Oscar Pistorius na hospitaal geneem

Oscar Pistorius in die hof (Julie 2014) Foto: Daniel Born/Pool, SAPA

Oscar Pistorius is Donderdag vanaf die Atteridgeville Korrektiewe Sentrum na ʼn hospitaal geneem.

Singabakho Nxumalo, woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste (DKD), het aan Maroela Media bevestig dat Pistorius na ʼn hospitaal geneem is.

“Ons kan bevestig dat die gevangene Oscar Pistorius na ʼn buite-hospitaalfasiliteit geneem is vir ʼn mediese ondersoek. Hy sal na verwagting later vandag terug in die fasiliteit wees,” het Nxumalo gesê. Hy het nie uitgebrei oor die aard van Pistorius se mediese toestand nie en wou geen bewerings rakende die rede vir Pistorius se hospitaalbesoek bevestig nie.

Pistorius dien tans ses jaar tronkstraf uit vir die moord op sy meisie, Reeva Steenkamp, op Valentynsdag 2013 in sy huis in Silver Lakes.

Pistorius is in Augustus 2016 ook na ‘n staatshospitaal in Pretoria gehaas nadat hy glo van die bed af geval het in sy sel in die Kgosi Mampuru II-gevangenis. Pistorius is in November verlede jaar na die Atteridgeville Korrektiewe Sentrum oorgeplaas wat beter toegerus is om gestremde gevangenes te huisves.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Linette ·

Ek het mos destyds voorspel dat Oscar nog lank nie agtertoe op die rak geskuif gaan word deur die media nie. Ek het eintlik al gewonder hoekom hulle hom nou uitlos, maar nee – hy’t mos nou weer genies, nou is dit weer nuus. Hoekom is dit hoegenaamd nuus? Word daar nie honderde ander gevangenes op ‘n daaglikse basis vir mediese ondersoeke of behandeling deur die Departement Korrektiewe Dienste na naburige hospitale vervoer nie?

Medelye ·

Sterkte Oscar. Moet jou nie steur aan mense nie, God kyk na die mens se hart. DIT IS AL WAT SAAK MAAK. GOD ALLEEN KEN JOU BEROU.
Reeva, is nou in die Hemel, by ons Almagtige Drie Enige God.
Moenie oordeel nie en moet ook nie veroordelend praat of optree nie, WANT AAN GOD ALLEEN KOM DIE WRAAK TOE.

anton ·

Sonder om lelik te wees, hoe weet jy sy is nou in die hemel?
Alle mense wat reeds gesterf het en nog lewe, moet nog en sal nog eendag geoordeel word deur God self met die wederkoms.
Slegs dan sal party mense die ewige lewe verkry en ander sal dan in die hel gewerp word saam met satan.
Niemand dus gaan by afsterwe direk hemel of hel toe nie.

Theresa ·

Beroemde mense se sake word maar so bespreek. Gelukkig hoef niemand te kliek op dit wat hul nie wil sien of lees nie.

Pikkie ·

Wens die mense wil hom uitlos. Hy sit in elk geval verniet in daai tronk. Hy kan sy slippers onder my bed kom parkeer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.