Oscar Pistorius volgende week vrygelaat

Oscar Pistorius. Argiefforo: Siphiwe Sibeko/Reuters/Pool

Oscar Pistorius. Argiefforo: Siphiwe Sibeko/Reuters/Pool

Oscar Pistorius sal na ʼn uitgerekte paroolproses volgende week onder korrektiewe toesig vrygelaat word.

Die departement van korrektiewe dienste het in ‘n verklaring bekend gemaak dat die paroolraad Pistorius se vrylating onder korrektiewe toesig goedgekeur het. Die Paralimpiese atleet sal Dinsdag uit die Kgosi Mampuru II-gevangenis vrygelaat word. Sy parool sal tot 2019 voortduur.

Volgens die departement is Pistorius reeds van sy paroolvoorwaardes ingelig. Die voorwaardes is egter nog nie bekend gemaak nie.

Die Paralimpiese atleet sou aanvanklik op 21 Augustus onder korrektiewe toesig vrygelaat geword het. Die besluit is egter op die laaste nippertjie omgekeer, toe Michael Masutha, minister van korrektiewe dienste, die besluit na die paroolhersieningsraad terugverwys het.

Masutha het gesê volgens die Strafproseswet kan ʼn oortreder eers vir korrektiewe toesig in aanmerking kom nadat hy of sy ʼn sesde van die vonnis uitgedien het. Die besluit om Pistorius onder korrektiewe toesig vry te laat, is egter reeds op 5 Junie geneem en was volgens die minister dus voortydig.

Hierdie hoofstuk is egter steeds nie vir Pistorius afgesluit nie. Die staat se appèl teen sy skuldigbevinding aan strafbare manslag sal op 3 November in die appèlhof in Bloemfontein aangehoor word. Die staat wil hê Pistorius moet op die ernstiger aanklag van moord skuldig bevind word nadat hy sy meisie, Reeva Steenkamp, in die vroeë oggendure van Valentynsdag 2013 doodgeskiet het.

Lees alle vorige berigte oor Oscar Pistorius op Maroela Media.

© RDM News Wire

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

64 Kommentare

christine ·

Ons sal maar sien. Jammer maar met die mense is alles onseker, onregverdig verby. Sy November saak kom nog en ek dink nie Regter kon nie n ander vonnis ople nie. Jammer ek moet babbles prik dis presies die vonnis wat ons ingedagte gehad het. Kom ons hoop maar hy is genees van wapens. Wonder net wat Adv. Dup de Bruin die heel tyd by Wyle Reeva se ma gemaak met die duur van saak.weet iemand. Nogtans bly vir Oscar. Dis net regverdig. Klim maar die laaste heuwel uit

Rynhardt ·

Oscar verdien sy vrylating,want dit geskied volgens paroolvoorwaardes!As Zuma van 783klagtes vrygespreek word asook Malema van geldwassery,rampokkery en belastingontduiking,kan Oscar sy vryheid ook kry!

Rynhardt ·

Kotie, onder Zuma en Anc word ons mense onderdruk en uitgemoor!

Henry ·

Ou Ossie het Reeva sonder Zuma of die ANC se beïnvloeding dood geskiet.
Zuma kan van baie dinge beskuldig word, maar hy het nie ‘n vriendin of een van sy vroue deur ‘n geslote deur dood geskiet nie.

Susan ·

YIPPEEEEEEEEEEEEEE!!!!!!!!!!!!!!!
Eindelik. BAIE STERKTE OZZIE!!!!!!

Bloues ·

Susan, dit is nie haatdraende nasie nie, dit gaan oor die straf van iemand wat n ander mens vermoor het. Dink net dat as n plaasaanvaller en moordenaar so lig gestraf word, wat sal mense se reaksie wees. In Oscar se geval was daar nie n vyand waat aangekom het nie. Reeva is ingenooi en het beskerm gevoel en is toe geskiet. Aijaijai

Shani du Rand ·

Bloues, Die verskil is ‘n Plaasaanvaller word nie eers gevang nie tensy die boer hom nie dood skiet nie stap hy ook skotvry van dit af.

lee ·

Los die man tog uit!!! Hy sal nog voor ons Varder moet staan. En wie is ons om te oordeel as ons self daar moet staan???…….

Rina Pretorius ·

julle afguns en haat is ‘n gruwel in die oe van die Vader, leef en laat leef asb mense, vergewe en vergeet, moenie julle so ontstel oor ‘n ander se doen en late nie, dit is ‘n baie groot jammerte dat hierdie ding gebeur het en n mens se hart gaan uit na Reeva en haar mense, maar asb stop om sommer Oscar en sy hele familie so uitmekaar te trek, die saak het niks met niemand te doen nie, skrop voor julle eie deur, julle is nie sonder sonde en foute nie. Laat tog asb die oordeel aan ons Hemelse Vader oor, Hy weet wat om te doen. Dis deur mense se haat en afguns dat ons wereld in die toestand is wat hy is.

Poplap ·

Los maar die prekery vir jou gemeente.
Skandalig dat die kêrel so lig daarvan af kom, nadat hy sy vriendin dood geskiet het en eindelose smart vir haar naasbestaandes en vriende veroorsaak het.

Rudi ·

Stem 100% met jou saam. Die eerste getuie het BAIE BAIE duidelik verduidelik dat sy hul hoor baklei het en dat hy haar geskiet het. Net omdat ons ANC regstelsels dit anders gesien het hoof ek nie n moroon te word nie. As ons kyk na die groot helde in die Bybel het hul almal opgestaan teen ongeregtigheid. Noag is gered omdat hy n regverdige man was, Moses het n man dood geslaan omdat hy n slaaf sleg behandel het en Christus het die tafels by die kerk omgekeer. Mens kan alles laat gaan of mens kan standpunt inneem

susan ·

Sien Poplap dis nou presies waarvan Rina praat. Party mense het bietjie weer nodig om van die Woord te hoor, want soos dit vir my Klink weet bitter min mense wat daar in staan.

Justicia ·

Onthou tog asseblief met die volgende plaas aanval, man war sy vrou moor of wat ookal dat jy presiea dieselfde woorde daar spreek. Onthou dan ook ne geen klippe mag gegooi word nie en vergewe asb tog baie gou

Skim ·

Ag Damm! Dit het niks met haat te doen nie maar wel alles met regverdigheid. En wat nou hier gebeur is nie regverdig nie……

Sterretjie** ·

Susan, nie n HAATDRAENDE nasie nie – pure FEITE!!!!

Ernest ·

Susan, jou waarneming is in die kol. Die samelewing is deesdae soos honger wolwe op soek na prooi om te verslind !!!!! Selfs ‘n Regter se oordeel is nie meer aanvaarbaar nie. Ongelooflik…!!!!!

Kathleen ·

Ons is dalk ‘n haatdraende nasie. Maar daar is mense wat ons rede gee om so te wees. Hierdie bewys weereen mans kan met vroue maak wat hul wil en hul gaan daarmee wegkom.

Francois le Cochon ·

Ek neem aan sy familie is verlig dat hy die groen lig gekry het om uiteindelik te loop!!

Francois le Cochon ·

Ek neem aan sy familie is verlig dat hy die groen lig gekry het om uiteindelik te loop!!

REGINA ·

Gun tog mekaar die son wat oor n ander een skyn, al is dit flou. Die paroolraad het tog nou besluit hy gaan onder streng korrektiewe parool vrygelaat word, en die Steenkamps het dit so aanvaar. Wat van al die plaasboere se moordenaars en verkragters wat weggekom het! Hou tog op om so haatdraend te wees teenoor Oscar.

Klaas ·

Dit het niks met haat te doen nie. Hyt n moord gepleeg en hy lieg nog die hele tyd oor wat gebeur het.

susan ·

Hi Klaas, Hoe weet jy Oscar het gelieg? Was jy daar? Is jy in sy kop/Gedagtes? Ek dink regtig dis nie een van ons se plek om Oscar so te verskeur nie. Reeva is weg, sy gaan nooit weer terug kom nie ongeag hoe almal ook al tekere gaan. En ja ek het ook dogters!!!!!

Yvonne ·

Dankie MAROELA vir julle geballanseerde berriggewing. So terloops, Zuma het dalk niemand doodgemaak nie maar hoeveel mense het al gesterf in ons land weens o.a. swak polisieëring en ‘n skokkend swak gesondheidsstelsel? Lees maar tussen die lyne want daar is ook maar ‘n deur tussen hom en sy volk!

Rynhardt ·

Yvonne,jy gaan beslis nes talle,met toe oe deur die lewe!Kom ek spel nog iets uit vir jou.Klink Zuma se treffer ,Umshimi Wam(bring my masjiengeweer)bekend waarmee hy die massas opsweep?U geliefde Zuma het n massamoordenaar van Soedan beskerm en geweier dat hy aan die internasionale hif uitgelewer word.Dit is n massamoordenaar wat christene in hul hordes vermoor het,maar daaroir spreek Saulus mos nie of hoe?Ek gun Oscar sy vrylating!

REGINA ·

Kotie, Rynhardt is heeltemal reg. Zuma het hom nog nooit teen plaasmoorde uitgespreek nie en a.g.v. sy swak regering word sy eie mense en veral ons Afrikaners uitgemoor en verkrag! Daar bestaan nie meer doodstraf nie! En wat se dit vir jou dat Zuma n massamoordenaar, niemand anders nie as Basjir, onlangs met alles moontlik in hom beskerm het sodat hy skotvry vanaf die AU-beraad terug kon “vlug” Soedan toe? En nou wil einste Zuma onttrek van die Internasoinale Hof, lyk vir my hy reken dan lyk sy “ligte mistykie” in sy oe beter vir die wereld! Maar die Internasionale Hof wag op Zuma se verduideliking, en hy verskaf dit nie! Wat se dit vir jou van Zuma? Die deler is so goed as die steler! Ons land se naam is weer MUISHOND! Oscar was reeds in die gevangenis en hy gaan nou wetlik op parool vrygelaat word, aanvaar tog nou die Regter en Paroolraad se beslissing!.

REGINA ·

Ek sal ook bitter graag wil weet wie is dan nou “Zuma se volk?!

Winston ·

Ai ai. As mense oningelig is gaan dit in die land soos nou. Lewer kommentaar op die berig en moenie mekaar se sienings aanval nie. Elkeen het reg op sy opinie. Daar is n baie groot verskil tussen “reg en verkeerd” en “die reg”. Sommiges dink Oscar was reg en sommiges nie. Die feite moet egter beoordeel word soos die reg bepaal. Die staat, verteenwoordig deur Adv Gerrie Nel, het appélleer teen die skuldigbevinding van Pretorius aan strafbare manslag en is oortuig dat dit moord was. Na die appélhof uitspraak moet almal berus daarby. Wat egter onduidelik is, is wat die parool vereistes is? Ek bevraagteken dit. Indien hy aan die vereistes voldoen, waarom is hy nog nie op parool nie? Indien die appélhof tot n ander gevolgtrekking kom, sal die hof n gepaste vonnis oplê en Oscar dalk weer in hegtenis geneem sal word of slegs die verhoorhof se uitspraak bekragtig, waarna hy op parool sal bly. Ek steun Gerrie Nel in sy aansoek.

Rynhardt ·

Yvonne,wie sy volk?Ek kan jou n lridraad gee.Zuma hou nie van Jan van Riebeeck nie!

Eliza-beth ·

Sterkte Oscar, mag jy krag hê vir jou moeilike pad vorentoe. Laat mense maar kritiek lewer en vingerwys en beskuldig – karaktermoord is net so erg soos enige ander sonde. Die oorledene was ‘n grootmens wat selfstandige beslutie geneem het selfs toe sy kon wegkom en hoe almal ookal redeneer, sy KON as sy WOU. Laat dit maar en bepaal jul by jul eie sake. Jy hoef slegs by God vergiffenis te kry en ek hoop dat jy die pad gaan loop wat Hy vir jou bepaal het, want ja, wat wie ookal sê, daar is ‘n Plan of ‘n Doel vir alles – of ons daarvan hou of nie; dis nie vir ons om te sê nie. Mag die oorledene se ouers ook tog nou net aanvaarding kry, die bitterheid laat staan, die ewige hardloop na koerante staak en hul lewe ook lewe op ‘n manier wat iets beteken vir ander. Gaan lees gerus oor Amy Biehl en hoe haar ouers kon vergewe en aangaan. En SY het nie ‘n kans gehad om weg te kom soos die oorledene vroeëer daardie aand gehad het nie. En vir al die ander – die wraak kom ONS nie toe nie. Laat staan, doen iets positiefs en konsentreer daarop.

Henry ·

Eliza-beth

Lewer jy dieselfde boodskap aan diegene wat andere se reg op lewe beëindig???

Dat die oorlewendes van al die slagoffers van die daaglikse geweld in hierdie droewe land – ouers, familie, vriende – moet maak soos jy onder andere vir hulle sê:

“…Mag die oorledene se ouers ook tog nou net aanvaarding kry, die bitterheid laat staan, die ewige hardloop na koerante staak en hul lewe ook lewe op ‘n manier wat iets beteken vir ander…”

Skokkend!!!

Eliza-beth ·

Regtig Henry? Laat ons dan oorloë bybring – mense wat massas ander uitmoor omdat hul regering om een of ander dom rede besluit hulle wil daardie land inneem/oorneem of om watter rede ookal. Ek verag moord en doodslag ja, maar wens julle vingerwysers wil net bietjie gaan sit en DINK voor jul die vingertjies gebruik. Julle was NIE daar. En wat julle ookal daarvan dink die oordeel kom jul NIE toe. As jy dink ids skokkend wat ek sê hoekom word die pers (veral oorsese) elke keer betrek by elke aksie/herinniringsdaad wat die ouers doen? Wat my betref rou mens in privaatheid. Die lewe wat hul voorheen gely het (gereeld dobbel ens) laat veel te wense oor en DIS wat ek bedoel, lewe ‘n lewe wat iets beteken. So hou maar jou aanval op my en jou veroordeling vir Oscar wat.

Henry ·

Elizabeth
Om ‘n verskillende mening as joune te hê, beteken nie dat daar ‘n aanval op jou geloods word nie. Is gewoon my standpunt. Soos jy ook ‘n standpunt het.

Ek sien jy dans al in die rondte en antwoord steeds nie my eenvoudige vraag of jy dieselfde boodskap verkondig aan al die siele wat ander mense se reg op lewe beëindig.

Dat jy selfs oorloë en mense wat in opdrag van hul regering ander mense doodmaak bysleep, hou tog geen verband met moord wat in ‘n oop en vrye gemeenskap gepleeg word nie. Piesang met ‘n paw-paw vergelyk???

Ek sien daar is heelwat van julle Ossie mense wat aan’t teem gaan met ; ‘was julle daar?’ Om julle nuttelose en irrelevante opmerking ook te gebruik ; nee ek was gelukkig nie daar nie, want anders het die ou my ook dalk dood geskiet, maar was jy dan daar gewees?

Ek sal intussen met belangstelling kyk hoe jy en wie ookal julle voorskrifte aan al die mense wie se geliefdes deur ander mense dood gemaak is, bekendstel.

Henry ·

Elizabet
Die spietkop wil om een of ander rede nie my baie beskaafde antwoord aan jou plaas nie.
Is uiteindelik nie van veel belang nie.
Reeva is deur Ossie dood geskiet en haar ouers, familie en talle vriende is ‘n geliefde kwyt.

Eliza-beth ·

Henry praat van op een snaar tokkel. Meeste van ons – ek in elk geval vra JUIS aan almal wat so presies “weet” wat gebeur het of hul daar was omdat hul so “seker is van hul saak en oordeel” . Sou jy moeite maak om reg te lees wat ek skryf sal jy sien ek skryf dat ek nie daar was en dus nie vir Oscar oordeel nie. Hy het berou oor wat gebeur het en dit sê baie – meeste moordenaars knip nie ‘n oog nie. Dis jammer dat jy my voorSTELLE aan mense as voorSKRIFTE lees – en nog jammerder dat diesulkes soos bv die Steenkamps nie hul eie lewe kan verander en verbeter deur kwaad en verbitterd te bly en mense soos julle wat nie eers een van die partye persoonlik geken het of, ja, weereens daar was nie nou so presies weet wat gebeur en regter wil speel. Jou en andere se probleem is plaas dat julle probeer om die mense op ‘nn manier positief te maak tokkel jul op een snaar en lees net wat julle pas in ander se kommentaar. Julle soek en sonder uit in geskrewe waarop julle kan hap – regtigwaar. Dis nutteloos om met stiksieniges te redeneer so dink maar wat jy wil, jy wil tog maar graag regter speel. Lees bietjie wat Awie en Stuart sê en gaan google gerus Amy Biehl se verhaal. Daar is dermiljoene mense elke dag (en vir jou inliging ek is een van hulle, ek karring en soek net nie heeldag simpatie oor dit nie) wat geliefdes op erge maniere verloor het – maar die lewe gaan aan . Gyp dit aan en maak ‘n verskil – ek probeer elke dag deur iets vir ander te doen. Nie moeilik nie en verander mense se lewensuitkyk – probeer dit, jy sal jouself dalk net verbaas.

EMK ·

Henry wat is skokkend daaraan om vir einigeiemand wat onder misdaad gely het te probeer aanvaar, verwerk en aangaan? Natuurlik is dit moeilik of moet ons liewer sê bly lê in sak en as en wees verbitterd en lewe jou lewe in donkerte. Jinne jy sit darem maar ‘n snaakse bril op ou, bekyk die lewe duer ;n rooskleurige een, dit help nogals! Julle wil nou maar net hê men smoet Oscar oordeel en veroordeel en kan net nie insien dat mens moet vergewe en aangaan nie. Die Steenkamps is nie die eerstes of enigstes nie en nie een kry minder swaar ins ulek situasie as ander nie maar die wenners is die wat uitreik, vergewe en uitstyg en ‘n vrugtevolle lewe lewe. Hulle het die negatiewe in ‘n positiewe verander en jy kan dit aan hul lewe sien.

Stuart ·

Henrfy – wat Eliza-beth probeer sê is tog duidelik – mense moet vergewe en aangaan. Met dineg soos bf die Holocaust in Dutisland waar derduisende Joed op dei gruwelikste maniere vermoor is of bv die Armeense “genocide” of in oorlogsituasies waar derduisende wreed vermoor word kry mense MEDALJES agv “dapperheid” waar hul help mense doodmaak het, nou, hoewel sleg en harsteer gaan almal so aan oor een meisie se dood. Die boodskap is duidelik, daar is miljuisende mense wat gedurig hierdie tipe hartseer meemaak en om in wrok te lewe help niemand. Sy noem ook duidelik dat sy teen moord en doodslag is maar wat nie een van julle kritici raaksien is dat sy doodeenvoudig vra dat mense moet leer om te vergewe en dat die wraak ons nie toekom nie – ai, paty mense snap makliker as ander…

Petronella ·

Is die oorledene dan nou volgens jou verantwoordelik vir haar eie dood? Babbel jy net lekker ofnhet jy ‘n punt

Stuart ·

Petronella, moenie woorde in ander se mond lê nie – dis mos nie wat Eliza-beth skryf nie. Mense maak keuses en wat dan gebeur is agv daarvan. As jy tussen haaie gaan swem en weet iets mag gebeur, ‘n reddingsboot kom en jy weier om in te klim, dan het jy ‘n verkeerde keuse gemaak. Sy het GEKIES om vroeër die aand NIE saam met die polisie te gaan nie, sy het gekies om te bly. Wat julle dink, wat julle ookal skryf hoe julle ookal oordeel gaan niks verander. Die Steenkamps moet leer vergewe – miljoene mense gaan daagliks deur dieselfde tipe trauma en en verlies en miljoene draai die hartseer om in iets positiefs. Dis ongelukkig hoe dit werk – of jy kan vir ewig met haat en lelike gedagtes rondloop en jou eie lewe ‘n hel maak of jy kan leer vergewe en aangaan. Hoe moeilik ooka,l ek hoop hulle werk aan aanvaarding en vergiffenis – dit is die enigste ding wat mens waarlik vrymaak.

Awie ·

Eliza-beth ek stem saam met jou, dielewe gaan aan en mense moet leer vergewe. Ek is deur ‘n baie, BAIEslegte ding jare gelede en het vir amper 12jaar met haat en wrok in my binneste rondgeloop. Een oggend toe ek in die spieël kyk, besef ek skielik hoe lelik ek geword het, mondhoeke na onder afgerem, fronsplooi…ja en daar het ek besluit ek moet werk aan myself en my gesindheid. My lewe moet aangaan, ek moet werk aan vergewe en ek het ‘n absolute ommeswaai in my lewe gehad. Mense het begin toenadering soek – iets wat ek nie eers agtergekom het is dat mense my weens my stroefheid begin vermy het! Dit was asof ‘n las van my skouers gelig het. Elke mens is geregtig tot ‘n opinie, maar die onsmaaklike oordeel wat mens gereeld lees is net swak. Komaan mense laat ons konsentreer op die positiewe! Ek hoop ook maar Oscar draai sy lewe om, hyhet beslis berou getoon en dat hy met sy lewe nog iets positiefs gaan doen – dis nou natuurlik as die negatiewes hom enigsins gaan toelaat ne!

Genis ·

Was Zuma nie bekend as die slagter van kamp Quadro in Angola nie? Nietemin, dit is onnodig en irrasioneel om hom hoegenaamd by die Oscar debakel te betrek of vergelykings tussen dié twee te tref.

Tammy ·

Ek is so dankbaar vir Oscar se parool. Ai jongman, koester jou lewe nou elke dag!!

REGINA ·

Maroela, waarom plaas jul nie my onlangse ingestuurde kommentaar rakende Zuma wat n massamoordenaar nl. Basjir beskerm het terwyl hy in SA op die hande gedra is nie? Die spreekwoord lui: “Die deler is so goed as die steler”! Dis in antwoord op wat Kotie se dat Zuma geen moord gepleeg het nie. Lees Genis se kommentaar, ek het ook so n voeltjie hoor fluit, sal die nodige bronne daaroor nader. As die Regter en paroolraad besluit het Oscar kry parool, dan moet dit so wees! Hy het sy straf uitgedien, terwyl vele moordenaars en verkragters skotvry rondloop en voortgaaan om 47 moorde per dag in SA te pleeg!

ekke ·

Elkeen is geregtig op n opinie , maar hou in gedagte GEEN SLAGOFFER verdien wat met hom of haar gebeur nie!!! Wie gee enige iemand die reg om n ander persoon se lewe in eie hande te neem …dis MOORD … ek is geskok oor die stand v.d saak. .. ‘n familie is ontneem van n geliefde en da word net gese hul moet aangaan met hul lewens , die vraag is hoe gaan mens aan ???

marianne ·

Oscar verdien nie vryheid nie. 5 jaar is belaglik!!! Hy het ‘n lewe geneem en ‘n familie geruk. Hy is nie SO spesiaal nie en moenie verhewe word nie.
Hy moet tog net nie weer aan sport deel neem nie!!! Die land se beeld is reeds vertrap.

SNEL ·

So goed soos om te poep teen donderweer, die regstelsel is in sy kanon in, so wat gaan gebeur gaan gebeur, maak nie saak of ons vir of teen dit is nie. Wat ek net sal wil weet is as hy nou uitkom, wat gaan hy doen vir n inkomste, want hy sal sekerlik nooit weer kan hardloop nie. Het hy n graad of n ding of gaan hy in n familiebesigheid werk of het hy nog geld weggebêre vir die maerjare of hoe?

Theresa ·

Ag siestog – Hoe dramaties tog………………………….

Narike ·

Wel, as die tralies en die wet hom nie kan inhou nie, hoop ek hy het ‘n gewete!!! En die gaan hom verskriklik pla. Geen mens wat ‘n gewete of hart het, skiet nie onnodig nie.

Zhara ·

Oscar alle sterkte vir jou. Tel die stukkies op en bou n nuwe legkaart. Almal staan onder God se oordeel ek en so ook jy en almal wat iets lewer. Die feit dat jy voor die gebeure alreeds in die kollig was maak dit net dat mense meer “belangstel”. Ek en baie ander weet dat jy weer sal opstaan.

oscar aanhanger ·

Great nuus!!!!!! Is SOOOOO bly vir jou part Oscar, sal by jou bly staan, NET LIEWE JESUS kan oordeel!!!!! ONTHOU net dit!!!!! Geniet jou tyd saam met jou wonderlike sussie en die res van jou familie!!!!!!!!

madre ·

Oscar mag GOD jou Krag voorentoe gee!. Ons sal nooit ooit weet want niemand van ons was in jou skoene wat daai moeilike pad loop ek dink as ek in so situasie was sou ek presies dieselfde gedoen het dink nie op daai oomblik behalwe om jou lewe te beskerm. Ek glo jou!. En GOD weet ook moenie na enige negatiewe jou onder kry bid GOD sal jou Krag gee vir almal wat nou klippe gooi want party mense meer geraamtes in hul kas hul deure net nie oop maar GOD weet. Ek geleer in die lewe om nooit te oordeel maar liewers te dink wat as dit ek was en niemand my glo hoe dan maar dan berus ek myself en dink alles op aarde nie verewig en GOD is verewig!. En het niks om aan enige iemand te verduidelik want GOD ons VADER weet en ken al sy kinders!. Sterkte!

Hettie ·

Ek is ook gestremde en het nie vir hom jammer gekry nie want hy is gestremde maar hy moet weet dat hy defentief sy meisie doodgeskiet het! Hy moet langer by gevonnis wees! Sterkte aan Reeva se ouers wat hul dogter vir altyd verloor!

Yvonne ·

Ek wil net vir Yvonne se as sy sulke nonsens wil praat moet sy asb ‘n ander naam as myne gebruik. 2 Yvonne’s gaan definitief nie werk nie, en aangesien ek al lank op Maroela is verander asb jou usernaam sodat ons weet wie is wie

BUSFARK VAN PLETSEN ·

Sterke Ozie baie van ons weet jy het berou kyk die wereld in die oe en gaan aan met jou lewe

pop ·

Dankie tog daar is nie n oorlog wat geveg moet word saam met sulke dwarstrekkige twisgierige mense soos my mede lesers nie. O wee, ons sou op ons herrie gekry het!!!

Poppie ·

Yippee!!! Ek is so bly vir jou part. Hou jou kop hoog. Jy gaan nog baie gekasty word. As dit n ongeluk was maak vrede. Net jy sal weet wat gebeur het. As dit uit woede was moet jy vir die res van jou lewe daarmee saam leef. Kry vergifnis!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.