Oscar Pistorius se huis verkoop

Oscar Pistorius se huis in die Silver Woods-landgoed Foto: NY Daily News

Oscar Pistorius se huis in die Silver Woods-landgoed Foto: NY Daily News

Die moordbeskuldigde Oscar Pistorius het ʼn koper gekry vir die huis waar hy Reeva Steenkamp doodgeskiet het, het Beeld Vrydag berig.

Ansie Louw, sy eiendomsagent, het aan die koerant die koopaanbod vir die huis in die Silver Woods-landgoed in Pretoria-Oos bevestig, maar wou nie die bedrag bekend maak nie. “Die oordragproses is tans aan die gang. Ek kan nie meer besonderhede openbaar maak nie,” het Louw gesê.

Sy sê die huis is deur ʼn geslote bieproses verkoop. “Ons het al die aanbiedinge ondersoek en een aanbod aanvaar.”

Volgens Beeld is die markwaarde van die huis ongeveer R5 miljoen.

Pistorius se moordverhoor word tans in die Pretoriase hooggeregshof aangehoor. Hy word van moord beskuldig nadat hy Steenkamp op 14 Februarie 2013 deur ʼn geslote toiletdeur in die huis doodgeskiet het. Hy voer aan hy het haar vir ʼn inbreker aangesien. Hy staar ook aanklagte wat verband hou met die oortreding van die Vuurwapenwet in die gesig. Hy het onskuldig gepleit op alle aanklagte. –SAPA

Klik hier om die hooftrekke van die hofverrigtinge gratis op Maroela Media te volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.