Oscar Pistorius skuldig bevind aan strafbare manslag

Pistorius saam met sy oom Arnold. Foto: Siphiwe Sibeko/Reuters/Pool

Pistorius saam met sy oom Arnold. Foto: Siphiwe Sibeko/Reuters/Pool

LEES OOK: Oscar Pistorius hoor eers later oor vonnis

Regter Thokozile Masipa het Oscar Pistorius Vrydag in die hooggeregshof in Pretoria skuldig bevind aan strafbare manslag.

“Bewysmateriaal voor hierdie hof toon dat die beskuldigde nalatig opgetree het toe hy skote op die badkamerdeur gevuur het, wetend daar is iemand agter die deur,” het Masipa gesê. “Dit kan nie gesê word dat die beskuldigde nie regtig geglo het dat daar ʼn indringer in die toilet was wat ʼn bedreiging vir hom ingehou het nie. Dit kan nie gesê word dat hy voorsien het dat die oorledene of enigiemand anders sou sterf toe hy die skote op deur die deur gevuur het nie.”

Masipa het Pistorius vrygespreek op van die aanklagte wat met die Vuurwapenwet verband hou. Sy het Pistorius vrygespreek op die aanklag dat hy ʼn skoot deur ʼn motor se sondak gevuur het. Volgens Masipa kon die staat nie bo redelike twyfel bewys dat Pistorius skuldig was hieraan nie. Die staat het aangevoer Pistorius het op 30 September 2012 ʼn skoot deur ʼn motor se sondak afgevuur terwyl hy, sy vriend Darren Fresco en sy voormalige vriendin Samantha Taylor in Modderfontein gery het.

Masipa het Pistorius wel skuldig bevind op die aanklag dat hy ʼn skoot in ʼn restaurant afgevuur het. “Die staat het bo redelike twyfel bewys dat die beskuldigde die Vuurwapenwet oortree het.” Volgens die klag het Pistorius in Januarie 2013 ʼn skoot in die restaurant Tashas in Melrose, Johannesburg afgevuur. Pistorius het tydens sy verhoor erken dat hy die vuurwapen vasgehou het toe ʼn skoot onder ʼn tafel afgegaan het.
Masipa het Pistorius onskuldig bevind op die aanklag van onwettige besit van ammunisie. Volgens Masipa kon die staat nie sy saak bo redelike twyfel bewys nie. “Hy kan dus nie skuldig bevind word op die klag nie.” Dié klag het verband gehou met ammunisie vir ʼn .38-vuurwapen wat na die skietery in Pistorius se kluis gevind is.

Klik hier om die hooftrekke van die hofverrigtinge gratis op Maroela Media te volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Rob ·

Ons is baie bly vir Oscar en sy familie oor die uitspraak. Vir die Steenkamp familie, ons weet waardeur julle gaan, ons seun is ook onlangs doodgeskiet deur swart barbare.

Lynni ·

Rob, jammer om van jul seun te hoor. Niks wat mens se kan jul pyn verlig. Dis ‘n lewenslange gemis. Maar hoekom kan alle moorde ni opslae maak soos in Reeva se geval ni. Ons kinders is net so belangrik vir ons soos vir bekendes. En tog gun jy di uitspraak vir Oscar. Julle klink na wonderlike mense.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.