Oscar Pistorius-uitspraak: Aanvalle op regter veroordeel

Regter Thokozile Masipa. Foto: SAPA

Regter Thokozile Masipa. Foto: SAPA

Die Prokureursorde van Suid-Afrika (LSSA) het Woensdag sy bekommernis uitgespreek oor dreigemente en persoonlike aanvalle teen regter Thokozile Masipa ná haar uitspraak in die verhoor van Oscar Pistorius.

Die LSSA is die vierde regsvereniging wat Masipa ondersteun nadat sy uit verskeie oorde weens haar ras en geslag veroordeel word. Haar veiligheid is glo ook bedreig.

“Regters, landdrosse en regspraktisyns moet toegelaat word om hul pligte te doen sonder vrees van persoonlike aanvalle, of dreigemente van hul veiligheid en veiligheid by hul werkplekke,” het Max Boqwana en Ettienne Barnard, medevoorsitters van die LSSA, in ʼn verklaring gesê.

Die LSSA het gesê hofuitsprake is nie bo kritiek verhewe nie, maar dit moet gerespekteer word. Hulle sê voorts kritiek moet ingelig, konstruktief en op gesonde regbeginsels gebaseer wees.

“Om dié rede het ons ʼn appèlproses in ons howe wat toelaat dat die partye, wat van mening is dat ʼn ander regter of hof tot ʼn ander gevolgtrekking sou kom, aansoek kan doen om verlof tot appèl. Persoonlike aanvalle op regspraktisyns is egter nie aanvaarbaar of toepaslik in ʼn land waar die oppergesag van die reg en die onafhanklikheid van die regbank en die regsberoep uiters belangrik is nie,” het hulle  bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Meynder Borrie Bornman ·

Party mense het hulle so ingeleef in die seepie karakter Gerrie Nel dat hulle heeltemal vergeet het hy moet sy klag bo alle twyfel bewys. Hy kon nie ‘n tydlyn volg nie, kon nie ‘n verlenging koord wat kardinaal was, wat hy gebruik het om Pistorius ‘n leunaar te noem in bewaring neem nie (en terloops hy was verkeerd daai koord het ‘n krag punt vir die ander waaier gehad, ek kan dit bewys daai koorde is net te koop met gelyke hoeveelhede 15 en 5 ampere bronne) hy kon nie bewys waaroor ‘n persoon wat iemand agter mure kon skuil ‘n eng groepering deur ‘n deur skiet nie. Die spatsel skaduwee teen die muur op sy foto het bewys waar die boekrakkie gestaan het, hy het verkies om te zoom om dit te verbloem. Hy kon nie die die skote en slae aanspreek nie, hy het Fresco “omgekoop” om sy vriend te veraai en hy het die wapen wet verkeer aangehaal om die ontvanger van ‘n wapen verantwoordelik te maak vir vyligheid van die wapen. Fresco het die wet oortree. (Volgens sy intrepitasie is die man wat oor ‘n groen lig ry skuldig aan nalatigheid as iemand oor die rooi lig in hom vas ry want hy moes seker gemaak het daai man sal die wet eerbiedig) hy het gewyer om die staats Sigiaater op die stand te sit toe die verdediging sin ‘n hartaanval gehad het want hy het geweet sy sou prof Durham se bevinding ondersteun. Die verdediging was so seker dat hulle bereid was om haar op die stand toe te laat. GN is ‘n uitstekende akteur maar onbevoegde regsgeleerde. Hy verdien nie verlof vir appel nie.

Angelus ·

Ek stem.GN wou te graag sy lyf akteur hou en sodoende misluk as n pateet!

Elfie ·

Dankie Meynder. Kyk, ek is nou so G*Tvol vir die hele storie, wens almal wil ‘n lewe kry, ophou regter speel, ophou oordeel en iets wat die moeite werd is doen!

Alta ·

Die feit van die saak is: Hy het ‘n persoon dood geskiet. Dis moord.

Theresa ·

Ek stem Alta. Moord is moord. Hoekom is Oscar se saak dan nou anders? Dit gaan oor ‘n mens wat deur ‘n deur in ‘n klein toilet geskiet is. Sy het nie ‘n kans gehad nie. Ek wens ook net hulle wil die fotos van Reeva se kop (nadat sy geskiet is) afhaal van die Internet. Dit is vreeslik ontstellend om te sien die pragtige vrou se kop lê stukke tussen haar hare.

Estelle ·

ek stem 100% saam met jou, moord is moord, kyk bietjie na die fotos van plaasmoorde en glo jy my, 99% van die moordenaars is nog op vrye voet. so waar trek ‘n mens die streep?

G Eloff ·

By medaljes en n wenstreep Numeri 35:17″ En as hy hom slaan met ‘n klip in die hand waardeur iemand kan sterwe en hy sterwe, dan is hy ‘n moordenaar; die moordenaar moet sekerlik gedood word. “

Estelle ·

En ook het hierdie mense wat so koelbloedig vermoor word, nie in ‘n badkamer skuiling gehad nie, hulle was “face to face” met die moordenaar/s

Boesman ·

Borrie as dit JOU dogter was wat deur OP geskiet is sou ek graag jou storie wil hoor. Jy klink vir my na n regte arm chair expert. Maak of jy alles weet, maar weet eintlik niks. Ek dink Gerrie Nel is n fantastiese aanklaer wat n fantastiese werk gedoen het. Masipa was verkeerd, dit sal nog na appel uitkom.

En Angelus, is dit nou nodig om iemand n pateet te noem? Kon JY n beter job gedoen het huh?

tom ·

Ag Asseblief!!! Wie bedreig haar???

Die buurman se hond??? LMGA

En as ons nie saam stem nie dan mag ons so SE!!!

Wat gaan hulle doen? Ons arresteer??????

Estelle ·

Jy behoort gearresteer te word vir kommentaar etiket. Al die vraagtekens, uitroeptekens, en afkortings

Belinda ·

Hy bly bekend as die een wat Reeva vermoor het in my oe………………….

Grassie ·

Die hofuitspraak word wêreldwyd gekritiseer. Twee dae gelede het ‘n omroeper van die Russiese televisiediens ‘n baie sarkastiese opmerking daaroor gemaak.

Elfie ·

EN??? Kry iets om te doen, het julle wraggies NIKS anders om oor te praat nie.

Boerseun ·

Wanneer skiet n mens 4 skote ,? ,hy is trigger happy ,skiet n waarskuwings skoot ,vra wie is daar ,hy kon nie hoor of sien blykbaar ,dis verdag ,Boerseun

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.