Oscar Pistorius-slotbetoë: Nel fokus op teenstrydighede

Oscar Pistorius tydens 'n vroige hofverskyning. Foto: Ihsaan Haffejee/EPA/Pool

Oscar Pistorius tydens ‘n vroige hofverskyning. Foto: Ihsaan Haffejee/EPA/Pool

Staatsaanklaer Gerrie Nel het Donderdag tydens die staat se slotbetoë in die hooggeregshof in Pretoria gefokus op die beweerde teenstrydighede in Oscar Pistorius se getuienis.

Nel sê Pistorius het voortdurend sy getuienis verander om by sy weergawe te pas.

“Die beskuldigde het nie voorgekom as iemand wat daarna gestrewe het om ‘n eerlike weergawe te gee nie, maar iemand wat sy weergawe aangepas het en meer bekommerd was oor die gevolge van sy antwoorde,” het Nel gesê.

“Die beskuldigde was meer bekommerd om ‘vir sy lewe te verdedig’ as om die hof te vertrou met ‘n eerlike weergawe van sy optrede op daardie noodlottige oggend.”

Nel het aan die hof gesê dat Pistorius nie kon verduidelik hoekom die polisie met die waaiers, duvet en gordyne by sy huis sou gepeuter het nie. Volgens Nel is dit onwaarskynlik dat die polisie al die items sou geskuif het as hulle nie eers geweet het van Pistorius se weergawe van die gebeure nie. “Die polisie kon nie dit gedoen het nie. Dit is net onmoontlik,” het Nel gesê.

Nel het ook ontken dat hy ooit na Pistorius as ‘n leuenaar verwys het tydens kruisondervraging. “Ek het hom nooit ‘n leuenaar genoem nie. Ek het gesê hy lieg.”

Adv. Barry Roux, Pistorius se regsverteenwoordiger, het af en toe na Pistorius geloer terwyl Nel gepraat het.

Reeva Steenkamp se familie het ook per geleentheid in Pistorius se rigting gestaar.

Pistorius se pa Henke, en suster Aimee sit agter hom in die hof.

Pistorius word van moord beskuldig nadat hy sy vriendin Reeva Steenkamp op 14 Februarie 2013 deur ‘n geslote toiletdeur in sy huis in Pretoria-Oos doodgeskiet het. Hy voer aan dat hy haar vir ‘n inbreker aangesien het terwyl die staat meen dit was moord met voorbedagte rade.

Die saak duur voort.

Klik hier om die hooftrekke van die hofverrigtinge gratis op Maroela Media te volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

HEVW ·

Neewat Nel in jou slotvertoe het ons baie meer verwag. Dit waarna jy verwys is irrelevant en kan hoegenaamd nie klinkklaar bewys dat dit moord met voorbedagterade is nie. Wat noem mens iemand wat lieg? Seker tog maar n leunaar. Pistorius jys vry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.