Oscar Pistorius weer in hof

Oscar Pistorius. Foto: Werner Beukes/SAPA

Oscar Pistorius. Foto: Werner Beukes/SAPA

Oscar Pistorius sal na verwagting Maandag vlugtig in die hooggeregshof in Pretoria verskyn.

Die verskyning is vir die amptelike uitstel van sy vonnisverhoor soos deur sy regsverteenwoordigers en die staatsaanklaers ooreengekom is.

Pistorius, wat skuldig bevind is aan die moord op sy meisie, Reeva Steenkamp, op Valentynsdag 2013, sal binnekort gevonnis word nadat sy vorige skuldigbevinding aan strafbare manslag na moord verander is. Hy het beweer die skietvoorval in sy huis in Pretoria was ʼn ongeluk nadat hy Steenkamp vir ʼn inbreker aangesien het.

Pistorius is aanvanklik vyf jaar tronkstraf opgelê nadat hy skuldig bevind is aan strafbare manslag en later op parool vrygelaat nadat hy ongeveer ʼn jaar van die vonnis uitgedien het. Hy is ook drie jaar tronkstraf, wat opgeskort is vir vyf jaar, opgelê vir ʼn vuurwapenoortreding.

Pistorius se regsverteenwoordigers het verlede maand gesê hulle het ooreengekom om die vonnisverrigtinge van hul kliënt uit te stel nadat die atleet se aansoek om sy vonnis te appelleer van die hand gewys is.

Die vonnisverrigtinge sal vandag amptelik tot 13 Junie uitgestel word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

alida ·

Ag dit is mos nie meer nuus nie. Nou gaan die aasvoëls seker weer op hom toesak. Los die man nou uit dat die reg sy loop neem.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.