Oscar Pistorius-saak: Foto’s van moordtoneel openbaar gemaak

Oscar Pistorius en Reeva Steenkamp. Foto: Twitter

Oscar Pistorius en Reeva Steenkamp. Foto: Twitter

Staatsaanklaer, adv. Gerrie Nel, het Woensdag ʼn amptelike aansoek in die hooggeregshof in Pretoria gebring om foto’s van die toneel waar Reeva Steenkamp doodgeskiet is, beskikbaar te stel.

Regter Thokozile Masipa het die aansoek toegestaan. Nel het gesê Reeva se ouers, Barry en June Steenkamp, het die foto’s gesien en die versoek kom van hulle af. Die hof het vroeër ʼn verbod op die openbaarmaking van die foto’s geplaas. Die ses foto’s is van die misdaadtoneel en sluit nie die foto’s van die nadoodse ondersoek, wat ook tydens die verhoor in die hof gewys is, in nie.

Masipa het daarop gevra of Nel nie die “omvang” van die verrigtinge probeer uitbrei nie. Sy het gesê die doel van die verrigtinge is om Oscar Pistorius weer te vonnis.

Nel het aangevoer die openbaarmaking van die foto’s is ter strafverswaring. Adv. Barry Roux, namens Pistorius, het versoek ʼn aparte aansoek moet gebring word. Hy het gesê dit sal “verreikende gevolge” hê en onder meer gevra wat sal dit beteken indien kinders die foto’s sien.

In antwoord hierop het Nel gesê “dit is tyd dat mense sien wat daardie koeëls gedoen het” aan Steenkamp. Nel het gesê daar is aanvanklik versoek dat die foto’s nie gewys word nie om Steenkamp se ma te beskerm, maar sy het die foto’s nou gesien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

114 Kommentare

Rocky Bell ·

Die fotos van die moordtoneel is vrylik op die net beskikbaar asook fotos van haar kopwonde.

Therese ·

Dalk moet Maroela oorweeg om die kommentare hier te sluit om mense van hul eie sotlikheid te red. Heelwat kommentaar grens behoorlik aan laster.

Die foto’s van die moordtoneel mag wel die oë van vele heldevererendes laat oopgaan. Een waarskuwingskoot sou dié van ‘n bang, weerlose persoon wees; vier skote … ‘n heel ander storie.

wenesia ·

Dis besag om n surkus te word en n storie van vervolgings waansin. Daar is baie meer moorde as Reeva sin maar regtig ons president is n grooter krimineel as Oskar vervolg hom dit sal die publiiteit werd wees

Sum ·

Meeste dom Afrikaners en Suid-Afrikaners verstaan nie wat hier besig is om te gebeur nie. Wat mense moet probeer verstaan as hulle kan, is dit gaan nie oor Oscar of wat hy gedoen het nie- ook nie of dit ‘n ongeluk was of nie.
Daar word 50 verskriklike wrede moorde elke dag in SA gepleeg waarvan niemand hoor of sien nie. Oscar se gemors kan nie eers 1% vergelyk word met enige van die geweldadigheid of wreedheid van die ander nie.
Nou wereldwyd- VSA, Europa, is daar ‘n trent om blankes en meer spesifiek blanke mans te verneder en te vergelyk/verlaag tot derde wereldse barbare/kriminele. Eerstens dis Nie swart mense wat agter die beweging sit nie, want hulle het niks daarmee uit te waai nie, maar die ‘duister hand’- ‘n derde mag- wat daarop uit is om Europa & Australie, die VSA saam met wit SA te vernietig.
Nou as enige mens die kommunistiese liberale media volg sal mens agter kom dat ánder wrede kriminele misdade in ‘n hoekie afgerammel word in koerante as dit die koerante haal. NET die sg wit misdade waarvan daar min is word wereldwyd opgehef en veragtelik gemaak. Ongelukkig vir Oscar is hy die rol model wit man wie se lewens ‘hulle’ wil en sal verwoes en hulle sal wit mense teen mekaar aanhits en swartes teen wittes aanhit met white guilt propaganda leuns met die eind doel om wit mense op alle maniere uit te roei… Word wakker SA

sdp ·

Wat wil die Steenkamps bereik met die fotos? Ek dring dan aan op elke plaasmoord fotos ook..jammer my simpatie is by die deur uit

Besorg ·

Ja dis pateties. Mense is nie konsekwent nie. Nat my mening al hierdie sepies op TV. Mense soek soetsappige nuus maar nie die groter realiteit nie.

beatrice ·

Ek stem saam dat dit nou sinneloos is om die fotos te publiseer. In ieder geval is dit sekerlik net nog ‘n geldmaak storie. Sensasie is regtig nie nou nodig nie. Niemand kan vir iemand so kwaad word dat jy hulle doodmaak net vir die plesier daaraan nie. Niemand wat rondslaap is ‘n engel nie. Niemand wat iemand vermaak met ‘n ander liefde is reg nie. Met ander woorde met nie uittart nie. Nie een van ons was daar om die volle waarheid te hoor nie en as ek dogters sou gehad het ek sou ek nie hulle onsedelike lewe aan die hele wereld verkondig het nie. Geld is sowaar ‘n ydele ding en as mens dit nie het nie sal jy seker tot sulke lae vlakke daal. Hy moet sy straf kry maar nie een van ons was daar om te sien wat die oorsaak was en of hy jok of nie maar gestraf moet hy word.

elmarie ·

PLAAS ASB AL DIE PLAAS MOORDE FOTO’S, DAN SIEN JULLE WAT IS WREED!

magrette louw ·

het nog nooit simpatie met die steenkamps gehad nie anyway

Marieta ·

Voel vir my ook al die haat wat almal openbaar is selektief! Reeva is nie al persoon in S.A. wat vermoor is nie. Soos SDP se… Daar is baie plaasmoorde en daar word hoogtens n week daaroor berig Dan hoor jy nooit weer daarvan nie! Dink hierdie saak gaan ook meer oor Adv. Gerrie Nel as Die saak op hande!

Oupa D ·

Besorg, Barry Roux het simpatie probeer wek deur Oscar in die hof te laat paradeer. Hy het dus die deur oopgemaak vir Gerrie Nel, wat hierdie SOTLIKHEID deur Roux voorsien het nog voordat Barry Steenkamp getuig het, om dit teen te staan deur balans te skep. Simpatie vir die gestremde persoon; verseker ja! Maar ook simpatie vir die jong meisie wat deur oordadige vuur (dis bewys in die saak) uitmekaar geruk was. Neem Roux hiervoor kwalik – hy’t gemaai wat hy gesaai het!

Drienie Vorster ·

Dit is nog nie toegestaan nie. Judge Masipa sal nog daaroor besluit. Die Media ruk alles uitverband uit!

Marie ·

Ja dit is wat in die hof gesê is Drienie Vorster. Masipa sal daaroor besluit.

Nico Strydom ·

Dagsê Drienie en Marie
Regter Thokozile Masipa het wel die aansoek toegestaan nadat die hof hervat het en sy die saak tot 6 Julie uitgestel het vir vonnisoplegging.
Vriendelike groete
Nico Strydom nms Maroela Media

Buitestaander ·

Al word watter foto’s ten toon gestel sal dit geen bydrae lewer tot die lewend making cab Reva. Dit kan net sensetiewe kykers versteur.
Sal dit enige verswarende ontbloot dat Pretoruis ‘n swaarder vonnis op gelê word. Ek glo nie so nie. Regters is onpartydig.
Gerrie soek net sensasie en ‘n regters pos.

Rupert Ashford ·

As numba 1 sy sin kry gaan sit Gerrie in die tjoekie saam met Gordhan miskien langs Oscar newwermaaind ‘n regterspos.

Han ·

Therese, ek stem saam met jou. Sommige van die kommentare is so veroordelend en vol haat, dat ‘n mens daarvan sidder.

Neewat ·

Han, ek stem saam. Die Pistorius groupies is werklik ‘n haatdraende spul.

Carpe Diem ·

Wat noem jy dit wat Roux gesoen het? OP op sy stompies laat loop vir simpatie!!

christine ·

Gerrie Nel speel vir die kamera hy rek die saak uit Regter is reg siek vir dit

Henry ·

Van speel vir die kamera gepraat.
Mens sou dink dat Pistorius se geween en opgooiery tydens die hofsaak erg genoeg was, totdat hy besluit het om ‘n eenman vertoning op sy stompies te lewer.
Foeitog.
Hy het homself so jammer gekry, dat hy weereens hartlik aan die ween geraak het.
Hopelik sal hierdie triek hom nie veel in die sak bring nie.
Snik

Anie ·

Hy wil vir homself ‘n medalje toeken, siestog die mannetjie is baie egoïsties! Hy klink soos ‘n gekrapte langspelerplaat wat aanhou vashaak…

Marie ·

EK STEM SAAM!!! BARRY ROUX SE BETOOG HET SOOS N KINDERPARTYTJIE GEKLINK TEEN GERRIE NEL SIN. UITSTEKEND GERRIE NEL!!

sjoe ·

Ek kan net sê geregtigheid vir Reeva is nie die doel van Gerrie Nel of haar ouers nie. Hoe kan jy haar op haar vernederendste publiek vertoon, julle is siek Gerrie en June en Barry Steenkamp, sies, jul is haar ouers en Gerrie jy is veronderstel om vir haar te baklei, nie haar te verneder, dit gaan geen invloed op die straf verswaring hê nie, dit is sensasie soekend. Ja dalk bied iemand oorsee weer ”n vakansie en onderhoud vir die arme ouers aan, ek kan net dankie sê nie eenv an julle is my ouers nie!

marianne ·

Ek breek vir die Steenkamps – ek hoop Oscar kyk en kyk weer na die foto’s – ek wens Oscar erken hy het uit woede opgetree en gaan sluit homself op!
Jy is laag en gemeen, gewetenloos en babaars!!! Pistorius jy is nie ‘n mens nie! Jy is ‘n monster!

Frederik ·

Geregtigheid het nie altyd ‘n mooi gesig nie… Berrie het met sy rug teen die muur begin met die ergste verraderlike optrede om Oscar soos ‘n sirkus dier te laat paradeer om die hof se simpatie verder te verseker teenoor sy kliënt…. Gerrie het Berrie se frase “It’s time” met die werklikheid dmv: van die misdaad fotos geëlimineer. Dit is die feite..

Shame on you ·

Al wat ek kan sê is Shame on you, Oscar is so gebore, maar baie ander het eers later in hul lewe gestremd geraak, bid jy maar dat dit jou nie tref nie, ek werk met gestremde mense en al is hul dieselfde in denke, is daar ‘n verskil. Om die foto’s in gelyke met dit te bring is siek om die minste te sê, julle het geen gevoel vir Reeva, dit gaan net oor die show.

Will i am ·

Gerrie ons staan agter jou. Hoog tyd dat mense sien wat doen n wapen

Magde Vd Kolff ·

Trots op Gerrie ….hierdie wees jammer vir n moordenaar is taboe.

Nee wat ·

Nee wat as jy n regte moordenaar is laat Gerrie jou vry veral as jy dit vooraf beplan het!

Justa ·

Gerrie Nel word wakker. Alles is op die internet. Barry Roux het baie beter as Nel gedoen wat dieselfde sin seker 100 maal oor gese het.

reg & geregtigheid ·

Die hofsaak moet oor reg en geregtigheid gaan, Gerrie deur die saak het dit duidelik geword julle fokus meer op image, jong ek het mos nou life tv show gehaal. Kolonel toe nog Kaptein van Aardt, kyk hy het sommer in ‘n jaar range gespring, het gegrynslag terwyl Reeva se goed opgekom het (selfoon boodskappe) selfs onderlangs gegiggel, haar ouers spring vir onderhoude en jy wil die foto’s wys, moenie hulle blameer nie, julle al drie voel ‘n veer vir Reeva. Ek verkies om haar mooi gesiggie te onthou! Julle wil vir Oscar nog harder straf, weet jy daardie prentjies is in sy kop, so julle kan vir die wereld wys, ten minste sien die wereld julle nou vir wat julle is! Sensasie soekers en natuurlik die lekker cash saam met die interviews.

Josua Keys ·

Ek weet nie waar kom julle mense aan die idee dat Gerrie Nel sensasie soek of geld najaag nie, weet julle wat is die verskil tussen n staats Advokaat en ‘n privaat Advokaat soos in Roux se geval, Roux word per uur betaal deur wie hom ookal genader het om hom of haar te verdedig so hy en sy span is die mense wat geld uit die saak maak nie Gerrie Nel en Reva se ouers soos mense beweer nie, Gerrie kry n salaris van die staat af maw ek en jy betaal sy salaris met ons belasting geld hoop julle verstaan dit duidelik, Gerrie veg hier nie vir eie gewin nie mense hy verteenwoordig ons almal want hy is besig om n moordenaar regtelik te veroordeel want dit is die wet van God maar die mense het dit aangepas van tot die dood veroordeel na tronkstraf, Reva kan nooit ooit terug kom om haar saak te stel nie al was sy reg of verkeerd op daai oomblik want Oscar het haar dit ontneem onnodiglik. Ek oordeel niemand nie en ek voel ook jammer vir Oscar maar ‘n lewe is vir ewig geneem en moet gestraf word en klaar.

Neewat ·

Neewat sny Gerrie se salaris, want dit is nie wwarvoor my tax geld moet gaan nie! Joshua jy ken duidelik nie vir Gerrie Nel nie

MCS ·

Hoop nadat Gerrie Nel homself bewys het as die beste staatsaanklaer hy homself wend na plaasmoorde. Will i am se dis hoogtyd dat ons sien wat n wapen doen! Mense gebruik verskillende elemente as wapens om temoor! So dis hoogtyd dat die wereld sien hoe ons boere en mense met wapens gemoor word, wys die fotos daarvan en maak ook so n “hoola-baloo ” daaroor! Voor Oscar en na Oscar se dinge is daar baie vroue en mans wat deur hulle gade vermoor is! Word daar so n ophef gemaak? Word daar n ophef oor plaasmoorde gemaak wat daagliks gebeur?

NH ·

Pas op om mens name te noem liewe heksie. Tensy jy baie geld het!

PMB ·

Dit is gaan lankal nie meer oor Reva se dood nie. Dit gaan alles oor Gerrie Nel se “celebrity ” status en die volgende sepie episode. Moord fotos word nie oor die algemeen publiek gemaak nie. Hy wil net mense se emosie op roer! Skaam jou Gerrie. Kan ons asb nou oor iets anders gesels. Die perd is holrug gery!!!

Marous ·

Egoisties … hou nou op om Petrocelli te speel en kry klaar.

Pieter ·

Hoekom nou die fotos wys en nie in die begin vd verhoor al nie. Haar niggie is skynheilig .

WeesWys ·

Een feit wat niemand durf weg redeneer nie, is die feit dat ons woon in ‘n land waar misdaad uurliks gepleeg word. Het hierdie saak dertig jaar terug gebeur, was dit gans ‘n ander situasie. Het ons nie hier ‘n geval van twee mense wat slagoffers geword het van die wanorde en wetteloosheid waarin misdaad in ons dag floreer in SA nie? Word Oscar van moord aangekla omdat hy hulle albei in die misdaadkonteks van SA met mag en krag wou verdedig? Sou dit haar goedkeuring weggedra het? Gaan die samelewing haar nou sien soos sy nooit gesien sou wou wees nie? Haar eie keuses word huidiglik totaal oor die hoof gesien en Oscar word die openbare simbool van die misdadiger wat vanaand nog êrens gaan toeslaan. Word wakker, Suid-Afrika!

johann cb ·

Adv Nel is nou desperaat! Sulke fotos gaan waarskynlik meer kwaad as goed doen! Hou dan eerder die verrigtinge in camera. Jan Publiek hoef dit nie te sien nie – dit is baie “privaat en sensitief “! Ai tog, Adv Nel…

birdie62 ·

Desperaat vir wat? Die SCA het OP klaar skuldig bevind aan moord! Barry Steenkamp het die aangevra, watse kwaad kan daar nog meer gedoen word as ‘n dooie dogter? Stupid comment

André Cronje ·

William…dit is nie wat die wapen doen nie, maar die persoon wat die wapen hanteer wat die probleem is.

Jennie ·

Daar is duisende families wat ook n geliefde verloor het. Ek persoonlik sal nooit dat my kind so ontbloot moet word vir die wereld nie. Hoe kan kan mens jou kind se lyk “adverteer”? Dit is mos nie geregtigheid nie? Waar is die fokus op ander moorde? Wat van my familielid wat doodgeskiet is? Niemand wen id saak nie. Hierdie saak gaan beslis nie meer oor geregtigheid nie maar wraak. RIP Reeva en sterkte Oscar

Johann ·

Ja adv Roux. Wanneer jy n simpatie sirkus in die hof hou en jou klient op sy stompies in die hof laat rondloop en die SIEK arrogansie het om Vleis Visagie se saak toe hy sy dogter TOTAAL per abuis geskiet het te wil vergelyk met Oscar se HOOGS verdagte “per ongelik”…dan is als aanvaarbaar. Maar wanneer die verwoesteende gevolge van n geweldsbehepte moordenaar( ja hys skuldig bevind aand moord) deur fotos in realistiese perspektief aan OSCAR SELF gewys word; dan gooi jy wal? Hoop Oscar se gewete en joune ruk wakker as julle in publiek na die verwoesting aan n vrou se liggaam.moet kyk wat OSCAR gedoen het!

Christina ·

Dis absoluut pateties. Dis niks meer as sensasie soek nie. Gerrie Nel wil net bekendheid verwerf. Ek dink Oscar is genoeg gestraf. Hy het verkeerd gedoen maar genoeg is genoeg. Wat het van menseregte en skending daarvan geword?? Julle skeur Oscar onnodig uitmekaar. Hy is emosioneel reeds dood. Wat meer soek julle??

Gordon ·

Het Roux en Oscar nie ook maar aandag en simpatoe gesoek vandag nie. 3 Jaar terug kon hy Reeva se lyk die trappe af dra, vandag moes hy so ewe aan als vashou om regop te bly. Plaasmoorde is terrible maar het niks hiermee te doen nie. Wonder hoeveel geld het hy gekry om sy storie aan die pers te verkoop? Maar niemand sal ‘n woord daaroor rep nie want hy was mos ‘n ster op sy tyd.

Alta ·

Gordon, hy het sy prostese aangetrek voor hy Reeva die trappe afgedra het.

Cindy ·

As ek so na die kommentare kyk verstaan ek darem nie die mensdom nie! Iemand is dood en iemand het haar lewe geneem, ons is nie nou by sensasie soek of ander moorde nie. Ons is nou by geregtigheid vir iemand wat dalk nog wou trou en kinders gehad het wat nou nooit daai kans sal kry nie! Ek stem saam haar pa die fotos moet gewys word aan almal want almal kry nog net vir Oscar jammer en hoor hoe gebroke hy is maar niemand sien wat hy aan haar gedoen het nie. Miskien sal ons nooit weet wat gebeur het nie maar evidence lieg nie

Piet ·

Johan jy slaan die spyker op die kop ek kon dit nie beter gestel het nie en baie dankie aan Adv Gerrie Nel dat hy so ystere wil het om geregtigheid te laat seevier well Gerrie Nel

Geregtigheid ·

Piet, Johan regtig geregtigheid, goeie more koffie of tee, as jul wakker is, dit is die einste ou wat n deal met n self erkende moordenaar gemaak het om die een wat beplan het te vang en hy kon dit nie regkry. Jy weet wat hier is live tv wat oor die hele wereld gaan en n kort mannetjie moet wys hy is die man, verder hoop hy om in die politieke tye n regterspos los te slaan, nee hy is gewetenloos en sal laat jok en verneder om te wen m.a.w. Vuilspeel soos nou.

Poplap ·

Terwyl ons almal focus op Oscar het daai gemors Bob Hewitt konders verkragter homself tot die konstitusionele hof gewend. Kyk dis nou nog ‘n voorbeeld van weier om verantwoordelikheid te aanvaar vir jou dade.

Jip ·

Jip poplap en hy het dit oor en oor gedoen vir jare en jare en met n klomp dogtertjies (dit is wat jy op 12 is) dit is gewetenloos . Hul lewe, maar hoe lewe hul elke dag met daai pyn.

Verlam ·

As julle weer n persoon in n rystoel sien, stop en vra wat sy optrede sou wees. Ek weet wat ek sou doen, ek sou skiet want ek het net een kans. Julle sien, al is ek in my bolyf baie ster kan ek myself nie verset of verdedig nie want ek is n kwadropleeg.
Ek wens julle en die media wil hom nou kruisig en klaar kry.

Alta ·

Verlam, dis presies hoe ek voel. Ek was al in n situasie waar daar n venster in my huis oopgebreek was om in te kom, en ek wou daardie persoon n paar patrone in hom jaag, en ek is nie eers verlam nie. So as iemand in my huis wil kom sal ek hom skiet klaar! Hy hoort nie in my private spasie nie!

Rowan ·

Verlam, hy het iemand doodgeskiet. Aan almal wat so hoeha, wil ek net een vraag vra: Was sy lewe bedreig op die stadium toe hy die vier skote afgevuur het? Antwoord net my vraag!

elmarie ·

‘n Vriendin het omtrent 10 jaar gelede drie inbrekers geskiet deur ‘n toedeur, wat probeer inkom het in haar slaapkamer. Sy het nie die mans gesien nie, maar wel gehoor dat hulle besig was om haar slaapkamer deur te probeer oop kry. Een van die mans is dood, een gewond en een het ongedeerd ontsnap.
Die polisie het haar ondervra maar sy is nie aan gekla nie, want hulle het probeer om haar te beroof of nog erger.
Wat is die verskil tussen hierdie saak, Vleis Visagie se saak en Oscar se saak.

Jo-anli ·

Ja ek stem wys die foto’s vetsl vir Oscar. As dit sy suster was wat sou hy doen. Hy moet boet. Ek ly ook aan PTSD EN MANIESE DEPRESSIE ASOOK ERGE ANGSSTEURNIS.Maar nooit ooit dink ek om ander dood te maak nie. Hy is n spoiled brat wat altyd sy sin wil kru. Laat hof besluit en reg geskied asb.

Elize ·

Het die inhoud van Reeva se selfoon boodskappe ooit tydens die verhoor aan die lig gekom? Indien nie, wonder mens hoekom nie? Daar moes tog sekerlik baie belangrike inligting gewees het wat ‘n rol gespeel het in die tragiese gebeure!

Ai ai ·

Ai ai waar was jy tydens die hofsaak, nee regtig as mens kommentaar en sugestie wil skep moet jy darem seker wees van die feite, eish nee regtig.

Schalk ·

Wat my verstom, is die feit dat hy sy kunsbene moes afhaal om te bewys hoe weerloos hy is. Bull!!!! Hoe weerloos kan n mens wees met daai kaliber wapen, en dan nog patrone wat vervaardig word om die maksimum skade aan te rig?

Simon ·

Stem saam jou Schalk..Al wat ek sien is dieselfde as ‘n dwerg met ‘n groot gun.

JohanP ·

Ek wil net as n kind van die Here Hier in tree. Ek plaas Alles voor die deur van Reeva sê ouers. Hulle moes hulle meisiekind geleer het om nie daardie tyd van die nag nog rond te rits of nie by die huis te wees nie. As hulle haar volgens die Woord opgevoed het was dit n hele ander storie. Ek hoop ander ouers neem kennis en leer hieruit. Aan al die ander…..aan God Kom die oordeel en wraak toe.

WeesWys ·

Stem saam met jou, JohanP. Hard soos dit is, as Reeva Steenkamp daardie aand in haar eie bed geslaap het, het sy waarskynlik nou nog gelewe, was haar ouers vandag nie nou gebroke nie en was Oscar se lewe nie verwoes nie. Sy het daardie dag ‘n keuse gemaak en haar keuse het gevolge gehad. Ja, Oscar is skuldig, want hy het haar doodgeskiet. Maar die saak het twee kante. Ons woon in ‘n land wat dodelik siek is aan misdaad, en die saak kan nie buite daardie konteks gesien word nie.

Salomé ·

Ek verstom my so hoe mense daarvan hou om klippe te gooi. Niks het juis verander vanaf die Bybelse tyd nie. My simpatie lê by Reeva en haar familie, maar die oordeel kom my nie toe nie. My hart breek egter vir Oscar, wat sy en sy familie se lewe in ‘n onbesonne oomblik verwoes het. Ons leef in ‘n gevalle wêreld en die alewige stryd tussen goed en kwaad. Niemand van ons is verhewe daarbo nie. Ons kan net bid vir leiding. Mag God die finale regspraak lewer. Kom ons steek eerder die hand in eie boesem en gun niemand die hel waardeer hierdie twee families moet worstel nie. Dit kan net sowel met jou familie gebeur en wat as die skuldige jou na aan die hart lê? Mag so iets niemand van julle ooit tref nie. My hart huil egter steeds vir Reeva, want sy lyk baie soos my eie dogter en ek sidder by die gedagte dat so iets met haar kon gebeur …

Rapes ·

Ag ou Gerrie jy soek net sensasie. Is dit werklik nodig om sulke fotos te plaas. Hoekom doen jul nie dieselfde met al die ander moorde nie? Volgens my is jy laer as drek.

Poplap ·

Ag ou Oscar jy soek net weer sympatie. Die prostese episode was amper soos iets uit die OJ saak. Die hele spul is ‘n klug

Cobus ·

Hou op gal braak.As dit jou kind was wat sou jy gedoen het.Ek sal so ver as moontlik gaan om reg te laat geskied.
Geeneen het die reg om n lewe te neem behalwe as jou eie lewe bedreig word en jy word gedwing om jouself te verdedig. .As die verhouding nie werk stap uit en begin oor.

yster 74 ·

Sluit hom lank toe. Ons sal nie die waarheid hoor nie. Surkus. Daars te veel goed wat nie sin maak nie.

Hoofnar ·

Ja en die hoofnar is Gerrie Nel en kan sommer as hofnar ook deurgaan.

Poplap ·

Johan P jy is werklik voorbeeld van alles wat verkeerd is met sogenaamde kerk mense. Hoop jy hang jou kop in skaamte want dis mense soos jy wat ander weg dryf van geloof. Mooi kry vir jou ‘n high 5

Sarkasme ·

Met jou oordrewe sarkasme en comments kan mens net wonder of jy vies is vir Oscar, dalk het hy jou nie raak gesien, of gesien en nie belanggestel nie.

anne ·

Regtig miskien moet jy ook seker maak voor jy alle kerk mense oor dieselfde kam skeer. Los tog die kerk uit die gedprek.

J ·

Gerrie Nel het sy saak 1Ste keer teen Barry Roux verloor.Toe vat hy die saak Hooggeregs hof toe. Dink nie dit gaan oor Reeva nie. Maar oor sy ego. Kom ons kyk wat maak hy met die Henning saak. Ek kan nie glo die Steenkamp familie stem in dat hulle oorlede dogter se fotos tentoon gestel word nie. Ek sou nie eens wil kyk daarna nie. Ek voel jammer dat so n mooi vrou oorlede is maar haar ouers en Nel soek nou publisiteit. So sad

Netso ·

Netso J, jy slaan die spyker op sy kop! Ek voel ook sad oor Reeva, maar haar ouers maak my naar, hoe kan n Pa wat so lief is en elke dag met sy dogter praat nie van die verhouding geweet het nie, iewers is groot fout, of streel dit die ego se storie. Oor Henning, ek twyfel as daar nie kameras is nie, sal Nel 2 x dink!

Skroplap ·

Soos die Apelregters in die Staat – oftewel Gerrie – se guns beslis het, was lg weereens korrek bewys toe hy regter Masipa se foutiewe bevinding na ‘n hoër hof verwys het.
Sodoende het geregtigheid geseëvier en is Pistorius regtens as ‘n moordenaar skuldig bevind. Hopelik sal die straf ook een wees wat met die van ‘n moordenaar s’n ooreenstem.

Gesie ·

Waar kry almal die tyd om hulle so te verdiep in hierdie saak? Niks beter om te doen nie? Ons is tog so lief daarvoor om ons te verlustig in ander se ongeluk. Dis nou genoeg!

lize ·

JohanP…..ek hoop jy weet wat op jou kinders se selfoon is en ek hoop meer as als dat jy altyd bewus is van waar jou reg groot gemaakte kinders elke oomblik van die dag is. Ek het oor die klompie jare wat ek n ouer is geleer dat dis beter om te aanvaar dat jy nie n perfekte kind groot maak nie en miskien moet jy terug dink aan jou jeug jy kan dalk net onthou dat jy self nie die voorskriftwevan die Bybelse opvoeding gevolg het nie. Gerrie Nel se werk is om Oscar skuldig te bewys en die maksimum vonnis te kry, ons sou dit wou he as Reeva ons dogter was.

Sollie ·

Mense is van nature nuuskierig, verbasend hoe die meerderheid wat hier teen die publiseering van die foto’s is, maar tog kom loer het of dit wel op is.

Han ·

Rapes, tel jou woorde! Jy is besig met karakterskending.

Gesie, ek stem saam met jou.

Sputnik ·

Wees baie versigtig vir laster en naamskending, mense! Julle het gesien wat met Sparrow gebeur het. Julle kàn nagespeur word. My simpatie lê by ál die mense betrokke – Oscar ingesluit. Dit is ‘n tragiese voorval met verreikende gevolge vir baie mense en moes nooit gebeur het nie. Bid eerder vir krag en genesing en hou op klippe gooi. Mooi dag vir almal.

Liewe heksie ·

Oscar is ‘n boosdoener en moordenaar wat NOU in die tronk hoort So kan dit nie aangaan nie

Neewat ·

Ou liewe Heksie jou kop raak heel deurmekaar, ‘n boosdoener is iemand wat klomp nonsens aanjaag. Geniet die oordeel, staan sterk as so tragedie jou familie tref!

Tony ·

Met al die moorde nou behoort die doodstraf inkom! Daar gaan nie genoeg tronke wees nie. Groot vout met hierdie saak. As jy langs jou vrou slaap en jy vermoed iemand is in die huis sal jy haar nie waarsku om stil te bly terwyl jy die ou gaan skiet nie. Sy was nie in die bed nie en hy het geweet waar sy was. In die toilet toegesluit om van hom weg te kom. Dit het nooit opgekom nie. Te veel geld is al hier uitgegee dus Roux se “pantomine” in n laaste poging! Prente in die koerant is walgelik. So hardegat soos hy was is hy nou skielik mak! As dit my dogter was sal daar nooit n hofsaak gewees het nie

Mielie ·

Ek het soveel respek vir beide Nel en Roux. Al twee was uitstekend, Elkeen het hulle beste gelewer. Dit was vir my ‘n eye opener. Die fotos gaan daar wees, ek hoop dit dien die doel Wat BS wou gehad het. Ek hoop mishandelde VROUE sien dit ook (Reeva was nie n mishandelde vrou nie). Dit was nie vir my soos n sepie nie. Dit wys jou dat daar gevolge is vir dade en dat ons fantastiese regsgeleerdes in hierdie land het.

Adele ·

Ok ek het die fotos gesien….as jy iemand in die kop skiet, het jy dadelik ‘n blou oog?

sue-ann ·

Beter kon ek dit nie stel nie Johan. Sy het nogal n reputasie gehad. En mense ja as christen veroordeel en nie maar beoordeel

sarie vanheerden ·

Hoe kan Oscar verhoor word vir dieselfde saak waarvoor hy reeds skuldig gevind is en al deel van die vonnis uitgedien het? Het die regering ‘n onbevoegde regter aangestel toe regter Masipa die pos gekry het? Dan moet die regering dit erken!

koos ·

Ek hoop gerrie gaan die dyl ding in die kaap ook doen sodatons op die einde van die dag ook mooi naby fotos van die slogoffers te sien kan kry.
Weet jy wat n mens kan nie help om jou respek vir die klomp te verloor nie.
Sies man hoe kan jy dit aan jou kind doen? Gaan dit dan net oor hoeveel die kind jou kon ingestop het.
Onthou net om n klompie fotos byderhand te he om te teken by die hof as die vonnis gelewer word n mens kan n paar pennies maak.
Sies!!!

franx ·

die man is n manipileerder. hy verdien jare agter tralies gedink hy is verhewe bo landswette oor sy geld en roem.hy het GOD gespeel oor iemand anders se lewe nou moet hy boed. n oog vir n oog n tand vir n tand.

roels ·

Vonnis die man en kry klaar hoekom alles van voor af oopkrap, hoekom so n ophef maak van 1 moord in ons land rerig !

chris ·

Ja nee ek stem dis rerig pateties Gerrie soek nou net meer aandag wat hom glad nie toekom nie en lyk my hy het n baie vervelige lewe dis hoekom hy nou meer aandag soek en alles wil ooprek, laat dinge nou gebeur wat moet gebeur en los die res uit want ons soek beslis nie nog n tv show van hom nie

roels ·

Hoekom als so uitrek Vonnis die man en kry klaar rerig, dis is als net sensasie, laat Ocsar sy straf uitdien, niks gaan Reeva terugbring nie

Caja ·

Jip! Ek kan goed glo die wys van die foto’s was nou weer die Steenkamps se idee. Oooo hulle hou van al die aandag en simpatie al beteken dit ook hulle dogter moet verder verneder word, deurdat almal kan sien hoe sy gelyk het na die skietery. Regtig? Hoe ver wil hulle die ding nog druk? So bly julle is nie my ouers nie, want myne sou my nie SO wou blootstel nie, selfs nie eens na my dood nie. Almal weet Oscar is skuldig en hy sal boete doen daarvoor en hy doen alreeds. Dit ontaard alreeds is ‘n sosiale sirkus!

Victor ·

JohanP, jy is skynheilig!. Aan God kom die oordeel toe, maar jy oordeel al te lekker?

So, nou is dit arme Reeva se skuld dat hy haar geskiet het?!

Jannie ·

Mense mense, die Steenkamps wil he jan en Publiek moet sien hoe hy dit gedoen het sodat daar kan ophou bespiegel word of dit moord was of nie en die storie tot n einde bring. Al wat ek vra is kyk na die foto van die badkamer, sien julle die toilet? Nou al wat ek kan se as my liefde vroutjie nie langs my le en ek hoor geluide in die huis sal ek my bewapen , maar ek sal ook uitroep na my dierbare vrou om tehoor, BOKKIE IS DIT JY DAAR BINNE? Die kroon sit dan by die deur hoe is dit moontlik dat jy net skiet?

Victor ·

Presies, Jannie. En jy sal SEKER maak waar is die liefde van jou lewe voor jy 4 skote deur ‘n toe deur skiet.

Toe hy aan die olympiese spele deelgeneem het was ons almal oortuig hy mag nie as gestrem gesien word nie, maar nou is dit die ronddans op die stompies om simpatie op te wek.

Reeva se fotos is skokkend – die ou spul Pistorians moet gaan kyk – dit was moord, deur en deur.

koos ·

Ek sien daar is weer n lekker storie in Bronkhorstspruit waar n dogter in haar gesig dood geskiet is.
Moet ons solank toy toy om die fotos te sien?
Netnou voel die arme kind sleg as ons dit nie aanvra nie.
Diskriminasie of so iets.
Sies man om iemand se waardigheid so te minag.
Nou onthou ek Reva was ook n Regsgeleerde……………………———–……..!!!!?

TVR ·

GERRIE NEL vir president!!! Ek wens van julle mense kan tot die besef kom dat Adv Gerrie Nel in ons almal se belang optree ! Wat as dit jou dogter of familielid was en jy kon jou aanklaer kies gaan dink bietjie julle wat vir Gerrie so uitkryt….. Na wie sou julle gehardloop het…?! Daar is n handjie vol toegewyde staatsaanklaers oor mense kom tot die besef Adv Nel staan vir geregtigheid!
Ek se weer Adv Gerrie Nel vir President!!
Gerrie jou vrou en kinders en baie van ons is trots op jou hou asn met jou goeie werk!

koos ·

Help my reg asseblief.
Waaroor gaan die kommentaar oor gerrie nel wat so goed is, is OP skuldig of nie of is dit oor die fotos wat beskikbaar gestel is. As dit oor iemand wat goed is of nie moet ons die fotograaf die eer of diskridiet gee.
Of moet ons vir OP n pluimpie gee omdat hy so goed van agter n toe deur gegroup het. HELLO.
Die kommentaar gaan oor fotos wat beskikbaar gemaak is.
Ek glo daar is ander kommentare wat dit dek.
Ek se maar net, hou by die onderwerp.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.