Oscar Pistorius: Staat mag appelleer

Oscar Pistorius in die hof. Argiefforo: Siphiwe Sibeko/Reuters/Pool

Oscar Pistorius in die hof. Argiefforo: Siphiwe Sibeko/Reuters/Pool

Regter Thokozile Masipa het Woensdag die staat se aansoek om teen Oscar Pistorius se skuldigbevinding te appelleer, toegestaan.

Masipa het egter die staat se aansoek om teen Pistorius se vonnis te appelleer van die hand gewys. Sy het gesê volgens haar is Pistorius se vonnis nie “skokkend onvanpas” soos wat deur die staat aangevoer is nie.

Masipa het verder gesê sy is oortuig dat die staat se gronde om teen Pistorius se skuldigbevinding te appelleer, op sekere regspunte berus. Die staat het gesê die vraag moet gevra word oor of die hof die wetlike beginsels wat met omstandigheidsgetuienis verband hou, en die beginsel van dolus eventualis korrek toegepas het.

Die saak sal nou na die appèlhof in Bloemfontein verwys word waar die staat sal argumenteer dat Pistorius aan moord (dolus eventualis) skuldig bevind moes word. Dolus eventualis is ’n regsterm wat beteken ’n oortreder kan voorsien dat sy handeling ’n ander mens onregmatig sal doodmaak.

Regter Masipa het Pistorius op 21 Oktober tot vyf jaar tronkstraf gevonnis nadat hy aan strafbare manslag skuldig bevind is. Sy het hom gevonnis ingevolge art. 276 (1)(i) van die Strafproseswet waarvolgens Pistorius ʼn sesde (tien maande) van sy vonnis moet uitdien voor die nasionale kommissaris van korrektiewe dienste kan oorweeg om sy vonnis in korrektiewe toesig om te skakel. Die maksimum vonnis ingevolge art. 276 (1)(i) is vyf jaar tronkstraf.

Klik hier om alle vorige berigte oor Oscar Pistorius op Maroela Media te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

zahn ·

Ek het nou die kommentaar van jou gelees, ander berigte gelees, die rekenaar afgesit, later weer aangesit, en weer jou kommentaar gelees. Ek verstaan nou nog nie. Kan jy asb meer duidelik wees, wat de dinges bedoel jy?

Kaspaas ·

As jy na Hanno se kommentaar verwys, dink ek daar word bedoel dat Oscar se appel saak moet opmaak vir die gemors wat die staat aangejaag het met die Dewani saak.

Dave ·

Wel Zahn, dit blyk dat Hanno Vissagie ‘n verteenwoordiger het in die vorm van Kaspaas wat as sy woordvoerder optree. Daar is (regs)menings dat Dawani alles behalwe bi-seksueel is maar straight homoseksueel. Hy het volgens daardie meningsvormers voorgegee om bi te wees om sodoende sy huwelik te verduidelik.

Kaspaas ·

Adv Nel probeer nou maar net verlore aansien herwin, en nog geld maak, uit Oscar se saak. Pleks Nel aanvaar hy is ‘n loser en aanbeweeg.

Vic ·

Adv Nel werk vir die staat. Hy kry n salaris, of hy appelleer of nie. Hy kan in sy kantoor sit en niksdoen, of hy kan iets doen. Hy kry steeds dieselfde salaris. Soos almal in die staat.
Maar ek stem saam dat sy ego n bietjie gekrenk is. Heel moontlik hoekom hy aanhou karring.

Dave ·

Julle Barrry-Roux-handtekeningjagters het skielik stil geword nadat Gerrie Nel vanuit sy korter gestalte neergekyk het op Roux & sy bewonderaars. Hy’t julle lekker poppey gemaak.

Henry ·

Dankie vader en wie ookal, dat daar nog mense soos Nel is wat namens die slagoffers van misdaad optree, om misdadigers behoorlik vir hul oortredinge te straf en die res van die bevolking teen mense wat soos Pistoors optree, te beskerm.

Nel is duidelik iemand wat geregtigheid nastreef en bereid is om die uitsprake en gebreke van regsprekende beamptes aan te spreek en te betwis.

So is daar ongelukkig talle siele in die huidige regime se staatsinstellings wat nie oor die vaardighede en kennis beskik, wat hul senior poste en reuse salarisse regverdig en vereis nie. Insluitende in die regsberoep.

Duidelik ook dat Nel se ego aansienlik kleiner is, as diesulkes s’n wat so gemaklik en vinnig oor andere se sogenaamde ego’s aan’t teem kan raak.

Vic ·

Diegene wat so teem het vir menige ure die gellentheid gehad om na Nel se geteem te luister, en het sodoende meer as genoeg bewyse om n diagnose te kan maak. Henri, aan die ander kant, maak n diagnose op slegs n paar woorde……….

Dave ·

Probeer weer, gebruik ‘n woordeboek vir spelling hierdie keer en verskaf ook sommer ‘n wenk oor wie ‘Henri’ is.

Vic ·

Ai ou Daaf, n tikfoutjie is nie dieselle as n spelfoutjie nie – en selfs al was dit n spelfoutjie, daar is baie redes hoekom mense nie kan spel nie – gebrek aan geleerdheid, disleksie, ens. Splitting hair, soos die Ingilsman se. En n wenkie oor Henri – soos hulle se, n goeie verstand het n halwe woord nodig ;)

Dave ·

Gerrie Nel het julle Barry Roux bewonderaars ‘n storie of wat gewys, nè Vic..! :-)

Dave ·

Volgende keer is jy en ek weer aan dieselfde kant van die middellyn, Vic.. is miskien net hierdie keer wat ons verskillende kante ondersteun. :-)

pop ·

Is almal Oscar verslaaf. hemel tog kry n lewe. Dis verby, dat die kind nou sy straf doen en aangaan. Daar loop honderde moordenaars daar buite wat die goed beplan< en wegkom. Soos Diwani.

Kooos ·

Hanno – met jou feministiese botoon wil jy nie asb vir my se aan watter geslag jy behoort nie? Moet asb nie dat emosie jou rasionele denke oorheers nie.

En aan al die regsgeleerdes in ons land wat die regter nou so veroordeel: Laat weet my net asb:
1 Was julle die heeltyd in die hof?
2 Het julle na alles geluister wat voor die regter geplaas was?
3 Ken julle al die regsbeginsels van toepassing op kriminele oortredings?
4 Watter regsgraad het julle by watter universiteit geswot?

Henry ·

Kooos

Afgesien van al jou bo- en ondertone.
Vertel ons meer van jou eie antwoorde op jou 4 vragies.
Nie dat dit van veel belang is nie…gewoon interessantheidshalwe.

Nico ·

Ek stem saam met Koos. Ek is baie dankbaar dat daar nie ‘n jurie stelsel in SA is nie. Ek sou baie bekommerd gewees het as ek verhoor moes word deur mense soos Hanno, Dave en Kaspaas wat duidelik emosioneel reageer en nie nugter dink oor ‘n saak nie.

Dave ·

Interessante opinie wat jy en Kooos huldig, Nico. Heel interessant. Baie snaaks dat die slim Kooos en jy wat hom ondersteun, nie daardie 4 vragies asook jòu opinie oor emosies en nugterheid, voor die deur van Gerrie Nel lê… Lees Henry weer en stadiger die keer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.