Oscar Pistorius ‘sal nie kan getuig’, sê kenner

Pistorius Maandagoggend in die hof. Foto: ANA

Pistorius Maandagoggend in die hof. Foto: ANA

“Sy toestand is te ernstig. Ek dink nie hy sal kan getuig nie. Hy behoort gehospitaliseer te word.”

Só het prof. Jonathan Scholtz, hoof van kliniese sielkunde by die Weskoppies- psigiatriese hospitaal en ook verbonde aan die Universiteit van Pretoria, Maandag in die hooggeregshof in Pretoria getuig. Scholtz is die verdediging se eerste getuie.

Scholtz het getuig dat hy in Mei 2014 gehelp het om ʼn verslag op te stel wat destyds tydens die verhoor in die hof voorgelê is. Scholtz het intussen nog ʼn verslag opgestel ná onderhoude met Pistorius, sy psigoterapeut, sy psigiater, sy oom Arnold en tannie Loïs, sowel as met ʼn beampte van die departement van korrektiewe dienste. Scholtz het ook gesprekvoering met Reeva Steenkamp se ouers, Barry en June, versoek. Die versoek is egter deur hul regsverteenwoordigers van die hand gewys.

Volgens Scholtz het Pistorius in ʼn sagte stem gepraat tydens die onderhoud en depressief voorgekom. “Sy gedagtegang was meestal normaal al het hy soms afgedwaal. Hy het min energie gehad en sy geheue is nie goed nie. Hy drink medikasie vir depressie en slapeloosheid. Hy ly aan posttraumatiese stressindroom.”

Scholtz het verder in sy verslag verwys na Pistorius se ma wat dood is toe hy 15 jaar oud was en die effek wat dit op hom gehad het. Daar is verwys na sy slegte verhouding met sy pa en hoe sy oom en ander mans soos sy skoolhoof en afrigter as vaderfigure in sy lewe gedien het.

Pistorius se suster, Aimée, het volgens Scholtz onlangs Suid-Afrika verlaat weens die invloed wat sy saak op haar het. Volgens Scholtz is dit ʼn groot verlies vir Pistorius aangesien broer en suster baie na aan mekaar is. Scholtz het verder verwys na Pistorius se skooldae, hoe hy begin studeer het maar opgeskop het om aan sy atletiekloopbaan te werk. Daar is ook na Pistorius se prestasies en invloed verwys.

Scholtz het gesê Pistorius kon nooit behoorlik oor Steenkamp rou nie. Hy het gesê Pistorius en Steenkamp se verhouding het einde 2012 begin en dat dit die eerste keer in ʼn lang tyd was wat Pistorius weer “vertroue, opregtheid en ware kameraadskap” beleef het. Volgens Scholtz vind Pistorius vertroosting in die feit dat Steenkamp se lewe “nou in die hande van God is”.

Scholtz het verder verwys na Pistorius se liefde vir vuurwapens. Volgens hom het Pistorius onderneem om nooit weer aan ʼn vuurwapen te vat nie en het van al sy wapens ontslae geraak.

Scholtz het getuig dat Pistorius aan ernstige depressie ly en dat sy toestand sedert 2014 vererger het. Volgens hom toon Pistorius nie eienskappe van anti-sosiale persoonlikheidsversteuring nie en is sy geweldsrisiko laag. “Hy het gesê dit is verkeerd vir enigiemand om ʼn lewe te neem aangesien net God dit mag doen.”

Volgens Scholtz wil Pistorius sy tyd en ondervinding terugploeg om ander se lewens te verbeter. “Hy is ʼn eerste oortreder, intelligent, het sterk familie-ondersteuning en ʼn werksaanbod om kinders te help.” Scholtz het gesê die aanbod is om by Twin City Developments, sy oom se maatskappy, te werk as projekbestuurder van hul vroeë kinderontwikkelingsprogram. Pistorius is ook ingeskryf vir ʼn BSc-graad aan ʼn universiteit in Londen.

Scholtz het gesê Pistorius moet in die hospitaal opgeneem word weens sy huidige toestand. “Hy is moedeloos en traag, en het sy lot in die hande van God gelos. Hy is gebreek.” Volgens Scholtz kan Pistorius nog ʼn positiewe bydrae tot die samelewing lewer.

Scholtz het gesê Pistorius het berou getoon vir wat gebeur het en dat hy vir 17 maande R6 500 aan Steenkamp se ouers betaal het sonder om dit terug te verwag. Scholtz het ook verwys na die media-aandag wat die saak gekry het. “Hy het die persoon vir wie hy lief was, doodgeskiet. Die skuld is sedertdien met hom.”

Scholtz het verwys na verskeie “traumatiese ervarings” waaraan Pistorius onderwerp is tydens sy tronkstraf en ook daarna. Hy het glo gehoor van ʼn jong man wat in die tronk verkrag is en homself daarna opgehang het. Pistorius het glo ook infeksie in sy stompies opgedoen omdat hy op die stortvloer moes sit. Volgens Scholtz is Pistorius onlangs versoek om ʼn winkelsentrum te verlaat omdat een van die inkopiegangers glo geweier het om “saam met ʼn moordenaar inkopies te doen”.

Volgens Scholtz sal verdere gevangenisstraf ʼn nadelige uitwerking op Pistorius hê en nie sielkundig of sosiaal opbouend of sinvol wees nie. “Dit sal beter wees dat hy nou teruggee op ʼn opbouende manier om met behulp van sy vaardighede die lewens van ander te verbeter.”

Lees alle vorige berigte oor die Oscar Pistorius-saak op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

71 Kommentare

Basjansen ·

Die regs stelsel is lagwekend. Dis moord, nie toffees steel op n hoek winkel nie. Sooo, enige iemand kan moor en mal verklaar word en weg kom? Hoe kan so iemand terug gee aan die publiek en hul lewe verbeter

D ·

Net ‘n manier van sy regspan om die arme bloedjie nie te laat sit ni. Hoop hulle gee hom lewenslank. Hy het geweet wat hy doen toe hy haar geskiet het. Dit is nie nou die tyd vir trane stort ni.

johann cb ·

Ek is my lewe lank ‘n depressielyer en verstaan die sielkundige impak wat die gebeure op Oscar het. Dit is maklik om op die kantlyn te staan en kritiek lewer as jy geen begrip het van wat depressie behels nie. En nee, ek praat nie sy dade goed nie, maar die integriteit van baie professionele mense is ook op die spel. Hulle kan nie hul loopbane ter wille van een persoon opoffer nie. Probeer die saak uit meer as net een perspektief sien.

foxi ·

johanncb..ek stem saam met jou. as jy nie in daardie person se skoene is nie, sal jy NOOIT weet hoe dit voel nie.

Suss ·

Heeltemal reg Foxi. Meeste van ons weet dat jy skiet nie eers en vra later nie. Wat depressie nou daarmee te doen het, weet nugter.

Veritas ·

Suss, as jy nie daardeur is nie, kan jy nie ‘n benul hê van wat depressie regtig is nie. Jy sal nie weet van die absolute magtelose gevoel wat in jou opkom wanneer jy jou tandeborsel laat val of net die vrees om vir 10 minute alleen te wees, nie. Elke klein daaglikse probleempie is vir jou ‘n onoorkombare Everest. Dank eerder die Hemelse Vader dat jy dit nog nie ervaar het nie. Dit is ‘n diep, donker gat waaruit jy nie maklik kom nie.

Anoniem ·

Maar hy was in staat om sy storie met Mark Williams Thomas te deel sodat dit op 24 Jun op TV vertoon kan word….

petra van Vuuren ·

ek wil nou net weet. Hoe regverdig jy iemand se dood met depressive???????? Ek het ook depressie gehad, tye wat ek nie wil oorhe nie, maar dit het my nie gemaak om iemand anders se lewe te neem nie??? Daar is te veel gate ini verdediging wat nie toegestop kan word nie. Aner mense sou lankal ini tronk gesit het, maar omdat dit ‘n publieke figuur is word al die vuil wasgoed ini openbaar gewas.,
Hy moet maar die eerbare manier vat en gaan sit soos ‘n skuldige mens wat iemand se lewe geneem het.

Schalk ·

Sonder om te oordeel wil ek graag weet wie en wat hierdie Dr Scholtz is. In een sin is OP te siek om te getuig, sy geheue laat hom in die steek. Volgende sin is hy skerp genoeg om te registreer om aan n Universiteit in London te studeer.
Die man is so moedeloos en traag dat hy as Projekbestuurder kan werk en kinders onderrig? Ek het sekerlik een van die ergste indervindings van n pa gehad, ek was van so jonk as sewe n slaansak, moes daagliks sien hoe n dronk pa sy ma aanrand. Tenspyte van dit alles het ek dit nog nooit nodig geag om n lewe te neem nie. Ek het vroeg besef ek het n probleem met aggressie, ek het die nodige hulp gaan soek. Wat gaan nog ter versagting moet wees om die goue seun uit die tronk te hou?!?

charles ·

ag lekker man lekker, sommer ‘n universiteit in London nogal, wonder wie gaan dáárvoor betaal, ek sukkel om by ‘n SA universiteit in te kom wat nog te sê een in ‘n ander land!
Wys net wat agter tralies jou kan kry..

Nelie ·

….But by the Grace of God is dit nie JY wat daar staan nie. Nie oor jy so oulik is nie. Net genade. Oppas! As een vinger vortentoe wys, wys 4 terug.

2john ·

Jys reg Schalk ek voel nou so self so pateties na die slim ou se twak dat ek ook nou n sielkundige benodig….en ek het nog vanoggend so inbeheer gevoel…die geliegtery maak my siek

Rina Pretorius ·

Oordeel en jy sal geoordeel word, so se die Woord van God, so gaan gerus aan en aan en aan, ons almal bly in huise van glas ne, julle het geen idee waardeur hierdie man gaan nie tot so iets een van julle tref dan sal julle weet. Los hom uit in Vaders Naam asb

Neewat ·

Hoekom hom uitlos? Dis in die aard van die mens om nuus te volg en daaroor ‘n opinie te hê. As hy nie gemoor het nie was hy nie vir moord in die nuus nie.

Anoniem ·

Rina, en as dit jou dogter was….moet hy dan nog steeds uitgelos word?

zahn ·

Rina, julle wat so graag wil hê ons moet hom uitlos en hom vergewe en foeitogsjymarmeoscar agtig optree, sit julself net vir een oomblik in daardie bang meisie agter die geslote toiletdeur se skoen. Net een oomblik. Of nee, maak dit vier oomblikke. Klaar? Hoe voel dit nou? Bietjie anders, nê?

Neewat ·

Sielkunde is alles behalwe ‘n eksakte wetenskap. Meerendeels net ‘n opinie. Amper niks werd nie.

dirk ·

glo jy jou IK toets uitslag ? onthou, sielkunde het sistematiese en objektiewe metodes; met bevindinge wat geverifieer kan word; waaronder wetenskaplike versameling en ontleding van data, statistiese analises, interpretasie van die bevindinge, ens en ontwikkeling of hersiening van ‘n teorie. Dr scholz gee n eerlike mening ter versagting nie kwytskelding.

Ronelle ·

Ek hoop hy kry weer Huisarres want hy kan baat vind by dit,en nie in n tronk nie,daar te veel mense wat hom kan skade doen,en hkm moet hy tronk toe gn terwyl daar bje moordenaars wat erger dinge gedoen buite is,my broer vermoor 14 jaar terug en sy moordenaar nog op vrye voette en geniet die lewe,terwyl ons elke dag moet wonder wat het gebeer

Belinda Rossouw ·

Hy speel vir tyd.Hy gaan een teen tien n SPD (Staatspresident Pasient)word in Weskoppies.

Schalk ·

Pieterdp. Ek glo nie dit is n geval van oordeel nie. Ek dink dit is meer n geval van mense wat begin aandring op geregtigheid. Ons is voos geslaan deur misdaad, dit gaan net aan en aan. Gaan lees vir n slag die kommentaar op ander sake waar moord gepleeg is, die trant van kommentaar bly dieselfde, ongeag jou ras of agtergrond. Om te se die seun word geoordeel is nie die waarheid nie, dit is maar net n geval van hy is bekend. Daar is baie aanhangers van hom wat kwaad word oor die kommentaar, maak dit nou die misdaad wat gepleeg is minder ernstig? Moet ons aanvaar sy vonnis moet lig wees agv sy gebrek? Toe hy die daad gepleeg het was sy gebrek geen probleem nie.

Elzabé ·

As dit enige Jan Rap en sy maats was wat n lewe geneem het, sou daar nie al hierdie tydmors en simpatie soek gewees het nie, Oscar vat jou “pak” soos man….You commit the crime you do the time……. Ek hoop hy kry 15jaar…..!!!

vermeende ·

Ek verstom my aan al die kommintaar.
As hy skuldag is dan moet hy betaal maar ek is nie heeltemal oortuig nie.
Ek kry die indruk dat sy skuldigbevinding meer n politieke motief het.
Kan ons nie sy regspan kry om vir Zuma een dag te verdedag nie, hulle behoort n oorwinning te verseker.

Schalk ·

Vermeende “AS hy skuldig is dan moet hy betaal maar ek is nie oortuig nie” Wat omtrent al die bewyse? Wat is so ingewikkeld dat dit jou nie kan oortuig nie? En wat presies laat jou dink dat daar n politieke motief is? Hy is bekend, dit is die enigste rede hoekom sy saak soveel aandag geniet. Maar soos jy tereg se, die ” kommintaar” behoort jou te verstom. Feit van die saak is, dit is moord en hopelik kry hy n regverdige straf!! Niks meer, niks minder nie.

Koning Leeu ·

Vermeende
Nou wie dink jy het vir Reeva 4 keer geskiet as dit nie hy was nie?

adgam ·

Ja nee. Hier gaan ons alweer. Hy niks makeer nie. Nou is dit tyd vir die waarheid. En nou begin die verskonings. Status is als. Al het jy dit nie meer nie

Koos ·

Nie lank terug het ń persoon sy vrou in Soweto laat vermoor en is onskuldig bevind.Watter een dra die meeste gewig?ek wonder maar net oor ons regstelsel

Theresa M ·

Amper al die kommentare is van mense wie laag en gemeen is. Maar dan is hulle seker die tipes wat Christelike boodskappies op hulle facebooks sit en deel. Julle almal sondig, vra julle die Here ooit om julle te vergewe? Oscar het. Ek sal hom dus nie oordeel nie.

Stem saam ·

Stem saam Theresa, dit is ongelooflik die persoonlike haat wat uit hul boodskappe straal en dan soos Koos noem van die huurmoordenaar, dan is almal stil asof daardie vrou se lewe minder werd was.

Marinda ·

Ek sal hom ook nie veroordeel nie. Want ek weet nie of hy werklik skuldig was nie. Mens dink hulle weet als – intussen weet hul niks en gooi met klippe. As ek ‘n kol op my maag kry deur net na die mense se wrede kommentaar te kyk, kry ek ‘n hol kol op my maag. Hoe moet dit voel om in daardie posisie te sit. Moenie vir my sê dit kan nie depressive en allerhande dinge veroorsaak nie.

Hannetjie Harvie ·

Julle praat so maklik. Ek hoop nie een van julle het kinders nie, want jy kan NOOIT se dit sal nooit met my gebeur nie. Enige iemand kan in n oomblik van woede, of hartseer, of angs, n verkeerde besluit neem, en iets doen wat jou hele lewe verwoes. Niemand van julle ken die ware omstandighede nie, niemand weet wat se tipe mens Reeva was nie, niemand weet presies wat gebeur het nie. Los die man nou uit, laat die gereg sy gang gaan. Ek persoonlik dink hy het genoeg betaal vir wat hy gedoen het.

Ekke ·

julle praat en oordeel maklik…wag tot jul of famielie lid in soortgelyke posisie is., dan sing jul ander deuntjie…….ek weet, ons is in dieselfde bootjie…dinge verander in n oogwink en veral as angs betrokke is. Net hy Reeva en God ken die waarheid. My hart breek vir hom

sjoe ·

Sjoe Hannetjie en Ekke, ek het nog nooit geoordeel of iets negatief gesê nie, maar het ook geleer dit kan maklik in jou familie gebeur. Ons sit ook met ‘n tameletjie hartseer, net genade hou die direkte familie aan die gang en verder is almal op hul knie om die betrokke persoon die regte leiding en hulp te gee om weer ‘n mens in samelewing te word, een om op trots te word, soos jy sê Hannetjie, die ou is deur ‘n helse hofsaak, tronkstraf, hy het alles verloor en nog is dit nie genoeg nie. Wanneer het ons volk so haatdraend geword? Daar is hoeveel wat familie so wreed seergemaak het en dan party tot hul dood is daarvan.

RITA ·

Pieterdp ek stem saam met jou. GOD is n GOD van liefde en net hy alleen kan oordeel. Mense wat kry julle daaruit om so hard teenoor Oscar te wees.Moenie julle in n anders se leed verlustig nie. Laat hy wat geen foute het nie, n vinger wys. Kom ons bid eerder vir Oscar en glo dat GOD se wil sal geskied.

m ·

Ek kan dink sy senuwees is so bietjie aan flarde. Sy hele lewe het in n oogwink verander. Ek vat nie sy kant nie maar dit kan nie baie lekker en aangenaam wees nie.

Riekie ·

Op die 13:00 buys vra hulle vir gemeenskapsdiens! Gaan tronk toe, word ‘n kok en lewe diens aan jou nuwe gemeenskap Oscar. Jy behoort die Steenkamp familie op jou kniee om vergifnis te smeek! Jou familie kan jou agter tralies of in ‘n glad kas besoek. Reeva is dood haar mense gaan haar nooit weer sien nie!!!!

Chris Roothman ·

Die kwessie is as volg: Yahweh Elohim, deur Jesus Christus, Sy seun, is dit slegs G-d wat hom sy sondes kan vergewe, vir ‘n ewige lewe, na die einde van sy aardse bestaan. Ten tye van sy aardse bestaan is hy onderworpe aan die aardse wetgewing wat geld, vir die verbreking van die aardse wette. Hy het ‘n regverdige verhoor asook ‘n regverdige appel uitslag gehad en het nou nodig om vrede te maak met die straf wat aan hom uitgedeel word. Ek voel jammer vir hom want hy is in ‘n posisie geplaas waar die blaam vierkantig op sy skouers rus. Mag hy in Jesus Christus die vrede vind wat hom deur hierdie moeilike tyd sal dra en dat hy gelouter anderkant sal uitkom. Shalom

nElma ·

Ek stem saam -is vergeetagtig maar regIstreer vir graad kursus !!!!! Hy kan in die. Tronk ook studeer . Iemand doodskIet Is moord -voorbedagt of te nIe

Johan ·

Ja, as dit enige Jan Rap en sy maat was, dan was daar nie die groot bohaai nie.
Mens moet versigtig wees om jou nie in ander se leed te verlustig nie.
Los die man nou uit dat ons regstelsel sy gewone gang kan gaan, ek is seker hulle is meer bevoeg om die regte besluit te neem as ons ouens wat op die kantlyn staan..

Sterkte ·

Baie sterkte Oscar, familie en verdediging. Hou moed en vertrou op die Vader.

Theresia ·

Mense LOS NOU VIR OSCAR UIT. Wat hy gedoen het was verkeerd en hy besef dit. Elkeen van ons wat hier negatiewe of positiewe komentaar lewer het ‘n geraamte in die kas. En boeta wat se herrie sal dit nie wees as ons kaste oopgemaak word nie nê? Noem my net wat julle wil, maar ek weet daar is ‘n Vader in die Hemel en HY slaap nie. Die oordeel kom ons nie toe nie en dit is SKRIFTUURLIK. So gooi maar klippe en kyk wie se glas breek.

M'Lady ·

Ek kan die nydigheid van die Afrikaner net nie meer hanteer nie. Hoop en bid julle bevind julself nie in so n posisie eendag nie. Geen wonder die land is in sy kanon nie. Maroela sluit asseblief die kommentaar.

Koos Karoo ·

Maar hy kan onderhoude vir TV-stasies gee om sy kant van die tragiese verhaal te vertel…
Adv Gerrie Nel het kleingeld gemaak van prof Scholtz se getuienis. Dit was nie die prof se dag nadat hy klaar gepraat het nie.

Koos1 ·

RITA, ek wens jy wil die hele Bybel in perspektief lees, dan sal jy ook lees dat God regerings aanstel wat met die swaard kan dien, en wat van die Tien Gebooie…. “Jy mag nie doodslaan nie? Die howe is volgens my deur God aangestel (Al is dit hoe moeilik om te verstaan in hierdie land) en aan hulle is die mag gegee vir regverdige verhore en straf. Ek hou egter van jou laaste sin… dat GOD se wil geskied. Hy is ‘n GOD van liefde maar ook ‘n regverdige GOD.
Alma moet asb net onthou dat nie net Oscar geraak word nie maar ook 2 families.

Lorraine ·

Bring doodstraf terug! So baie mense vermoor,steel en verkrag,hoekom moet hy jammer gekry word?? Omdat hy n gebrek het?? NEE… wat gaan geld help vir die Steenkamp gesin?? Dit gaan hulle nie troos of hul dogter terug bring nie. Ons regstelsel is pateties!!!

Theresia ·

Laastens wil ek nog iets byvoeg. Ek is ‘n Christen en nie skaam om dit te erken nie, die mag van lewe en dood lê in jou tong sê die Bybel. Waak dus dat julle nie aan die verkeerde kant van die gereg moet staan en dalk ook voor ‘n regter moet staan en please en explain nie. Of as dit eendag dalk een van julle kinders is. Onthou wat jy uitspreek oor ander bring jy oor jouself (goed of kwaad) Genoeg is genoeg.

Suss ·

Interessant hoe Don Steenkamp, wat sy ma, pa en suster vermoor het (sy suster verkrag het ook), se sielkundige net so aangegaan het oor Don. Sy getuienis is net so uit die water geskiet. Wat is fout met hierdie sielkundiges wat so onprofessioneel aangaan? Hulle gooi die beroep se naam weg.

alida ·

Julle is soos ‘n klomp honger leeus!!!! Sies man stop dit nou.

LeonR ·

Ek kan nie in dieselfde geselskap as Oscar praat nie. Ek het drie weke gelede ‘n inbreker in my plek geskiet, ja die lid is dood. Geen kennis van sy agtergrond nie. Dit eet jou op, ek staan tereg op ‘n moordklag, dit is nie aangenaam nie. Ek het begin onttrek van die samelewing en lewe soos ‘n kluisenaar, te bang om tussen mense te wees. Ek kan net vir myself praat, maar dit is hel!!

RITA ·

Leonr my hart gaan uit na jou. Staan sterk. Bly op jou kniee en God sal jou die krag en wysheid gee wat jy nodig mag he. Sterkte vriend!!!!!!!

HH ·

You are in a very difficult position, I personally think you did not have much choice but to shoot to defend yourself and family. Very difficult taking someone’s life but that person put himself at risk by breaking in. You where not looking for anybody to hurt and the way things are in South Africa you have too protect yourself or it could have been your funeral! Good luck and stay strong.

Djou maaa! ·

Meraai, ek stem hehehehe! Lanklaas so ‘n ‘play actor’ gesien! Hollywood kan by Oscar kom leer hoe dit gedoen word!

J Swanepoel ·

Vermoor jy die persoon in wie jy “vertroue” opregtheid en ware kameraadskap gevind het ? Wil dan nie sy vyand wees nie ! Hy is gevaarlik verby ! Spoilt en moet sit vir sy dade ! Ken hy die tien gebooie en het hy daarvolgens gelewe ? Dan moes hy van beter geweet het ! Hy ontken nogsteeds dat hy haar vermoor het . Laat hy sy straf uitdien en so tot sy sinne kom . Dink voor jy doen .

johann cb ·

Sjoe, die kommentaar word nou lekker warm! Heelwat persone moet egter die artikel weer mooi lees om insig in alle partye se vertoeë te verstaan. Sterkte Oscar.

Johandé ·

So hyt PTS en depressie en nou wil hy met kinders gaan werk?! Agge nee man.

Isabel ·

Ek het ‘n vreeslike kinderlewe gehad. Pa en ma gedrink. Pa skote in muur af gevuur. Ma aangerand. My ma kon my nie verdra nie maar dit kan ek julle vertel ek kan geen verskoning maak vir wat ek verkeerd gedoen het nie! Dit was ek en ek alleen wat die skuld moet kry. Oscar moet bely. Hy mag en kan nie aangaan met sy lewe en sielkundiges, wat ek eintlik niks van dink nie, gebruik om los te kom nie. Arme Reeva sou ook graag met haar lewe wou aangaan. Sy het haar ouers versorg. Vergeet nie die slagoffer nie.

Riana ·

Shame arme Oscar. Die mense moet kamaras wag steek en kyk hoe vrolik is hy buite die getuig bank hierdie is net n groot aansit dat almal dit nie kan sien nie kan ek nie verstaan nie. Hy kan aan depressie ly ek ly ook daaraan as gevolg van baie dinge. Maar moord is moord en sorry sit moet hy gaan sit. Of jy nou infeksie kry in jou stompies of ek in my voete leer maar met jou bene aan te stort dis nie die einde van die wereld nie. Julle wil hom maar net vry he dit is al.
Dan kan daardie ou wat sy ouers ook dood gemaak het nou maar uit die trunk gelaat word want moord in ons land is mos een van die lekker dinge en die lewe gaan net aan.
Jammer maar ek se hy moet gaan sit hy is net soos die ander wat n moord gepleeg het. Maar sit moet hy.
So Oscar sluk maar jou depressie pille daaris baie van ons mense vandag op dit as gevolg van die lewe wat almal druk maar ons moor en skiet nie net en daaris mense wat erger dinge as jy deur ook gaan.
Hoop ons land se regstelsel sal die keer regverdig wees.

Riana ·

Jammer maar hy moet gaan sit. So dan moet die ander moordenaars ook nou maar se hulle is depres hulle kan nie sit nie. Dan gaan hulle maar almal aan met moored. En die wat hy infeksie in sy stompies gekry het jy het bene gekry om mee te stort. Mens sort nie eers by die Gym sonder jou skoene aan nie want dit is gevaarlik. Almal soek net n verskoning dat jy nie moet sit nie maar dit is nie goeie redes nie. Wat jy gedoen het is nie reg nie en dit weet jy.
So almal wat plaas moorde doen kan nou maar sielkundiges gaan sien en uit gaan en maar net weer aangaan ek dink die Land moet regkom en op hou verskonings om jou soek hulle mors geld en tyd.
Dan die kind wat sy ouers met die byl dood gemaak het hoef ook nie trunk toe te gaan nie hy kan maar net depressie raak.
Hulle moet kameras sit wat jy nie van weet nie dan sal hulle sien hoe spontaan is jy maar by die hof huil jy en is jy down asb mense hy smeer heuning om julle monde.
Oscar jy moet sit my vriend jy verdien nie die buite lewe nie.
Ons almal is op depressie pille in die wereld van vandag is dit nie maklik om sonder dit te gaan nie so ek sluk myne en jy joune en gaan sit maar.

Lh ·

Soos n beriggewer in die buiteland dit perfek regstegnies opgesom en vergelyk het is daar ten minste 6 soortgelyke sake in S.A. gewees oor die laaste jare, wat almal, behalwe Oscar sin totaal anders hanteer is. Dit laat mens nogal wonder oor veral die staatsadvokaat se ware motiewe, roem en eer omdat hierdie n wereldwye mediadekking gekry het? Alles, reg, half reg en selfs nie heeltemal reg in die stryd werp ter wille van eie ego. Het Oscar omdat hy meer beroemd was nou die slagoffer geword van die wen ten alle koste in die regsberoep. Gaan lees maar self op oor die vorige sake en vergelyk, eintlik is dit effe skokkend.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.