Oscar Pistorius steeds in die getuiebank

Staatsaanklaer Gerrie Nel Foto: Siphiwe Sibeko/Reuters/Pool (SAPA)

Staatsaanklaer Gerrie Nel Foto: Siphiwe Sibeko/Reuters/Pool (SAPA)

Oscar Pistorius is Vrydag vir die vyfde dag in die getuiebank in die Pretoriase hooggeregshof.

Hy word beskuldig van die moord op Reeva Steenkamp nadat hy haar op 14 Februarie 2013 in sy huis in Pretoria-Oos doodgeskiet het. Hy voer aan hy het haar vir ʼn inbreker aangesien.

Staatsaanklaer Gerrie Nel het Donderdag probeer om Pistorius se verdediging te ontrafel. Die atleet het vroeër gesê hy het waaiers in die slaapkamer ingebring, die skuifdeur toegemaak en die gordyne toegetrek. Hy het aan die hof gesê toe hy besef hy het moontlik Steenkamp geskiet, het hy op die balkon uitgehardloop en drie keer om hulp geroep.

Nel het Pistorius versoek om na ʼn polisiefoto van sy slaapkamer te kyk wat ná die skietery geneem is. ʼn Driepootwaaier het voor die skuifdeur gestaan. Pistorius het na die foto gekyk en gesê: “Die waaier kon nie daar gestaan het nie, want dit is in die pad van die deur,” het Pistorius gesê. “Inderdaad, ek stem saam,” het Nel reageer. “Dit is omdat jou weergawe ʼn leuen is. Jy het in die eerste plek nooit die gordyne toegetrek nie. Die deur was oop toe jy en die oorledene begin stry het.”

Barry Roux, vir Pistorius, het gesê die staat het geen bewyse van ʼn argument nie, maar Nel het gesê hy sal dit deur omstandigheidsgetuienis bewys.

Die verdediging het vroeër aangevoer die polisie het met die bewyse gepeuter en Pistorius het gesê ondersoekbeamptes het verskeie voorwerpe in sy huis rondgeskuif.

“Kom ons som dit op. ʼn Polisiebeampte het twee waaiers geskuif, die duvet op die vloer geplaas en die gordyne wyer oopgetrek as wat dit was?” wou Nel weet.

“Dit is reg, u edelagbare,” het Pistorius gesê.

Nel het ook aangedui hy sal bewys dat Pistorius gejok het dat die twee waaiers by ʼn verlengingskoord ingeprop was, aangesien die kabels nie lank genoeg was nie. Twee van die proppe is reeds gebruik deur ʼn laaier vir sy haarknipper, wat langs sy bed op foto’s sigbaar is.

Pistorius staar ook aanklagte wat verband hou met die oortreding van die Vuurwapenwet in die gesig. –SAPA

Klik hier om hooftrekke van die hofverrigtinge gratis op Maroela Media te volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Jansen ·

Hoekom gaan. Nel hul nie die alrem se tye na wat hy dit af en aan gesit het nie. Daar moet tog rekot. Wees. Van daai ekstat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.