Oscar Pistorius-saak: NVG dien betooghoofde in by appèlhof

Oscar Pistorius tydens sy hofsaak. Argiefforo: Siphiwe Sibeko/Reuters/Pool

Oscar Pistorius tydens sy hofsaak. Argiefforo: Siphiwe Sibeko/Reuters/Pool

Die direkteur van openbare vervolging het Maandag sy betooghoofde met ʼn afskrif van Oscar Pistorius se hofsaak by die hoogste hof van appèl in Bloemfontein ingedien.

Die dokumente is ingedien ter voorbereiding van die staat se appèl teen die Paralimpiese atleet se skuldigbevinding aan strafbare manslag wat in November aangehoor word. Die staat versoek dat Pistorius se skuldigbevinding tersyde gestel moet word en dat hy skuldig bevind moet word aan die ernstiger klag van moord, wat daartoe kan lei dat sy vonnis tot ʼn minimum van 15 jaar tronkstraf verleng word. Pistorius dien tans ʼn vyf jaar tronkstrafvonnis uit nadat hy Reeva Steenkamp op 14 Februarie 2013 in sy huis doodgeskiet het.

Dit kom enkele dae voor Pistorius na verwagting Vrydag onder korrektiewe toesig vrygelaat word. Die departement van korrektiewe dienste het gesê hoewel hy nie ‘n elektroniese toestel sal dra nie, sal hy gemonitor word.

Intussen het Tania Koen, regsverteenwoordiger van Barry en June Steenkamp, Reeva se ouers, gesê hulle waardeer die belangstelling en bedank die publiek vir die wonderlike boodskappe van ondersteuning wat hulle begin ontvang. Haar ouers staan egter nie tans enige onderhoude toe nie. “Ons sukkel nog om die verlies van ons kosbare dogter te verwerk en die verlange is hierdie week nog erger, omdat ons op 19 Augustus haar 32ste verjaarsdag sou vier,” het hulle gesê. “As ʼn familie fokus ons daarop om Reeva se nalatenskap te eer en sal haar verjaarsdag vier deur te fokus op die Reeva Rebecca Steenkamp-stigting, haar lewe en dit waarvoor sy gestaan het, en die vreugde wat sy gebring het.”

Die hooggeregshof in Pretoria het die volgende regsvrae voorbehou vir die appèlhof se oorweging:
– of die beginsels van dolus eventualis korrek aangewend is tot die aanvaarde feite en die gedrag van die beskuldigde;
– of die hof die regsbeginsels wat met die omstandigheidsgetuienis en/of met die verskeie verdedigings van die beskuldigde verband hou, korrek aangeneem en toegepas het;
– of die hof korrek opgetree het om staat te maak op die alternatiewe weergawe wat die beskuldigde aangebied het en of hierdie alternatiewe weergawe redelik moontlik waar was.

Die staat voer aan die hof het nie die beginsels van dolus eventualis korrek toegepas nie. Die kern van die saak is die vraag of Pistorius kon voorsien het dat Steenkamp sou sterf, maar hy het ongeag daarvan aanhou bly skiet.

“Indien die hof die beginsels van dolus eventualis nie korrek toegepas het nie, is die gevolg dat die respondent [Pistorius] skuldig bevind moes word aan moord, onvermydelik,” het die staat in sy dokumente gesê.

“Ons voer aan die enigste afleiding wat gemaak kan word, gebaseer op die voorafgaande feite dat hy homself gewapen, na die badkamer gestap het met die doel om te skiet, terwyl hy geweet het daar is iemand agter ʼn geslote deur van ʼn klein kamertjie en doelbewus vier skote gevuur het, is dat hy bedoel het om die persoon in die klein kamertjie dood te maak.

Die staat voeg by indien die hof die regsbeginsels wat met die verskeidenheid van verdedigings van die beskuldigde verband hou, verkeerd aangewend het, is ʼn bevinding dat die beskuldigde se weergawe redelik moontlik waar is, onmoontlik. “ʼn Beskuldigde se weergawe moet as ‘inherent onwaarskynlik’ geag word indien hy [of sy] teenstrydige weergawes vir die hof aanbied, tot so mate dat dit nie redelik moontlik waar kan wees nie.

Regter Thokozile Masipa het Pistorius op 12 September 2014 skuldig bevind aan strafbare manslag, maar nie aan moord nie. Pistorius het aangevoer hy het vier skote deur die geslote deur van sy toilet in sy huis in Pretoria gevuur, omdat hy onder die indruk was dat ʼn inbreker daar wegkruip. Hy is ook tot drie jaar tronkstraf gevonnis nadat hy ʼn vuurwapen in ʼn restaurant gevuur het. Hierdie vonnis is vir vyf jaar opgeskort, wat beteken dat dit slegs in werking sal tree indien Pistorius binne die volgende vyf jaar aan ʼn soortgelyke oortreding skuldig bevind word.

Masipa het die staat se aansoek om verlof tot appèl verlede jaar goedgekeur gebaseer op haar interpretasie van die wet, en nie die feite van die saak nie.

Pistorius is gevonnis ingevolge art. 276 (1)(i) van die Strafproseswet waarvolgens hy ʼn sesde (tien maande) van sy vonnis moet uitdien voordat die nasionale kommissaris van korrektiewe dienste dit kan oorweeg om sy vonnis in korrektiewe toesig om te skakel. Pistorius dien sedert 21 Oktober verlede jaar tronkstraf uit wat beteken dat hy op 21 Augustus tien maande tronkstraf uitgedien het.

Lees alle vorige berigte oor Oscar Pistorius op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Winston ·

Sterkte vir die appél Gerrie Nel. Ek is oortuig dat die vonnis en skuldigbevinding ter syde gestel sal word. Wag in spanning op die uitslag.

Weskaper ·

Die staat teken te maklik appel aan. Hulle weet hulle betaal nie vir koste nie maar wel ons belastingbetalers. Ek beveel aan dat Gerrie Nel vir die hofkoste moet verantwoordelik wees indien hy die saak verloor dan sal nie sommer vir alles appel aanteken nie.
Oscar ook hoop en bid jy wen jou saak sodat jy kan aangaan met jou lewe wat klaar verwoes is.

Michelle ·

Stem! Geen mens is so bloed dorstig nie. Die vraag bly altyd staan, wie was daar op daai tydstip om te sê wat het gebeur en nie gebeur nie…….. Elke pakslae moet einde kry of sal die doodstraf voldoende wees?

carel ·

weskaper – verstaan jy dat hy iemand se lewe geneem het?
vra jou self die volgende vrae:
1) hoekom het Reeva haarself in die toilet toegesluit?
2) as jy toilet to gaan sluit jy jouself toe?
3) Oscar het 38 amo in sy besit gehad – hy het nie n lisensie vir so n wapen nie – die wet is duidelik hieroor – hoe kon hy onskuldig bevind word daarop – dit wys net die uitspraak was foutief.

Gaan google die “Firearms control act” en oordeel vir jou self.

Ek stem saam niemand weet wat daardie aand gebeur het nie – maar Reeva het haar lewe verloor – en geregtigheid moet geskiet – as die hof nie fout gemaak het nie dan het dit geskiet – as die appel hof die foute sien en sy straf moet langer wees dan is dit wat moet gebeur om geregtigheid te laat geskiet?

Is dit nie hoe ons daarna moet kyk nie?

Francois ·

Oscar..JY bly my hero! Maak nie saak wat wie, wat van jou se nie…Staan sterk my maat. EK en die Here weet jy is onskuldig! Punt!

Lynette ·

Ek glo in Oscar se onskuld. Hy is nie n moordenaar nie. Sal bly wees as die mense ophou om hom so te veroordeel. Hulle het meer te se oor die arme man as wat hulle hulle hul monde oopmaak oor die plaasmoorde.

Susan ·

Ek stem saam !!!! Omdat dit Oscar is en wit is moet hy erg gestraf word en nou kwansuis vir altyd in die tronk bly .
Wat word van die wat die plaas moorde so pleeg ??? Hoekom kry hulle ook nie lewens lange tronkstraf nie ?? Boere is ook onskuldige mense wat vermoor word. Los Oscar uit sodat hy kan aangaan met sy lewe , dit wat gebeur het is n saak wat hy met die Here eendag moet uiklaar .
Sterkte Oscar!!!

Eliza-beth ·

Ek was nie daar so weet nei wat gebeur het nie. Ek glo vas dit was ‘n ongelukkige sameloop van omstandighede wat grootliks deur een en almal uitgebuit word om gif te spoeg. Ek weet ook dat Oscar nog altyd ‘n oop hand en hart vir ander gehad het. Het hy foute? Natuurlik, net soos elkeen van ons. Maar nou word hy deur een en almal, wat natuurlik by was die dag met die gebeure (sic) veroordeel. Ai, ai asof daar niks anders is om te doen as om jou te verlekker in ander se ongeluk/pyn…

Dimpels ·

So bly daar is nogsteeds mense agter Oscar, ek glo in jou Oscar vir my is jy ook onskuldig. Jy is ook my hero, n rolmodel in sport. Jy is tops! Sterkte Oscar, ja daar gaan natuurlik mense wees wat weer baie te se gaan he, maar ja daar moet ook sulke mense wees…..

Leeutjie ·

Ek is net so bly Dimpels. Die jongman gaan vir die res van sy lewe ‘n letsel het oor wat gebeur het. Binne of buite die tronk gaan geen verskil maak oor sy berou nie! Ek kan nie die gevoel van deernis vir hom afskud nie en is bly dat so baie op die forum ook so voel.

Johan ·

Die bybel se ” n oog vir n oog “. Wonder hoe gaan Reeva aangaan met haar lewe?

Eliza-beth ·

Johan, die Bybel se ook MY kom die wraak nie toe nie…

nig ·

Ek stem, mense wil so gou die Bybel aanhaal maar vergeet van alle ander verse wat mens ook kan aanhaal, ek stem saam met Eliza-beth en ook met Michiel ondertoe. Mense julle is nie regters nie, nog minder God. Kry vir jul iets om te doen en hou op oordeel.

SNEL ·

Ek stem ook saam, ons was nie daar, niemand van ons weet presies wat gebeur het nie, maar ek is dankbaar om te sien so baie voel soos ek. Ek het al gedink ek is abnormaal omdat ek dink die man is onskuldig, maar ek sien ek is nie alleen nie. Ek kan ook nie dink dat iemand met n blink toekoms so iets sou gedoen het wat hy geweet het sy hele lewe kan verander nie. Hoeveel van ons het nie al foute gemaak nie, of te vinnig opgetree en was later baie spyt en het dan ook gesê “as” ek maar dit en dat eerder gedoen het, maar daai “as” is verbrande hout en kom te laat. Hoe sou ons gevoel het as dit net n ongeluk was en ons dit nie aspris bedoel het nie, maar nou moet mens nie net jou hele lewe met die skuldgevoel rondloop nie, jy moet die beste jare van jou lewe in die tronk deurbring. Dis darem nie n prys om te betaal as mens dit regtig nie beplan het nie. Ek is seker as hy haar nie meer as n meisie wou hê nie, sou hy haar gelos het, maar vermoor, nee, dit glo ek nie. Ek hoop ook regtig hy kom uit en kan met sy lewe aangaan en weer van die stukke optel en aangaan. Ek glo sy uitkyk op die lewe (wat verhoudings, trou, sy beroep en hoe sekere firmas en mense hom net gedrop het met dit alles) en skuldgevoelens sal buitendien vir hom as n tronk dien vir die res van sy lewe.

Sue ·

Ek wens Oscar ook alle sterkte toe, dis baie hartseer wat gebeur het maar ek staan ook 100% agter sy onskuld al was Reeva my eie dogter. Ek is n baie bang mens, die gestremd nie en kan nie se ek sou enigsins anders opgetree het as ek hy (Oscar) was nie.

susan ·

Sterkte Oscar. Dink aan jou. In n land met so hoe misdaadsyfer leef ons elke dag in vrees. Met elke verdagte geluid skrik ek en kyk angstig rond. Ek sou ook geskiet het. Dis nie Oscar se skuld nie Gerrie Nel. Blameer die misdaad.

Pendoring ·

Terwyl ons besig is om ander te blameer vir ons foute, hoekom blameer ons nie sommer Apartheid nie? Dan is ons sommer polities korrek. Misdaad het nie die besluit gemaak om te skiet nie, Oscar het.

JZ ·

Al wat ek weet ,n man met die wereld aan sy voete en dit met een onbesonde daad onklaer gemaak het.

Gertjie ·

Kom ons veronderstel dit was ‘n rower in Reeva se plek, wat dan?

Carel ·

dan kon hy n waarshuwink skoot in die dak in geskiet het en terug beweeg het na sy kamer en die gang vanaf die badkamer na sy kamer dop gehou het met sy pistol op die gang grig en as n rower hom dan gestorm het op die rower geskiet het????

hoekom sal n rover homself in n toilet toesluit?
as hy jou kom aanval in jou huis is hy nie bang vir jou nie

se my as jy in die middle van die nag toilet toe gaan neem jy jou telefoon saam en sluit jouself dan daar toe?

Ek respekteer dat jy die seining het wat jy het maar dink so bietjie na oor al die omstandiheids en karakter getuies – Oscar is bietjie warm onder die kraag en ook onverandwoordelik met vuurwapens (om n skoot af te vuur in n restorand? Of om deur n moter se sondak te skiet?

carel ·

vra verskoning vir spel foute – ek het nie gelees voor ek gepos het nie

Delia ·

Ja Carel, die jong mense van vandag se selfone is deel van hulle persoonlikheid, neem dit orals saam…..toilet toe ook! My kleinseun neem dit ook saam, en sluit ook die toilet deur toe. Dis altyd baie maklik om na die tyd te vertel hoe dit gedoen moes gewees het, maar as jyself in daardie posisie is, is dit ‘n ander saak……
Ek glo dit was bloot ‘n ongeluk gewees.

Pop ·

Ja Delia en so het Reeva ook haar selfoon na die toilet geneem en haar self toe gesluit om van Oscar se woede te ontsnap.
Eerste keer wat ek hoor van ‘n “inbreker” wat homself in ‘n toilet toesluit, soos wat ou Oscar se sprokies dit wil hê.

Delia ·

Ja Pop, was jy daar? Het jy Oscar se
“woede” gesien? Vra maar net….

Pop ·

Delia
Jy’s reg ek was gelukkig toe nie daar nie. Ek aanvaar dat jy ook nie daar was nie.
Nadat Oscar vasgestel het dat die “inbreker” hom/haarself in die toilet toe gesluit het, waarom het hy nie toe vir Reeva gaan waarsku om saam met haar die hasepad te kies nie?
Trouens, waarom het hy dit nie gedoen voordat hy na die toilet toe gegaan het op soek na die sogenaamde inbreker nie?
Wat sou die kêrel besiel het dat hy toe nie aan die moontlikheid gedink het dat sy vriendin in die toilet is, siende dat sy nie in die slaapkamer was nie?
Toemaar, jy sal okkie wetie want jy was mos okkie darie!

Johann Marx ·

Die heel duidelik uit meeste van die “kommin-taar” dat dit NIE julle dogter was wat hy geskiet het nie!! As dit myne was, sou daar nie ‘n hofsaak gewees het waar sy familie se geld hom kon red nie….daar sou net TWEE grafte gewees het.

Johan ·

Al was daar n rower in die badkamer toegesluit, was Oscar se lewe nie bedreig nie. Hy het net wild en wakker geskiet

Moeksie ·

Ek wil net graag een vraag vra. Wat as dit jou dogter was?… Ek hoop hulle sluit hom vir nog 15 x 15 jaar toe. My hart bloei vir Reeva se ouers wat hul liefling dogter verloor het deur ‘n arrogante mannetjie wat dink hy is in beheer van als net omdat hy geld en roem GEHAD het. “Untouchable” My eie dogter is dieselfde ouderdom as hy en ek stem saam met Johann Marx…..I rest my case

Eliza-beth ·

Johan, die Bybel se ook MY kom die wraak nie toe nie…

Susan ·

Soos tereg gesê: hoekom kry plaasmoorde nie soveel aandag nie. Ek glo nie daar word oor enige plaas moord 2 keer ‘n advertensie geplaas nie, of hoe…………………………………..

Jana ·

Sue ek haal my hoed vir jou af…dit kan nie maklik wees om ‘n kind te verloor en dan nog na komentaar te luister van mense wat niks daar mee te doen het, of jul nie persoonlik ken nie.. Mag God jou krag gee om hier deur ook te kom….. Aan Oscar sou ek wou se MAN UP…. Praat eerlik en opreg die waarheid sonder trane en om op mense se gevoelens te speel oor jou roestand… Of jou gevoel… Dink aan ander mense wat ook moet aangaan met hul lewe… Ek persoonlik het meer respek vir ‘n persoon wet opstaan en se, ja ek het dit gedoen. Straf my en kry klaar… Ek wens jou nie nog tronkstraf toe nie…. Maar as dit af gehandel is kan almal aangaan met hul lewe

Michiel ·

As ek kyk HOEVELE berigte daar die afgelope tyd was oor sg VEILIGHEIDSKOMPLEKSE waar aanvalle en/of moorde gepleeg is dan verstaan ek heeltemal ‘n gestremde se besluit in ‘n oomblik van vrees om die sneller te trek. Hoevele van die wat so gou veroordeel hier het op ander berigte waar aanvalle plassgevind het, gese hul sal eers skiet en dan vrae vra… maar nou hou hul hul slim en weet presies wat daardie nag gebeur het. Knip Oscar sy oe dan is hy sommer skielik arrogant. Glimlag hy net dan het hy nie respek nie, so gaan dit aan – enigiets wat die ou doen word veroordeel en ‘n naamkaartjie omgehang. Sterkte Oscar, jy kan ‘nverskil maak in jou lewe vorentoe glo ek. Jesus het self aan die kruis die moordenaar langs hom vergewe- wie is ONS om te wil oordeel?

zahn ·

Stenig my soveel julle wil, maar enigiemand wat dink 10 maande is voldoende vir moord, is net so onnosel soos iemand wat dink 4 waarskuwings skote is binne perke. En ja, dit was moord. PUNT.

E.K. ·

Zahn ek was bly jy was daar en weet presies wat gebeur het. Kalmeer nou maar, hou op regter speel en weet maar God se plan loop vreemde draaie en dat hy Oscar wat absolute berou van die begin af getoon het op ander maniere gaan gebruik as wat jy en die ander vingerwysendes ooit kan dink. Doen JY iets goeds vir die dag (en sommer elke dag) om ander te help en ek belowe jou jy sal nie eers tyd he om oor Oscar te dink of te oordeel nie. Leef die goeie lewe. Elke dag!

zahn ·

Daar is niemand so blind as die wat nie wil sien nie. Ek aanvaar jy is ‘n sielkundige, want as jy nie kon sien die lafaard sit en huigel in die hof nie, kort jy ‘n pilletjie wat jyself kan voorskryf. Ek speel nie regter nie, die regter in hierdie saak het speletjies gespeel, en jy glo dit. Shame. Ek doen elke dag iets goeds, moenie worry nie. Ek sou net graag wou gesien het Reeva moet ook die goeie lewe leef, wat jy so vir almal toewens..

Martin ·

Uiteindelik kry iemand dit rêg om vir almal die rêgte antwoord te gee. Ongeluk – watse ongeluk. Nou sit hy nog daar met sy hartseer gesiggie.

Berhalet Beukes ·

Ek sou graag wou weet, waarom word soveel klem op die Oscar Pistorius saak gesit maar die res van die kriminele word gelos? NPA is dubbelsinnig, laat die gereg geskied soos dit moet MAAR pas dit op ALMAL toe!

Riette ·

Kom ons kyk hoe voel almal wanneer daar weer n inbreker in sy huis of badkamer is!! Gaan dit weer n ongeluk wees? Ek dink dit gaan binnekort weer gebeur, dit is wat gebeur as mense wegkom met moord. Ek kon van die begin af nie verstaan hoe skiet jy 4 waarskuwing skote??

Tiekie ·

Soveel oordeel en nie een was van julle was daar nie. Elkeen van ons het foute en geraamtes in die kas waarvan niemand weet nie en dan wil julle oordeel. Haal eers die balk uit jou eie oog voordat jy die splinter uit iemand anders sin haal. Net God is die getuie van wat waarlik daardie nag gebeur het net SY wil sal in hierdie saak geskied. Dit het tyd geword dat almal wat hulle self so uitspreek dalk self ondersoek begin doen en eerder vir ons land en parlement begin bid. Ledigheid is regtig die duiwel se oorkussing. As jy niks positiewe gedagtes kan deel nie, bly eerder stil.

Lynette ·

In die Bybel is geskrywe: Moenie oordeel, sodat jy nie geoordeel word nie. Met dieselfde mate wat jy oordeel, sal jy geoordeel word. Ek kry baie mense BAIE jammer.

weskaper ·

‘n Saak het 2 kante, hoekom was Oscar so kwaad, daar moes ‘n rede gewees het. As so ‘n mooi meisie by my kom slaap sal ek mos nie kwaad word vir iets onbenullend nie. Met watter doel het sy by hom kom slaap, as hy dan so sleg is. Ons sal nooit weet wat werklik aanleiding gegee het tot die daad nie.

oscar aanhanger ·

NIEMAND van ons was daar nie!!!!! Wanneer julle dit gaan besef, sal dinge dalk ook vir jou beter gaan!!! Net Oscar en Ons Liewe Vader weet wat die waarheid is en ONTHOU asb, elkeen reageer anders op skok, NIEMAND is dieselfde!!! Oscar jy bly oulik!!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.