Oscar Pistorius-vonnisoplegging: Staat gaan vra vir maksimum vonnis

Oscar Pistorius kort nadat hy Maandagoggend by die hooggeregshof in Pretoria aangekom het. Foto: Werner Beukes/SAPA/Pool

Oscar Pistorius kort nadat hy Maandagoggend by die hooggeregshof in Pretoria aangekom het. Foto: Werner Beukes/SAPA/Pool

Die staat sal Maandag in die hooggeregshof in Pretoria aanvoer dat Oscar Pistorius die maksimum vonnis moet kry vir strafbare manslag, het die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) gesê.

“Ons plig is om seker te maak ons versoek die swaarste moontlike vonnis,” het Nathi Mncube, woordvoerder van die NVG, gesê. Hy het gesê die staat sal redes aanvoer vir ʼn vonnis wat toepaslik is vir die erns van die misdaad.

“Hy is skuldig bevind aan strafbare manslag, iemand het hul lewe verloor en ons dink dit verdien die swaarste vonnis. Ons besluit nie wat is ʼn gepaste vonnis nie. Wetgewing rakende ʼn minimum vonnis is nie van toepassing op strafbare manslag nie, so daar is geen minimum of maksimum vonnis nie. Dit kan wissel van ʼn opgeskorte vonnis tot ʼn boete of tronkstraf,” het hy gesê.

Volgens Mncube sal dit oneties wees om in die stadium te sê of die staat teen die uitspraak gaan appelleer. “Ons moet wag tot die vonnis gelewer is,” het hy gesê.

Regter Thokozile Masipa het Pistorius op 12 September onskuldig bevind aan die moord op Reeva Steenkamp in sy huis in Pretoria op 14 Februarie 2013, maar skuldig bevind aan strafbare manslag. Hy is ook vrygespreek op van die aanklagte wat met die Vuurwapenwet verband hou.

Klik hier om die hooftrekke van die hofverrigtinge gratis op Maroela Media te volg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.