Oscar Pistorius terug in die hof

Oscar Pistorius op 5 Maart 2014 in die hof Foto:  Mike Hutchings/Reuters/Pool (SAPA)

Oscar Pistorius op 5 Maart 2014 in die hof Foto: Mike Hutchings/Reuters/Pool (SAPA)

Die moordbeskuldigde Oscar Pistorius sal Maandag weer in die Pretoriase hooggeregshof verskyn nadat hy sy ondersoek by Weskoppies Psigiatriese Hospitaal afgehandel het.

Die atleet is deur vier spesialiste as ʼn buite-pasiënt ondersoek.

Die hof het op 20 Mei beslis dat Pistorius waargeneem moet word om te bepaal of hy toerekenbaar was, bevoeg is om verder verhoor te word of verminderde bevoegdheid het. Regter Thokozile Masipa het gesê drie psigiaters en een kliniese sielkundige sal Pistorius ondersoek om te bepaal of sy algemene angsversteuring en sy gestremdheid ʼn invloed gehad het toe hy Reeva Steenkamp op 14 Februarie 2013 doodgeskiet het.

Pistorius se prokureur, Brian Webber, het Vrydag gesê hulle is gereed om die saak te hervat. “Ek verwag dat ons die getuienis sal afhandel wanneer die saak hervat, dit kan moontlik nog ʼn paar weke lank duur,” het Webber aan Sapa gesê.

Pistorius word van Steenkamp se moord aangekla. Hy het haar deur ʼn geslote toiletdeur in sy huis in Pretoria doodgeskiet. Hy voer aan hy het haar vir ʼn inbreker aangesien. Die staat voer aan hy het haar tydens ʼn stryery doodgeskiet. Hy word ook aangekla van drie oortredings van die Vuurwapenwet, een van die onwettige besit van ammunisie en twee dat hy ʼn vuurwapen in die publiek laat afgaan het. Hy het onskuldig gepleit op alle aanklagte. -SAPA

Klik hier om die hooftrekke van die hofverrigtinge gratis op Maroela Media te volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.