Oscar Pistorius se vriend vrygespreek

Regter Thokozile Masipa lees haar uitspraak. Foto:  Alon Skuy/Times Media Group/Pool

Regter Thokozile Masipa lees haar uitspraak. Foto: Alon Skuy/Times Media Group/Pool

Regter Masipa het Darren Fresco, Oscar Pistorius se vriend, Donderdag in die hooggeregshof in Pretoria vrygespreek op aanklagte wat met die Vuurwapenwet verband hou.

“Die feit dat Fresco oneerlik was oor die voorval rakende die sondak beteken nie sy getuienis in geheel was onbetroubaar nie,” het Masipa gesê.

Fresco het tereg gestaan op aanklagte wat verband hou met die voorvalle waar skote glo deur ʼn motor se sondak en in die restaurant Tashas afgevuur is. Masipa het Pistorius vrygespreek op die aanklag dat hy ʼn skoot deur ʼn motor se sondak gevuur het maar hom egter skuldig bevind op die aanklag dat hy ʼn skoot in die restaurant afgevuur het.

Fresco het namens die staat getuig in Pistorius se verhoor in ruil vir vrywaring van vervolging indien die hof sou bevind dat hy ʼn eerlike getuie was. Masipa het gesê dat sy bereid is om Fresco se leuen dat Pistorius “uit die bloute uit” die skoot deur die sondak gevuur het, te verskoon.

Samantha Taylor, Pistorius se voormalige vriendin wat ook namens die staat getuig het, het gesê Fresco en Pistorius het voor die tyd gepraat en gesê hulle wil op ʼn verkeerslig skiet.

Volgens Masipa het die bokser Kevin Lerena, Fresco se getuienis rakende die skietery by Tashas gestaaf. “Mnr. Darren Fresco het eerlik en opreg die vrae geantwoord wat aan hom gestel is. Hy word vrygespreek van vervolging.” Fresco het begin huil na Masipa se uitspraak.

Die hofverrigtinge is hierna verdaag. Adv. Barry Roux, namens Pistorius, het ná die hofverrigtinge hervat het, regter Masipa versoek om Pistorius se borg te verleng. Staatsaanklaer Gerrie Nel het egter dié versoek teengestaan waarna die hof weer verdaag het.

Klik hier om die hooftrekke van die hofverrigtinge gratis op Maroela Media te volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jakoos ·

Ek dink dis ‘n skande dat die vent kwytskelding van enige aanklagte gekry het. HY was die groot vark in die verhaal want hy het ‘n gelaaide rewolwer in ‘n retsourant aan OP gegee. Ja, dis waar dat OP hom gevra het om die Glock vir hom te wys, maar geen mens by sy volle sinne sal ‘n gelaaide wapen in ‘n vol restourant aan iemand aangee nie. Hy moes die wapen eers ontlaai het.

Want OP is nou skuldig bevind aan hierdie insident, maar hy het eintlik probeer om die wapen te ontlaai deur dit oor te haal en die patroon in die looop uit te skop. Dit was dom van hom om nie eers die magasyn uit te knip nie, maar dit was weer baie behoorlik en reg van hom om die wapen se loop na die vloer af te hou terwyl hy probeer het om dit te ontlaai. Ek vind dit uiters vreemd dat Barry R en kie nie HIERDIE feit sterk in die saak beklemtoon het nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.