Oscar Pistorius-saak: ‘Getuie is bevooroordeeld’

Pistorius Maandagoggend in die hof. Foto: ANA

Pistorius Maandagoggend in die hof. Foto: ANA

Staatsaanklaer adv. Gerrie Nel het Maandag die getuie wat deur Oscar Pistorius se regspan ingeroep is, as bevooroordeeld beskryf.

Prof. Jonathan Scholtz, hoof van kliniese sielkunde by die Weskoppies- psigiatriese hospitaal en ook verbonde aan die Universiteit van Pretoria, het getuig dat Pistorius se toestand vererger het, dat hy verskeie fobies het, aan posttraumatiese stressindroom ly en ook angs en depressie het.

Nel het Scholtz se getuienis herhaaldelik bevraagteken en later gesê hy is bevooroordeeld teenoor Pistorius. Nel het onder meer vir Scholtz gevra hoekom hy nie die inhoud van ʼn verslag wat deur ʼn voorligtingsielkundige by die Kgosi Mampuru-gevangenis opgestel is, by sy verslag ingesluit het nie. Scholtz het gesê hy het nie gedink dit is nodig nie.

Die voorligtingsielkundige het glo in haar verslag aangevoer dat Pistorius “verbale aggressie” teenoor ander gevangenes getoon het. Scholtz het gesê die inhoud van dié verslag is “baie onwetenskaplik” omdat Pistorius weens die depressie en posttraumatiese stressindroom “verbale aggressie en ontsteldheid” sou toon.

“Ek vind jou antwoorde nogal bevooroordeeld tot die beskuldigde en nie objektief nie,” het Nel gesê. Regter Thokozile Masipa het in ʼn stadium daarop gewys dat die voorligtingsielkundige nie gesê het Pistorius is ʼn gewelddadige persoon nie, maar gesukkel het om aan te pas.

Barry Roux, namens Pistorius, het hierna weer vir Scholtz ondervra. Hy wou weet wat is die gevolgtrekking van die voorligtingsielkundige se verslag. Scholtz het gesê die gevolgtrekking is dat Pistorius se risiko om weer te oortree laag is.

Roux het tydens sy ondervraging weer na Pistorius se tronksel verwys en die afsondering wat hy beleef het. Scholtz het gesê Pistorius wou nog altyd mense help en dat dit in sy geaardheid is.

Die saak gaan Dinsdag voort.

Lees alle vorige berigte oor Oscar Pistorius op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

Liewe heksie ·

Oe e e Gerrie nel skaam jy jou nie om als te verdraai om jouself eksteem te boost nie nee regtig lê woorde wat jou pas in n ander se mond

Stem saam ·

Stem saam Liewe Heksie, hy het werklik ‘n lelikheid aan hom. Hy respekteer net homself en as hy nou so eerbaar was het ek dit verstaan, hy is maar ‘n regte boelie met die sport waar hy betrokke is en hy het ‘n selferkende moordenaar losgelaat in ‘n “bargaining deal” met dit bedoel ek iemand wat beplan het om iemand dood te maak, dit gedoen het en erken het. Hulle doen dit kamma justice vir Reeva, maar ou Van Aardt het lekker onderlangs gelag vir Reeva se weed & hoe boodksappe op haar foon. Wat se respek is dit?????? Hy het ook groen koring, wie weet dalk verras hulle hom behoorlik eendag!!!

Frik ·

Tot een van jou geliefdes vermoor word en jy n onbevoegde staatsaanklaer kry wat nie die waarheid uit die skuldige kry nie- dan gaan jy bid vir iemand soos Gerrie, anders loop die skuldige by die hof uit as n vry man. Jy sal nie vir 10 minute kan dooen wat Gerrie dag in en dag uit vir n lewe doen nie, so hou maar die snedige kommentaar vir jouself

Elize ·

Enige mens se toestand sal daagliks verswak in die situasie.want n mens het mos n gewete.en dit alleen glo ek kan jou opvreet van binne.

Sampie ·

Enige persoon sal aan stres ly waneer die howe so lank draai met ‘n saak wat so lank neem met ‘n vonnis oplegging!!

O jinne ·

O jinne ek kan net sê die onderhoud met die TV is om sy kant te stel, sonder ‘n boelie hier voor jou, almal skree ten hemele vertel ons wat gebeur het, noudat Oscar dit gedoen het is dit ook verkeerd. Gerrie Nel regtig wie sou in die hof kom staan teen jou woordspeling, jy gaan so tekere dat niemand – nie eens ‘n Professor kon staan teen jou onbeskofte woorde in die mond le, wat jy kruisondervraging noem nie. Ek hoop werklik Judge Masipa sien deur jou!!!!!!

Niel ·

As dit ‘boelie’ is om iemand onder kruisverhoor te neem, dan moet Gerrie Nel maar die liegbek, manipulerende, arrogante beskuldigde en sy span wat so saamspeel boelie…….

johann cb ·

Adv Nel het nog steeds geen begrip van wat “sielkunde” behels nie. Hy sal nou na strooihalms gryp. Hy trek almal se woord in twyfel – behalwe sy eie…

Joe ·

Moes geweet het Oscar kan alweer nie sy mond oop maak om te praat nie , aangesien van sy vele kwale , stress & depressie weer voor ge hou word, Jipp , stress is nie nou maat nie , veral nie as jy weet jy het moord gepleeg nie ….
Bring tog net weer vir hom ‘n emmer om in te KOTS , aangesien Gerrie Nel sy werk ordentlik doen …. Oscar hoop hy gaan tronkstraf vry spring , wel ek hoop nie so nie …. hy moet terug tronk toe … dit is waar hy hoort !

Gerd Lourens ·

Drie hoeras vir Gerrie!!!

Sluit die veroordeelde moordenaar nou toe, vir ten minste 15 jaar.

Elanie ·

Joe, ek stem 100% saam met jou. Wonder net of Oscar se ryk oom nie sielkunige se banrekening beter laat lyk nie.

Martie Stander ·

Prof Scholtz het sy eerlike en professionele waarneming gegee en ook objektief. Oscar is inderdaad nie gesond nie en dit is duidelik op sy gelaat te sien. As mens is ek nogal geskok om te lees hoeveel haat mense teen Oscar koester en dit wat hom toegewens word. Ja, dit wat gebeur het is geweldig hartseer. Ek glo Oscar se weergawe van die storie dat dit ‘n ongeluk was. Die verslag van Prof Scholtz bevestig dit, maar die mense se intense haat jeens Oscar soek vergelding.

Stem saam ·

Stem saam Johann cb en Martie. Verder is mens bekommerd oor die haat van ons mense. Oscar het onlangs met my seun, ook n atleet gesels, heel uit sy eie. Hy het hom dopgehou en gemotiveer op sy positiewe punte. Daar is meer goed in Oscar as sleg.

Theresa M ·

Stem Saam, Johann cb en Martie ek stem saam met julle. Al hierdie mense wat hulle so uitspreek teen Oscar is almal skuldig aan verbale aggressie. Hulle weet nie waardeur Oscar al vir maande gaan nie. Maar sy aggressie mag nie in woorde uitkom nie??

Frik ·

Regtig? Jy glo Oscar se weergawe? Die hoogste hof in die land, wat toegang gehad het tot die volle transkripsie van die saak, het bevind dat dit nie n ongeluk was nie. Net jy en Masipa het sy weergawe geglo…

Frans ·

Dam bere nou die ou oscarki en kry kla ons nou moeg vir sy ou stresies dis tyd vir hom om te gàn rus en or sy stres vlak te kom tata oscar nag oscar tyd ni me n vaktor vir j nie

Joann ·

Hy was nie te siek om te moor nie. Gerrie Nel is my hero. Los hom hy ken van. Se my net as dit een van jul dogters was sou jul nog so opgetree het????

Jannie ·

Geluid in badkamer,ek spring op,ek hoor iemand in badkamer,ek skiet skote deur toe deur,ek het nie geweet ek gaan iemand doodskiet nie,….regtig?

Jef ·

Lyk my Oscar mik vir strafvermindering wil sy straf ontloop, vonnis hom en kry nou klaar met hierdie langslepende prosses.

Gerd Lourens ·

Ek hoop jy bid ook vir Reeva se ouers wie se pragtige kind wreed vermoor is!

Ai ·

Het almal wat so party trek vir Oscar, al gedink hoeveel vrouens en meisies net vanjaar deur hulle wederhelfte/ vriend vermoor is? Hoekom pleit almal so vir Oscar? Hy het n bevoorregte lewe gelei en het geweet wat reg en wat verkeerd is. Jammer maar my simpatie le by Reeva en haar familie. Hou op om Oscar op n troon te sit. ‘n Moordenaar moet tog onder dieselfde kam geskeer word. Of hy ryk of arm is.

Uiltjie ·

Oscar het n uitstekende regspan in Adv. Roux en sy mense, ek will graag Ossie se weergawe van die aand se gebeure glo, maar daar is net the veel vrae wat hang, soos hoekom was die toiletdeur gesluit, daardie tyd van die nag, het Reeva miskien daar gaan skuiling soek? Waarom is die opsigter, die ou naaste aan die gebeure nice geroep on te getuig nie????

WeesWys ·

Ek is nie ‘n regsgeleerde nie, maar persoonlik dink ek daar is ‘n paar feite wat enstig meer klem verdien in hierdie saak. Ten eerste, die feit dat Reeva Steenkamp daardie nag uit eie keuse in Oscar se huis wou deurbring. Tweedens, die baie ernstige situasie van inbrake, roof, verkragtings, moorde links en regs dag en nag in SA. Derdens, daarmee saam, Oscar se gestremdheid. Die feit dat sy uit eie keuse daarheen gegaan het en daar wóú wees, skakel onmiddellik enige (verborge) voorbedagte moord uit. Verder, so ‘n gestremdheid sou mý in die huidige SA baie, baie waaksaam gemaak het; selfs meer as enige normale persoon, en destemeer wanneer iemand soos Reeva se lewe ook in gevaar kon wees… Miskien sou ek dan ook blindelings deur ‘n toe deur skiet om dood te skiet.

Wim ·

Die person se gestremdheid word aanhoudend opgehaal. Hy was ‘n puik atleet is en na my mening meer mobiel sonder sy prosteses as wat meeste normale mense is.

Daar was ‘n video vertoon waar hy sonder sy prosteses sy suster by ‘n stel trappe afdra, iets wat die gemiddelde normale person kwalik kan doen.

Anoniem ·

Weeswys…jy is glad nie so wys nie….n Rusie kon enige tyd nadat sy besluit het om oor te slaap ontstaan het tussen die twee…

Daan ·

As ek so die kommentaar lees kom ek weer agter hoe vol haat en hard is ons mense. Geen menslikheid is eintlik meer oor nie, as jy iemand tot in die afgrond kan druk, doen ons dit.

Ons geagte predident het gesê hy is jammer oor wat hy gedoen het, steeds vol selfvertroue en die meerderheid van die land aanvaar dit, (nie ek nie), maar ons gestremde top atleet het dit al baie gesê en mens kan sien hoe gebroke hy is, maar ons wil hom nog verder afbreek.

Wat sou Jesus gedoen het?

Duitswes ·

Oscar het duidelik ‘n “klein mannetjie” ego probleem en verwag almal moet hom met handskoene aan behandel want hy is gestrem en dit gee hom die reg om sy speelgoed uit die kooi te gooi as iets hom nie pas nie of spesiale behandeling MOET deur die ouernet, vriendekring of gemeenskap geskied. Twak!! Doen aan ander wat jy aan jouself gedoen wil he; dus as jy die reg van iemand skend moet niks meer terugverwag nie. ‘n VEROORDEELDE misdadiger bly ‘n misdadiger en behoort nie genade of op enige “reg” aanspraak te maak nie. Oscar & vriende, is Reeva (met haar eie tekortkome) dieselfde “reg” gegun waarop jul nou aandring??

Anti-Haas ·

Oscar sien nou dis nie pap in sy bord nie……..
Hy probeer nou werklik alles om nie tronk toe te gaan nie…….
Wens hy word nou gevonnis en die storie kry klaar.

Willie ·

Ek is nie n sielkundige nie, maar ek kan se dat Oscartjie n anderse mannetjie is…

Willie ·

Jou gewete gaan jou ry! Kom ons hoop so, want baie van die mannetjise wat so opgehef word en so n dorwe wrokkie skuil agter goed, en dink sekere goed kom hulle toe…

boetie niemand ·

Die gesprekke hierbo klink soos n NG Kerkraads vergadering. Harteloos en liefdeloos.

Sussie Iemand ·

Blawahahaha …. well said Boetie!
Sal net graag wil weet of die hier bo wat so oordeel dieselfde opinie sou gehad het as OSCAR hulle SEUN was????

Christie Joubert ·

Ek het onlangs my vuurwapen competency toetse gaan doen. As jy deur net daardie wetgewing lees, is dit so duidelik soos daglig dat hy moord gepleeg het. Boonop met meer as een skoot. Ek haat hom nie en ek kry hom bitter jammer, want hy gaan deur hel, maar hy WEET diep in sy hart hy het aangejaag. MEER as een keer op verskeie geleenthede.

Willie ·

As OP my sentjie was het hy beslis maniere gehad.. Ek sou sy arogansie en jaloesie uit hom uit geboender het. Hy sou man gewees het, en nie soos n dogtertjie gehuil het vir sy platante dade. Dis duidelik uit sy verlede, dat hy geensins bevoeg was of is om n vuurwapen te besit nie… Arogante klein bedorwe wrokkie…

Thea Gerber ·

Gerd ou perd. Ek bid vir jou ook. Om so te haat is soos om gif te drink en te hoop Oscar gaan dood.

Eliza-beth ·

In plaas van jul monde hier uitspoel – gaan die berig op eerste bladsy van Maroela “Ouers verg om kind (3) se lewe” en doen eerder iets wat betekenisvol is en skenk ietsie aan hierdie ouers. Dan doen jul minstens iets wat die moeite werd is as om afbrekende kommentaar te lewer! Ek waarborg jy sal beter voel as om hier te oordeel!!

Love ·

Ek stem saam daar is soveel ander dinge daar buite wat aandag nodig het as Oscar en sy familie se rykdom…………..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.