Oscar Pistorius-saak: ‘Hy het nie berou nie’

Staatsaanklaer Gerrie Nel tydens 'n vorige hofverskyning.  Foto: Siphiwe Sibeko/Reuters/Pool (SAPA)

Staatsaanklaer Gerrie Nel tydens ‘n vorige hofverskyning. Foto: Siphiwe Sibeko/Reuters/Pool (SAPA)

Staatsaanklaer, adv. Gerrie Nel, het Woensdag in die staat se slotbetoë in die hooggeregshof in Pretoria geëis dat Oscar Pistorius die minimum voorgeskrewe vonnis van 15 jaar tronkstraf moet kry.

Nel het sy slotbetoog begin met ʼn verwysing na adv. Barry Roux se vertelling van ʼn vrou wat versoek het dat Pistorius ʼn winkel verlaat omdat hy ʼn moordenaar is. Roux het tydens sy slotbetoog geïrriteerd geraak hieroor en gesê “moordenaar van wat”. Volgens Nel is dit skokkend, aangesien Reeva Steenkamp die “wat” is wat vermoor is, aangesien die appèlhof Pistorius skuldig bevind het aan moord.

Hierna het Nel verwys na Roux se stelling dat die Steenkamps se pyn vererger is deur die staat se argument dat Pistorius bedoel het om Steenkamp dood te skiet. Volgens Nel verstaan Barry Steenkamp, Reeva se pa, nie die saak verkeerd nie en is hy die gebroke man en nie Pistorius, soos Roux aanvoer nie.

Nel het hierna begin fokus op Pistorius se beweerde kwesbaarheid. Volgens Nel het Pistorius, danksy sy ma, uitstekende lewensvaardighede. Nel het verwys na die kliniese sielkundige se verslag dat Pistorius depressief en angstig is “maar sy regspan stel dit aan die hof dat hy medisyne opgegaar het”.

“Die beskuldigde het vier skote deur die deur geskiet, sy skuld grens aan dolus directus [met direkte opset],” het Nel aangevoer. Hy meen Pistorius het geweet iemand was agter die deur, dat dit ʼn klein area is, hy was opgelei in die hantering van vuurwapens en daarom grens dit aan dolus directus. Nel het gesê dit is ver verwyder van nalatigheid.

Volgens Nel was Pistorius ʼn slegte getuie en hy het sy weergawe van die gebeure verander. Hy het ook bevraagteken hoe Pistorius berou kon toon sonder ʼn geldige verduideliking. “Waaroor het hy dan berou?”

Nel het versoek dat die hof nie afwyk van die voorgeskrewe minimumvonnis van 15 jaar tronkstraf nie. Nel het, soos Roux, ook verwys na die saak van die Staat versus Malgas. Die Malgas-uitspraak lui hoe groter die gevoel van ongemak by ʼn regter oor die oplê van die voorgeskrewe vonnis is, hoe groter is die angs dat die regter moontlik ʼn onreg daardeur pleeg. Nel het beklemtoon daar moet ware, oortuigende redes wees om van die voorgeskrewe vonnis af te wyk.

Volgens Nel behoort onnodige simpatie nie ʼn oorweging te wees nie en is korrektiewe toesig nie naastenby voldoende indien 15 jaar tronkstraf die maatstaf is nie. Hy het ook na ander appèlsake verwys waarin onder meer aangevoer is misdaad neem toe ondanks wetgewing vir minimumvonnisse.

Na middagete het Nel verwys na regspraak waarin bevind is dit is verkeerd om op ʼn gepaste vonnis te besluit en dit dan ter wille van begenadiging te verander. Hy het gesê die onderskeie faktore moet volgens die misdaad in ag geneem word en vergelding en afskrikking moet in die geval van geweldsmisdaad na vore kom.

Nel het gesê die noodsaaklike bestanddeel van ʼn vonnis is dat dit die erns van die misdaad en die verontwaardiging en woede van die publiek moet weerspieël. Nel het regter Thokozile Masipa versoek om “vir die slagoffer ʼn stem te gee” en sodoende die onreg wat teen die slagoffer gepleeg is, te erken.

Hy het gesê regte berou word getoon wanneer ʼn beskuldigde die hof in sy of haar vertroue neem en verduidelik waarom hy dit gedoen het. Nel het gesê dit het nie in hierdie geval gebeur nie. Daar is ʼn verskil tussen sê “ek het haar dood veroorsaak” en sê “ek het haar vermoor” vir berou om teenwoordig te wees. Nel het gesê die beskuldigde kan ʼn TV-onderhoud toestaan, maar nie eerlik wees met die hof nie.

Nel het beklemtoon dit is nie ʼn strafversagtende faktor dat Pistorius aanvoer hy het gedink dit is ʼn inbreker nie. “Hy is steeds skuldig aan die moord op Reeva Steenkamp.” Volgens Nel het Steenkamp nie bygedra tot haar dood nie en is sy met opset vermoor “om redes wat net die beskuldigde sal weet”.

Regter Masipa het die saak tot 6 Julie uitgestel vir vonnisoplegging.

Lees alle vorige berigte oor Oscar Pistorius op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

41 Kommentare

dirk ·

Adv Gerrie Nel het ‘n nare irriterende manier om by die waarheid te kom maar ek dink juis daardeur het geregtigheid geskied. Kan hom kwalik uitstaan maar ek haal my hoed af vir sy vasberadenheid om geregtigheid te laat seëvier

Cherokee ·

Wat ‘n soort van teenstellende manier van opinie uitspreek oor Gerrie Nel.
My opinie is dat hy ongenaakbaar hard is, uiters intelligent en as hy op ‘n mikpunt besluit het, soos ‘n stoomroller daarheen voortstu. Ek het die nodige respek vir hom; die respek wat hy verdien.

Geregtigheid ·

Ek is nie seker van geregtigheid nie, niemand weet wat die waarheid is net Oscar en ons Hemelse Vader, Gerrie Nel het lelike vuil maniere om sy punt te stel en moenie vergeet van sy pose vir die wêreld nie, werklikwaar, ek het die b eeld afgehaal, ek is naar vir die onbeskofte wat bereid was om daai man (Reeva se Pa) op die stand te sit om sys aak te beklemtoon, die man het reeds ‘n beroerte gehad en dit is deur sulke ongevoelose mense, en al die snert wat kwyt geraak is, ‘n Gr 1 kind sal sê maar hulle was in koerante en tydskrifte saam op foto’s.

Liewe heksie ·

Ja hy het weereens bewys hy is n ongevoelige v….. Enige ding in sy pad sal hy platvee net solank hy die wenner kan wees dit gaan lankal nie meer oor Oscar nie dit gaan oor die grote Gerrie nel

Absoluut ·

Absoluut Heksie, kyk dit is mos bietjie kort man sindroom, o jinne vir die wêreld wys, klein maar getrain!!!!! Gerrie Nel wil as wenner hier uitstap ten alle koste, sy dade en optredes weerspreek wat hy probeer sê! Hoop die regter sien deur hom!

Elmarie ·

Ek stem saam, dit gaan net oor Gerrie Nel, hy wil bewys hy is die beste.
Baie interresant dat Reeva se niggie vandag gese het dat sy slegs van hom gehou het, maar nie lief was vir Oscar nie. Wil net weet hoekom slaap sy dan oor by hom.

Skroplap ·

Hopelik sal regter Masipa nou meer as twee keer dink.
Laaskeer het die Apelhof bevind dat sy nie genoeg gedink het, toe sy met die mansslag bevinding vorendag gekom het nie.
Gerrie Nel is ‘n yster wat namens die vermoorde, verkragte en slagoffers van misdade optree.

Poplap ·

So as Nel ‘n plaas moordenaar vervolg moet hy asb net sag kuns met hom werk hy moet ook dan nie alles insit om te wen????

Nooit nie ·

Nooit nie hoor, Skroplap, jy ken nie vir Gerrie en sy geskiedenis, gaan lees maar eers weer, hy het n “bargaining” met n selferkende moordenaar gemaak, daai man beweeg tussen julle en wie weet hoeveel lyke . Hy is los, hy het even sy vriend Gerrie se show kom besoek (verhoor). Dalk was dit omdat daar nie kameras was nie!

susan de klerk ·

‘n Mens hoop dat alle ouers hieruit ‘n lewensles sal leer – dat jou dogter nie sommer gaan oorslaap by “iemand van wie sy hou nie” Dat ouers mekaar maar probeer ontmoet voordat hierdie losslapery toegelaat word.

Favourite Pose ·

Hiert kyk daai favourite pose, het die kamera my mooi, ok dink dink dink dat die hele wêreld sien ek is slim en in beheer, ek kan klein wees, maar ek wen! Net soos by die stoei ook!!!!!! Net my grip hou!

Goeie show ·

Nee wat Luister lees meer op oor Gerrie voor die Oscar saak en regtig n ou man wat al n beroerte gehad het, groot hartseer het met twak op die getuie bank te sit en dit net om n saak wat wereldwyd opslae te maak, hy voel n veer vir Reeva en haar ouers.

Pieter ·

Wonder hoe weet Gerrie Nel hy het geen berou of hoe Oscar voel. Man van wonder die Gerrie Nel.

Andrea van Vuren ·

Aan almal wat Gerrie Nel so stenig wil ek net sê hy is ‘n super-briljante advokaat wat die waarheid nastreef. As jy die waarheid aan jou kant het kan jy niks verloor nie. Hy het die sielkundige opgefrommel, hy lees na as hy onseker is en ek glo geregtigheid sal seëvier. As Oscar op ‘n oorseese TV kan praat hoekom hou hulle hom weg van Gerrie af? As ek eendag ‘n advokaat nodig het, sal dit Gerrie Nel wees. Gerrie bo!

Marsha ·

Hou op om Gerrie Nel aan te val. Hy is daar om te bewys dat Oscar ‘n onskuldige weerlose persoon dood gemaak het.Ek gee nie om wat se metodes hy gebruik nie solank hy net seker maak die skuldige boet vir sy dade.
As Oscar ‘n arm onbekende persoon was sou hy lewenslank in die tronk gesit het sonder dat enige iemand’n bohaai daaroor sou maak. As hy skuldig is moet hy net soos enige ander skuldige persoon sy tyd in ‘n tronk uitdien.
Gerrie Nel moet bewys dat Oscar NIKS makeer nie, Oscar probeer elke “trick” in die boek om uit die tronk te bly.Ek sal dankbaar wees as iemand soos Gerrie eendag sal seker maak dat iemand wat ‘n onreg teen my kind gepleeg het boet daarvoor.Ek het GEEN simpatie met Oscar nie.

Marie Salzwedel ·

MARSHA jy kommentaar is die enigste wat sin maak hier!!! Wonder of al die ander wat kommentaar lewer dieselfde sou gevoel het as Oscar hulle kind doodgeskiet het? Dit is Gerrie Nel se werk en hy is briljant…hy het nie nodig om homself te bewys nie…

Rone ·

Jy het GEEN idee waarvan jy praat nie Marsha….nie alle skuldiges gaan tronk toe nie hoor!!! Gerrie Nel is nog sieker as Oscar!! Hy is nog meer arrogant en selfvoldaan!! Hy kan tot bepaal wat iemand voel en dink! Ja Oscar het Reeva dood geskiet….hy het nooit gese hy het nie!!! Die vrou wat my 2 kinders dood gery het met haar taxi het nie eers die moeite gedoen om te.probeer berou toon nie….selfs gelag in die hof… So moenie sulke twak kwyt raak as jy nie aanbeide kante.gestaan het al nie!!! En so net vir jou inligting….nie ek of jy ken een van die 2 partye nie!!! As jy nie weet nie…bly stil dan jou onkunde nie oorverdowend in die gange van sosiale media klingel nie!!!

Sjoe ·

Sjoe Marsha maak nie saak hoe hy dit doen nie, hy is met sy woorde en onbeskoftheid wreder as Oscar! Hy het nie eens respek vir die hof of regter nie, as jy alles kyk sal jy dit sien. Wat van Reeva se Pa, nee dit was laag, jy sal se maar haar Pa het ingestem, Gerrie moes dit in die 1ste plek nie voorgestel het nie, dit kon anders uitgedraai het!

Vic ·

Gerrie Nel hoef nie te bewys Oscar het iemand doodgemaak nie, Oscar het dit reeds erken, en hy is skuldig bevind daaraan. Gerrie Nel se versoek om die fotos van Reeva openbaar te maak is eweneens nie nodig vir verswarende omstandighede nie, die regter het dit reeds gesien. Gerrie Nel grandstand net, en wil die publiek opsweep om druk op die regter te plaas.

Liewe heksie ·

Hie hie Klein man sindroom hoe lekker lag ek nou Groot ego vir sy grote hie hie

Skroplap ·

Die grootmens wêreld waar ysters soos Gerrie Nel sorg dat bewese moordenaars straf na verdienste opgelê word, toon geen Ooreenkoms met die wêreld van kinders en andere wat hulself in lalaland se ‘Blommeland’ bevind nie.

Jonell ·

Adv Nel is heeltemal reg. Die mense wat hom so stenig is maar net vies omdat hulle ‘n moordenaar wil laat los kom. Mooi so adv Nel. Jy is ‘n ster en die beste.

Groot oe ·

Ja nee ek sit groot oe, jul Heilige Gerrie het n moordenaar wat die moord beplan het en hy wetende dit is so losgelaat….. Verder is hy disrespekvol en onbeskof.

Tinktinkie ·

Gerrie Nel is nie verniet ‘n advokaat nie!!! Dit is sy werk en ek glo sy passie! Wie wil nie die beste (wenner) in sy werk wees nie??? Gaan vir GOUD Gerrie!!!

Gertjie ·

… en hier in Suid Afrika word witmense doodgemartel waarvan die meeste nog vry rondloop en die wat skuldig verklaar word kry twee tot drie jaar tronkstraf…!! Wat probeer Mnr Nel bewys..???

Pieta ·

Gertjie, dit maak nie saak wat in ánder mense doen nie. Gerrie Nel moet in die sake waar hy betrokke is probeer om reg te laat geskied. Moenie hóm verkwalik as al die ander nie dieselfde doen nie! Spreek die slap ouens aan, en los dié wat hulle werk doen!

middie ·

Is daar op hierdie stadium van die verhoor nodigheid om skokkende foto’s van die vermoorde Reeva openbaar te maak en vir Oscar pateties op sy stompies te laat rondstrompel? Moet ‘n veroordeelde alle waardigheid inboet ? Watter tipe ouers stem toe dat foto’s van hul bebloede kind as sensasie vertoon word? Albei kante het hul sin vir menslikheid verloor .

joe ·

Go Gerrie Nel! Hy doen net sy werk! Ek stem volkome saam met hom! Daar is n groot verskil om te sê ek het haar dood veroorsaak, en ek het haar dood gemaak. Enige iemand kan vanaand in n ongeluk kom ek iemand anders kan as gevolg daarvan dood gaan. Dis n ongeluk. Maar in Reeva se geval was dit geen ongeluk ni. Hy wat so bekend is met vuurwapens moes voorsien het dat iemand sal sterf a.g.v. sy dade. Of dit nou Reeva is of n inbreker…Maar hy het nog glad nie erken dat hy haar dood gemaak het nie. Net Verantwoordelik was vir haar dood. So hoe kan hy dan nou Regtig berou oor dit wat hy gedoen het as hy nie eers by die naam kan Noem ni? Ek is jammer maar ek het geen simpatie ni. Reeva het n stem gekry deur Gerrie!

Promtu ·

OK Gerrie I siskin bot selfs onbeskof but he gets the job done en dis al wat saak maak.

John ·

Niemand kritiseer Oscar se advokaat nie. Hy is onuithoudbaar temerig in sy poging om die voormalige opgepompte atleet, Pistorius, so onskuldig as moontlik te probeer vertoon. Oscar is soos ‘n akteur opgelei vir die verrigtinge. Hy is ook al by sportgeleenthede vertoon sonder sy kunsbene, waarom in die hof emosies so probeer opwek. Oscar se bene het probleme wat hy met prosteses heeltemal goed oorkom. En sy arms makeer niks. Daarmee kan hy baie goed skiet. Dis die eintlike probleem. Oscar wil aangaan met sy lewe soos tevore asof hy niks verkeerd gedoen het nie.

Nee wat ·

Nee wat John, jy is net so heldersiende soos Gerrie, jul kan help in sake oplos, begin sien sommer waar is die ander meisies wat verdwyn het!

Joann ·

Rone jy is baie verkeerd,wat daarvan as dit een van jou familie was.?

Anoniem ·

Dankie tog!!! Nog ‘n episode van die Gerrie show is verby!

Pauline ·

Ek kry albei families bitter jammer dit maak vir my wat n buite standard is baie seer oor dit wat gebeur het asook alle onnodige moorde wat dagliks gepleeg word.

Leona ·

As ek vermoor word moet Gerrie Nel my saak verdedig. Dit gaan hier oor ‘n moordenaar wat skotvry daarvan gaan afkom.Dink mense,dink!!!!!!!!!!

Connie Janse van Rensburg ·

Kom tog tot n punt en Laat Oscar boet en tronk toe gaan.Dit is siek wat aan gaan in die hof.Om die fotos weer te wys en siek.Haar ouers soek aandag.Haar pa sê altyd Oscar most betaal met wat geld?? En water ouers sal toestemming gee on weer en weer kind se fotos te sien.Laat Reeva rus en Laat Oscar gestraf word en key klaar met al die vernederings..

leon ·

Hierdie is nie n show nie. Oscar will he almal moet jammer vir hom voel. So as jy n seleb is dan kan jy maar moor jou aanhangers gaan die daad goedpraat en die staats aanklaar virkwaalik ????????

Jenny ·

Gerrie Nel jou dag sal komen ons gaankyken dit geniet……

Jenny ·

Gerrie Nel jou dag sal kom en ons gaan kyk en dit geniet……

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.