf volgens sommige sondelose mensevir hom genoeg nie. Wat van duisende moordenaars wat steeds op vrye voet in die strate rondloop en nie net 1 maal moor nie? Is dit aanvaarbaar net omdat hul nie bekend is nie? DINK voor jy oordeel !!! Gelukkig is die Here se genade groot!

Sarel ·

Moord is Moord daar is nie ‘n verskil nie! Haal jou kop uit die sand uit.

Petrus Louw ·

Julle wat hom op grond van sy velkleur wil kwytskeld, bewys net dat julle rassiste is. Haal die balk eers uit julle eie oë sodat julle die splinter in ‘n ander se oog mooi kan sien.

Rapes ·

Ons almal praat maklik en nie een van ons was die aand teenwoordig toe Reeva dood is nie. Om hom skuldig te bewys was spekulasie. Ons almal oordeel te gou. Ek kan julle sê waardeer hy gaan is loutere hel en praat eers nadat jy ook al iemand se lewe geneem het en die nagevolge moet dra.

Anie ·

Julle is ongevoelige skepsels! Dis soos jul sieklike grappies oor Oscar, jul wil graag gehoor en gesien word. Pateties verby… As mens, kan nagmerries mens tot so iets lei, Elke oomblik dink hy daaraan, hy het nie soos sommige lafaards van die toneel probeer wegkom nie, en het eerder by Reeva gebly!

Johan ·

Oscar ou seun. Hier is so baie getuienis van elke kleur en taal. Weet jy almal praat van jou. Wys hoe belangrik is jy oor alle komentaar wat hier op di media gelees word. Gelukkig vir ons almal . Dat elke tong sal bely en elke knieg sal buig die dag as elkeen voor God kom staan. Ons moet ook bid dat ons in enige omstandighede wat ook al di geval is nie in ‘n gat moet val nie want die leeu loop rond en brul vir ‘n vlg slagoffer. Christus wees U altyd by my as middelaar tussen alles wat om my is sodat my voet ni moet wankel nie, soos U aan di Kruis gesê het Vergewe hul Vader hul weet nie wat hulle doen nie. Amen.

M'Lady ·

Ek kry skaam vir my mede Afrikaners. Die kommentare is siek verby. Gaan eerder op julle kniee en dank die Vader dat julle nog nie in so n situasie was nie of in so iets beland nie, Bid eerder vir almal wat hierdeur geraak is as om aan mekaar te oordeel.

Ellie Rose ·

Aan almal van julle wat vir Oscar bid en glo in vergifnis, baie dankie, julle sal gesëen word deur Hom wat genade en liefde skenk. Aan almal van julle wat hom verskeur, veroordeel en vonnisse vel, mag julle genade en vrede vind by ons Hemelse Vader en mag Hy elkeen van julle beskerm sodat so ‘n hartseer gebeurtenis julle nooit sal tref nie. Gelukkig is Hy ‘n God van liefde en nie van wraak nie, anders sou baie van ons slegs in ellende en hartseer geleef het. Veronderstel dat Reeva in ‘n motorongeluk so sterf, wie sou dan die skuldige wees? Ons groot en magtige Vader?????

danie ·

Praat jy van die selfde liewe vader wat sodom en gamora verwoes het en tot die grond verbrand het omdat hulle in sonde geleef het. Is n moordenaar nie n sondaar nie. En Reeva het nie in n kar verongeluk nie oscar get haar n paar keer geskiet tot sy dood was, en tien teen een daar gesit en wag om seker te maak. Jy sien n kant het twee stories

snoefie ·

hoekom is dit nou maar eenmaal so dat mense altyd vir jou uit die bybel wil aanhaal as dinge nie nahulle sin verloop nie? vanaand klim dieselde bybel- verwyser agter sy /haar “verloofde” se rug in die bed sonder om te weet wat Eks 20:14 se? as kind in onrusgeteisterde grensdorp, was ons geleer indien die persoon oorkant jou in die donker, agter die toedeur ens n gevaar was skiet jy kophoogte, skouerhoogte, heuphoogte. omdat meeste mense regs is, sal die gevaar in alle waarskynlikheid regs wegspring. so verder een skoot na die linkerkant. raai waar was reeva vetref ? maar julle is reg. God vergewe die werklik boetvaardige.

Gert ·

Oscar moet verstaan hy was bevoordeel en het is meer kans gegun as enige ander veroor delde Ek stem saam vergewe hom maar hy moet nog steeds betaal soos enige ander mens wat verkeerd was n vraag aan almal wat onse Hemelse vader so gebruik dink n bietjie Ammie en Oscar en sy famile het gebid en ek is seker hulle het God se wil gevra laat dit so geskied ek oordeel glad nie maar het God se wil nie geskied soos gevra is nie plaas dat Oscar God se wil in die tronke begin uitlewe en n ware instrument word vir God meeste van God se disipels het uit die tronke briewe geskryf al was hulle onskuldig en het nooit probeer om hulle polse te sny nie Oscar kan net sovéel goeie werk in die tronk doen as wat hy buite wil doen het as hy waarlik opreg is is dit nie dalk God se plan vir hom nie as jy verkeerd gedoen het sal God se wil geskied anders dien ons nie nregverdife God nie dit is my persoonlike opinie

Grap ·

Hy moet wegbly van Kalafong as hy nie dodelik siek is nie sal hy verseker daar dodelik siek word

Ellie Rose ·

Die Bybel is is mos ons riglyn waarvolgens ons moet leef, dan nie? Daarom sê vandag se Dagstuk van Maroela: “So sal my Vader wat in die hemel is ook met julle maak as julle nie elkeen sy broer van harte vergewe nie.” Mattheus 18:35 Lees gerus ook die tweede dagstukkie. Dalk ontketen ek nou ‘n groot Bybelse oorlog, maar ons sal baie vining moet besef dat ons ons lewens totaal aan ons Skepper sal moet wy en daarom streng volgens Sy Woord sal moet leef, want alles dui daarop dat ons besig is om die laaste peilvlak te betree en dat ons sal moet stop met ons wraak en haat gedagtes. Ons sal moet stop om lelik en verkeerd op te tree teenoor ons medemens, want ons almal is in sonde ontvang en gebore, maar Hy is getrou en regverdig, dat as ek my lewe voor hom neerlê, dat Hy my Sy kind sal noem.

Gert ·

Het Ocar en sy familie hulle nie gebid dat God se wil geskied nie waarom nou sy polse sny dit wil voorkom of mense alleenlik God se wil aanvaar waneer dit hulke pas baie en ek bedoel baie mensr het gebid vir Oscar en tog is hy skuldig bevind wil ons nou se God se wil het nie geskied nie glo my as dit God se wil was dat hy buite moes wees sou dit so gewees het dien ons dan nie n regverdige God nie God se disipels was in tronke gegooi maar srlfs in die tronke as jy werklik wil kan jy n disipel wees en nie kort pad soek om jou polse te sny nie aanvaar ons God alleenlik as ons kry wat ons wil he of aanvaar ons hon al kry ons nie wat ons vra nie

Louw ·

Hoe kan jy Oscar met ‘n dissipel vergelyk wat in die tronk gegooi is? Dit is absurd! Wil julle hom nie maar aan die Kruis ook hang nie? Mens sou dink hy word behandel vir spykerwonde deur sy hande, en nie oppervlakkige snymerkies aan sy polse nie.

christine ·

Voc my pa is deir twee van hulle vermoor. Hulle het aan die hof erken hy was n goeie oubaas. Ek het gesukkel met die een maar nie meer nie ek dink ook nie meer aan hulle nie dink hulle martel hulle self nou

Alrea ·

Ek het die Oscar hofsake met groot belangstelling en in diepte gevolg, asook elke moontlike berig of kommentaar gelees. Ek het ook die boek gelees “Behind the Door”, oor die incident. My gevoel is dat hy regverdig gestraf moet word vir n misdaad wat hy erken het hy gepleeg het. Aan die einde van die dag is werklike en eintlike virgifnis tussen homself en wie hy erken as sy God. Geen tronkstraf kan meeding met jou gewete dat jy n lewe willens en wetens geneem het, en dan nog onder eed gelieg het nie.

Cassie ·

Ek kon nooit hierdie land se politieke verlede verstaan nie, of hoekom ons sit waar ons sit nie. Maar as ek die kommentare lees, maak alles sin.

christine ·

Vic my pa is toevallig ook deur twee vermoor. Mens kom ook nie daar om te vergewe maklik nie. Maar niks is onmoonlik nie dis ek wat met eerlikheid wou bid. nou mors ek nie meer tyd om eers aan hulle twee te dink nie.

Middie ·

Die Oscar-geval slaag daarin om die slegste in mense na vore te bring. Ek was nog nooit ‘n Oscar-aanhanger nie en weet geregtigheid moet geskied. Bitter min wetsoortreders het soveel (soms bitter venynige) mediadekking en openbare kommentaar gekry soos hy, ongeag die feit dat Reeva self nie ‘n engel was nie. Dit kon nie anders as om depressie by Oscar te veroorsaak nie. Daarmee saam moet hy met sy gewete ook saamleef. Ek glo nie daar is iemand wat meen hy moet skotvry kom nie, maar die gruwelik bose veroordeling se nou meer van die persoon wat namens ons Hemelse Vader hom wil oordeel as van die veroordeelde. En die media weet watter knoppie om te druk om reaksie by mense te ontlok. Diegene VIR Oscar, bid vir hom. Diegene TEEN hom, bid dat so iets nooit met jou of jou geliefdes gebeur nie. Ek hoop Oscar kry berading en medikasie vir sy depressie en word die geleentheid gegun om op sy eie tyd die gebeure te verwerk, of hy skuldig is of nie, of hy ‘n leuenaar is of nie. Hy verdien nou tyd om te besin en introspeksie te doen sonder ander sondaars se oordeel.

alrea ·

M’Lady, R Eaton se kommentaar is n vars briesie tussen al hierdie somberhede

Alrea ·

Ek het nou al n hele paar Oscar aanhangers hoor se dat “Reeva nie n engeltjie was nie”. Maar dis net skimpe. Ek wens hierdie mense wil se wat sy gedoen het. In elk geval maak dit nie saak wat sy gedoen het nie. Hy het geen reg gehad om ENIGE mens se lewe te neem nie. En ek oordeel nie. Ek praat uit ondervinding. Dit beteken ek praat uit die beskuldigebank……

VAL de VRIES ·

Kan jy dink hoe ‘n aaklige, jaloerse monster jy moet wees om te skimp dat ‘n vermoorde vrou dit verdien het om vermoor te word, of gesoek het daarvoor omdat sy by haar kêrel oornag het, en dus nie ‘n “engeltjie was nie”?

Yvonne ·

As ek so lees deur sommige van die kommentare hierbo is dit tog duidelik dat dit gelewer word deur mense wat nie met begrip kan lees nie, nie regters se uitsprake verstaan nie, nie oor hoërorde menslike eienskappe beskik nie en erstig ly aan die tropsindroom.

Harry ·

Ai so jammer dat Godsdiens hier gebruik word. Skuldig is so bevind en dink die vonnis is in elk geval te min. As hy hospitaal moes gaan op belasting geld is dit siek…

Doringroos ·

Daar is nie juis ‘n verskil tussen die man wat sy pastoor skoonma vermoor en Oscar nie. Albei het denkbeeldige misdadigers probeer blameer vir hul eie bose dade. Die beroemde een kom soortvan weg daarmee, vir die ander een is daar nie veel ondersteuning nie. Geen verskil nie. Ek kan net die Vader dank wat so by die moordsake ingesleep word dat julle geen sê het oor regsake nie, anders was daar baie moordenaars wat los geloop het.

Sonet ·

Maroela ‘seblief, stop nou die kommentaar. Laat jul integriteit en menslikheid nou intree…

Janine Badenhorst ·

To Oscar and his family, stay strong. It is not for us the judge you and in my eyes you Oscar is still a hero

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.