Oscar Pistorius onskuldig aan moord

Pistorius het begin huil terwyl Masipa haar uitspraak gelees het. Foto: Kim Ludbrook/EPA/Pool

Pistorius het begin huil terwyl Masipa haar uitspraak gelees het. Foto: Kim Ludbrook/EPA/Pool

Regter Thokozile Masipa het Donderdag bevind dat Oscar Pistorius onskuldig is aan moord.

Pistorius is van moord aangekla nadat hy sy vriendin Reeva Steenkamp op 14 Februarie 2013 in sy huis in Pretoria doodgeskiet het. Hy het aangevoer dat hy haar vir ʼn inbreker aangesien het terwyl die staat gesê het Pistorius het die moord met voorbedagte rade gepleeg.

Masipa het die hof verdaag nadat sy Pistorius onskuldig bevind het op aanklag van moord en sal na etenstyd beslis of hy skuldig is aan strafbare manslag.

Sy het gelas dat die getuienis rakende die klag van moord met voorbedagte rade op omstandigheidsgetuienis gebaseer was. Sy het gesê daar is nie bewys dat Pistorius Steenkamp met voorbedagte rade doodgeskiet het nie.

Masipa het ook bevraagteken of ʼn redelike mens dieselfde as Pistorius sou optree. Sy het gesê Pistorius is die enigste mens wat kan sê wat deur sy kop gegaan het toe hy die skote gevuur het. Sy het gesê die atleet het aangevoer hy het gevrees vir sy en Steenkamp se lewens. Volgens Masipa is daar nie enige getuienis gelewer wat dit weerspreek het nie.

Masipa het bevind dat Pistorius nie aan moord (dolus eventualis) skuldig is nie. Dit beteken Masipa is van mening dat Pistorius nie noodwendig geweet het daar is ʼn mens agter die deur nie en nie die moontlikheid kon voorsien dat die persoon sou sterf as hy die skote deur die deur gevuur het nie.

Die uitspraak duur voort.

Klik hier om die hooftrekke van die hofverrigtinge gratis op Maroela Media te volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

lorayne ·

Al is hy arrogant en grens sy gedrag soms aan verwaand, glo ek in my hart dat DIT wat gebeur het, nie sy bedoeling was nie . . .
En al kry hy 100 jaar tronkstraf, sal dir Reeva nooit terugbring nie. . .

Theresa ·

Alles inaggenome is twee gesinne se lewens erg geraak. Ek weet ook almal maak foute. Wraak kom ons nie toe nie. Maar wat vir my altyd sleg is, is dat die beskuldigde altyd met sy lewe kan voortgaan. Oor begin. Oor ‘n paar maande hardloop hy weer, het ‘n nuwe liefde, koop huise en karre ens ens ens en hierdie gebeure is vergete. Maar daar is altyd die slagoffer. Niks kan haar terugbring nie. Sy kan nie haar wonderlike loopbaan voortsit nie en haar ouers is sonder ‘n dogter vir altyd en ewig. Sy het nie ‘n kans vir oor begin nie.

Kellies ·

Sy het die wonderlikste lewe wat oorbegin het. Die lewe by onse Heer en Hemelse Vader. Sonder enige sorge!!

Lize ·

Die derduisene rande wat hy betaal het om die hof om die bos te lei werp vandag vrugte af. Hy het mense se lewens verwoes en hul God gegewe kind vermoor, en al waaraan hy vandag dink is hoe om sy gat uit die tronk te hou en more oormore weer te maak soos sy ou gewoontes is. Net die anderdag was hy in die nuus weer gesuip en in ‘n kuierplek…….dit moet mos iets se van die arrogante klein snert!!!

wilie ·

hoop nie jy noem jouself n christene nie want kyk hoe oordeel jy. het jy nog nooit gesuip nie en was jy nooit arrogant nie het jy nog nooit iemand iets leeds aangedoen nie. of jy n mier doodtrap of iemand skiet. moord is moord so is jy nie dalk ook skuldig daaraan dat jy iets doodgemaak het uit vrees nie. hou op oordeel. Julle stink man.

Verseker ·

More Willie

Ek stem volkome saam met jou, wie is ons om te oordeel, ons almal het n geskiedenis, ons almal was jonk, was simpel en het onbesonne dinge gedoen, maak dit van ons slegte mense…….nee dink nie so nie! Ek is baie bly Oscar is nie van Moord skuldig bevind nie, miskien is hy arrogant, miskien is hy n klein snert, miskien is hy onverantwoorderlik en “trigger happy” MAAR ek dink nogsteeds dit was n verskriklike verskriklike ongeluk!

SNEL ·

Ek glo ook hy is onskuldige, ek stem saam met Lorayne, hy het so baie op die spel, hy sou haar gelos het as hy gevoel het die verhouding werk nie, maak nie saak hoe arrogant hy is en hoe lief hy vir gewere is nie, dit maak hom nie n moordenaar nie.

Elizabeth ·

So Maroela, waar is MY kommentaar? Ek het beslis niks kru of kras of watookal geskryf nie – in vergeleke met party kommentators op ander berigte… ek hoop jul is ordentlik en stel dit reg!

Elizabeth ·

So Maroela, waar is MY kommentaar? Ek het beslis niks kru of kras of watookal geskryf nie – in vergeleke met party kommentators op ander berigte… ek hoop jul is ordentlik en stel dit reg!

Marguerite ·

Die hele storie bly maar ‘n hartseer saak. Dit is so dat ‘n 100 jaar se tronkstraf nie vir Reeva sal terugbring nie. Ek is seker as Oscar ‘n “rerun” van 14 Februarie 2013 kon he, met die kennis wat hy nou het, sou hy verseker nie dieselfde gedoen het nie. Wie sal homself en ander mense doelbewus deur al hierdie trauma sit? Almal van ons doen somtyds in die hitte van die oomblik iets verkeerd en dan is ons later daaroor spyt, veral as die gevolge baie groter is as wat ons aanvanklike motief of bedoeling was. Nie almal natuurlik op so ‘n groot skaal nie, maar steeds. Al wat nou voor le vir beide families om die stukke op te tel, vorentoe te kyk en hul lewe, soos wat dit nou is, te begin herbou.

anzia ·

Mense het opinies, reg of verkeerd, maar 1 ding is seker. Reeva se ouers het haar beslis nie grootgemaak om deur iemand doodgeskiet te word nie. Nonsense man, sy humeur het hm die sneller laat trek. Soms geskied reg en geregtigheid nie.

Chanè ·

Sy kry verseker geld onderdeur die tafel… Dis AL manier hoe sy Oscar Pistorius onskuldig kon bevind. Watter normale mens sal deur ‘n deur skiet sonder om te kyk waar sy meisie is??? Dis NIE normaal soos sy beweer NIE!!!

Zelda Claassen ·

Niemand van ons in die publiek ken Oscar persoonlik nie en daar is baie gebeure en karakter eienskappe in die media opgeblaas….. Ons norm ons Christene maar is vinnig om klippe op te tel om ander te stenig. Ek glo dat Oscar wens hy het daardie noodlottige aand saam met Reeva gesterf…., ek bid dat die Here in sy hart berusting bring…… Ons as die publiek moet maar liefs op ons eie lewe konsentreer en die sensasie soekers moet hulself regtig vra of hulle enige saak in die geval het….. Die Here se vergewe 70 x 7….. En die ironie is: hoekom moet ons ons neus insteek waarby ons niks belang het nie…… Nee sies man….!

willie ·

Zelda jy praat so waar. Mense is vieslik deur hul neuse in ander se sake te druk. Ek sê ook vergeet en vergewe. Oscar het seer en berou net hy sal weet wat het regtig gebeur daai aand en net hy kan daardie las dra as hy skuldig is. Ek gun niemand dit waardeur Reeva of Oscar deur gegaan het nie. HUlle was en sal altyd IKONE in my lewe bly.

Verseker ·

Ek glo ook hy is ONSKULDIG aan MOORD, nalatigheid JA, ons is baie vining om KLIPPE te gooi en iemand te stenig en te oordeel, ek wonder net of die klomp klip gooiers hierbo nog so klippe gaan gooi as dit hulle Seun was………

Nee dink nie so nie!!

Kan ons mensdom nie net vir n oomblik n wag voor hulle monde sit en dink voordat hulle praat nie, my MOTO: Moet nie aan iemand anders doen wat jy nie aan jouself gedoen wil he nie!

Wonderlike dag!!

Dirk ·

Ek wonder wat julle mening sou wees as Oscar n swart man was? Daar sou geen ‘100 jaar tronkstraf sal nie vir Reeva terug bring ‘ snert wees nie dit so meer van ‘hang hom!’ en ‘bring die doodstraf terug’ gewees het.

Brenda ·

Is dit nou nie heeltemal van die bus af om RAS hierby in te sleep nie! DAARVAN kry ons oorgenoeg in hierdie land, dankie! So hou dit maar vir ‘n bespreking waar ras saakmaak.

MARGARET ·

Moet nooit se dit sal nie met my gebeur nie want ons almal woon in huise van glas. Miskien nie jou eie kind nie maar n familie sn en dan? Sal dit jou nie ook raak nie.? Wat gebeur het kan nie meer reggemaak word nie en ek voel jammer vir Reeva se familie maar die tyd heel alle wonde.

Anna de Waal ·

Wie is ons om vinger te wys, en die een wat se die Regter is partydig of het geld ontvang om vir Oscar onskuldig te bevind hoop jy het bewyse vir jou stelling. Mag die Hemelse Vader die families aan beide kante die krag gee om aan te gaan, en die verlede agter te los en vorentoe kyk en aangaan met hulle lewens, niemand kan die horlosie terug draai nie, en nie een van ons was daar gewees nie die dag toe dit gebeur het nie, wie gee ons die reg om te oordeel.

Alta ·

Ja al kry hy 100jaar tronkstraf, bring dit nie vir Reeva terug nie, maar dit beskerm weer die volgende een wat oor sy pad mag kom as hy vrygelaat word.
Almal weet hy het ‘n geskiedenis. Hy is nie meer ‘n kind nie, en is veronderstel om van beter te weet as om net te skiet en skiet.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.