Oscar Pistorius se sussie glo in hof gevloek

Aimee Pistorius word getroos deur haar tannie Lois tydens Donderdag se hofverrigtinge. Foto: Siphiwe Sibeko/Reuters/Pool

Aimee Pistorius word getroos deur haar tannie Lois tydens Donderdag se hofverrigtinge. Foto: Siphiwe Sibeko/Reuters/Pool

Mikey Schultz, selferkende moordenaar, het Donderdag ontken dat hy die woorde “f*k jou” met sy mond aan Oscar Pistorius se suster, Aimee, gevorm het.

“Dit het nie gebeur nie. Die Pistorius-familie is almal leuenaars,” het Schultz gesê nadat die saak oor middagete verdaag het. “Hulle is weereens die slagoffers. Die Pistoriusse is duidelik ʼn spul leuenaars saam met Oscar.”

Aimee was in trane nadat die hof vir middagete verdaag het. Haar broer, Carl, het haar getroos. Carl het aan verslaggewers gesê Schultz, ʼn voormalige bokser, het die woorde “f*k jou” met sy mond aan Aimee gevorm. Schultz het ʼn paar minute voor middagete die hof binnegekom.

Mikey Schultz tydens Donderdag se hofverrigtinge. Foto:  Alon Skuy/Times Media Group/Pool

Mikey Schultz tydens Donderdag se hofverrigtinge. Foto: Alon Skuy/Times Media Group/Pool

Schultz het buite die hof aan verslaggewers gesê hy het die saak bygewoon om Reeva Steenkamp se familie te ondersteun. “Ek het niemand in die hof gedreig nie. Ek het ingestap en gaan sit, ek weet nie waar die bewerings vandaan kom nie. Hulle kan teruggaan en na die beeldmateriaal gaan kyk.”

Op ʼn vraag aan Schultz oor hoekom Aimee gehuil het, het hy geantwoord: “Miskien het sy besef haar broer gaan tronk toe.” Schultz het die hof saam met Marc Batchelor, ʼn voormalige sokkerspeler, en die sakeman Jared Mortimer verlaat. Batchelor en Mortimer was albei glo al in onderonsies met Pistorius betrokke.

Klik hier om die hooftrekke van die hofverrigtinge gratis op Maroela Media te volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

LinkyV ·

Mikey Schultz, selferkende moordenaar, jy is aangesê om die Hof te verlaat, so jy is skuldig en dan lieg jy ook net soos ” Die Pistorius-familie”….

EMK ·

Selferekende moordenaar – dit sê baie. Ek sal nie so tipe se “ondersteuning” by die hof wil hê nie. GA!

Sollie ·

Wat my ook verbaas is dat die menigtes die doodstraf en erge tronkstraf en weet nie wat nog vir Oscar toewens, maar hierdie SELFERKENDE moordenaar wat los rondloop lig nie eers een van die klomp se wenkbroue nie!

MArlene ·

Wat soek hy daar??? en daai gesig kan jy sommer sien hy is daai soort wat dit sal doen.En hy het Oscar se suster as sy target gevat. Regte dam duiker. Hy hoort nie in die hof nie. Hy hoort agter tralies. SELFERKENDE MOORDENAAR en hy loop los rond. WOW !!!!!

Coert Vorster ·

Ja MArlene, Mikey Schultz loop los rond want destydse PolisieHoof, Selebi, het hom beskerm nadat hy Brett Kebble vermoor het, selfs Agliotti loop vry rond WOW!!!

Martin ·

Daar is geen beeldmateriaal van die voorval nie. DIe Pistorius familie besef maar alte goed wie Schultz en sy vriende is, almal mense wat Oscar goed ken en nou is hulle skielik bang. As Aimee nou so bang is, moet sy net dink wat Reeva deurgegaan het. Dis net ‘n manier om aandag te trek en hulle soos slagoffers te laat lyk. Wie is hulle in elk geval om te besluit wie die verrigtinge mag bywoon!! Hoe arrogant! Oscar het ‘n meisie doodgeskiet en ‘n familie se lewens uitmekaar geskeur en vir altyd in rou gedompel. Ek sou skaam wees as ek die mense was.

Estelle ·

Martin nou “label” jy sommer die hele Pistoruis gesin, dis nie regverdig nie!

EMK ·

Martin : Ek sou skaam wees as ek hierdie Schultz was om myself in die hof te kom wys, wetende ek het erken ek het moord gepleeg! Volgens jou is ‘n familie uitmekaar geskeur deur Oscar, wel wat dink jy het met Kebble se familie gebeur na Schultz se daad? Dis mos presies dieselfde ding! So moet nou nie kom maak of dit reg is dat so iemand buite rondloop maar Oscar moet tronk toe nie!

Elaine ·

En waarom mag die mense nie by die hof wees nie? Ek stem saam dat die Pistorius familie voorkeur behandeling verwag. Mens wil stik as jy moet luister dat Oscar nie geskik is om tronk toe te gaan nie. Hy kompeteer internasionaal, skiet iemand vier keer koelblloedig, maar is nou te lafhartig om sy straf uit te dien. Wees ‘n man en vat jou pak!

Eben ·

Martin ons lees jou en ja jy het verseker ook n reg om kommetaar te lewer. Hou ingedagte dat Oscar nie moedwillig Reeva sou geskiet het. Goed nie sal weet behalwe hy, Reeva en ons Skepper. Nie te min, dis maklik vir Schultz om die woorde aan Aimee te noem, want hy probeer haar intimideer wat hy natuurlik reggekry het. Wat opvallend is, is die feit dat die gure karakters hulle skaar by die Steenkamps. Vertel dit nie iets?

Mari ·

Presies wat moet dit vertel dat die “gure” karakters hulle by die Steenkamps skaar? Julle vergeet dat Oscar self deel was van ‘n baie vreemde groep vriende. Die Steenkamp familie of Reeva het nie ‘n geskiedenis of reputasie vir nalatigheid met ‘n vuurwapen in die publiek en nugter weet wat nog als nie. Hou gerus maar op om verskoning vir Oscar te soek. Het HET vir Reeva geskiet en met sowel agressie dat dit verseker NIE ‘n ongeluk was nie.

Sollie ·

Of daar nou beeldmateriaal van die voorval is en of hy dit gedoen het of nie – wat soek ‘n selferkende morodenaar buite die tronk – DIS wat mense moet vra! Ek sal my vrekskaam as sulke tipes enigsins aan my “kant” wil wees. Die deler is so goed soos die steler – as die Steenkamps Oscar van moord wil beskuldig moet hulle onthou hul meng met ‘n selferkende moordenaar so wat Is die verskil??

Vienna ·

Sal my glad nie verbaas as Nel hulle gevra het om
hof toe te kom nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.