Oscar Pistorius onseker hoe om oor besluit te reageer

Oscar Pistorius tydens sy moordverhoor in die hof. Foto: Daniel Born/The Times/ SAPA

Oscar Pistorius tydens sy moordverhoor in die hof. Foto: Daniel Born/The Times/ SAPA

Die Paralimpiese atleet Oscar Pistorius het nog nie besluit hoe om te reageer ná die besluit dat sy beplande vrylating uit die tronk uitgestel is nie, het sy woordvoerder Donderdag gesê.

“Ondanks dit wat in die media berig word, is daar nog nie enige besluit geneem nie, en die gesin sal tyd spandeer om rustig oor die pad vorentoe te besluit,” het Anneliese Burgess gesê.

Michael Masutha, minister van justisie, het Woensdag aangekondig dat hy die paroolhersieningsraad van die departement van korrektiewe dienste versoek het om die besluit, om Pistorius uit die Kgosi Mampuru II-korrektiewe sentrum vry te laat, te hersien. Pistorius het dan een sesde van sy vyf jaar tronkstrafvonnis uitgedien. Hy is skuldig bevind aan strafbare manslag nadat hy Reeva Steenkamp in 2013 doodgeskiet het.

Masutha het gesê dit het onder sy aandag gekom dat ʼn veroordeelde persoon minstens een sesde van sy vonnis moet uitdien voordat hy vir korrektiewe toesig in aanmerking kom. “Dit is dus duidelik dat die besluit om hom op 21 Augustus 2015 vry te laat, voortydig op 5 Junie 2015 geneem is toe hy nog nie in aanmerking kon kom vir korrektiewe toesig nie.”

Die minister het bevestig dat hy op 17 Augustus ʼn petisie van die Progressive Women’s Movement of South Africa (PWMSA) waarin hulle hul teenkanting teen die vrylating uitgespreek het. Die groep het ʼn beroep op Masutha gedoen om Pistorius nie tydens Vrouemaand vry te laat nie.

Die minister het dit benadruk dat die petisie self nie wettige gronde is om Pistorius se vrylating uit te stel nie, maar dit het die behoefte gewek om die besluit van die paroolraad te ondersoek.

Lees alle vorige berigte oor Oscar Pistorius op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

SNEL ·

Ek sou my longe los gehuil het…..dis hoe ek sou reageer het.

christine ·

Hekse jag. Gerrie Nel kan nie “defeat” vat nie. Groot kop gekry met die Jackey Selebe saak. Hy was deurgangs haatig met Pistorius. Vir Reeva se ouers voel ek jammer maar die ma gaan aan of sy n baie Super model was. Ek wil net se maak voorsiening vir aftrede, moet nie verwag dat kinders vir jou sorg nie. Sorg is een ding, bloedsuig n ander ding. Bitterheid gaan jou vernietig. As jy my vra sou ek se die tannie lief die kollig. Al die verkoopte stories het die vrou ryker as ooit.

Henry ·

Hopelik sal jy en al jou vooroordele nooit die geleentheid kry om as regter uitspraak oor mense wie jy eintlik van geen kant af ken nie, te veroordeel.

Janie ·

Sjoe, Christine, gaan lees weer wat jy geskryf het, dit reflekteer negatief op jou. Dink voor jy ink, hoor.

Bloues ·

SNEL. Ek dink dit is wat Reeva se geliefdes gedoen het nadat Oscar haar gedood het, hulle het hulle longe los gehuil.

Chris ·

Ek wil nou nie snaaks wees nie, maar ek dink hy kan regtig meer van sy vonnis uitdien, hy het immers moord gepleeg. Daar is onskuldige mense in die tronk wat deur hulle werkgewers (om hulle agterstere te red van ondergaan) in die tronk gestop is vir 15 jaar en hulle moet maar sit. Ons land is besig om gruwelik agter uit te gaan. Hy is net so n mens soos enige iemand anders, so hy moet boet.

Berhalet Beukes ·

Mense oordeel darem so maklik. Punt is steeds dat korrektiewe dienste dubbele standaarde toepas en van OP ‘n voorbeeld maak omdat hy wit is! Swak! Hoekom tree die minister spesifiek in sy geval in en los sy ander maatjies om vrygelaat te word? Ons regstelsel is in elk geval ‘n klug, want ons nuwe regering het geen konsep van enige iets nie! Hulle pas wette aan soos dit hulle pas!

Henk ·

Haai, JULLE gode daar in die glaskaste wat so lekker klippe gooi…… net om julle te herinner, voor God is daar nie ‘n verskil in sonde nie. Moord, roof, diefstal, owerspel, skynheiligheid en alles wat julle so lekker doen terwyl julle oordeel spreek, dis alles EEN voor God.
O ja, moet ook nie vergeet dat hy nie aan moord skuldig bevind is nie, en dat daar geen werklike getuienis buiten omstandigheids getuienis voor die hof was nie.
Ek se nie hierdeur hy het haar nie vermoor nie, maar niemand was daar om te weet wat die ware feite is nie, buiten hy en God, so laat God maar die oordeel fel en moet nie laat die oordeel wat jy oor ‘n ander spreek die oordeel word wat jy oor jouself spreek nie. Want ons word gewaarsku in die Bybel daarteen.
En nee dit maak my nie ‘n negeltjie nie, maar ek is nou werklik gatvol daarvoor dat almal hier tekere gaan oor EEN ou en EEN saak .

Willie ·

Jissie Henk. as ek nie van beter geweet het nie kon ek sweer jy oordeel die “gode in die glaskaste” – maar dis seker maar net my misinterpretasie van die term “OORDEEL”

Lynette ·

Berthalet Beukes, ek stem saam. Ek skaam my vir my medemens en mede Suid Afrikaner wat so veroordelend is. Weet net, die wiel draai.

Willie Brits ·

Jip, die wiel draai – dis waarom OP nog in die tronk sit. En as die wiel nog so bietjie verder draai, gaan hy nog vir 15 jaar daar sit.

alex ·

Mooi! Oscar moet nog baie jare daar in die tronk bly. Ek glo nie hierdie skepsel gaan gou uitkom nie.

PIXIE ·

ALEX Ek stem saam. Ons oordeel nie maar wat reg is, is reg en hy HET Reeva vermoor uit jaloesie ! Ek ignoreer Snel se opmerking dat hy sy longe sou uitgehuil het. TWAK Reeva se familie huil nog nog en mnr OP die bederfde brokkie huil net om aandag te kry van die media en sy familie.

alex ·

PIXIE dit is reg wie is hierdie bederfde skepsel om ‘n pragtige goeie mens soos Reeva se lewe te neem. Rondom Oscar was daar net negatiewe aanmerkings oor sy swak en uitspattige gedrag. Hy verdien om baie jare daar te sit.

marthie ·

Ek het Oscar nog nooit ontmoet nie. Hy is daagliks in my gebede. Nerens is bewys dit was moord nie. Hy is verhoor en en gevonnis. en nou???????

kNERSUS ·

*En Nou* moet hy nog so bietjie in die tronk sit.. en as die Openbare vervolger se appel slag, gaan hy *nog* 15 jaar in die tronk sit.

paul ·

Mense,,die hele probleem le by die regstelsel,,,en die toepassing daarvan,,,Die ondersoek was n grap, die ondersoeker n nar,,die hofsaak nog een,die uitspraak nog een,die vonnis het duidelik gelees dat hy in aanmerking kan kom vir parool met kondisies as hy een sesde van sy vonnis uitgedien het,,,een sesde van 5 jaar is 10 maande,,,nou verander hulle die storie,,,ek stem nie saam met wat hy gedoen het nie,,,ek stem ook nie saam met wat nou aan hom gedoen word nie,,,,,waar is die regverdigheid in die regstelsel…dit is hoekom ons land so wetteloos is, Nie eers die hof se uitspraak word toegepas nie.

Dave ·

So Paul, jy wil graag gehoor word en sit ‘n hele show op hier maar jy kan nie eens die beginsel verstaan dat daar besluite geneem is vòòr 1/6de van sy vonnis verstreke was. As jy selfs dìt nie kan verstaan nie, waarom behoort enigeen na jou gesanik te luister?

NM ·

Oscar dis alles `n set teen jou….byt vas….. dis `n manier van die owerhede om jou kwaad te maak en te poog dat jy iets verkeerd doen dat dit hulle dit teen jou kan hou.

Bid Bid en Bid …. Jesus het jou reeds vergewe en dis AL wat saak maak.. ons wag op jou vrylating .. duisende Suid Afrikaners wat in jou en in jou onskuld glo.

pop ·

Christine, jy is nou regtig baie lelik ne. Vat almal aan wat arme Oscartjie laat toesluit het en nou sommer die ma ook. Jy het seker nog nooit n kind afgestaan aan die dood nie, wat nog te se vermoor deur haar kamptige kerel. Wel ek het!!! en daai ma tree op presies soos ek. Sy gaan beslis nie n spektakel van haarself in die openbaar maak nie. EN, as sy sou huil en ween sou jy seker gese het sy doen dit om aandag te kry. Bid liewer elke dag dat sulke hartseer en pyn jou gespaar bly, instede van klippe op n mooi vrou gooi!!

LYNETTR ·

Nee kykdaai kind is vanalles gestroop ..sy menslikheid sy geld sy beroep alles .hyis verneder sleggese . Dink wat dink wat wat dit aanhom gedoen het . Het hy nog nie genoeg genoeg gehad nie.. . Reeva isnou dood en niks gaan haar terug bring nie.. sy is veilig waarsy is .. dit is hartseer ja maar net so ook vir oscar .hy is dood binne. Van eens nberoemde met ngebrek tot n nul . Laat hom vry . Ek bid vir seun . Sterkte

Dave ·

Hoe vergelyk sy verlies teen die van Reeva? Julle maak gekke van julself!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.