Oscar Pistorius verloor aansoek om appèl

Oscar Pistorius op 19 Maart 2014 in die hof Foto: Leon Sadiki/Citypress/Pool (SAPA)

Oscar Pistorius op 19 Maart 2014 in die hof Foto: Leon Sadiki/Citypress/Pool (SAPA)

Die konstitusionele hof het die Paralimpiese atleet Oscar Pistorius se aansoek om verlof tot appèl teen sy skuldigbevinding afgekeur.

“Ons kan bevestig dat die konstitusionele hof Pistorius se aansoek afgekeur het weens die gebrek aan vooruitsigte vir sukses,” het Luvuyo Mfaku, woordvoerder van die NVG, Donderdag gesê. “Ons verwelkom die besluit, aangesien ons nog altyd volgehou het dat sy aansoek om verlof tot appèl heeltemal sonder meriete is.”

Die konstitusionele hof was Pistorius se laaste poging om uit die tronk te bly ná hy Reeva Steenkamp in 2013 doodgeskiet het. Die uitspraak beteken dat hy volgende maand in die Pretoriase hooggeregshof moet verskyn om gevonnis te word.

“Hy sal op 18 April in die hof verskyn wanneer die vonnisverrigtinge sal hervat,” het Mfaku gesê.

Pistorius het sy aansoek gebring nadat die hoogste hof van appèl op 3 Desember verlede jaar besluit het om sy skuldigbevinding op strafbare manslag om te keer. Die hooggeregshof het hom ʼn paar dae later vrygelaat op borgtog van R10 000, beveel dat hy elektronies gemonitor moet word en dat hy slegs binne ʼn radius van 20 km van sy oom se huis in Waterkloof, Pretoria, mag beweeg.

Hy bly al sedert Oktober 2015 by sy oom sedert hy uit die tronk vrygelaat is nadat hy minder as ʼn jaar van sy vyf jaar vonnis uitgedien het – op die aanklag van strafbare manslag waarop hy oorspronklik skuldig bevind is.

Lees alle vorige berigte oor Oscar Pistorius op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

96 Kommentare

johan vd Berg ·

Stem saam Anton, mense verlustig hulle in n ander se ondergang. Suid Afrikaners is nie goeie “vergewers” nie. Maar nouja..daar. Buite loop hoeveel “onbekendes” rond wat oon in die tronk moes gewees het weens dieselfde oortredings. Ook na n jaar o2 of 3 vrygelaat en niemand het iets gesê nie.
Ek het net gewonder; sou Oscar nie n bekende gewees het nie, sou sy saak nogsteeds die nadraai gehad het..

Matmiet ·

Eintlik moes hy net gesê het ek is jammer ek het n vout gemaak en ek is skuldig en daar is geen verkooning vir my optrede nie. Ek aanvaar wat die gereg na my toe sal stuur. Laat die gereg geskiet.

Venter ·

As jy ondanks jou gebrek instaat is om iemand dood te maak, kan jy ondanks jou gebrek tronk toe gaan.

Anton ·

Ja laat die ding nou tot n punt kom sodat die klipgooiers tot rus kan kom of hulle volgende slagoffer kan vind!

Anoniem ·

Punt is Anton.. Hy het sy gebrek gebruik om simpatie te wek by ons as mens, hy het gejok,hy het n mens se lewe geneem,Hy weier nog steeds om met die waarheid uit te kom. Geen mens is so beroemd dat hy met n smile kan rondloop nie nadat hy iemand dood gemaak het nie. Hy was nie mans genoeg om die waarheid in die oe te kyk nie. Geen simpatie met hom. Hy het n mens se lewe geneem. Haar voorreg om eendag n mammie te kan wees, haar ouers ontneem van n dogter…En net so voel ek oor elkeen wat ander mense se lewe neem, verkrag, vermoor……..Hulle verdien nie die lewe homself nie!!!!!!!!!!!!!Sou jy dieselfde gevoel het as dit jou kind was?

Chris ·

Kyk, ek is ‘n mede Blanke Afrikaner is is ook fisies gestrem. Los politiek hier asseblief eenkant. Alles het van die begin van die Oscar-sage nie sin gemaak nie. Daar was van die begin af te veel onopgeloste vrae i.v.m. die moordsaak wat nooit logies kon beantwoord nie. Ek dink dit was vir almal duidelik dat Oscar van die begin af die persoon agter die toiletdeur wou leed aandoen deur die persoon te skiet. Dit het ek van die begin af geweet. So, as mede- gestremde Suid Afrikaner het ek geen simpatie met hom nie. Ek dink die straf is vanpas.

Fanie Naude ·

Ek glo Oscar het in angs gehandel en geglo daar was ‘n boosdoener. Loop julle klipgooiers op stompies na ‘n deur toe waar jy gevaar vermoed. Hy het die sneller net twee maal getrek. Die pistool vuur dubbel. Sy optrede na die voorval bewys die skok wat hy opgedoen het. Ek voel daar is geen kwaad in hierdie man nie en bid dat hy die ligste vonnis moontlik kry. Dit is jammer hy het nie skuld erken nie en ek hoop sy adviseurs gee minstens die helfte van sy geld terug . Sterkte Oscar en sterkte aan Reeva se ouers. Mag julle krag in hierdie tragedie ontvang.

Boesman ·

Dude. Waar in jou lewe kry jy ‘n pistool wat “dubbel vuur” as jy die sneller net een keer trek. Jy verwar semi-automaties (wat automaties oorhaal vir JOU om die volgende skoot te trek deur WEER die sneller te trek) met automaties. Krisis, hy het 4 keer die sneller getrek – dit is selfs in die hof gese! Selfs as jy “rapid fire” doen, soos ek dink hy gedoen het, moes hy die sneller VIER keer getrek het.

Victor ·

“Hy het die sneller net twee maal getrek. Die pistool vuur dubbel”.

Wat?! Waarvan praat jy? Is dit waarvan jy jouself oortuig om hierdie misdadiger se optrede te rasionaliseer?

Knerries ·

Daar is baie, baie kwaad in hierdie persoon. Skiet met kragtige wapens, s.g. Zombie killers, laai sy Glock met self gelaaaide Talon punte, Skiet uit bewegende voertuig, vuur ‘n wapen in ‘n Restaurant….. Daar is groot fout en ek is bly hy gaan vir ‘n rukkie sit.

Annie ·

As jy Oscar kan verdedig kan jy elke ander moordenaar ook verdedig, want dis presies wat hy is…HOEKOM het hy nie eers seker gemaak dat Reeva veilig is voor hy geskiet het nie…hy lieg soos n tandetrekker en net omdat hy nou kwansuis n “held” is en sy gestremdheid gebruik vir simpatie maak dit hom NIE onskuldig nie..hy het presies geweet wat hy doen…ek sê hierdie as n enkelma met n jong kind…enige normale persoon se reaksie is om eers die veiligheid van jou geliefdes te verseker voor jy skiet of slaan

Anoniem ·

Hy het bedoel om dood te maak sonder dat sy lewe bedreig was. Ja hy was bang, soos enige ander mens sou wees, en ja hy het blootgestel gevoel, maar om deur ‘n toe deur vier skote af te trek – dan beplan jy om dood te maak. En mense dit is ongelukkig moord, maak nie saak hoe jy daarna kyk nie. Die regter wat sy hofsaak gedoen het het geswig onder die media en ander druk, maar nou het geregtigheid geskied. Jy kan nie ‘n ander mens doelbewus doodmaak sonder dat hy/sy enigiets aan jou gedoen het, en dan verwag jy gaan wegkom daarmee nie

Helene Heyns ·

Ek stem eenhonderd oersent saam, Fanie Naude. Ek het ook n gestremde kind en as ek sien met watter angs en vrees hy deur die lewe gaan, bloei my hart vir hierdue jong man. Ek bid vur hom.

Magda ·

Net Oscar……. en dan natuurlik al die forensiese uitslae en ballistiese toetse weet wat die waarheid is. En die toetse kan nie lieg nie. Ook, Fanie, het jy n wapen? Want as jy een het, sou jy geweet het dit is nie n gegewe dat j 2 keer vuur,dubbel skote afgaan nie. So dink weer

marita ·

Pls let this come to an end. As much as I thought he received an unfair sentence the last thing I want is for him to go back to prison. Prison is a horrible place especially in S.A. Our prisons are inhumane and should only house dangerous criminals who is a threat to society. Oscar has lost so much already. Let him be and leave him in peace

Victor ·

Hy moes daaraan gedink het voor hy deur ‘n toe deur geskiet het en nie dubbeld seker gemaak het waar die “liefde van sy lewe” was nie.

mariaan ·

Marita….as dit jou dogter was is ek seker het jy nie so gevoel nie…n woedeuitbarsting het n mooi jong vrou se lewe wreedaardig tot n einde gebring…die getuienis het Gerrie duidelik uitgespel…Oscar lewe nog…Reeva nie…en dit was beslis nie n ongeluk nie…dis hoekom geregtigheid nou geskied…sterkte wel aan al die families wat hierdeur moet gaan

Marieta De Lange ·

Ek gee nie om wat enige iemand se nie…los asseblief die arme man in rus en vrede…hy het genoeg geboet…Oscar onthou. …Jy is tot enige iets in staat deur Jesus Christus wat jou krag gee….Jy sal hierdeur ook kom. Ons dra jou op aan Ons Hemelse Vader.

Victor ·

Julle “pistorians” is siek. Bid jy ook so vir ander misdadigers wat skuldig bevind was aan moord? Wat as Reeva jou dogter was?

Annie ·

Kom ons hoop jy hoef nooit n kind so aan die dood af te staan nie, maklik om te vergewe as dit jou nie direk geraak het nie…moenie jou blind staar teen sy pretty boy looks nie

Werries ·

Arme man??? Jy ken nie die ware Oscar nie… Aggresief en aanmatigend, Het die ‘voorreg’ gehad om in ‘n voertuig ongeluk met hom betrokke te wees.. Sy skuld, maar hy het ‘n hofsaak aanhangig gemaak wat toe uitgegooi was na die landros my dash-cam videos bestudeer het.

DB Jaeger ·

Marieta de Lange….jou soort kommentaar maak mens moeg. Jy gee blykbaar nie om wat ander mense sê nie en dan blaker jy jou mening uit…almal is verkeerd en jy is reg. Die woorde wat jy uit die Woord aanhaal is deur Paulus geskryf vir ‘n spesifieke doel. Ek dink jy moet bietjie gaan oplees en verstaan waaroor dit gaan. Indien Oscar ‘n wedergeore kind van Yahweh is kon jy hom daarmee aangemoedig het maar jy weet nie of hy is nie. As jy hom persoonlik geken het…gaan sê dit dan vir homself…dit sal meer gewig dra. Nou lê jy ‘n eier slegs terwille van om ‘n punt te maak.

Yvonne ·

In die toekoms dus, sal mense soos Vleis Visagie skuldig bevind word aan moord en tronk toe gestuur word! Besef wraaklustige, bloeddorstige mense dan werklik nie die implikasie van hierdie uitspraak nie?

schalk ·

Yvonne. Sover ek weet het Vleis uit die veiligheid van sy huis, sonder dat hy in enige onmiddelike gevaar was, deur die venster n skoot afgevuur wat sy kind se dood veroorsaak het. Hy het vermoed dit is iemand wat n kar wil steel, hy het besonders lig daarvan afgekom. Wat Oscar aanbetref, dit is tyd dat hy pa staan vir sy optrede. Wat stel jy voor gebeur met mense in sulke gevalle?

schalk ·

Yvonne. As ek die Vleis Visagie saak reg verstaan het, het hy blindelings, uit die veiligheid van sy huis, sonder dat sy lewe op daai stadium enigsins in gevaar was, deur n venster n skoot afgevuur wat sy kind se lewe gekos het. Blykbaar het hy vermoed iemand wou die kar steel. Indien ek die feite reg het, het hy besonders lig daarvan afgekom. Wat Oscar aanbetref, hy het genoeg tyd gehad om die huis te verlaat, en Reeva saam hom te vat. Indien sy en Reeva se veiligheid sy eerste prioriteit was, sou hy seker gemaak het sy is by hom. Stel jy voor ons almal skiet nou blindelings voor die voet dood, net omdat ons vermoed iemand is n skelm?

Anoniem ·

Yvonne hy is n moordenaar…hy het iemand se lewe geneem. Wat as dit jou kind was?

werri ·

Ek moet met jou saamstem – Vleis moes ook gesit het. Daar is geen verweer om wild en woes net te skiet nie..

Renette ·

Vleis het nie wild en woes geskiet nie, hy het werklik gedink n skelm steel sy kar wat met hom gebeur het was n tragiese ongeluk. Oscar het geweet Reeva was in die badkamer, en dus was bit moord met voorbedagte rade

Liewe Heksie ·

Nel het die heksejag begin en gaan nie stop voor hy dink hy is die wenner nie Oscar ons wat in jou glo jy sal altyd in ons gebede wees Ja ek weet ek gaan nou geslag word maar wie gee om Dit is regtig nie n geval dat hy weer in sy lewe n gun gaan afvuur nie So laat die son ook oor hom skyn hy gaan in elkgeval vir die res van sy lewe boet en al julle wannebee regters gaan dudu bietjie

Victor ·

“wannabee regters”?

Wat het die hof toe bevind op die ou einde? Geen “wannabee regters” is hier nodig nie, hy is skuldig bevind en moet nou, soos enige ander misdadiger, tronk toe gaan!

Annie ·

Hemel Liewe Heksie…feite is feite…net omdat hy aantreklik en sy gestremdheid gebruik beteken dit nie hy moet minder lig af kom nie…hou op blind wees

Blommie ·

OMW!! Aaai Heksie hoe lekker lag ek nou!! hie-hie-hie-hie!! Mieu-mieu-mieu

Mielie ·

Dis nie n heksejag nie, die baklei vir geregtigheid. Ons het sulke fighters nodig so Gerrie. Oscar het geweet waarvoor hy hom inlaat toe hy die sneller getrek het, hy het soos dit vir my klink heewat kere “aangejaag” en daarmee weggekom, hy het net nie gebargain op geregtigheid vir Reeva nie, hy het die stelsel onderskat.

Mielie ·

Dis nie n heksejag nie, die baklei vir geregtigheid. Ons het sulke fighters nodig so Gerrie. Oscar het geweet waarvoor hy hom inlaat toe hy die sneller getrek het, hy het soos dit vir my klink heewat kere “aangejaag” en daarmee weggekom, hy het net nie gebargain op geregtigheid vir Reeva nie, hy het die stelsel onderskat.

christine ·

Weet net een ding nie een weet wat daardie nag gebeur het nie. Gerrie kan nie verloor hanteer nie. Ek is baie bly dat ek nie hierdie besluite moes neem nie. As die mense foute maak is dit op hul gewete. My pa was n verkeerskontabel het hom op n ongeluks toeneel so vererg as die mense so saamdrom dat hy baie gese het mense kom kyk die kant hiers baie meer bloed. Want dis wat hulle wil sien so hoop ek die ongelukkiges sal nou rus en die man uitlos

SkarrelKind ·

Ek verstaan wat jou pa daarby bedoel het, maar dit is nie dieselfde nie. Iemand het doelbewus ‘n lewe geneem, en as reg en geregtigheid geskied, dan moet die persoon tronk toe gaan. Ja, dit het nou geskied, en nou sal baie van ons rus. Reg is mos net reg of hoe? Hy verdien dit.

Veritas ·

Alhoewel ek glo dat hy gestraf moet word. (Ek is gladnie ‘n Oscar ondersteuner nie want, vir my is hy te wintie), maar ek dink dat daar versagtende omstandighede is. Net die feit dat sy waardes’ weens sy gebrek, nie is wat die samelewing van ‘n normale persoon sou verwag nie. Hou in gedagte dat hy van kleins af met meer weggekom weens jammerte vir sy gebrek. Dit is menslik om ‘n gestremde kind ligter te straf as ‘n gesonde een. Deur sy lewe is hy dus aan ander standaarde gemeet en dit moes tog ‘n invloed gehad het op sy vermoë om die graad van enige oortreding, soos ‘n gesonde persoon te analiseer. Net my beskeie mening.

Sonika ·

Dis tog so maklik om te se as dit jou dogter was sou jy n ander liedjie gesing het, SE BIETJIE AS JY IN OSKAR SE SKOENE WAS WAT SOU JY GEDOEN HET, want geen een weet hoe gaan hy reageer as hy dink sy lewe is in gevaar nie. Bly sterk Oscar bly jouself daar is baie mense wat agter jou staan.

Victor ·

Ek kan jou een ding belowe – ek sou dubbled seker gemaak het waar die “liefde van my lewe” was voor ek blindelings deur ‘n toe deur geskiet het!

Wens jy haar ouers ook sterkte toe? Of net die moordenaar?

Christo Visagie ·

As ek Oscar was sou ek ophou om verskonings te maak en te erken hy het Reeva geskiet en hoekom hy dit gedoen het. Rower se gat, hy het geweet sy is agter die deur. Wil jy my vertel dat Reeva nooit die toilet voorheen gebruik het nie. Hoekom die spesifieke aand gedink dit is ‘n rower.

CR ·

Aag wat Oscar dis nie so bad nie. 15jaar deel 6 is slegs 30 maande wat jy sal moet sit voordat jy weer vir parool in aanmerking kan kom. Jy het daarvan reeds 9 maande uitgedien en nog 7 maande by die huis gee vir jou ‘n total van 16 maande van die 30 maande. So jy kan weer na 14 maande huis toe gaan!

Joe ·

Jip …. well done aan die regters wat Oscar Pretorius se aansoek afgekeur het om tronkstraf vry te spring …. Oscar Pretorius verdien om in die tronk te wees …. hy is NIE bo die wet OF tronke verhewe nie … Hy verdien om in die trunk te wees net soos alle misdadigers …. moord is moord . Oscar HET van die begin af gelieg oor die hele storie / verhaal …. laat hy gaan sit waar hy hoort !!!

Elgeraine ·

Dit raak nou regtig afgesaag! Wat gebeur moet en sal gebeur. Daar loop honderde moordenaars, verkragters en pedofiele om ons rond! Genoeg is genoeg, hy sal sy straf kry, hier of eendag. Dink mense moet aanbeweeg!

ig ·

Nee wat laat hy sit.Sy arrogansie en onaantasbare gedrag en jaloesie het het bygedra tot sy daad.As hy dan gedink het dit is n inbreker ,hoekom het hy sy selfoon se data vernietig?

Knersus S ·

Wil ek ook weet…Daai selfoon het meer inligting as wat goed is vir Oscar….

neelsie ·

Sy toneelspel gaan hierdie keer nie werk nie.
Hy is n bedorwe arrogante persoon , sy dade het hom ingehaal.
Laat geregtigheid geskied.

Anne ·

Hierdie is nie ‘n spel oor wie wen en verloor nie (soos baie noem in hul kommentare). Wat almal moet besef is dat die staat die vonnis teengestaan en beveg het oor die toepassing van die spesifieke oortreding, sodat dit ook nie op toekomstige sake op dieselfde manier toegepas word nie. Kyk wyer asb.

Annie ·

Maroela Media…ek dink ons benodig n like en dislike knoppie hier lol

Connie ·

Weet julle almal wat so gal braak. Dis net Genade wat julle uit die tronk hou. Dis so maklik om die verkeerdeding te doen. Sê liewers dankie dat julle nog nie in so ‘n situasie was nie. Daar het iets baie verkeerd gegaan daai aand. Ek voel vir Oscar en vir Reeva se familie. Bid vir hulle almal.

Victor ·

Sê jy so oor elke misdadiger wat skuldig bevind is aan moord? Hoekom word Oscar so kliphard verdedig?

schalk ·

Werklik Connie! Net genade dat ons nog nie in n tronk beland het nie? Nee mens, dit is gesonde verstand. As ek dit nie mis het nie, is Oscar se gebrek in die onderlyf. Met die boonste gedeelte skort daar niks. Ek word kwaad, ek het absoluut niks persoonlik teen die man nie, maar hierdie gevolg van hom wat net mooi niks verkeerd wil sien in die daad nie, verstom my. Die feite is voor n hof gele, die eerste regter het nie n benul gehad van wat sy doen nie, en het hom oor die vingers getik. Apel regters het haar foute uitgewys en met die bewyse voor hulle tot die besluit gekom dat dit moord was.

siek en sat ·

Wat my die meeste naarmaak van hierdie hele uitgerekte sage is hoe mense iemand die slegste toewens; hoe mense wat glad nie daar was “alles weet”; hoe mense hulself christene noem en tog oordeel en veroordeel (terwyl duidelik in die Bybel staan “my kom die oordeel nie toe nie” en vergewe tot sewentig maal sewe ens). Ek hoop nou regtig dis die laaste oor hierdie saak, want mense werk hulself so op hulle vergeet hul maniere. Dis tye soos die dat ek wens daar is nie meer iets soos kommentaar op berigte in Maroela nie. Die bekgevegte hier is soms skrikwekkend.

m ·

Net Oscar weet wat die waarheid is en hy moet met die saamleef sy hele lewe lank. As so iets met my kind moet gebeur sal ek daai persoor haat vir die res van my lewe en geen “sorry” gaan dit ooit regmaak nie.

charlene ·

ek wonder hoeveel van julle wat kommentaar lewer hier is regsgeleerdes. die saak gaan lankal nie meer oor Reeva en Oscar nie maar oor die begrip “dolus eventualis” dit was van uiterse belang vir ons i die regsvberoep dat die korrekte betekenis van die begrip weer herstel word en dit is gedoen. vyf regters het die skuldig bevinding omvergewerp. nie 2 of 3 of selfs 4 nie. maar die volle bank van regters. selfs regskenners was geskok oor die uitleg van die begrip. dit gaan nie oor of n mens bekend is al dan nie. die reg word nie aangepas namate wie jy is nie.

Marieta De Lange ·

Ek stem Connie & siek en sat…..EN EK HET OOK ‘N DOGTER so oud soos wat Reeva was. Maar ek kan en is vergewensgesind. Ons bid vir ALMAL betrokke in die saak. Sterkte

Suzy ·

Victor haal eers die balk uit jou eie oog!!!! voordat jy ander mense kritiseer . Jy het ook maar geraamtes in jou kassie . Nie een van julle wat Oscar so oordeel is HEILIG NIE . los Oscar en sy familie nou uit sodat hulle self hierdie dinge kan verwerk . GENOEG IS GENOEG . Wat van al die ander moordenaars wat ons Boere so vermoor wat vry los loop . Niemand spoel n mond uit oor hulle nie , Nee want hulle is nie beroemd nie !!!!!!!!
Elke mens gaan nog boet vir sy eie sondes so los OSCAR EN SY FAMILIE NOU UIT ASB . Moet nooit se so iets kan nie met julle gebeur nie ,die moontlikheid is altyd daar . Sterkte !!!!!!!!

SkarrelKind ·

Suzy – watter tipe redenasie is dit?? Die geraamtes in almal van ons hier te saam se kassies behels nie vuurwapens mal afvuur en uiteindellik moor nie. So ek verstaan nie die tirade nie?

Ons praat nie van plaasmoorde nie, of my of jou geraamtes nie. Ons praat van Oscar en MOORD. Hou by die punt.

Ben ·

Of jy Jan, Piet of Oscar is, verkeerd is verkeerd. Sy optrede was nie uit vrees nie. Ek word ook somtyds in die nag wakker en hoor iets buite die huis. Ek gryp nie my pistool en begin wild en wakker skiet nie. Ek luister en maak geraas. Dit is deel van mens wees om bang te wees vir die onbekende. Ek is bang ,maar rasioneel. Ek dink aan die gevolge van ‘n skietery. Die bang en onsekerheid oordonder nie my denke en optrede nie.

Hy was ook bang. Hy moes ook gedink het en hom voorberei het op wat mag volg. Hy het nie. Hy het verkeerd opgetree en hy weet dit. Jy gryp nie pistole en begin na niks skiet nie. Druk liwer die paniek knoppie. Maak nie saak wat dalk gebeur het waarvan net hy weet nie. Niks kan die tipe optrede goedmaak nie. Jammer Oscar, dit is nou “payback time”.

jaco ·

in die lig van feite oor Oscar se jaloesie en besitlikheid, is die kanse goed dat die volgende gebeur het:
Hy het Reeva waarskynlilk gekonfronteer omdat sy net 2 dae voor valentynsdag op n koffie-date met n ex-boyfriend gegaan het. Hy het seker te kwaad geword vir haar en toe sy weghardloop badkamer toe, is hy met die pistool agterna…
Net Oscar en Reeva sal weet wat regtig gebeur het, maar Reeva is dood en Oscar bly stil.
Ek sê nie dit IS wat gebeur het nie. Ek wonder maar net. Verhoudings waar een van die partye ‘n attitude het van “ek is nog vriende met die ex” is dikwels problematiese verhoudings. Ask me – ive been there, experienced it and ive got the t-shirt.
Gestel my teorie oor wat daardie nag aanleiding kon gegee het tot die moord op Reeva, regverdig ek nie Oscar se gewelddadige reaksie nie, maar Reeva kon ook maar gedink het voor sy so uiters onsensitief vir Oscar gesê het “ek gaan op ‘n koffie-date met my ex-ou”, so asof dit iets eenvoudigs is om te sê soos “ek gaan gou gym toe”. Bly eerder stil as jy nog vriende is met die ex en die ex as ‘n tipe “agterdeur” aanhou vir ingeval jou huidige verhouding nie werk nie. Onthou ook die spreekwoord “Wat die oog nie sien nie maak die hart nie seer nie”.

Vic ·

Ok, dis nou als goed en wel, maar as sy dan nou met die ex koffie gehad het, en jy glo nou sy verkul jou, of wil eerder vir hom he as vir jou, hoekom nie net vir haar die deur wys nie? Wil jy regtig n verhouding he met n vrou wat jou nie wil he nie? Of is dit n kwessie van ” as ek kan jou nie kry nie gaan hy jou ook nie kry nie”?

Victor ·

Feite van die saak wys ou Oscar het probleme met sy humeur en ego – so jy kan jou eie vraag antwoord, Vic

susan ·

Hoop julle almal wat so oordeel en wraaksugtig is voel nou beter…Sterkte Oscar

Elsabe ·

n oog vir n oog…….hy alleen weet wat daai aand gebeur het, en moet met sy gewete saam leef en dit gaan hom opvreet……..daar is baie daar buite wat die selfde gedoen het, maar hulle moet eendag rekenskap gee, so laat hulle in die HERE se genade………niks wat gebeur kan vir Reeva terug bring nie……dit was so bestem…….laat ons berus daarby……….Here gee wonderlike krag…………..

pop ·

Julle kan maar net almal bid dat daar n Gerrie Nel in julle hoek gaan wees as een van julle geliefdes vermoor word. Hy het sy werk gedoen en nou wil mense op Maroela hom stenig en se hys n slegte verloorder. Wel ek wens alle staatsaanklaers was slegte verloorders. Dankie Gerrie Nel dat jy op gestaan het vir n onreg!!!!!!

Vic ·

Werk ou Kerrie net so hard om die moordenaars van plaasboere te vervolg?

Victor ·

Wat het plaasmoorde te doen met Oscar Pistorius? Sou julle Oscar so ondersteun het as hy ‘n arm swart man was in dieselfde omstandighede? Didn’t think so!

Anoniem ·

Almal wat so klippe en rotse gooi – gewoonlik is dit díe wat self, vol skandes is sondes is… Julle wil so graag kommentaar lewer en boelietaktiek gebruik sodat jul oor jul self moet goed voel. Jul het ook iets verkeerds in jul lewe gedoen en is nie so onskuldig…

Opinie ·

Ek weet nie watter posisie die swaarste is nie: Om die ouer te wees van ‘n “Moordenaar” OF om die ouer te wees van die “Vermoorde” nie… Sal nie oordeel nie.

Victor ·

Oscar verander sy weergawe van die “waarheid” hoeveel keer deur die saak. Sy foon se data word vernietig. Die verdediging voer aan hy is hulpeloos op sy stompies, maar die video wat uitgekom het wys hy dra lekker sy sussie sonder enige probleme teen die trap af.

Toe hy met die eerste hofsaak aan strafbare manslag skuldig bevind is, toe gaan julle spul Pistorians te kere en vertel almal ons moet die hof se besluit respekteer.

Nou is hy aan moord skuldig en julle volg nie julle eie raad nie?

Hierdie het niks te doen met plaasmoorde nie – julle ondersteun een moordenaar maar hou julle monde toe oor ander moordenaars.

Justa ·

Almal wat Oscar die slegste toegewens het en soos aasvoels om n karkas rondgedraai het, het nou hulle sin gekry. Die oordeel kom ons nie toe nie. Laat hom nou in vrede.

NEL ·

Hoop van harte Barry Roux sal vir Oscar nou die regte raad gee om vir die hof te vertel met vonnis oplegging wat presies die nag in daardie moordhius gebeur het toe hy Reeva geskiet het. Goeie werk gedoen Gerrie Nel , bou voort om die misdadigers agter tralies te kry.

Steenkamp ·

Die saak is nog nie klaar nie, sy regs span het aansoek gedoen om internationale regs hulp te verower om die saak in SA te draai sodat die hof sy saak kan aanhoor om hom nie tronk toe te laat gaan nie. Wanneer sal Oscar mans genoeg wees en besef MOORD IS MOORD en sit moet hy sit dis sy verdiende loon.

Schalk ·

Eenvoudig Steenkamp. Hy het dit nie in hom om die waarheid te praat nie. Sy regspan sal logies alle wee probeer. Hoe langer hulle hom uit die tronk kan hou hoe beter. Hierdie hele besigheid is eintlik n grap. Ek wens eintlik hy kan n nuwe verhoor kry, dalk kan die staat dan moord met die opset bewys en hy gaan sit nog langer.

andre ·

Luister tog nou baie mooi almal van julle, hy het moord gepleeg . n pragtige vrou se lewe geneem, en van dag een af gelieg oordat daar n inbreker in sy huis was .Oscar is n liegbek en nou het geregtigheid geseevier . gaan trok toe en gaan doen jou tyd

Jors ·

Dis ‘n wonder ou Ossie het nie weer ‘n bybelversie gereed vir die okkasie nie.

Leon van Rensburg ·

Iets om aan te dink. Dit was ek of jy Joe Soap wat dit gedoen het. Ons is gewone mense, nie sterre nie en ook nie al die geld nie. Ons was binne ‘n week toegesluit en die sleutel weggegooi?

Ek glo nie jul sal met my verskil nie?

Gerd Lourens ·

Sluit die veroordeelde koelbloedige moordenaar baie lank toe…

lena ·

Ek wonder oor n paar dinge. Wat het gebeur voor sy haarself in die badkamer toegesluit het.
Ook: Ek is seker ek het gelees van n dokter in Natal wat ook sy vrou in die badkamer aangesien het vir inbrekers. Hy het haar doodgeskiet, maar is vry, geen tronkstraf.
Nou wonder ek net, (en ek doen nie voorspraak vir Oscar nie) maar is dit nie dieselfde nie? Onthou iemand dalk die voorval?

jaco ·

Regter masipa kan nie eens Afrikaans wat ‘n maklike taal is, verstaan nie (daar was ‘n tolk in die hof wanneer daar in Afrikaans getuig is), so dis net logies dat Latyn heeltemal onverstaanbaar vir haar is en sy dus nie die vaagste benul v.d. betekenis van dolus eventualis het nie.

Vic ·

Dink jy nie die tolk was dalk daar vir die internasionale media se beswil nie?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.