Oscar Pistorius: Staat versoek vonnis van 15 jaar

Oscar Pistorius voorheen in die hof. (Maart 2014)  Foto: Chris Collingridge/TheStar/Pool/SAPA

Oscar Pistorius voorheen in die hof. (Maart 2014) Foto: Chris Collingridge/TheStar/Pool/SAPA

Die staat gaan versoek dat die hof Oscar Pistorius die minimum vonnis van 15 jaar oplê wanneer hy in April vir die moord op sy vriendin, Reeva Steenkamp, gevonnis word.

Luvuyo Mfaku, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), het Vrydag aan Maroela Media gesê die staat sal aanvoer dat die vonnis gepas moet wees vir ʼn aanklag van moord.

Pistorius sal na verwagting op 18 April gevonnis word nadat sy laaste poging om sy skuldigbevinding te appelleer by die konstitusionele hof misluk het. Die konstitusionele hof het Donderdag Pistorius se aansoek om verlof tot appèl afgekeur weens ’n gebrek aan vooruitsigte op sukses.

Die appèlhof het in Desember verlede jaar besluit om Pistorius se skuldigbevinding aan strafbare manslag om te keer.

Prof. Annette van der Merwe van die departement prosesreg aan die Universiteit van Pretoria (UP) het Vrydag gesê dit is te verwagte dat die staat sal versoek dat Pistorius die minimum vonnis vir moord opgelê word, maar dit beteken nog nie dat die hof verplig is om dit te doen nie.

“Natuurlik sal die staat vir die minimum vonnis vra, want die akkusatoriese geveg duur voort – die staat versoek die langste gevangenisstraf moontlik en die verdediging die minste straf moontlik. Ek dink die unieke omstandighede in die saak sal die hof oortuig dat 15 jaar tronkstraf onvanpas en onregverdig sal wees, en die hof sal ook bevind dat daar wesenlike en dwingende omstandighede is [om van die minimum vonnis af te wyk],” het Van der Merwe gesê. “Al die gewone versagtende en verswarende faktore word samehangend in ag geneem. Dit hoef nie uitsonderlike omstandighede te wees nie.”

Van der Merwe verwag dat die verdediging steeds sal steun op die feit dat Pistorius met algemene angsversteuring gediagnoseer is en dus moontlik minder toerekeningsvatbaar was ten tyde van die moord. “Hy kan moontlik ʼn opgeskorte vonnis opgelê word of iets soos agt jaar tronkstraf waarvan drie jaar opgeskort is,” het sy verduidelik. Die gevangenisstraf wat Pistorius reeds uitgedien het, sal uiteraard ook deur die hof in ag geneem word.

Hoewel Pistorius nou alle moontlik regsopsies benut het om sy skuldigbevinding te appelleer, kan hy steeds teen sy vonnis appelleer, het Van der Merwe verduidelik. “Die vonnis kan geappelleer word op grond van verskillende redes, soos as die straf buite die hof se jurisdiksie val, as die hof misgetas het deur onder meer versagtende faktore mis te kyk of te min gewig daaraan te gee, of as die vonnis so skokkend onvanpas is dat geen ander redelike hof dit sou oplê nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

tersia ·

Hoekom “Vriendin” hulle nog??? Ek glo nie Reeva was Oscar se “Vriendin” nie gee ‘n “Vriendin” vir ‘n Vriend hartjies, soentjies, ‘n foto van hulle saam op valentyns dag? En slaap oor by ‘n Vriend as dit net ‘n Vriendin was hoekom sou Oscar, Reeva leed wou aandoen! Dit was meer as net ‘n Vriendin en Vriend geval REGTIG!!!!

Chris H ·

Tersia , Reeva was nie Oscar se verloofde of vrou nie so sy was sy vriendin.
I elk geval as Oscar 8 jaar kry met opgeskorte vonnis van 3 jaar en hy het al n jaar gesit. Dan sal hy nie langer as 2 jaar tronk straf kry nie. Wat belaglik is as jy iemand se lewe gevat het. Steel geld en kry 10 jaar. Vermoor en jy kry 5!

marita ·

Jys 100% reg Chris en dis waarskynlik wat gaan gebeur. So wat wil die gereg vir ons se?? Pleeg eerder moord as bedrog. Jy sal minder tronkstraf kry????

Sonja Fourie ·

Ek stem saam met jou Tersia….daar is geen rede hoekom Oscar vir Reeva sou wou leed aandoen nie….hulle was ‘n jong verliefde paartjie (definitief meer as net vriende). Ek is 100% oortuig daarvan dat Oscar nie ‘n moordernaar is nie….dit was ‘n geweldige traumatiese ongeluk en niks meer nie! Oscar het uit selfverdediging opgetree sonder om nugter te dink….hy het bedreig gevoel uit vrees geskiet. Chris en Marita was julle al in ‘n situasie waar jy nie kans het om logies te dink nie…..was julle al in ‘n situasie waar jou lewe in gevaar is en jy weet dis of jy of jou aanvaller….plaas julleself in Oscar se skoene vir ‘n oomblik…probeer julle in daardie spesifieke oomblikke indink…..Hoe sou jy opgetree het……terwyl jy totaal en al “uitgefreak” is want jy weet jy gaan nou sterf en jy is nie instaat om jou geliefde te beskerm nie want jy is nog boonop gestrem en voel uiters kwesbaar ???? Ek glo hy het daardie 4 skote geskiet sonder om eers daaroor te dink…..Het jy nog nooit iets gedoen sonder om te dink nie? En daarna eers jou fout agtergekom. Die publiek is geheel en al ge”brainwash” deur die mede en al die onwaarhede wat gepubliseer is. Ek hoop al hierdie “judges” dit sluit die publiek in wat hulle so verlekker in Oscar se leiding. God is watching!

Wouter ·

Oog vir n oog en tand vir n tand. Hy moet tenminste 25 jr kry. Hy is skuldig aan moord. Hy het geweet iemand was in toilet en het blindelings daarin geskiet. Omm raak te skiet, anders sou hy in die plafon in geskiet het. Hoop jy kry wat jou toekom.

Sumsare ·

Ek stem saam hy moet toegesluit word lewenslank – en dan is sy straf nog te lig vir wat hy gedoen het “doodstraf ”
Hoop hy kry sy “fare share” in tronk

Joe ·

Ek stem saam met jou Wouter ….. Oscar MOET boet vir sy daad ….. hy verdien dit want hy dink ook hy is ” gods gift to woman ” …..toe nou nie …. een keer ‘n lieg bek , altyd ‘n lieg bek …. geen simpatie met hom nie ….

Luister ·

Dit is darem nie asof hy gemoor het, omdat hy ‘n bose mens is nie.
Ek stem saam hy moes nie deur ‘n toe deur geskiet het nie, maar glo ook dat hy
regtig gedink het; Reeva, en sy lewe, word bedreig.
Ek hoop daar sal vir hom bietjie genade wees.

Elsie ·

Ek weet hoe angsbevange kan ‘n man sonder bene raak. My Pa was lam in sy bene en hoe moet jy jouself kan verdedig. Ek kry Oscar so so jammer.

rudi ·

Di eerste getuie het getuig van ‘n gskree, Hy het gese hy het 10 uur geslaap. En hy kan nie sy foon se password onthou nie. Regtig? 30 jaar klink bietjie min. Ironie is dat meeste moordenaars in SA binne 10 jaar vrygelaat word. On tuinir het nie eens vyf jaar gesit. Siek SA

Mara ·

Dis kommerwekkend , met al die huisinbrake, die wreedheid vd aanvalle en moorde, dat n persoon aan moord skuldig bevind word om homself en sy meisie te verdedig. Nie die Hof of die Appel-hof kon bewys dit was n moord op Reeva na n argument nie. Dit was alles bespiegeling met baie persoonlike aanvalle , baie insuniasies, media dekking, lek van vals inligting ad media om sensasie te skep.,Dit was die NVG se kans om hulle beeld te poets. Ek vind dit skokkend dat Suid-Afrikaners,wat elke dag met misdaad gekonfronteer word dit reg en goed vind dat mense wat hulself verdedig nogal lewenslank moet tronk toe. Mag jy wat so onverbiddelik is, jouself nooit in so situasie bevind nie.

Veritas ·

Mara jy slaan die spyker op die kop. Niemand, behalwe O.P, weet wat regtig daar gebeur het nie. Indien sy weergawe van gebeure waar is, is dit steeds teen die wet om te skiet wanneer jou lewe nie bedreig word nie. Vir my voel dit net asof die hof nie genoeg aandag gegee het aan die gemoedstoestand waarin hy hom moes bevind het nie. In so’n situasie moet daar ‘n verskil wees tussen die gemoedstoestand van ‘n gestremde persoon en ‘n gesonde een. My gevoel is dat regter Masepa korrek in haar uitspraak van strafbare manslag was maar ek is ‘n leek wat die wet aanbetref. Iets in die hele sage klink net nie reg nie maar wat dit is, kan ek nie sê nie.

Vicus ·

Mara, moet asseblief nie jou onkundigheid so ten toon stel nie. Hy kon nie die toets van die redelike man slaag nie, met ander woorde, die redelike man moes voorsien het dat hy iemand kan dood as hy in daardie beperkte ruimte vuur. So asseblief, kry jou feite reg!

anthonie ·

Mara ek stem met jou saam. En hier is teveel mense wat God wil speel op die kommentaar blad. Beste stuurman staan mos altyd aan wal.

issie ·

Baie vrae is nog onbeantwoord. Maar ek wonder hoe lank mens dan moet wag , voordat jy kan skiet. In baie gevalle skiet hulle al soos hulle inkom. Kan tog sekerlik nie wag tot dan, want teen daai tyd is jy dood., Al het hulle nie wapens nie, wnr hulle tot by jou kom, pluk net n mes uit… Die wet is vir die misdadiger, wetsgehoorsame mense moet wag voordat hulle hulself mag verdedig….teen daai tyd dikwels te laat. Indien dit inbrekers was, behoort hy te kon skiet. Wanner mense n ander se eiendom betree, is dit met kwade bedoelings.. Mens behoort op daai oomblik te kan skiet…

Sonja Fourie ·

Goed gesê Mara…ek stem 100% saam met jou. Dit klink asof Oscar geen regte gehad het nie en dit plaas ons as jan-alleman in ‘n baie gevaarlike situasie want as een van ons in ‘n soortgelyke situasie is waar ons onsself moet verdedig….wat staan ons te doen? Mag ons onsself nou nie eers beskerm in ons eie huise teen inbrekers en “regte moordenaars” nie? Hierdie land se regstelsel is ‘n grap. Die regte moordenaars en verkragters en plaasaanvallers loop vry en onskuldige mense kry jarelange gevangenis (where is the justice in this?????) Die publiek se siening is beinvloed deur die media en ek glo dit is doelbewus so gedoen om Oscar in ‘n swak lig te stel. Daar is immers in die begin van Oscar se hofsaak reeds gesê dat daar ‘n “voorbeeld” van Oscar gemaak gaan word. Die publiek is aan hulle neuse rondgelei. Oscar se menslike regte is van hom ontneem. Wat het geword van “Innocent until Proven Guilty”???? Sy skuld is geensins bewys nie…inteendeel die teenoorgestelde is eerder bewys…dat hy nie ‘n moordenaar is nie en dat dit ‘n blote ongeluk was !! Oscar het nie eers die reg om homself te verdedig nie….ek ruik ‘n GROOT VET ROT hier…..Wie in hoë gesagte trek al die toutjies?

Mart ·

Ek stem saam met Mara.
As ‘n dokter is ek baie bekend met hoe mense in angs of stresvolle situasies kognitiewe foute maak.
Die mediese dokters se getuienis was uitstekend. Jammer dat die aanklaer niks verstaan het nie – en
ongelukkig is dit duidelik dat die res van die publiek ook niks verstaan het nie.
Mense het in hulle onkunde hom skuldig gevind, maar die ergste is die aaklige kommentare wat mense publiseer.
Die tekort aan intelligensie en meegevoel is skrikwekkend.

lulu ·

Stem saam met jou Wouter. Almal wat so vir Oscar opkom… en as dit jou dogter was in daardie toilet? Hoekom moet hy met handskoene hanteer word… met sy gebrek en al het hy meer wapens vir selfverdediging gehad as meeste normale mense..

anthonie ·

Lulu, wat het die feit dat by meer wapens as die normale mense gehad het, met die hele situasie te doen??? Ek het 4 en is nie gestrem nie. So nou wat maak dit nou van my???

estelle ·

En as dit jou seun was. Ons as mens het nie die reg om te oordeel nie.

anthonie ·

So Vicus, eintelik sê jy dat n mens eers Vermoor moet word voordat jy jouself mag verdedig. Was jou lewe al ooit bedreig en moes jy in n splitsekonde n besluit maak tussen lewe van n moontelike misdadiger en jou eie ? En waarsku die misdadigers die mense eers wat hulle kom aanval voor hulle dit doen? Nee regtig hoor. Jy verstom my.

Marie ·

Nadat hy soveel keer sy storie in die hof verander het….. as hy die waarheid gepraat het sou sy storie nie elke keer verander het nie. As hy gedink het Reeva was in die bed…..hoe het die duvet op die vloer gekom….. Gedink hy gaan wegkom maar sy leuens het hom ingehaal. Hy is n Narsissis en ek hoop hy kry 15 jaar…

Vicus ·

Aangesien hier soveel “reggeleerdes” op die forum is, beantwoord net die volgende vrae: Toe hy geskiet het, was daar enige onmiddellike bedreiging teen hom? Het hy op enige stadium getuig dat hy die “bedreiging” in die vertrekkie gewaarsku het? Het hy nie getuig dat hy geglo het daar is iemand in die vertrekkie nie? I rest my case!

Mart ·

Marie
Jou diagnose van narsissisme is interessant.
Het jy Oscar self geevalueer?
Is jy ‘n forensiese psigiater?
Indien nie, sal ek voorstel dat jy nie ‘n opinie het nie.
As ‘n dokter, stem ek saam met die psigiater se bevindings.
Dis ook duidelik dat jy nog nooit in ‘n erg stresvolle situasie was nie.
Jy sou dan besef het dat dit nie ‘n geval van ‘storie verander ‘ is nie, maar dat jou rekolleksie beinvloed word deur die stresvolle ervaring.

Gerhard ·

Niemand maar niemand kan fisies sê of hy skuldig of onskuldig was nie want ons was nie daar nie, dis als net opinie, persoonlik dink ek hy is skuldig maar dis net my opinie nie feite… Dit het gegaan oor wie het die beste prokureur en van die begin af het Barry Roux droog gemaak en Gerrie Nel was foutloos. Een ding wat my pla is, en ek weet ek gaan gestenig word nou maar wat as die vrou die man deur die deur geskiet het, wat sou dan gebeur het? Sou dit self verdediging wees?

Veritas ·

Arme ou Oscar. Net hy weet wat daardie noodlottige aand gebeur het en niemand glo sy weergawe nie. Niemand kan weet hoe vreesbevange hy dalk was toe die skote afgevuur was nie. Enigeen wat al in ‘n soortgelyke situasie was, sal kan getuig dat rasionele denke dan by die agterdeur uitglip. My leke-opinie is dat,Indien hy die waarheid praat, regter Masepa korrek was in haar uitspraak van strafbare manslag.

DEE ·

Ek dink enige iemand wat die hofsaak gevolg het sou kon sien hoe hy aanhoudend lieg en geen verantwoordelikheid vir enige iets vat nie. Ek dink dis hoekom mense so naar is vir hom. As hy van die begin af uitgekom het met die waarheid en nie soos n spoilt brat opgetree het nie sou daar baie meer simpatie vir hom gewees het. Ek wens hom ook nie net die slegste toe nie, maar dink darem n mens is verantwoordelik vir jou dade en almal glo nie al die stories wat hy opgedis het nie. Daar is te veel dinge wat hy kwytgeraak het wat teenstrydig is met die feite. Regter Masipa was nie opgewasse vir so ingewikkelde verhoor nie.

Grotman ·

Julle se julle glo in God en volg sy woord! Maar julle oordeel sonder end. Nie een van ons was daai aand daar om te weet wat werklik gebeur het nie. Onthou net, julle veroordeel en weet niks maar God gaan eendag oordeel en hy weet als. Hou op klippe gooi, julle wat aanval want julle almal woon in huise van glas.

Irene Pool ·

Net Oscar weet wat die waarheid is en niemand anders kan oordeel fel. Ander kom weg met ooglopende en bewyse van moord maar word losgelaat!!! Ek glo nogsteeds dat hy onskuldig is aan MOORD met voorbedagte rade!!!

Tienie ·

Onthou julle toe die prosituut na Jesus gebring is. Die mense wou haar doodmaak, maar Jesus het gese: “ek gaan jou ook nie oordeel nie, gaan en sondig nie meer nie” Hierdie hele saak het NIKS met ons uit te waai nie, of Oscar tronk toe gaan of nie, gaan niks aan jou saligheid verander nie. Ek voel jammer vir Reeva se ouers….dit is afgryslik….hulle het ‘n dogter verloor, maar onthou net…Oscar se familie kry ook swaar. As julle eendag voor God se regterstoel staan, behoede dat julle deur mense veroordeel word. Dan sal daar NIKS van julle oorbly nie. Niemand van ons was daardie aand in die huis nie. Maak voor jou eie deur skoon. As God ons kom haal, is dit TE laat om “uit te vee”

Dawie ·

Ek dink julle klomp wat so behep is en die mense verdink wat oordeel moet bietjie groot word hierdie platform gee mense die reg tot hul opinie en ek glo as ons bly by die gespreksforum is hierdie n klomp opinies en niemand oordeel nie.As ons almal so wil weghardloop met die ou storie is dit altyd n ou teken van mense weet nie regtig wat se kommentaar om te lewer nie. Ons is almal Godvresend en God skeppings waar God ons almal geseend het met gesonde verstand en reg tot opinie.

Ben (:-) ·

Ek snap nou – hy was op drugs – dalk sy ook – dis hoekom die waarheid nie uitkom nie…..

Annette Kotze ·

As ek in so ‘n posisie is, sal ek eers skiet en dan vra. Dis of hy of ek

Andre ·

Ek se laat die gereg sy gang gaan. Helfte van ons hang hom en die ander helfte spreek hom vry. Net een simpel vraag wat my kwel. My eerste reaksie as ek iets in my huis hoor is om vir my vrou te vra of sy dit ook gehoor het. Daarna maak ek seker sy weet ek gaan kyk en sy moet reg wees vir enige iets wat kan gebeur. As hy vir sy lewe en Reeva se lewe gevrees het hoekom haar nie waarsku nie.

Nici ·

Met ‘n traumatiese agtergrond – sonder bene, sonder pa, bedreig deur rowers in die huis waarin hy ‘n kind was-, wou die verliefde Oscar in angs die meisie van sy drome beskerm. Omdat sportafrigting hom gerat het om soos blits uit die blokke te kom, het hy geskiet soos hy uit die blokke gekom het. Hierdie is die tragedie van die eeu. As ek my in sy skoene plaas, kan ek nie anders as pleit vir versagtende omstandighede nie. Hy het NIE MOORD GEPLEEG NIE..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.