Oscar Pistorius op borgtog vrygelaat

oscar-pistorius

Oscar Pistorius op 21 Oktober 2014 in die Pretoriase hooggeregshof tydens vonnisverrigtinge Foto: Themba Hadebe/AP/Pool

Die hooggeregshof in Pretoria het Dinsdagoggend borgtog aan die voormalige Paralimpiese atleet Oscar Pistorius toegestaan.

Adjunkregterpresident Aubrey Ledwaba het borgtog van R10 000 aan Pistorius toegestaan. Sy borgtogvoorwaardes behels dat hy sy oom se huis in Waterkloof daagliks tussen 07:00 – 12:00 mag verlaat maar slegs in ʼn radius van 20 km. Indien hy die huis op ʼn ander tyd wil verlaat, moet hy toestemming van die ondersoekbeampte bekom. Pistorius moet ook sy paspoort inhandig en sal elektronies gemonitor word.

Die saak is uitgestel tot 18 April. Die staat het nie Pistorius se borgtogaansoek teengestaan nie maar wel daarop aangedring dat dit onderhewig moet wees aan sekere voorwaardes. Adv. Gerrie Nel, die staatsaanklaer, het versoek dat Pistorius tydens sy borgtog onder huisarres moet bly, aangesien hy nou ʼn “veroordeelde moordenaar” is. Ledwaba het egter gelas dat dit nie in belang van geregtigheid is om Pistorius onder huisarres te hou nie.

Adv. Barry Roux, namens Pistorius, het voor Ledwaba sy beslissing gemaak het, aangevoer dat Pistorius bereid is om talle van die voorwaardes op te gee wat gegeld het terwyl hy onder korrektiewe toesig was, om te verseker dat hy op borgtog vrygelaat word. Pistorius se regspan het ook aangedui dat hulle wil appelleer teen die appèlhof se beslissing dat Pistorius skuldig is aan moord.

Die appèlhof in Bloemfontein het Donderdagoggend gesê die voormalige Paralimpiese atleet het sy vriendin Reeva Steenkamp op 14 Februarie 2013 vermoor.

Regter Eric Leach het die eenparige uitspraak voorgelees. Hy het gelas dat Pistorius aan moord skuldig bevind moes word en nie aan strafbare manslag nie. Die saak is terugverwys na die hooggeregshof vir nuwe vonnisoplegging.

Die staat het op 3 November in die appèlhof aangevoer dat Pistorius op die ernstiger aanklag van moord skuldig bevind moet word nadat hy Steenkamp doodgeskiet het.

Regter Thokozile Masipa het Pistorius op 12 September 2014 skuldig bevind aan strafbare manslag, maar nie aan moord nie. Pistorius het aangevoer hy het vier skote deur die geslote deur van sy toilet in sy huis in Pretoria gevuur, omdat hy onder die indruk was dat ʼn inbreker daar wegkruip.

Hy het op 21 Oktober 2014 sy vonnis begin uitdien nadat hy tot vyf jaar tronkstraf gevonnis is ingevolge art. 276 (1)(i) van die Strafproseswet. Hiervolgens moes hy ʼn sesde (tien maande) van sy vonnis uitdien voordat die nasionale kommissaris van korrektiewe dienste dit kon oorweeg om sy vonnis in korrektiewe toesig om te skakel. Hy het op 21 Augustus tien maande tronkstraf uitgedien.

Pistorius is in Oktober 2015 uit die Kgosi Mampuru II-gevangenis in Pretoria vrygelaat en het hierna sy vonnis onder korrektiewe toesig in sy oom se luukse herehuis in Waterkloof begin uitgedien.

Lees alle vorige berigte oor Oscar Pistorius op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

59 Kommentare

alida ·

Ag kom tog by Maroela. Ons weet almal sy oom bly in ‘n luukse huis. So what as hulle dit kan bekostig hoekom nie. Hou tog op om sensasie uit te lok !!!

Riaan ·

Alida, ek het ook so gedink toe ek die berig lees, wat het sy oom se herehuis met sy borgtog te doen.Ek hoop Oscar trek voordeel uit al die luukshede.

Pieta ·

Soos die geval met alle bewese moordenaars hoort Pistoors agter tralies. Beslis nie in ‘n luukse huis iewers in Pretoria nie.
Wat het geword van geregtigheid en toepaslike straf vir die roekelose moord van ‘n weerlose jong vrou!!!

Bloues ·

Dit is belaglik. Veroordeelde moordenaar op borgtog van R10 000. Dit gaan my vrstand te bowe

elize naude ·

n luukse huis het baie daarmee te doene… dit bewys das rykes hulle alles kan veroorloof…
sou pistorius n ander velkleur gehad het sonder bekendheid of ryk met invloed van ryk omie & co., moes hy soos elke ander kriminele moordenaar lewenslang tronkstraf uitdien… en as hy n ryk nie-blanke was, sou al die rassiste hierrond hom gestenig het…
‘n kykie in die spieel is nodig om perspektiwiteit te kan kry…

Leeutjie ·

Ek se weer wat ek op die vorige berigte gese het. Ek beskou die hele saak objektief. Dit maak nie saak of Oscar vry is en of hy gaan sit nie, hy gaan die res van sy lewe met dit moet saamleef! Indien hy dit wel gedoen het is dit sy saak met God! Ons wat nie daar was nie sal nooit met sekerheid kan se wat daar gebeur het nie. Ons kan bespiegel daaroor maar om hom sleg te se gaan nie van ons ‘n beter mens maak nie!

Charles ·

Leeutjie, oor dit dat dit saak tussen hom en God is, stem ek saam. Maar oor die bespiegelinge oor wat presies wat gebeur het, bly dit ‘n saak van hy het iemand se lewe geneem. As dit jou direkte familie was wat doodgeskiet is, sou jy nogsteeds so gesê het? Ek twyfel baie sterk. Niks gaan die Steenkamps se dogter terug bring nie.

Leeutjie ·

Ek se weer Charles. Ek is aan niemand se kant nie! As dit my dogter was sou ek ook die waarheid wou weet, so ook as dit my seun was. Toevallig het ek ‘n dogter en 2 seuns en ek kan nie se dat dit nooit met my sal gebeur nie. Al wat ek weet is dat ek sal dit hanteer volgens die lig wat ek ontvang!

Suzy ·

Stem saam Leeutjie !!!!!!!!!! Wens die mense wil nou ophou kerm oor Oscar . Kerm liewer oor die boere en families wat elke dag wreed vermoor word .
Waar is daardie moordnaars ???????? Vra maar net!!! . Los Oscar nou uit dis nie nodig om hom sleg temaak nie .

Pauline ·

Ek stem volkome saam met Leeutjie ons het nie die reg om sleg te se of te oordeel nie.Ek voel baie pyn vir almal wat betrokke is Steenkamps en Pistoruis en wil hul STERKTE toewens

Schalk ·

Leeutjie. Geld dit wat jy nou se vir alle moordenaars? Indien ons almal voor God gaan rekenskap gee, is howe dan mos oorbodig?

ME ·

Jy Oscartjie hoort nie in n LUUKSE huis te wees nie, maar in jou tronksel.

Riaan ·

Kom nou Barry , dit is nou jou kans om Oscartjie vir baie jare in sy oom se luukse herehuis te laat woon, sterke vir jou en n geseende fersfees vir jou en familie Oscar.

alida ·

ME Jy bly seker in ‘n glashuis ne? Wag tot daardie wolf aan jou eie deur klop !!!! Duisende mense bly in luukse huise hoekom moet Maroela dit elke keer beklemtoon. Die koerante maak mens siek.

Poplap ·

Koerante en Maroela wat die feite weergee is nie die problem nie. Dit is die eenoog siele wat ‘n bewese moordenaar ongestraf wil laat.

ME ·

@Alida. Hopelik sal Wolf (Oscartjie) nie weer die geleentheid kry om aan iemand se deur te kom klop nie. HA HA

ME ·

Oh nee ek het vergeet…………….die Wolf klop nie hy skiet sommer!!!!!

Leeutjie ·

ME: Ek hoop jy voel nou beter! Dis betreurenswaardig dat jy dit as ‘n lekkerkry geval beskou!!

Leeutjie ·

Poplap! As jy nie iets goeds kan se nie, se liewer niks!!

Johann ·

Baie geluk met jou borgaansoek Oscar, mag jy en jou familie ‘n baie mooi Feesgety geniet. Ons is dankbaar dat jy darem nog “vryheid” van beweging het. Sterkte vir 2016.

SkarrelKind ·

Johann – ek wonder net: As dit jou dogter was, sou jou ook so liefdevolle boodskappie aan die ou met die pistool in die hand gestuur het?
Jy’t oogklappe aan ou maat

Se Maar Net ·

Dit gaan nie of jy in ‘n Glashuis woon of ‘n pandok nie, hier gaan dit oor reg en geregtuigheid.
Jammer vir Oscar wat wel nou tronk toe moet gaan, maar hy is n volwasse mens wat ‘n besluit geneem het om ‘n ander se lewe te neem. Dus gaan hy nou sy straf uit dien.
En die wat in sy onskuld glo, sal seker ook glo die maan is van kaas..

NTATE ·

Oscar daars niksfout waar jy bly nie en die drik is inelkgefal groot op jou

RITA ·

Geregtigheid sal seevier. . Alles gebeur met n doel. Hoekom moet hy nou so rowwe pad loop? Is dit om van hom n sterker en beter mens te maak? God se wee is onbekend by die mens. Ek het n groot jammerte in my hart vir hom en sal aanhou om vir hom te bid. Gelukkig het hy n wonderlike familie wat baie vir hom omgee en nie oordeel nie.

Marthie ·

Ek stem saam met ig.

Oscar bly reeds in sy eie tronk.

Waarom aanhou om hom te stenig?

Ek wonder wat sou gebeur het indien Oscar brandarm was ?

Hy het nou niks; net sy gewete en die onthou van daardie gebeure.

Is dit nie erger as enige straf nie?

Mag die samelewing ophou . Dis asof Oscar uitgesonder word en alleen gestraf moet word vir alles wat verkeerd is in SA

DEE ·

Watter gewete? As hy n gewete gehad het sou hy nie gelieg het onder eed om homself te verontskuldig nie, maar sou die waarheid gepraat het. Dan sou hy dalk meer simpatie van die publiek ontvang het. Nou is hy in huis arres in n plek wat meeste mense nie kan bekostig om n week per jaar vakansie te hou nie. Watse vreeslikse straf is dit nou?

Paul ·

Marthie, hoe stiksienig kan n mens wees? Indien hy brandarm was, sou hy al lankal mieliepap a la tronk geeët het. Dit is omdat hy n sogenaamde hoë profiel persoon WAS dat daar so n groot ophef van hom gemaak is. Nou is hy net nog n “common criminal” wat nou vonnisafwagtend in n gevangenis moes wees. Jy vra wat onderskei hom van n brandarm persoon? Maklik; sy geld!

SkarrelKind ·

Marthie – hy word uitgesonder omdat hy gedink het sy status en finanasiële posisie verhef hom bo die wet. Hy kry ALLES wat hy verdien.

Gewete? Whahahaaaaa….. hy huil selfs op “demand” in die hof!

Oscar word ‘nvoorbeeld van gemaak omdat dit totaal verkeerd is om gewelddadig teenoor mense lewensmaat op te tree.

Hy moet deur die strate met ‘n plakkaat om sy nek gelei word: Jy MAG NIE jou lewensmaat MOOR nie. Ek is gestraf daaroor en is ‘n voorbeeld vir julle. Kyk GOED en MOENIE!

Cara ·

Ag almal wat so klip gooi na Oscar. Ja, hy weet wat hy gedoen het en hy gaan daarmee saam leef. Of dit nou opsetlik was of nie, dis gedane sake. Wat as dit rerig n inbreker was en hy sy meisie wou beskerm teen die inbreker? Almal skreeu nou moordenaar en kan nie wag vir sy straf oplegging nie, maar wat van al die ander sogenamde moordenaars wat vrylik rondloop want die regering het nie hul werk ordentlik gedoen nie. Ek weet nie waarom almal so n groot bohaai maak oor Oscar se saak nie. Die ander word vrygelaat hoekom nie hy ook nie. Julle is gou om te skreeu dis n vrou en alle vrou regte groepe wil deel wees, maar as daar vrouens is wat aan hul deurklop vir hulp,dan is dit net jammer ons kan jou nie daarmee help nie.Sodra die hulpsoekende vrou dan dood gemaak is of selfmoord pleeg oor een of ander probleem, dan wil almal vroue regte skreeu en die probleem probeer opklaar… wel dis dan te laat. As iemnd dood is, maak nie saak wat jy ookal wil doen, die persoon kan nie meer lewendig word nie. die skuldige moet net daarmee saam leef. so wat gaan dit help Oscar gaan nou vir baie jare tronk toe. ja, almal vra vrae. wat van die verkragters van klein dogtertjies wat net 2 of 5 jaar tronkstraf kry. hul lewe is opgemors en die verkragter is na n jaar of 2 weer op vrye voet. plaas die regering meer aandag daaran gee.. Oscar het berou getoon,so kom ons los dit daar. Sterkte aan Oscar en sy familie hierdie feestyd.

Leeutjie ·

Cara, ja ek dink daar word van hom ‘n voorbeeld gemaak omdat hy iemand is wat almal ken! Dit pryk oral…en daarmee saam blyk dit asof ons ‘n land is wat reg en geregtigheid laat geskied! Laat die vlae wapper ja!! maar laat dit ALMAL oor dieselfde kam skeer!

Winston ·

Ek wonder ook altyd. Waar is menseregte vegters, ANCVL en ander drukgroepe as n wit boervrou se swart moordenaars gevonnis word? Dis nogal rassisties of nie?

pop ·

Gee my krag!!!, ASB, los die ou holruggeryde Oscar sirkus nou !!! Weet julle dat n man sy onskuldige kinders koelbloedig geskiet het, en nerens sien ek hordes kameras en mense saamdrom nie.

Jan maak n Plan ·

As Oscar nie wit was nie was hy nou al n minister en het daar nie n haan na gekraai nie. los hom nou uit sy gewete sal sy gal werk. Ek sit net oor n ander saak en wonder. Die eerste regter het hom skuldig bevind aan manslag. Nou se die appelhof nee dis moord. Wat gaan die kontisionele hof se? En gaan hulle ook se dat die eerste regter dalk nie bevoeg was vir die saak nie. Die ding kan groot in die staat se gesigte ontplof.

Louise ·

Is die waar die WERELD is waar dit is, nie net SA nie.
Mense ondersteun moordenaars en kry HULLE jammer ens.
Ja niemand was daar nie. Maar ek is 99% seker almal wat aan die saak gewerk het WEET waarvan hulle praat, Wat hartseer is dat mense se AG sy is dood sy kom nie terug nie.
Dis so, maar nou moet n MOORDENAAR aangaan met sy lewe asof NIKS gebeur het nie.
No problem as jy die sneller trek nie, want HEY iewers gaan ek n PAT OP DIE BACK kry of JAMMERTE.
Jammer om te se, maar hy het n lisensie wat presies se hoe om dit te gebruik, Daar se NIKS van TRIGER HAPPY NIE.
Maar kry eerder die moordenaars jammer in plaas van die wat ONGELUKKIG hulle lewe moes verloor aan gewetenlose mense.
Sy was iemand se dogter, vriendin en so aan en sy is nie meer hier nie.
Maklik om te se ja gaan net aan, maar vir die geliefdes is dit naby onmoontlik.
Veral as die moordenaarrrrrrrrsssss beskerm of BEJAMMER word.

Minx ·

Was dit my dogter het ek hom persoonlik ‘n loodpil gegee….sommer in die hof!!!!!

Ingrid ·

Dit is onanvaarbaar teenoor die pyn en leiding waardeur Reeva se ouers gaan en te weet dat hul dogter se moordenaar so lig weg kom. Ek kan net dink hoe hulle moet voel teenoor die regs sisteem wat hulle in die steek gelaat het. Suid afrika, hoekom stel julle ons teleur? My man se ook nou dit is onbeskryflik swak dat so n man lekker kan lewe met n skuld gewete en nie gestraf word soos die res van die misdadigers nie net omdat hy beroemd is, ons land is swak en ek is seker daar is mense wat dit besef

hartseer ·

Lyk my dis maar hoe die lewe gaan wees. Moor en jy kom weg daarmee maak nie saak in watse pyn die geliefdes is nie. My ouers was n paar weke gelede in n motor botsing waar iemand voor hul in gery het my pa is oorlede en die barbaar kom skot vry daarvan af. Hoe moet ons wat agter bly die seer bekom. My pa was n wonderlike mens en nous hy dood asgevolg van mense soos Oscar want soos Oscar en di bestuurder het hul geeeeeeeen gevoelens of gewete nie. Hoop julle geweete vreet julle op. Hoop als wat sleg is vi julle moordenaars toe

Mercy ·

Geen wonder ons land gaan soos hy gaan nie. Ons nasie kan nie bymekaar staan nie. Ons glo in die onskuld van die skuldenaars, ons regverdig geweld, omdat dit een van “ons” is, ons monde water om te lees van nog ‘n plaas moord, want dis nie ons nasie nie! Mense, word wakker! Ons is alreeds in ‘n oorlog, en ons is besig om lelik te verloor! Nie oordat ons die mindere is nie, nie oordat ons nie wapens het nie, maar oordat ons sit en top die heeldag, mekaar afbreek, skinder, ens ens … in die meantime kom die vyand verby ons gesluip …

Philip ·

Statistieke wat bepaal was deur MFFW is oscar beter bekend vir moord as vir atletiek. volgens die verslag het 68.5% van die mense nie eers geweet van oscar se bestaan nie, was dit nie vir die moord saak nie sou hulle hom nog steeds nie geken het nie, dit is nou mense wat blykbaar nie in atletiek belangstel nie. Dit wys jou mens raak bekend vir die foute in jou lewe ook.

Lorna ·

En so dink meeste van julle jul name gaan nou verander ja GERRIE NEL surprise vir julle haha Daar is net een GERRIE en dit is die even wat oor ander mense sal loop solank by net as n WENNER gesien kan word Sorry Oscar ons sal maar net hoop en bid vir jou Want as my swart is gaan jy defnitief nie vir die SAP vertel ,sorry man ek het n Boer gesien en gedog hy gaan my aanval en toe maak ek sommer hom en sy vrou wreed dood , regtig ons hoogs bekwame sap kan jul nie eers vang nie Sterkte vir all die family aan albei kante You go leeutjie

Schalk ·

Net n vraag. Die elektroniese apparaat, is dit een van daai goed wat hulle om jou enkel vasmaak? En indien wel, kan hy mos lekker rondkarjakker.

Grapjas ·

Schalk, ek stem saam met jou !!!
Hij het mos nie enkels nie

Helene Heyns ·

Ek sê nog altyd ongetroude dogtertjies moet uit ongetroude seuntjies se huise en slaapkamers wegbly. Nog te meer as hulle baie bang is vir die seuntjies. Los ook sommer die seuntjies se geldsakke uit.

Elmarie ·

Helene jy slaan die spyker op sy kop. Dink jy sy sou belang gestel het as hy ‘n onbekende ou was sonder bene….nee

Philip ·

Lorna. ek hoop jy het baie geld as Gerrie Nel jou aanvat sal jy moet bewys of betaal! en jy gaan beslis tweede kom, so pasop wat jy sê, of rig jy ‘n uitdaging aan hom? ons kan altyd iets reël as jy wil.

Schalk ·

Ai Lorna! Jy het nou baie geskryf en eintlik niks gese nie. Jy is reg omtrent een ding, sy was nie wereld bekend nie. En ek dink as iemand oogklappe moet afhaal is dit die klomp wat nou so verskriklik jammer voel vir Oscar. Die feit bly staan, hy is skuldig bevind aan moord.

Loon ·

Net n vraag: Indien hy weer tronk toe gaan, gaan hy in gewone selle wees of weer in die hospitaal afdeling aangehou word?
Hy is mos nou n moordenaar?

Ansie ·

Philip sjoe met daai humeur sal jy ook iets onverantwoordelik aanvang en dan kan jy ook spyt wees Dink jy regtig Gerrie gaan hom aan twee klein vissies soos jy en Lorna steur hy soek die grootes Ek het nogals lekker gelag vir jou

Philip ·

Ja Ansie, ek hoor jou, as jy maar net geweet het ne? maar ek is bly ek kon jou laat lag.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.