Oscar Pistorius se huis verkoop

Oscar Pistorius se huis in die Silver Woods-landgoed Foto: NY Daily News

Oscar Pistorius se huis in die Silver Woods-landgoed Foto: NY Daily News

Oscar Pistorius se huis in die Silver Woods-landgoed in die ooste van Pretoria is verkoop, berig The Times.

Die huis waar Pistorius sy vriendin Reeva Steenkamp op Valentynsdag verlede jaar doodgeskiet het, is deur Louwtjie Lourens gekoop.

“Dit is in ‘n veilige area en almal met wie ek te doen gekry het was baie professioneel,” het hy gesê.

Die huis is vir R4,5 miljoen verkoop nadat dit vir maande op die mark was sonder groot belangstelling.

Pistorius se regsverteenwoordigers het vroeër vanjaar aangekondig dat Pistorius sy huis gaan verkoop ten einde vir sy regskostes te betaal.

Pistorius het tydens sy borgaansoek aan die hof gesê die huis is R5 miljoen werd.

Pistorius se moordverhoor gaan Donderdag voort wanneer slotbetoë in die hooggeregshof in Pretoria gelewer sal word.

Klik hier om die hooftrekke van die hofverrigtinge gratis op Maroela Media te volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.