“Die probleem is dat die staat nie van jou feitelike bevinding hou of dit waardeer nie en aanvoer dat dit verkeerd toegepas is,” het Barry Roux SC, vir Pistorius, aan regter Thokozile Masipa gesê. Roux het gesê die staat mag nie appèl aanteken teen die hof se feitelike bevindings nie, maar slegs op ʼn regspunt.
Staatsaanklaer Gerrie Nel het Dinsdag aangevoer dat Pistorius se vonnis “skokkend onvanpas” is. Hy het gesê die hof het te veel genade aan Pistorius getoon. Volgens Nel moes Pistorius kon voorsien dat hy onwettiglik die persoon agter die deur sou doodmaak.
Roux het gesê die argument dat Pistorius se vonnis te lig is met verwysing dat hy slegs ʼn sesde van sy vonnis (10 maande) moet uitdien, is ongeldig, omdat hy aansoek sal moet doen om op korrektiewe toesig vrygelaat te word.
Roux het gesê dit moet gemene sake wees dat die staat nie teen die feit kan appelleer nie. Volgens Roux is die argument dat iemand bedoeling gehad het om te skiet maar nie kon voorsien dat ’n persoon sou doodgaan nie, ʼn feit.
Masipa het albei partye bedank voor sy die saak tot Woensdagoggend uitgestel het. “Ek wil daaroor dink,” het sy gesê.
Pistorius was nie Dinsdag self in die hof nie en is verteenwoordig deur Barry Roux en Brian Webber, sy regsverteenwoordigers. Pistorius en Steenkamp se families was ook nie Dinsdag in die hof nie.
Masipa het Pistorius op 21 Oktober tot vyf jaar tronkstraf gevonnis nadat hy aan strafbare manslag skuldig bevind is. Sy het hom gevonnis ingevolge art. 276 (1)(i) van die Strafproseswet waarvolgens Pistorius ʼn sesde (tien maande) van sy vonnis moet uitdien voor die nasionale kommissaris van korrektiewe dienste kan oorweeg om sy vonnis in korrektiewe toesig om te skakel. Die maksimum vonnis ingevolge art. 276 (1)(i) is vyf jaar tronkstraf.
En so gaan nog ‘n moordenaar skotvry kom. Sy geluk was eenvoudig aan sy kant dat hy die “regte” regter gehad het. Hoekom kan álmal wat dan moord gepleeg het dan nie nie maar almal gaan sit vir ‘n paar maande en dan op parool vrygelaat word nie? Of hoekom nog tydmors en hulle laat sit vir ‘n maand of twee, hoekom enigsins ‘n hofsaak hê wat duisende rande kos. Laat ons maar almal links en regs wild en wakker mense doodskiet. Of is dit omdat OP ‘n klein godjie is wat hy so lig hiervan afgekom het? Vra maar net. Weet ek gaan nou weer dit kry van alle kante, maar is reg, ek kan dit, dis my eerlike opinie en ek gaan nie daarteen verander nie. Ek voel hy moes ten minste 10 jaar gekry het vir wat hy gedoen het. Hy het damn goed geweet Reeva is agter daai deur en hy damn goed geweet wat hy doen! Amen
Voel jy nou beter Mishka???????
Vra ek ook, Marishka….
En ek ook!!!
Hy moet sit vir lank!!
Bekomerd ek dink jy moet eerder jou spelreëls gaan leer en die regsuitsprake vir die regsgeleerdes los! Wat beteken ali, eder en trug? Het jy al ooit gedink dat dit miskien die waarheid kan wees?
Bekomerd ek dink jy moet eerder jou spelreëls gaan leer en die regsuitsprake vir die regsgeleerdes los! Wat beteken ali, eder en trug? Het jy al ooit gedink dat dit miskien die waarheid kan wees?
Nou maar wat is die waarheid dan, Christo? Dat jy ‘n lewe mag neem, nie kon voorsien dat die afvuur van ‘n rondte iemand se lewe kan neem nie? Dat 10 maande voldoende is? Die waarheid is dat hierdie geval deure kan oopmaak vir ander swakkelinge om ook te moor, want as jy hard genoeg huil, gaan jy slegs aan strafbare manslag skuldig bevind word, en dan net ‘n sesde van jou vonnis uitdien. Dit is die feite, en die regter moes dit kon voorsien het, wat sy duidelik nie gedoen het nie.
Wat ook waarheid is, is dat die regstelsel ontoereikend is, en in elk geval toegepas word deur swape wat daar sit, net omdat hulle hulkruisies op die regte plek trek. Punt.
Jy is seker n reggeleerde almal kon ni verder gaan leer ni as jy nie selfoon s ms verstaan ni gaan leer verder maar oscar moes lewenslslank gekry het hy verdien dit ni di lekker lewe buite die tronk ni
Ek is nie ‘n Oscar “fan” nie, maar dit klink vir my of die regter se uitspraak reg was. En onthou tog hy het nie 10 maande tronkstraf gekry nie! Hy het 5 jaar gekry en dit kan gebeur dat hy 5 jaar sit. Die afslag geld vir alle mense, maar nie almal kry dit nie. Vra maar vir Clive Derby-Lewis.
As jy geld het is jou kanse 95% om los te kom. Vra maar vir Dewani. Oscar is seker bitter spyt
dat hy nie vir regter Traverso in sy hof uitspraak gehad het nie.
Vra ‘n vriend van Oscar my so tyd terug wat ek van Oscar dink … “hy’s ‘n klein twit”!