Oscar Pistorius-saak: ‘Ons het nie die waarheid gekry nie’

Kim Martins, Reeva Steenkamp se niggie. Foto: eNCA

Kim Martins, Reeva Steenkamp se niggie. Foto: eNCA

Kim Martins, Reeva Steenkamp se niggie wat tydens die verhoor van Oscar Pistorius getuig het, het Woensdag weer in die getuiebank ingeskuif.

Martins het tydens ondervraging deur staatsaanklaer adv. Gerrie Nel getuig dat daar nie ʼn dag verbygaan wat sy nie aan Steenkamp dink nie. “Ek hanteer dit, maar die letsels lê diep.” Volgens Martins sukkel haar kinders om die gebeure te verwerk. “Dit het ons lewens heeltemal verander. Wanneer jy in ʼn ry in ʼn winkel staan herken mense jou en bring hulle die verhoor ter sprake.”

Nel het Martins uitgevra oor die onderhoud wat Pistorius met iTV gedoen het. Die onderhoud word op 24 Junie uitgesaai. Volgens Martins is dit “onregverdig” dat hy die wêreld sy weergawe van die gebeure gaan vertel terwyl hy die kans gehad het om dit in die hof te gedoen het. “Al wat ons gesoek het is die waarheid. Mense sê ons het die waarheid gekry, maar ons het nie. Ek glo nie dat die ware weergawe van gebeure aan die lig gekom het nie.”

Adv. Barry Roux, namens Pistorius, het tydens kruisondervraging verwys na ʼn vriendin van Steenkamp wat in ʼn onderhoud gesê het Pistorius het haar gelukkig maak en dat sy lief was vir hom. Martins het getuig sy en Steenkamp was soos susters. Volgens Martins het sy Steenkamp een keer gevra of sy gelukkig is en sy het glo haar skouers opgehaal en gesê ons sal later praat. “Reeva kon verskeie kere gesê het sy is lief vir Oscar, maar sy het nooit.”

Roux het ook verwys na nog ʼn vriendin wat ook in ʼn onderhoud gesê het Steenkamp was gelukkig saam met Pistorius. Martins het hierop geantwoord dat sy talle berigte gelees het wat beweer het dat Steenkamp gelukkig was saam met Pistorius. Martins het egter volgehou dat sy nie dink Steenkamp was lief vir Pistorius nie.

Die saak duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

65 Kommentare

Chrissie ·

Met ander woorde “Martins” as ons jou reg verstaan,
As sy nie lief was vir hom nie, beteken dit sy het hom net gebruik en misbruik vir haar eie voordeel?
Not nice!

Helene Heyns ·

Stem saam met Chrissie. Nog iets. Sy was so verskriklik bang vir hom maar het nie geskroom om met hom n slaapkamer te deel nie. Ek verstaan nie. Hoekom het sy nie die verhouding verbreek nie?

van der Merwe ·

Nee Chrissie, nie noodwendig nie. Daar is werk aan enige verhouding. Hulle was waarskynlik op ‘n laagtepunt, nie noodwendig ‘n einde nie. Maak nie saak wat die omstandighede tussen hulle was nie -Geen mens het die reg om te besluit oor lewe en dood van ‘n ander party nie. As jy breindood optree moet jy as volwasse persoon die verantwoordelikheid daarvan dra.

jenny ·

Ja dit is nie mooi van Steenkamp gewees im hom te gebruik nie en Martins was jy die aand van die skietery daar dat jy weet wat die waarheid is? Nee jy was nie dis snaaks hoe mense is hulle aanvaar nie net n ongeluk nie jul wil al die lelik glo dalk oor julle nie van Oscar gehou het nie en dan maak jy nou nog vir Reeva sleg ook deur te insinueer dat sy nie lief was vir pistorius nie sies

sdp ·

Hkm kon Nel nie gister sy emosionele getuie roep? N verskoning vir middag af? Die saak is 1 sirkus

Tharina ·

Wees eerlik Oscar is skulding – maar asb waarom al die vreeslike drama van die Steenkamps in die hof – hulle is nie die enigste wat n kind verloor het nie. Aanvaar dit en gaan aan – Reeva sal nooit rus as hulle so aangaan nie. Wat van die 5 meisiekinders wat vermis is (Haarhoff saak) hulle ouers moet elke aand gaan slaap en wonder waar is hulle kinders terwyl die Steenkamps weet waar is Reeva en sy is in n beter plek. Ek praat van ondervinding want het ook my kind verloor.

Hannelie ·

Stem saam jou Tharina. Hulle word kort-kort herinner aan die trauma waardeer sy gegaan het in haar laaste ure. So baie mense verloor kinders op wrede maniere, ons kan hul net opdra aan die Here om hul by staan en te vertroos. Niks gaan hul terugbring nie. Maar ek glo die Steenkamps sal eers berusting kry as Oscar toegesluit word vir ‘n lang tyd. Hy het haar vermoor en klaar! Lyk meer hy het jag gemaak op haar. Sy moes vlug.

wilma ·

Kry klaar. Hoe labk moet daar nog geld gemors word. Nel raak al ryker en ryker ek stem sy kon hom gelos het. Gaan mos alles oor aansien

Neewat ·

Nel werk vir ‘n salaris. Roux is die enigste een wat baat deur die saak uit te rek.

m ·

Daar is net een mens wat weet wat gebeur het en dis Oscar. Hy sal ma moet saamleef met daai gebeure Die saak moet nou begin klaarkry mens raak nou moeg daarvoor.

Johann ·

Herstel begin wanneer jy jouself vergewe dat jy dit toegelaat het dat ‘n moodenaar jou denke oorheers het en jou emosionel vir so lank gevange gehou het. Verban hom uit jou lewe en gedagtes.

Anon ·

Ek verstaan ook nie, as sy bang was en hom nie lief gehad het nie, hoekom by hom bly? Wens hierdie storie wil nou net ophou. Hoeveel ander moordenaars loop rond en niemand maak so ophef van hulle nie. Hoekom moet hierdie saak so uitgesonder word. Net omdat hy bekend is?

Des ·

Ek stem saam. As dit nie sy intensie was om Riva te skiet nie, dan is dit a.g.v die misdaad in hierdie land dat mense se lewens elke dag in gevaar is van aanvallers en misdadigers.

zahn ·

Hoeveel moordenars se advokate laat hulle ophul stompies in die hof rondloop om simpatie te probeer uitlok? As die reg sy gang moet gaan, dan is dit goed en wel, die saak word uitgesonder omdat op se advokaat wil geld maak. Dis waar die probleem lê.

Clyvia ·

Chrissie, ek stem nogal saam. Oscar is skuldig, of hy dit nou aspris of perongeluk gedoen het sal seker nooit uit kom nie. Haar pa het nie eers geweet hulle is in ‘n verhouding nie soos hy gister getuig het. As sy regtig iets vir hom gevoel het sou sy dit vir seker eerste vir hulle (ma en pa) vertel het aangesien hulle so “close” was. Miskien het sy hom gebruik en misbruik en toe snap hy.

alida ·

Ek het baie simpatie met die Steenkamps. Maar hulle was nie soooo emosioneel die afgelope 3 jaar toe hulle Oscar se geld aanvaar het nie. Dramatiese vertoning in die Hof. Dit maak mens siek. Hulle het Reeva in elk geval baie mis gesien.

wonder sommer ·

Ek wonder sommer….hoekom slaap jy saam met iemand as jy nie lief was vir hom nie….hoekom trek jy by iemand in as jy nie lief is vir hom nie??? Weereens,as hulle dan so hegte familie was,hoekom het Reeva by haar ouers uitgetrek op so jong ouderdom.Hoekom dan nie by Martins intrek nie?Asseblief,handel die saak nou af.

Lynni ·

Ek wens elke moord in Suid-Afrika moet so hanteer word. Maar nee bekendes kry voorkeur. (Nie dat sy bekend was nie. Net hy)

thea ·

jong wat Oscar gedoen het was verkeerd, hy was vol van himself, gedink hy staan bo die wette van die lewe, Reeva was nie n engel nie, was n saak van aansien met n suksesvolle atleet, soos en verstaan was sy n vlinder wat met ander sport manne uit gegaan het, Wat soek n ongetroude vrou wat nou so ongelukkig is in die verhouding in sy slaap kamer. nee hulle altwee was verkeerd, daar was n baklei sy badkamer toe gehardloop en Oscar in sy woede uitbarsting het hy op haar geskiet. Die Steenkamps maak die storie groter vir hulle gewin, toe sy geld daar was , was die lekker, ek gee toe hulle het n kind verloor,maar sy was ook n bron van inkomste. tel op die stukke en gaan aan met die lewens albei kante van die storie

Connie ·

Aai hierdie ou mensdom van ons. Oscar dra sy straf binne in hom. Hy kry so swaar en hy gaan dit vir die res van sy lewe dra. Die arme kind. Dis sy straf. Nie 1 – 15 jaar nie. Dit wat hy persoonlik dra is baie erger as die jare in die tronk.

Victor ·

Regtig? Jammer vir jou – hy het ‘n misdaad gepleeg waarvoor hy moet tronk toe gaan. Hy het net berou oor sy “high-flying days” verby is – dis al berou wat hy het. ‘n Vrou is deur hom doodgeskiet, sogenaamd die “liefde van sy lewe” – oh please, sy storie maak net nie sin nie

Poplap ·

Miskien sit Hlaudi nie die pot mis nie miskien moet nuus gesensor word want dit lyk my dit bring die lelikste van lelik in mense uit om nie te praat van al die Internet prokureurs sielkundiges en speurders

Weeskind ·

Lyk my sommige van julle is half onbewus van wat aangaan-Pistorius probeer steeds sy straf afwaarts beding onderwyl Reva se familie slegs betoog teen ongeregverdigde voorkeurbehandeling van die skuldige. Laat die reg sy gang gaan en hou jul ongekwalifiseerde menings vir julself.

Riana ·

Weet nie hoekom al die strooi weer deur gaan nie. Mense dit wil vir my voor gee of hulle met enige stories sal kom dat hy nie skuldig is nie. En ek voel julle mors tyd en geld met al die sake kry net klaar en dat hy gaan sit. Hy het moord gepleeg.
Maar ja Gerrie Nel gaan dit anders bewys en Liewe Oscar gaan weg stap sonder die tronk dan lag hy weer en die ouers se seer sal nooit weg gaan nie. Maar hy moes n akteur geword het want hy kan goed toneel speel.
As daar weer n Afrikaanse fliek uit kom mense asb gebruik vir Oscar as die trane moet loop.

Stem saam ·

Ek stem saam ons het ‘n nuwe akteur gevind hierdeur, maar dit is beslis Gerrie Nel. Kyk hy is op sy stukke nou, hy praat met soveel disrespek teenoor almal asook die hof. Riana weet jy dat hy met ‘n self erkende moordenaar ‘n bargaining deal aangegaan het, daai man het nogal tydens Oscar se verhoor destyds ook kom inloer, die saak het toe niks opgelewer, so hoe reg en geregtig is Gerrie Nel? Hoe kan die ouers se seer weggaan as hy tronk toe gaan, dit gaan nie hul dogter terugbring nie. Regtig dit is nie die skerpste gedagtetjie gewees nie, ouers se seer gaan nooit weg nie, dit raak net meer leefbaar en as dit afhang van tronkstraf dan is hul nie opreg nie.

Pixie ·

In ons familie het ons ook al ‘n kind aan die dood afgestaan so ek het begrip vir die Steenkamps se pyn, maar ek is nou al so siek en sat vir die drama ek kan nie meer wag vir die sirkus om tot ‘n einde te kom nie! Kim sê dit is onregverdig dat haar jongste (17) se spesiale geleenthede kortgeknip word en dat elke spesiale geleentheid vir die familie soos ‘n begrafnis is. Is 15 jaar tronkstraf die enigste ding wat dit nou gaan verander? Dit is en bly hartseer dat Reeva nie meer hier is nie, maar met alle respek, dit is hulle EIE keuse of hulle ‘n ‘begrafnis’ van spesiale geleenthede wil maak of nie. Barry Steenkamp is ‘disgusted’ met Oscar se regsspan omdat hulle bekend gemaak het dat hy maandeliks geld aan hulle betaal het. Hoekom? Die media het lank voor die onthulling al berig dat Reeva hulle finansieël ondersteun het en dat hulle uit hul huurhuis moet trek. Dalk eerder ‘n geval van as dit uitkom mag mense dalk dink daar is dalk tog iets goed in Oscar? Barry het nie geweet Reeva en Oscar is in ‘n verhouding nie? Die media het gereeld daaroor berig en mense regoor die wêreld het daarvan geweet, insluitend June. Hy het ook weekliks met Reeva gepraat. Het hy dan GEEN mediaberigte van haar gelees nie en nooit met June oor haar en haar lewe gesels nie? Klink vir my ietwat dik vir ‘n daalder.

Pixie ·

Na Oscar se skuldigbevinding aan moord het June gesê dat hulle nou tevrede is; dat sy vonnis nie van belang is nie, maar dat hy verantwoordelikheid aanvaar vir sy dade EN dat sy hom nou vergewe. Ek verwag nie dat sy Oscar moet soengroet nie, maar as jy iemand vergewe het groet jy terug met ‘n ‘hallo’ as die persoon jou groet. Sy is stil, praat nie veel nie en sukkel elke dag sonder haar dogter. Dan publiseer sy’n boek oor haar moord en daaropvolgende hofsaak. Hoekom? Indien skryf deel van jou helingsproses is, hoekom sal jy dit wil verkoop en geld uit die tragedie wil maak? Indien jy ander ma’s wil help wat ook ‘n kind aan die dood afgestaan het, sou die skryfstyl van die boek totaal anders gewees het. Alles draai om sensasie! Hy het van die begin af erken hy is verantwoordelik vir Reeva se dood en is op R1 miljoen borgtog vrygelaat. Henri van Breda is aangekla van dwarsboming van die gereg, dat hy sy eie ma, pa en broer met ‘n BYL vermoor het en sy sussie by die dood omgedraai het nadat hy haar ook met ‘n byl aangeval het. Hy het homself slegs, na meer as 16 maande, by die polisie oorgegee nadat sy regsspan verneem het dat die polisie hom gaan arressteer. Hy word op R100 000 borgtog vrygelaat! So, as jy bekend en gestremd is verdien jy om swaarder gestraf, gekruisig en boonop uitgebuit te word?

alida ·

Barry en Gerrie is albei ewe groot toneelspelers. Ek begryp Barry se pyn maar om nou na 3 jaar ‘n show op te sit is verregaande. Hy moes Oscar se geld geweier het as hy dan so hartseer was.

Adele ·

Wonder hoekom my kommentaar verwyder is…almal hier wat so tekere gaan oor Steenkamp familie…mag dit nooit in jou familie gebeur dat ‘n geliefde deur iemand anders se hande se toedoen vermoor word nie.

Voel ook so ·

Adele ek voel ook so, dit moet niemand oorkom nie, maar as dit my dogter was, sou ek hom eerste wou sien, sodat ek kon weet wat gebeur het. Dit is nie maklik nie, maar om goedkoop sensasie onderhoude toe te staan, sal nooit berusting bring nie. Hy het gevra om hul te sien, dit was hul keuse om hom nie te sien nie. Ek voel om nou ‘n ouer in die getuienis box te sit is nie reg teenoor die ouer en dit skep ‘n slegte indruk as ‘n ouer sê hy weet nie eens sy dogter was in ‘n verhouding met Oscar nie, ag nee man, se liewer net hoe hartseer jy is, dit sou meer bygedra het tot berusting en die saak.

Net Ek ·

Wens die saak wil klaar kry dat Gerrie op die Henning saak kan konsentreer , DIE FAM SOEK OOK BERUSTING

johann cb ·

Connie, ek stem met jou saam. Sy lewenslange vonnis het reeds begin en dit is ‘n kwaai straf.
Betreffende die iTV-onderhoud, stem ek met Me Martins saam.
Die feit dat Reeva nooit erken het of sy vir Oscar lief was nie, laat my wonder hoekom sy dan by hom gebly het.

andre ·

oscar is skuldig ,hy het n mooi vrou van lewe ontneem .hy het haar vermoor deur jaloesie.
ek hoop hy kry die maksimum straf . moordenaar,leunaar.

oops ·

Ooops Andre, so net minder mooi vroue mag vermoor word? Of nee daar gaat jy, jy is nie ‘n mooi vrou volgens andre nie! Ek is maar bekommerd oor jou oordeel, die aggressie wat jy openbaar, verder geen vrou mag vermoor word nie!

sdp ·

Lyk of Nel sommer Masipa job oorvat…wat gaan hy na die saak doen om op tv tekom, arme ding

Hahahehehiehie tjietjie ·

Hahahehe laat lag jy my nou lekker, dit gaan nou so werk. Die staat sê, nuwe moordsaak, dan sê Gerrie, gaan daar kameras, direkte uitsendings wees? Indien ja – 100% ek is beskikbaar, indien nie, Nee jammer ek is nog besig met navorsing en samevattings van die Oscar saak! Die manier hoe hy staan en leun en kamma dink (hy kamma dink, hy is baie slim) flirt hy omtrent met die kamera en almal wat kyk!

Gesiggie ·

ASB”’ Mense wat gaan nou aan, noudat dit net gaan oor… as sy nie gelukkig was, of nie lief was vir hom… wat het sy nog by hom gesoek… nou verander die hele comments… wat het geword van wat Oscar gedoen het… Liefde is n nare ding… n mens vergewe maar net elke keer, juis omdat jy lief is vir daai persoon… Ek kan getuig… ek was deur hel… was in n verhouding vir amper 24 Jaar… maar het net eendag besluit Enough is Enough…hoekom vra die mense… hoe kon jy dit vir so lank uithou…. AGV Liefde…. ”’Ek is ook nou al sat vir die Oscar storie… kom tot die punt…. moet nie eers probeer pleit vir n ligter vonnis… al was hy lief vir haar… het hy haar lewe geneem… hy moet herken…hy moet …..

van ·

Gesiggie, lyk my jjy is die enigste wat logika het. ek stem 100% saam.

Oops ·

Gesiggie, ek verstaan jou en ek kom uit ‘n situasie van ” bly ter wille van dit of dat”, dit is regtig, maar in Reeva en Oscar se saak was hul nog in die hofmaak, vroee verhouding. Hulle het nog nie eens 3 maande uitgegaan nie, komaan dit waaraan jy gewoond was in jou 24 jaar het so begin, liefde, vreugde pret pret, toe julle getroud is het die klong begin verander. Dit kan nooit met ‘n jong verhouding vergelyk word nie, sy was mooi en op pad boontoe, sy kon enige ou gekry het, sy het ander hoe profiel sportmanne ook geduit, regtig phsigopate, mishandelaars sal nooit in vry fase hul kleure wys nie, hul rol eers die prooi in en dan gebeur dit. Daar was ook nie kinders of enige iets wat haar daar gehou het nie, tensy roem en geld vir haar belangriker as enige iets was! Hy praat so mooi van haar dat ek nie dink dit was die geval nie!

Carel ·

sdp jy verstaan nie, hy doen sy werk. Ek wonder wat doen jy??

sue-ann ·

Sdp praat dje waarheid. Gerrie is soos bja van die predikers. Sweep net op. Sensasiesoeker.

chistine ·

Nel hou van die kollig op hom. Hy speel so mooi vir daai kamera hy verdien n Oscar.

Oni ·

En toe skrik ek my boeglam vir riana. Baie uitgesprokenheid oor ander mense.

Victor ·

Ou Oscar kan lekker met ‘n TV interview praat oor alles maar is te sleg om te getuig in die hof? Ek hoop hy kry die maksimum vonnis – hy is skuldig aan moord en moet nou man staan vir sy droogmaak

Willie ·

Vrouens wat sleg behandel word los nie hulle mans nie… want hulle is bang… En wat het op die ou einde met Riewa gebeur???

Hannetjie Harvie ·

Nou kom ons kyk nou mooi na die storie. As jy nie lief is vir iemand nie, of as jy bang is vir iemand, hoekom sal jy dan n oornag tassie pak, en by daardie person gaan oorslaap, in sy huis??? Komaan, mense dit maak nie sin nie. Geld speel n rol hier.

Leon ·

In die verlede was dit so dat as jy iemand doodgemaak het was jy……… ‘n moordenaar, jy was ‘n moordenaar, jy was ‘n moordenaar! In hoeveel ander lande is dit doodstraf en klaar! Hier kry ‘n verkragter lewenslank en meer, maar nee, pleeg moord en jy kom amper los. Dit is siek!
Nou is dit OK as jy dit doen, jy moet net ‘n akteur-prokureur kry!

Sterkte en liefde ·

Sterkte en liefde vir jou Oscar, ons bid elke dag vir jou, ons hierdie kant van die wêreld weet wie jy regtig is.

Victor ·

Jip – ons weet – ‘n moordenaar wat te lafhartig is om man te staan vir wat hy gedoen het

Viola ·

As sy nie lief was vir hom nie hoekom daar oornag? Hoekom vir hom n geskenk koop.

Anoniem ·

Ai ai mense julle praat oor goed wat al lankal nie saak maak nie…Wat maak dit in elk geval saak hoekom sy nog by hom was of hoekom sy n oornag tassie gepak het. Elke verhouding elke huwelik het probleme. Moet tog nou nie kom en sy joune is perfek nie…jy jok!!!!!!!!!As jul nou wil konsentreer op die saak..Oscar het Reeva vermoor..hy sit in die hof..speel op mense se gevoelens..hy is skuldig..in hoe n mate sal ons nooit weet nie..net hy en Reeva weet wat het daardie aand gebeur..en ongelukkig..baie hartseer is Reeva nie meer daar. Ons is almal leke in die gebied. Dit maak mens naar om al die onkunde kommentaar te lees…Wag en sien wat gaan gebeur…

Joann ·

Oscar is slapgat. Toe hy on top was,was als ok. Nou is hy bottom en wil net vloermoere gooi. Ek is jammer vir sy familie,maar is ook jammer vir Reeva sin. Ou ossie sit maar lekker

Hannie ·

Ek kry hom g’n jammer, hy is bekend vir sy humeur en tantrams, het al op TV gesien hoe haak hy uit met die paralimpiese spele wanneer hy nie wen nie.

Shane ·

ok so as ‘n internasionale atleet word Oscar deur sielkundiges voorberei om die druk te hanteer en hoe om kop te hou. Van die beste sielkundiges in die land het saam hom gewerk om sy “mindset” reg te kry vir die druk van die Olimpiese spele. Nou moet almal aanvaar hy kan nie druk hanteer nie en hy is so ‘n broos ou lammetjie? Nee wat pel… Those who live by the sword…

wonder sommer ·

Ek wonder sommer…..Ek’t nie eers geweet wie Reeva is,voor sy oorlede is nie,het julle? Ek voel die Steenkamps ry nou die golf,skep terwyl.dit pap reën,noem dit wat jy wil.

Ellie Rose ·

Eens het almal vir Oscar op die hande gedra, want hy het Suid Afrika se naam uitgedra. Uit vrees vir sy lewe neem hy onwetend Reeva se lewe. Nou wil almal hom kruisig. Het al met verskeie mense uit Suid Afrika gepraat wat al voor ‘n rower se rewolwer gestaan het en almal sê in die toekoms skiet hulle eers voor hulle vra wie daar is. Nie een was by toe dit gebeur het nie, so, stop asb al die veroordelings en bid sodat dit nie een van julle eendag sal tref nie. Ek bid vir beide families en vir Oscar.

John ·

Kim kan verkeerd wees. Reeva wou dalk net eers seker maak of Oscar haar nie net wou gebruik nie. Hoekom sou sy op Valentynsdag hy hom uithang as sy nie iets vir hom gevoel het nie. Een van die spesialisgetuies het gese enigeen wat in die heup geskiet word sal skree as gevolg van die pyn. Oscar moes haar stem dus gehoor het, maar hy beweer die persoon binne was tjoepstil tussen die skote. Hoekom het hy wat so vreesbevange was dit daarna gewaag om die deur oop te maak as hy nie eers geweet het of die ‘aanvaller’ dood is nie? Daar is baie onbeantwoorde vrae. Te veel. Hierdie sage gaan ongelukkig nog jare voortduur. Oscar sal daarvoor sorg.

Buks de Beer ·

Ek ondersteun “Wonder sommer en Ellie Rose” se stellings. Dankie

Koos ·

Wat ek nie mooi verstaan nie is dat Oscar reeds gevonnis was en die saak weer herroep is .Dit sê vir my as my eerste boete kaartjie te min was ek weer ń tweede een kan kry vir soveel meer.My persoonlike mening dit gaan oor geld.Ons het baie groter en êrenstige sake gehad as dit en het nie soveel aandag geniet nie.

sarie van heerden ·

Stem saam, Koos. Om tweekeer in die hof te verskyn, 2x skuldig bevind te word en weer gevonnis te word gebeur net in ‘n agterlike ontwikkelde samelewing.

Lh ·

A ha, uiteindelik begin die waarheid uitkom, Reeva se ouers weet nie van haar 5 maande oue verhoudingtjie met Oscar nie, hoekom nie ? Liewe nig getuig sy het hom nie liefgehad, wat het sy dan in sy bed gesoek? Nou kan enige persoon seker twee en twee begin bymekaartel, dit gee nog nie vier nie maar dit kom al, al hoe nader aan die werklike rede waarom hierdie tragedie afgespeel het. Waarom is nooit bekend gemaak wat op haar telefoon alles was nie? Oscar mag skuldig wees maar wat was dan die ware rede ? Dit sal almal graag wil weet.

Lh ·

Die vraag wat die regbank en eerwaarde Gerrie Nel eendag vir hulle eie gewetens sal moet beantwoord gaan wees, hoe sou hierdie saak verloop het as Reeva maar net n gewone ou vaal meisietjie was en Oscar totaal onbekend, sou hierdie saak dieselfde hanteer gewees het sonder al die tv. en media fame en glory.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.