Oscar Pistorius-saak: Staat gaan appelleer

oscar-pistorius

Oscar Pistorius op 21 Oktober 2014 in die Pretoriase hooggeregshof tydens vonnisverrigtinge Foto: Themba Hadebe/AP/Pool

Die staat gaan appelleer teen Oscar Pistorius se skuldigbevinding aan strafbare manslag en sy gevolglike vonnis, het die Nasionale Vervolgingesag (NVG) Maandag aangekondig.

Nathi Mncube, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), het gesê die appèl rakende Pistorius se skuldigbevinding aan strafbare manslag is gegrond op die interpretasie van die wet. “Die meriete en die nadele van die NVG se argument in hierdie verband sal duidelik word wanneer ons hofdokumente indien vir verlof om te appelleer.”

Mncube het gesê staatsaanklaer Gerrie Nel en adv. Andrea Johnson het regter Thokozile Masipa se uitspraak bestudeer, navorsing gedoen en met regskenners gekonsulteer om vas te stel of daar voldoende gronde was om te appelleer. “Die aanklaers is nou besig om die nodige dokumente voor te berei sodat dit binne die volgende paar dae ingedien kan word,” het Mncube gesê.

James Grant, professor in regte by Wits, het verlede week bevestig dat Nel hom genader het vir advies of die staat moet appelleer. “Na my mening is die uitspraak nie baie goed geredeneer nie,” het Grant gesê. Hy het egter bygevoeg dat die saak van die Staat vs. Seekoei wat in die hoogste hof van appèl aangehoor is, ʼn “hekkie” is wat die staat sal moet oorkom. Volgens die saak van 1982 kan die staat nie appelleer indien die skuldigbevinding op ʼn bevoegde uitspraak gegrond is nie.

Regter Masipa het Pistorius verlede week Dinsdag tot vyf jaar tronkstraf gevonnis. Dit nadat hy skuldig bevind is aan strafbare manslag na die skietdood van sy vriendin Reeva Steenkamp.

Klik hier om alle vorige berigte oor Oscar Pistorius op Maroela Media te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

se-net ·

Maar NIEMAND het geapelleer teen Shaik en makkers wat ‘vry’ rondloop nie!!!

Albertus ·

Aansoek om appel is die regte beskuit. Wat gebeur as dit nie toegestaan word nie?

moegoe ·

Moord is moord ongeag of dit in stede/platteland/arm/ryk/celeb/boemelaar of wat ook, die regstelsel moet die agtergeblewe familie tevrede stel en closure gee. In die platteland sloer moordsake 4jaar dan raak dockets verlore en die saak word van die hofrol geskrap-families sit met die pyn wat nooit sal verdwyn.

pop ·

Ag vader tog. Kan almal die hele uitgerekte sage nie maar nou uitlos nie. Dis baie traumaties vir almal betrokke as n ding nie einde kry nie. Of was dit net eenvoudig te lekker om ander se ellende te bekyk en te beleef.

marietjie ·

Ag ek dink dus baie hartseer, plaas staat eerder konsentreer hoe tronke binne lyk. En die gevangenisse op parool vry laat, ek dink elke mens het n tweede kans nodig. N mens kan fouteer en foute maak en ons kan hul nie oordeel nie. Niemand is perfek nie, die een wat geen foute het laat hom/haar oordeel. Onthou GOD mag alleenlik oordeel.

marietjie ·

Ek dink ons reg stelsel is pateties sommige mense het terminaal siekte( doodelik) dan speel hul golf. Dis die persoon wat wenkbroue laat lig. Hoeveel mense in regering steel en kom daar mee weg. Nou dat Oscar iemand dood gemaak het, word hy n voorbeeld van ons land gemaak. Hoekom sit hul nie al die ministers waaat so steel op tv en wys die wereld wat in suid-afrika aan gaan. Ek is siek en sat vir die soort goed wat toe gesmeer word. Voor iemand kan oordeel kyk in jou haart wat jy doen en dan saal jy besef jy kan nie oordeel nie. Los nou vir oscar uit, reeva is dood en sy kom nie terug nie. So maak vrede en beweeg aan.

jenny ·

los die appelleer saak teen oscar,die saak van appellasie gaan rassime veroorsaak. Die judge het haar werk goed gedoen. Baie moordenaars soos met my aanstaande vermoorde skoonsus ennnn babaseun,net tien dae voor sy geboorte het nie lank gekry nie. Ook baie ander kleuriges kry nie meer lank vir moord nie. Andee word vrygespreek aan gebrek van bewyse. Los nou vir oscar ook uit. Net OSCAR,REEVA EN ONS JESUS WEET WAT DAAR GEBEUR HET!! NIEMAND VAN ONS OP HIERDIE GELEENDE GODS AARDE IS GOD NIE!!! Ons kan nie se wie reg of verkeerd is en was nie.Ons almal is mense,nie ongediertes nie. Jul soek nie net sensaie nie,maar soek meer melk en brood om van die aremes te vat. STOP OM ONMENSLIK OP TE TREE!!

jenny ·

baie dankie,fooitog ek sal baie bly wees. Oscar sal daardie gebeurtenis van die oggend 14 Februarie altyd onthou en met dit graf toe gaan. As die pragtige Reeva hom net laat weet het dat sy na die badkamer gaan terwyl hy die waaiers in die donker ingebring of geskuif het,sou dit nie gebeur het nie. Sy het net stil opgestaan en na badkamer gegaan,onbewustelik aan altwee dat sy Oscar sal laat skrik. Dit moet veeskriklik wees om aan so ‘n sindroom soos Oscar te ly. Ek het myself in sy skoene gesit,en ek sou dieselfde gedoen het. Ek kies nie kant nie want,dit kan met my seun of dogter ook gebeur,al wil ons dit nie so weet of herken nie. Niemand kan die toekoms bepaal of sien nie. So asb.dink mooi oor hierdie saak. Ek is vreeslik jammer vir Reeva se ouers en familie. Wees net sterk in ons VADER. Jul sal daaroor kom met tyd. Vergewe,maar nie vergeet nie. Dis ‘n bitter pil om te sluk. Soos ek se,dis net ons VADER,REEVA EN OSCAR wat die waarheid weet,nie ons op hierdie AARDE NIE. Groete Jenny.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.