Oscar Pistorius-saak: “Ek het gehoop hy verneuk Reeva”

Oscar Pistorius word deur sy broer, Carl, getroos tydens Woensdag se hofverrigtinge. Foto: Antoine de Ras/Independent Newspapers/ Pool

Oscar Pistorius word deur sy broer, Carl, getroos tydens Woensdag se hofverrigtinge. Foto: Antoine de Ras/Independent Newspapers/ Pool

Kim Martin het gehoop Oscar Pistorius het haar niggie, Reeva Steenkamp, met iemand anders gekul toe sy die nuus oor die radio gehoor het dat hy sy vriendin doodgeskiet het.

Martin het in die hooggeregshof in Pretoria getuig dat sy in haar motor was toe sy ʼn nuusberig oor die radio gehoor het dat Pistorius sy vriendin doodgeskiet het. Volgens Kim het sy hardop gesê sy hoop Oscar verneuk Reeva. “Ek het nie ʼn idee gehad nie. Ek het net gebid dis nie Reeva nie.”

Volgens Martin het sy begin skree nadat sy die nuusberig gehoor het en aan haar man gesê om die motor om te draai. “Ek het haar probeer bel, maar sy het nie geantwoord nie en ek het begin skree.” Haar man het haar glo gemaan om kalm te bly totdat hulle weet wie die vrou is wat by die skietery betrokke was.

Toe hulle by haar ma se huis aangekom het en sy gesien het haar ma is histeries, het sy geweet dit was Reeva. “En dit was vir my die einde van die wêreld. Van daar af was alles verby.”

Volgens Martin het haar ma gesê sy het met Reeva se ma gepraat en sy het die slegte nuus bevestig. Martin het na Port Elizabeth gevlieg Steenkamp se ouers, Barry en June, by te staan. “My tannie was histeries. My oom het in die hoek gesit en gehuil en gehuil. Oom Barry se gesondheid het erg agteruit gegaan.”

Martin het ook getuig oor die keer toe sy Pistorius in Januarie 2013 tydens ʼn vakansie in die Kaap ontmoet het. Volgens Martin het sy, Steenkamp, Pistorius en ander familielede by ʼn restaurant gaan eet. Sy het getuig dat Pistorius “ʼn bietjie geïrriteerd geraak het” oor die swak diens. Sy het egter besluit Oscar is ʼn “mooi persoon” toe hy vir haar dogter raad gegee het oor koshuise.

Pistorius het glo in ʼn stadium opgestaan om ʼn telefoonoproep te beantwoord waarna Martin vir Steenkamp gevra het of sy gelukkig is. “Sy het haar skouers opgetrek en gesê: ‘Ons moet praat’.” Martin het gesê dit pla haar nog tot vandag toe, aangesien sy nooit die gesprek met Steenkamp kon klaarmaak nie.

Staatsaanklaer Gerrie Nel het hierna versoek dat die saak tot Donderdag verdaag. Regter Thokozile Masipa het die onderskeie regsverteenwoordigers daarop gewys dat sy na hierdie week vir ʼn hele paar weke nie beskikbaar is nie voor sy die hof verdaag het.

Klik hier om die hooftrekke van die hofverrigtinge gratis op Maroela Media te volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Monica ·

Oscar se suster en broer wat kort kort na hom hardloop om dan ‘n drukkie, dan ‘n bottel water ens. aan te bied, word ook nou ‘n bietjie dik vir ‘n daalder. Sjoe, dit is omtrent dramaties en dit terwyl hy die moordenaar is en Reeva die slagoffer!

Marcel ·

Weet jy Monica iemand het voorheen ook so opmerking gemaak en toe dink ek – vir my is dit niks snaaks nie aangesien ons ook n baie hegte familie is en dat dit vir my heel normaal is. Ek kan jou dit belowe as dit ek was wat daar in Oscar se skoene gestaan het sou jy beslis n opmerking gemaak het want ek dink my twee ouer susters sou jou baie meer dik gemaak het as sy broer en suster want hulle is nog BAIE erger glo my.

Babs ·

Monica, wat wil jy nou eintlik sê? Dat jy nie uit ‘n gelukkige gesin kom of dat julle mekaar sal afskryf in so geval. Gelukkige gesinne is soos koeksusters – inmekaar gevleg. Dit is wat jy liefde noem. Die Steenkamps daarteenoor – het die ANC nodig om hulle by te staan. Die drama dame (Kim) van gister het genoem dat Reeva oor iets wou praat. Wou sy dalk sê dat sy nie meer gelukkig is om verhoudings te hê net om sy verpligtinge het teenoor familie. Ek kan jou verseker, daar is bae ouers wat hoop dat hulle seuns nie in ‘n strik sal trap met ‘n meisie wat van een verhouding na die volgende gaan net omdat daar meer geld is. Te veel mans word so uitgebuit maar woed dan die vark in die verhaal.

pop ·

Babs jy maak my naar. Wat se jy nou eintlik. Dat Reeva agter Oscar se geld aan was. En sy dus verdien om doodgeskiet te word deur n meneertjie wat n minderwaardigheids kompleks het. Sies man!!!

Babs ·

Pop, lees jy iewers in my kommentaar dat ek iets genoem het van moord. Kyk en luister maar om jou heen hoe baie meisies net vir ouens gaan wat hulle kan “koop”. Dit is waar die probleme begin. Jy maak seker grappie as jy sê Oscar lei aan ‘n minderwaardigheidkompleks. ‘n Persoon wat daaraan lei, meng gewoonlik met iemand wat laer lewe as hyself.. Is dit wat jy van Reeva dink?

Vienna ·

Mooi gese Marcel en Babs !
Ek dink Reeva was net agter Oscar vir sy geld.

joanne ·

Ons mag nie oordeel nie. Ma die Steenkamps (Reeva se ouers) gaan glo die geld wat Oscar vir hulle elke maand gegee het terugbetaal…. Wat hulle wa gaan kry ? Hulle kon nie eers hulle eie veblyf betaal tydens sy verhoor nie… ek persoonlik stem saam dat alles vir hulle oor geld gaan en nie oor die verlies van hulle kind nie… Wat Oscar gedoen het was nie reg nie… ma daar is 2 kante aan n saak en ondat Oscar bekend is moet daar nou n voorbeeld van hom gemaak word ? Wat van al die ander moordenaars wat vrylik rondloop ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.