Oscar Pistorius-swendelaar gevonnis

Oscar Pistorius. Foto: Werner Beukes/SAPA

Oscar Pistorius. Foto: Werner Beukes/SAPA

Die 33-jarige man wat omkoopgeld van Oscar Pistorius probeer eis het vir sy “vryheid”, is Maandag in die gespesialiseerde kommersiële misdaadhof in Pretoria gevonnis.

Lt.kol. Robert Netshiunda, woordvoerder van die Valke, het gesê Tshifhiwa Radzhadzhi is tot vier jaar tronkstraf gevonnis vir bedrog. Radzhadzhi is tot ʼn bykomende agt jaar tronkstraf gevonnis omdat hy homself as ʼn aanklaer voorgedoen het. Laasgenoemde vonnis is in sy geheel vir vier jaar opgeskort.

Maroela Media het vroeër berig Radzhadzhi is in Maart vanjaar in hegtenis geneem nadat die Valke vir hom ʼn lokval gestel het. Radzhadzhi het gedink dat hy R40 000 van Pistorius sou ontvang, maar is toe in hegtenis geneem.

Hy het homself vroeër as ʼn beampte van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) voorgedoen en R250 000 omkoopgeld van Pistorius geëis om sy moordsaak “te vernietig” en vryheid te waarborg.

Pistorius dien tans ses jaar tronkstraf uit vir die moord op sy meisie, Reeva Steenkamp.

Lees alle vorige berigte oor Tshifhiwa Radzhadzhi op Maroela Media.

Lees alle vorige berigte oor Oscar Pistorius op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

manie ·

12 jaar en niemand het seergekry 6 jaar vir moord.
Hoe werk dit?
As hy n parapleeg en bekend was sou dit dalk minder gewees het?

Pierre de Villiers ·

Manie verstaan jy regtig nie hoe dit werk nie?

Eish ·

Eish Manie probeer weer lees, verder as mense met sulke goed wegkom en bewyse vernietig veroorsaak dit geharde kriminele op straat, wat beteken dit, meer moorde eish so maklike som Manie.

Jean ·

Die ‘swendelaar’ kry baie langer tronkstaf as die moordenaar. Nice going there SA!!

peunut ·

As hy die geld in n toilet gevra het sou hy net 6jaar gekry het. Tiolette is die nuwe plek waar dinge regloop of verkeetd kan loop met min tronkstraf

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.