Oscar Pistorius: Nog geen besluit oor appèl

oscar-pistorius

Oscar Pistorius op 21 Oktober 2014 in die Pretoriase hooggeregshof tydens vonnisverrigtinge Foto: Themba Hadebe/AP/Pool

Die Nasionale Vervolgingsgesag het Vrydag gesê hy het nog nie ʼn besluit gemaak of daar appèl aangeteken gaan word teen die vonnisuitspraak in Oscar Pistorius se moordverhoor nie.

“Daar is nog geen besluit geneem nie,” het Nathi Mncube, woordvoerder van die NVG, gesê. “Ons het 14 dae ná die uitspraak om appèl aan te teken.”

James Grant, professor in regte by Wits, het Vrydag op Twitter gesê staatsaanklaer Gerrie Nel wou by hom weet of die staat appèl moet aanteken. “Ek kan bevestig dat advokaat Nel my advies ingewin het en bystand indien hy sou appelleer. Ek het hom aangeraai om wel appèl aan te teken en ingestem om hom by te staan.”

Pistorius is tot vyf jaar tronkstraf gevonnis nadat hy skuldig bevind is aan strafbare manslag vir die skietdood van Reeva Steenkamp op 14 Februarie 2013. Hy is tot drie jaar tronkstraf gevonnis nadat hy ʼn vuurwapen by die Tasha’s-restaurant in Johannesburg laat afgaan het. Dit is vir vyf jaar opgeskort. “Die vonnisse sal gelyktydig uitgedien word,” het regter Thokozile Masipa gesê.

Klik hier om alle vorige berigte oor Oscar Pistorius op Maroela Media te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

sarie ·

Nel omdat jy verloor het, sal ons Vader wat in die Hemel is. Oscar beskerm, glo my my God is sterker as jy en due staat saam. Amen

marijec ·

Nee Sarie! Moenie die Naam van die Here betrek net omdat jy van Oscar hou nie! Dis arrogant! Ek is ook n Christen en skaar my totaal by Gerrie Nel. Bid liewer vir wysheid en regverdigheid aan besluitnemers in plaas van Sy Naam te gebruik net om jou siening te probeer versterk. Marije

Boesman ·

Ek stem saam met jou. Oscar het veels te lig afgekom met dit wat hy gedoen het.

Nellie ·

Weet jy wat, julle almal is so vinnig om te oordeel. Jesus het n moordenaar aan die kruis vergewe, wat maak julle beter! Los hom uit hy het baie berou, nie een van ons was daar om te weet wat verklik gebeur het nie! Oscar was almal se held toe hy goed gedoen het vir SA, mense se geheue is ma kort, wanneer dit hulle pas. Reeva kon gevulg het as sy wou, ek weet waarvan ek praat. (Was ook inso geval). Niemand het haar gedwing om daar te bly nie, wat het sy gedoen om hom so kwaad te maak, as hy haar dan koelbloedig vermoor het? Julle almal sit in glaskaste, hou op om te oordeel, los dit in God se hande!

[email protected] ·

Stem 100% saam met jou marijec.
sarie jy wil jou verdraaide en dom eie-ek idees en wil,laat gebeur en nie SY wil nie. Bid eerder vir geregtigheid, wat dit ookal mag wees.

alet ·

Hy is gevonnis en in die tronk wat meer wil julle he.net soos n klomp bloedhonde kry end en laat dit gaan. Wraaksig kom niemand toe nie asb

june ·

Oscar is nou gestraf, as hy die Here om vergifnis gevra het wie is ons om hom nie te vergewe nie,wat hy gedoen het is nie reg nie daarmee stem ek maar dis nou verby en niks sal Reeva terugbring nie. Ek glo waar hy nou is is nie lekker nie, niemand wil daar wees nie,,so kom ons los hom nou in vrede

Antoinete ·

Wil julle tog nie nou maar vir ou Oscar los dat hy sy straf b egin uitdien nie, genade almal wil en praat van appelleer, maar wees dan bereid om hoer belastings te betaal en nie te kla daaroor nie, dink jy vir een oomblik jy kry daai fooi verniet. Droom weer.Oscar bo en sterkte seun jy sal bo uitkom.

Jakkie ·

Dis nie Reeva wat iets verkeerd gedoen het wat hom so kwaad gemaak het nie dit was hy self wat met Babyface kontak gehaat ‘n paar uur voordat hy Reeva geskiet het en hulle (hy en babyface)het vir 5 jaar lank ‘n verhouding gehaat en dit terwyl hy en Reeva saam was. En nes sy tante Lois gese het “Sies Gerrie kry jy nie skaam nie” Hulle is die mense wat moet skaam kry want hulle het ‘n moordenaar in hulle familie nie Gerrie nie. As sy tante en oom hom so graag los wil he hoekom betaal hulle nie sy R17.5 miljoen wat hy sy regsverteenwoordigers skuld nie.
Hoekom onstel Oscar Pistorius en Reeva Steenkamp se verhouding die Pistorius-familie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.