Oscar Pistorius staan appèlaansoek teen

oscar-pistorius

Oscar Pistorius op 21 Oktober 2014 in die Pretoriase hooggeregshof tydens vonnisverrigtinge Foto: Themba Hadebe/AP/Pool

Oscar Pistorius se regsverteenwoordigers het hofdokumente ingedien waarin hulle die staat se aansoek om verlof tot appèl teenstaan.

Brian Webber, een van Pistorius se regsverteenwoordigers, het Vrydag bevestig hulle het die dokumente ingedien maar wou nie besonderhede verskaf oor die gronde waarop hulle die aansoek teenstaan nie.

Die staat het Dinsdag sy aansoek om teen Pistorius se skuldigbevinding en vonnis te appelleer, ingedien. “Die vyf jaar gevangenisstraf wat die Paralimpiese atleet Oscar Pistorius opgelê is, is skokkend lig en onbehoorlik,” het staatsaanklaers Gerrie Nel en Andrea Johnson in die hofdokumente gesê. “Daar was nie genoeg klem geplaas op die gruwelike manier waarop die oorledene gesterf het of die grusame beserings wat sy opgedoen het toe die beskuldigde haar doodgeskiet het nie.”

Masipa het Pistorius op 21 Oktober vyf jaar tronkstraf opgelê op die aanklag van strafbare manslag nadat hy sy vriendin, Reeva Steenkamp, op 14 Februarie 2013 doodgeskiet het. Hy is ʼn verdere drie jaar tronkstraf opgelê wat vir vyf jaar opgeskort is nadat hy in Januarie 2013 ʼn vuurwapen in ʼn Tasha’s restaurant laat afgaan het. Die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.

Die aansoek om verlof tot appèl teen die skuldigbevinding van strafbare manslag is gebaseer op “vraagstelling oor die wet”. Die staat het gesê die vraag moet gevra word of die hof die wetlike beginsels wat met omstandigheidsgetuienis verband hou, en die beginsel van dolus eventualis korrek toegepas het.

Klik hier om alle vorige berigte te lees wat met die hofsaak verband hou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Pierre ·

Ek wonder of Gerrie Nel ook n rassis genoem gaan word omdat hy Judge Masipa se besluit bevraagteken?

JdeW ·

Hey Oscar vat jou pakslae ou. Jy het haar doelbewus dood geskiet, sies man.

Chris van Heerden ·

Ag asseblief ou kom tog net by! As Oscar jou seun was sou jy die selfde gegil het?

Rupert Ashford ·

Hy het sy pakslae gevat “Ou” – ek kan nie onthou wanneer ek gesien het hy appelleer teen die skuldigbevinding en vonnis nie. Die Staat appelleer en die Staat gaan nie die Staat teenstaan in die appelsaak nie so Oscar se span tree op as die verweerder hierso.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.