Oscar Pistorius vir waarneming gestuur

Oscar Pistorius. Foto: Themba Hadebe/AP/Pool (SAPA)

Oscar Pistorius. Foto: Themba Hadebe/AP/Pool (SAPA)

Die moordbeskuldigde Oscar Pistorius moet vir psigiatriese waarneming gestuur word, het die hooggeregshof in Pretoria Woensdag beslis.

“Ek is tevrede dat die saak uitgelê is…en ek sal die bevel toestaan,” het regter Thokozile Masipa gesê. “’n Behoorlike ondersoek sal verseker dat die beskuldigde ‘n regverdige verhoor kry.” Pistorius het emosieloos gestaan terwyl Masipa gepraat het.

Masipa sê sy is bewus daarvan dat dit die saak verder kan vertraag maar sê dit gaan nie oor ongerief nie maar oor of geregtigheid geskied. Sy sê dit gaan nie daaroor om Pistorius te straf nie en dat die moontlikheid ondersoek moet word dat hy ‘n buite-pasiënt kan wees.

Merryll Vorster, ʼn forensiese psigiater, het Maandag gesê Pistorius ly aan ʼn algemene angsversteuring. Die staat het hierna versoek dat Pistorius vir waarneming gestuur moet word.

Pistorius word aangekla van die moord op sy vriendin Reeva Steenkamp. Hy het haar op 14 Februarie 2013 in sy huis doodgeskiet. Die staat voer aan dit was moord met voorbedagte rade terwyl Pistorius beweer hy het Steenkamp as ‘n inbreker aangesien.

Die saak is tot Dinsdag uitgestel wanneer Masipa die bevel sal maak en meer besonderhede sal verskaf oor hoe lank en by watter hospitaal die waarneming sal plaasvind.

Klik hier om gratis die hooftrekke van die hofverrigtinge op Maroela Media te volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

emile ·

Hoe lank moet hierdie jong man nog gestraf word vir die media sirkus?

Anne ·

Dis so waar, hoe sal hy ooit weer die moed he om die wereld te ‘face’? Baie sterkte Oscar mag die Here jou bystaan, want jy is reeds deur so baie geoordeel.

Frank Passano ·

Ag liewe Anne hoe pateties klink jy nie? Wonder wat sou jy gedoen het as hy JOU dogter 4 maal geskiet het! Jy het oogskynlik nie vir die arme Reeva simpatie nie… sy het
beslis meer trauma in daai paar minute verduur toe sy al gillend van hom gevlug en haarself in die toilet gaan toesluit het, as AL die ‘trauma’ wat OP ‘deurgemaak het’. Kry jou feite reg girl, en mag ‘die Here’ hom [OP] bystaan [sic]

Frank Passano ·

Emile, siestog, jy verstaan ook nie! OP gaan vir die res van sy natuurlike lewe Reeva se gille hoor, en hoe hy daar gedreig het. Word wakker meneer. Hy lei jul almal om die bos met sy vals sjarme!

mvdm ·

Welkom tot menigte se realiteit Oscar. Vir jou onthalwe hoop ek nie jy word met die groot ‘B’ vir Bipoler gebrandmerk nie, want dis nou vir jou ‘n lewenslange vonnis daardie.

Ek persoonlik keur nie Pistorius se optredes goed nie, ook nie die feit dat hy weier om verantwoordelikheid te neem vir enige van sy aksies nie. Ek voel inteendeel bitter jammer vir albei families wat geraak is deur hierdie tragedie/ongeluk/moord, watter rigting die skuldigbevinding ook sal in slaan.

In my opinie gaan hier ut hierdie ‘waarneming’ ook weer ‘n paar sytakkies vooruitspruit. Enige individu in ‘n krisis wat al die hulp van ‘n sielkundige moes soek vir ‘n paar riglyne, was seker al op ‘n manier of met ‘n draai gebrandmerk met die groot ‘B’ as diagnose. In die hedendaagse samelewing is ‘Bipoler’ mos soos die nuutste oplossing en goeie rede om ‘n voorskrifblad te bekrap en uit te deel. Dis soos die ‘loveletter’ wat enigeen ‘vrees’.

In my opinie het Pistorius ‘n ‘Anger Management’ probleem, kan ook wees dat hy bietjie meer ‘atent’ moet wees ten aansien van die gevare rondom hom, aangesien hy die man is met die stompies, terwyl die groter meerderheid van die samelewing geseend is om met twee gesonde bene en voete die lewe te kan aandurf. Van dag een af moes die man sy pad oop veg om bo uit te kan kom, alhoewel die glorie en sameloop van roem hom moontlik heeltemal te oorweldig het dat hy naderhand voeling met die werklikheid begin verloor het. Nobody is Untouchable, sh1t happens, to ‘everybody’, met sommige van ons eenvoudig nie in so ‘n ernstige mate soos met hom nie, maar dit gebeur wel met ons almal.

Dis vir die res van die wereld heerlik om te sit en debateer aanlyn oor hierdie Pistorius-kwessie, in die gemak van ons warm nessies, oor ‘n koppie koffie en selfs in die loop van die oggendverkeer, maar kan ons, onsself werklik vir een sekonde in hierdie man se skoene voorstel? Sy lot hang nie van ons af nie, dit hang nie van Regter Masipa en haar gevolg af nie, sy lot hang van die Here af. So daar waar ons warm en knus in ons huisies sit en opinies uit ruil oor wat presies in die man se kop aangegaan het, kom ons wees eerder dankbaar vir die wonderlike vooruitsigte wat ons in ons lewens kan ervaar, want ons elkeen se lot hang uiteindelik op die einde van die dag, van God af.

WeesDankbaarElkeDag

leana ·

Baie waar wat jy se mvdm ! Ek begin Oscar as ‘n slagoffer van omstandighede sien, en dis asof ek meer simpatiek teenoor hom begin voel. Dat hy swaar kry is gewis, en dat daar nog groot moelikheid in die toekoms op hom wag is gegewe. Tog jammer dat hy nie reeds jare gelede die hulp van ‘n sielkundige ingeroep het nie. Dinge kon so anders gewees het.

mvdm ·

Welkom tot menigte se realiteit Oscar. Vir jou onthalwe hoop ek nie jy word met die groot ‘B’ vir Bipoler gebrandmerk nie, want dis nou vir jou ‘n lewenslange vonnis daardie.

Ek persoonlik keur nie Pistorius se optredes goed nie, ook nie die feit dat hy weier om verantwoordelikheid te neem vir enige van sy aksies nie. Ek voel inteendeel bitter jammer vir albei families wat geraak is deur hierdie tragedie/ongeluk/moord, watter rigting die skuldigbevinding ook sal in slaan.

In my opinie gaan hier ut hierdie ‘waarneming’ ook weer ‘n paar sytakkies vooruitspruit. Enige individu in ‘n krisis wat al die hulp van ‘n sielkundige moes soek vir ‘n paar riglyne, was seker al op ‘n manier of met ‘n draai gebrandmerk met die groot ‘B’ as diagnose. In die hedendaagse samelewing is ‘Bipoler’ mos soos die nuutste oplossing en goeie rede om ‘n voorskrifblad te bekrap en uit te deel. Dis soos die ‘loveletter’ wat enigeen ‘vrees’.

In my opinie het Pistorius ‘n ‘Anger Management’ probleem, kan ook wees dat hy bietjie meer ‘atent’ moet wees ten aansien van die gevare rondom hom, aangesien hy die man is met die stompies, terwyl die groter meerderheid van die samelewing geseend is om met twee gesonde bene en voete die lewe te kan aandurf. Van dag een af moes die man sy pad oop veg om bo uit te kan kom, alhoewel die glorie en sameloop van roem hom moontlik heeltemal te oorweldig het dat hy naderhand voeling met die werklikheid begin verloor het. Nobody is Untouchable, sh1t happens, to ‘everybody’, met sommige van ons eenvoudig nie in so ‘n ernstige mate soos met hom nie, maar dit gebeur wel met ons almal.

Dis vir die res van die wereld heerlik om te sit en debateer aanlyn oor hierdie Pistorius-kwessie, in die gemak van ons warm nessies, oor ‘n koppie koffie en selfs in die loop van die oggendverkeer, maar kan ons, onsself werklik vir een sekonde in hierdie man se skoene voorstel? Sy lot hang nie van ons af nie, dit hang nie van Regter Masipa en haar gevolg af nie, sy lot hang van die Here af. So daar waar ons warm en knus in ons huisies sit en opinies uit ruil oor wat presies in die man se kop aangegaan het, kom ons wees eerder dankbaar vir die wonderlike vooruitsigte wat ons in ons lewens kan ervaar, want ons elkeen se lot hang uiteindelik op die einde van die dag, van God af.

WeesDankbaarElkeDag

emile ·

Hoe lank moet die jong man nog gestraf word ter wille van die media sirkus?

rehan ·

Die hof moet besef mens het net soveel kanse om onskuldig te wees!! Ek was aan die begin aan oscar se kant maar al die heen en weer, verandering van wat gebeur het en uitkomste tot op hede het my opinie teen hom gedraai. Dankie maroela media vir al die berigte!! Jul kook

mercia ·

Rehan bly maar eerder stil. Laat die hof maar sy gang gaan. Ons is nie daar om te oordeel nie. Geen mens is perfek nie.

Petra ·

As iemand kanker het gaan sien hy ‘n onkoloog, As iemand hart probleme het gaan sien hy ‘n kardioloog en geen lamppaal skreeu dit uit nie. Dit maak nie saak wat die psigiatriese of hof uitspraak gaan wees nie – Alles ja alles werk ten goede mee vir hulle wat die Here liefhet. So glo ek ook dat alles vir almal betrokke in hierdie hartseer gebeure en veral vir Oscar ten goede sal mee werk.

Die mens is uniek na God se beeld geskape maar kan sy eie besluite neem en keuses maak. As die besluite en keuse goed is, is daar ‘n prys om te ontvang en as dit nie goed is nie, is daar ‘n prys wat betaal moet word, wat nie altyd lekker of maklik is nie.

Die wraak kom ons nie toe nie. Volgens ons landswette moet die reg sy pad loop sodat geregtigheid kan geskied.

Ek weet nie of Oscar wedergebore is nie, maar kom ons toon genade en bid vir Oscar sodat hy elke keer wat hy bybel lees of woord hoor dit met ‘n sagmoedige gees sal ontvang. Want dit is die woord wat instaat is om sy siel (wil intellek en emosies) te red sodat hy in oorwinning kan lewe.

Oscar is ‘n ingeoefende atleet wat groot pryse ontvang het vir suksesvolle wedlope. Nou is hy besig met die belangrikste wedloop ooit en ek glo met my hele hart hy kan en hy gaan die wedloop voltooi en ‘n onverwelklike prys ontvang, want die Here sal ook die werk wat Hy in Oscar se lewe begin het voltooi tot op die dag van Christus.

Frank Passano ·

Ai tog die liewe Afrikanerdom met hul ‘Here’ idioom; en waar het dit julle in ANC-Suid-Afrika!
Tyd vir wakker skrik Wit Suid-Afrika. [Rugby sonneskyn en braaivleis nog minder, so raak tog net asseblief WAKKER!]

Elize Mans ·

Ja,dit is maar erg vir Oscar en sy familie wat al soveel deur gemaak het.Nel,sal alles probeer om hom toe gesluit te kry.
Ja wat kan n mens nog se.Sterkte Oscar en ook Serkte aan Reeva se familie,moet ook erg wees vir hulle.

lana ·

Ek sal se hy moet gestraf word want hy is so skuldig soos daglig. Word hy nie gestraf deur die hof nie, sal die Liewe Jesus hom straf, want die HERE slaap nie. Ek het nog nooit gehoor van n inbreker wat eers jou toilet wil gebruik voor hy enige iets wil doen nie. Of net die toilet wil gebruik nie, waarom het die kamtige inbreker nie sommer by die hek gevra om n toilet te gebruik nie, maar breek in en gebruik die toilet en sluit jou self toe in die toilet. Dis n groot grap van die jaar van 2013. Enige een kan n moord pleeg en die verskoning gebruik.

Ilze ·

Ekke lees na almal se kommentaar en nog voel ekke waarom het Reva nie hom probeer help nie,HOm na dr toe gevat en vir Orsca hulp gekry nie:Altyd nadat iemand so sterf of anders om selfmoordpleeg dan sal mense ander wil help.Vir Oscar kry ekke jammer dus nie altyd maklik nie en ekke dink hyself gaan deur moeiliktyd ,Hkm hom 100 keer bewys maak van wat hy gedoen het nie.In my opinie dink ekke dat hy al soveel straf kry as om in tronk te sit sy lewe word net so oopgeruk en oop gevlek.Omdat hy bekend is nou moet hy so ook so getraf word.Nee Oscar vir my wil ekke se ekke dink jy het jou straf gekry.En ja ekke weet soveel gaan se hy het en bla bla .Maar staan in sy skoene en dan praat ons almal weer.Wie sal in elkgeval nie so iets sielkunde beraading kort of afwykens nie !Kom ekke gooi fotos die hele tyd van iemand vir wie jy lief was en geskiet het die hele tyd voor jou kop.Dus siek man .ekke persoonlik dink iemand soos daai moet kop dr gaan sien

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.