Oscar Pistorius wil hierom appelleer

Oscar Pistorius. Argiefforo: Siphiwe Sibeko/Reuters/Pool

Oscar Pistorius. Argiefforo: Siphiwe Sibeko/Reuters/Pool

Die nasionale vervolgingsgesag (NVG) het gesê hy sal versoek dat Oscar Pistorius die voorgestelde minimumvonnis van 15 jaar tronkstraf ontvang vir die moord op Reeva Steenkamp.

“Hy is skuldig bevind aan moord en hy is ʼn eerste oortreder. Die wet skryf 15 jaar voor as die toepaslike vonnis vir moord,” het Luvuyo Mfaku, woordvoerder van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), gesê.

Pistorius is Dinsdag op borgtog van R10 000 vrygelaat. Hy het intussen in sy verklaring in die hof aangedui dat sy regspan die konstitusionele hof sal nader om verlof tot appèl teen sy skuldigbevinding aan moord.

Volgens Pistorius is sy regte geskend deur die appèlhof se beslissing aangesien die hof volgens hom op feitelike punte eerder as regspunte oorweging gegee het deur hom aan moord skuldig te bevind. Hy voer ook aan dat sy vooruitsigte vir ‘n regverdige verhoor belemmer is deur die regstreekse televisie-uitsending. Volgens Pistorius het dit daartoe gelei dat sekere getuies nie wou getuig nie.

Adv. Gerrie Nel, namens die staat, het Dinsdag aan die hof gesê daar is geen vooruitsig dat Pistorius se appèl sal slaag nie. Pistorius het 15 dae om teen die appèlhof se beslissing te appelleer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

Sabrina ·

Se nou Reeva was nie eens in die huis nie, is nie vermoor nie, maar wel n werklike gewapende rower….. Oscar sou nogsteeds op n mens geskiet het, maar sou dit moord gewees het? Sou dit selfverdediging gewees het? Is die saak anders hanteer omdat Oscar bekend is?

grotman77 ·

Sabrina en alle vroue Oscar aanhangers…. ek’t 2 bene en 2 arms as ‘n gewapende rower toegang tot my plek gekry het sou my eerste optrede wees dat my vrou/meisie of wie ookal veilig is , en vir haar se om onner bed te klim of in die kas weg te kruip of haar vra om die polisie te bel. Ek laat my nie vertel dat die kamer so donker was dat hy nie kon gesien dat sy nie in die bed is nie. Dat hy ook nie probeer het om vasstel of die geluid wat in die badkamer gehoor is nie dalk van die persoon gekom het wat langs jou behoort te le nie . Dis maklik jy vat jou hand voel langs jou ok sy’s ini bed dus is die geraas iemand anders . As iemand langs jou le en jy draai om gaan jy beslis weet iemand is langs jou en my vraag is hoekom het hy nie haar wakker gemaak as hy so bang was en haar gewaarsku het daar n moontlike inbreker is nie of haar vra om gou die panic button te druk ..terwyl hy sy wapen op die deur gerig het. n Mens gaan ook nie sagies om rol en rustige gryp na jou wapen en tjoep sit en rustig wag en n paar skote deur die deur jaag nie dis nie logies nie…..

Martin ·

Die hof het bevind hy sou besef dat sy daad gegewe in die die klein spasie en die tipe vuurwapen wat hy gebruik het, ‘n persoon agter die toe deur se dood sou veroorsaak. Daar is baie duidelike wetgwing rondom vuurwapens en die gebriuk daarvan. Voordat ‘n vuurwapen aan ‘n persoon uitgeryk word, moet hy volgens wet die nodige bevoegdheid sertifikaat bekom. Dit kan alleenlik uitgeryk word nadat die persoon die nodige teoretiese en prakriese eksamen geslaag het. MAW hy moes bewus gewees het dat sy daad vir hom ernstige gevolge gaan inhou. Wat wil hy nou in die Konstitisionele hof gaan maak. Laat hy maar gaan geld mors.

Monica ·

Ja ek dink so niemand weet werklik wat die aand gebeur en Nel het sy mes ingehaad van die begin ek is jammer tel die fonnes nou nie wat hy reeds gesit hetek weet moord is moord ek dink ook hy is uitgelewer aan die media as hy nie so bekend was sou die saak anders gewees het,

Dee ·

Jou tweede vraag eerste:
Die saak is nie anders hanteer omdat Pistorius bekend is nie. Die saak loop veel meer kinkels en draaie omdat daar meer geld as gewoonlik is vir verdediging.
Jou eerste vraag word geantwoord met ‘n teenvraag: Indien dit ‘n inbreker was wat in ‘n kas gespring het en die deksel toegeklap het om weg te kruip en vier skote is deur die kas geskiet, sou dit moord wees?
Vier skote is geskiet van laag tot hoog om seker te maak wie ookal agter die deur is word getref. Besluit self op ‘n antwoord.

Dirk Hall ·

‘n Eenvoudige antwoord sou wees dat hy steeds skuldig sou wees aan moord as daardie persoon geen daadwerklike bedreiging vir hom ingehou het nie. Veronderstel dit was ‘n ongewapende huisbreker wat betrap was en die toe die toilet ingevlug het en homself daar toegesluit het sou dit ‘n geval van moord kon wees.

Maar die reg is nie altyd so eenvoudig nie. Elke saak het sy eie feite en omstandighede wat aan die hand van bestaande regsreëls getoets en oorweeg word.

Vir een – ek sou nie geskied het nie. Sou voor die deur gebly het en die polisie gebel het. Self as hy sou uitkom en dood eenvoudig wegstap sou ek hom nie geskiet het nie. Was ek in werklike lewensgevaar? Nee! Het hy in die proses my laptop gevat en daarmee ook weggestap … Elke ou vir homself.

Franse ·

As ek hom betrap in my plek skiet ek hom mors dood en smyt hom weg geen vrae geen stories nie

sannie ·

Ek sou dieselfde gedoen het as jy Frans. Dirk Hall mag dit nie met jou gebeur dat jy moet besluit of jy gaan skiet of nie. Maklik om op die kantlyn te staan en te se ek sou so en nie so gedoen het nie. Werklikheid…daai is heeltemal anders.
Bets Bothma wat kan ek se….jy vat die woorde so uit my mond…Ek stem saam oor die fonds stig. Weer eens dit is maklik om ander te veroordeel as jy nog nie in so n posisie was nie
Dankie Gertjie ek voel dieselfde en Bennie, ja niemand het toe gal gebraak nie

Dirk Hall ·

@Sannie. Ek staan nie op die kantlyn nie. Dit is my brood en botter. Ek sien en hanteer gereeld daardie persone wat die perke van redelike optrede oorskry het. Ek is ‘n polisieman. As jy dom ding wil doen gaan doen dit op ‘n plek waar jy nie my pad hoef te kruis nie. Ek neem aan jy het nie ‘n bevoegdheidsertifikaat om ‘n vuurwapen te hanteer nie. As jy een het, het jy dit beslis op ‘n onwettige wyse bekom.

Die realiteit is – die Oscar-saak is ‘n waarskuwing aan almal wat nie binne perke optree nie. Die goue reêl is en bly – was jou lewe of iemand anders se lewe bedreig of was daar ‘n aanval of dreigende aanval vat jou so laat glo het – mag jou optrede as redelik beskou word. Beskerming van eiendom is nie hier ingesluit nie.

Oscar het gefaal om die hof van die bestaan van enige bedreiging te oortuig en daarom was sy optrede verkeerd en sal enige een wat die selfde optree verkeerd optree.

Die appelhof het dit net op ‘n geleerde manier gestel wat nie altyd vir almal sin maak nie. Dolus eventualis en dolus generalis klink dal indrukwekkend maar beteken in plein Afrikaans – as daar geen bedreiging bestaan nie moenie dom dinge doen nie.

Bets Bothma ·

Ek dink dit het tyd geword dat ons n fonds stig vir Oscar se regskostes. Ek het so paar aande gelede met die gedagte aan die slaap geraak met die gedagte hoe weerloos jy is as jy DINK jy is veilig in jou huis, in jou bed … hoeveel plaasmoorde is daar nie net gepleeg in die afgelope maand nie? Ek glo in my hart dat Oscar nie n moordenaar is nie, dat hy daardie nag geskiet het met die wete in sy kop dat hy MOET homself en Reeva beskerm. Dit wat op daardie ongelukkige aand gebeur het is n produk van ons lewensomstandighede in SA – ons is nie meer veilig in ons eie huise nie … en ja, ek het 2 pragtige dogters!

Willie Brits ·

Daars nie ‘n manier wat regdenkende mense sal bydra tot hierdie skurk se fonds nie!! Hy weet wat gebeur het, en hy is gans te ‘trigger happy’ om op vrye voet te wees.

Elisabeth ·

Bets, hoekom stig jy nie liewer ‘n fonds vir mense wat van ernstige misdade aangekla word en wat geen geld het vir verdediging nie? Dit wys jou hoe word mense geïntimideer deur bekende name. Dis duidelik dat Oscar wou moor, dat die verweer wat hy in die hof aangevoer het pateties en selfregverdigend is. Hy is ‘n tipiese kind van sy tyd: nie bereid om enige verantwoordelikheid te aanvaar nie – die rede waarom ‘n regter hom geglo het, is dalk omdat ons van regeringskant geboelie word om te aanvaar dat “belangrike” mense geen persoonlike aanspreeklikheid het nie en kan maak soos hulle wil. Die wet is mos vir “gewone” mense.

Jorrie ·

Volgende Roux het Oscar net R10000 om vir borg te betaal, maar hy het R 100 000’e om Roux en sy regspan te betaal vir appel na die konstitusionele hof. Hulle het n argument gehad en sy is geskiet uit woede, As Oscar van die begin erken het, en sy staf soos n man vat het hy in 2016 uitgekom op parool, en geen bates verloor nie. Gaan betaal vir jou sondes

Johan ·

Petoors dis nie nou “my lady” snot en trane hier en daar nie, betaal gaan jy betaal, of dit nou hier of hier namaals is, betaal gaan jy betaal. Jyt aan bloed gevat, met bloed gaan jy betaal

Gertjie ·

My huis is die laaste veiligheid wat ek het as jy ‘n regering het wat nie omgee nie.
Kom druk jou kop deur my venster en sien wat gebeur… ek sal nie vir een oomblik skroom
om te skiet nie.

Berhalet Beukes ·

Ek is geensins ‘n Oscar Pistorius aanhanger nie, maar wat die NVG in sy geval doen is walglik! Almal jubel en juig dat hy nou van moord skuldig bevind is maar nie een van die mense wat so jubel en juig gaan so tekere oor die hope gewoonte misdadigers wat met nóg erger dade wegkom nie! Dis ‘n skande dat hy uitgesonder word en almal uit hulle pad gaan om juis sy saak so gou as moontlik deur die howe te kry voor dit sluit sodat hy in die tronk kan bly! Wat van al die ander misdadigers? En is ons witmense so kleinlik in die lewe dat ons nie ons monde oopmaak omdat algehele hantering van hierdie storie verregaande is nie? Ja hy is skuldig en wat van die res van die varke daarbuite wat oor en oor verkrag en moor? Nee genade, wat is fout met die mensdom?

Dirk Hall ·

Jy is totaal verkeerd. Oscar speel met die hof en poog om met leuens die Hof te oortuig van sy onskuld. Die saak wat jy aanhaal het die Pa nie die Hof van sy onskuld probeer oortuig nie.

Die Hof weet dat die pa ‘n ewige self opgelegde straf sal dra omdat hy sy eie dogter se lewe geneem het. Dit is seker die swaarste straf wat op enige pa se skouers kan rus. Dit is ‘n lewenslange vonnis.

Bloues ·

Bets: Kry liewer n projek op die been waarmee Reeva se ouers bygestaan kan word.
Die verskil tussen Oscar se saak en plaasmoorde is dat Oscar haar laat veilig voel het(soos jy in jou eie huis) en toe, met 4 skote deur n baie dodelikke handwapen haar geskiet het.

As dit n beskermings gevoel was wat Oscar laat skiet het, hoekom dan 4 skote Bets. Sou Reeva nie na die eerste skoot gegil het nie Bets?

Jy kan glo hy is onskuldig, dis jou reg, die feite egter wys dat hy n moordenaar is. En daarvoor moet hy gestraf word.

henk ·

hier is darem ‘n paar regte grootbek kommentators op hierdie blad. TOTDAT jy IN die omstandighede is. Wonder wat sal jy dan daarna se?

Sabrina ·

Grotman, ja jy het 2 arms en 2 bene. Oscar nie. Hy’s baie meer vulnerable, daarom sal hy veg in n veg/vlug-situasie. Het jy elke dag die hofsaak gevolg? Hy was by skuifdeur, ni langs haar gele om sy arm uit te steek ni. Sy sou badkamervenster toegemaak het, toe staan dit oop…. Hy skree: Reeva call the police! Sy skrik en sluit toiletdeur. Hy dink skelm kom uit – ek sou OOK geskiet het!! In daai oomblikke van vrees en paniek, dink niemand normaal ni, jy dink om jouself en gesin te beskerm.
Retief Liebenberg skiet 2 ongewapende mense in sy huis dood en kom los. Hoe werk dit???

Henry ·

Pistoors het vir Reeva deur ‘n geslote deur dood geskiet.
Vyf regters het aan die hand van alle getuienis wat gelewer is, beslis dat hy aan moord skuldig is. Of hy ge-DINK het dat dit ‘n inbreker was, of dat hy ge-WEET het dat Reeva agter die deur gestaan het, is van weinig belang.
Dit is die feite.
Sy is ongelukkig dood en kan nie vertel wat werklik die aand gebeur het nie. Ek aanvaar dat haar weergawe van dit wat werklik plaasgevind het, hemelsbreed van Pistoors se verskeidenheid vertellinge sal verskil.
O ja. Soos die verskeidenheid sprokies waarmee Pistoors vorendag gekom het, het joune ook nie kans op oorlewing nie.
Liw whif iet.

Mulller ·

Oh ja Sabrina voor sy haar toesluit in die badkamer, trek sy gou tenvolle aan en gryp altwee haar selfone. Dan terwyl sy vir haar “veiligheid” in die badkamer weg kruip, skiet haar wonderlike ou haar morsdood! En onthou die 1ste koeel het nie haar dood veroorsaak nie, sy was eers gewond, en glo my as jy geskiet word wat gaan jy doen, GIL!!!!! Wel teen die tyd weet hy mos dis sy in die badkamer, en toe volg nog 3 skote!!
Sjoe ne, maar ja die arme man is onskuldig!!

Leeutjie ·

Sabrina: Ek stem saam met jou! Ek sou totaal paranoia gehad het sonder bene! Sy agtergrond as kind is ook om van in trane uit te bars.

Willie ·

Sabrina
So hy was die heel nag langs die skuifdeur? Snaaks..mens sonder bene heelnag op sy stompies langs die skuifdeur….??? julle argumente is so voos soos die deur was nadat hy vier skote daardeur gejaag het….

Moeksie ·

Bets begin jy maar die fonds vir Oscar – ek sal nie ‘n SENT bydra nie. Ek kan nie glo mense soos jy is so “gullible” vir al hierdie twak wat hy praat om sy eie gat uit die tronk te hou nie. Hy is ‘n MOORDENAAR – I rest my case…

willie ·

Jip…. nie eintlik ‘n been om op te staan nie..maar begin maar ‘n fonds.

Leeutjie ·

Willie: Ek het jou nou letterlik opgeneem! Jy het my nou darem laat lag!

Bloues ·

Henk. As ek in die omstandighede sou wees, sou ek presies dieselfde opgetree het ad Gerrie. Ek sou met alle mag die moordenaar blootgestel het. Of verwys jy na Barry se omstandighede, of miskien Reeva se ouers se omstandighede? Indien jy na Oscar sin verwys(ek glo egter nie dit is die geval nie) sou ek NIE 4 skote na n mens agter n toe deur skiet nie. Ek sou nie want ek wil nie n moordenaar wees nie. Punt

Joa ·

Julle almal praat sommer net. Tensy jy self deur ‘n skiet voorval gegaan het waar die vrou deur haar man / vriend geskiet is, weet nie een van julle waaroor dit gaan nie. Ek het omgedraai en weg gehardloop toe my man sy vuurwapen op my rig maar dit het hom nie gestop nie, hy het my 3 keer geskiet en nadat ek geval het het, het hy my in die gesig geskiet. Hy het hom daarna self geskiet en is die volgende dag oorlede. Ek was daarna bang vir alle mense. Ek wou nie eers besoekers by my in die hospitaal gehad het nie. Ek weet nie hoe ek sou voel as hy geleef het nie. Ek dink ek sou vir die res van my lewe in vrees gelewe het. Ek se nog, Oscar moes seker gemaak het Reeva is veilig in die bed voordat hy agter die geluid aan beweeg het. ‘n Mens trek die sneller omdat jy hom wil trek en meeste van die tyd weet jy presies na wie jy skiet.

Nadine ·

Wat ek nie verstaan nie het enige van die staat of verdediging gewonder of ondersoek ingestel oor hoe die “Intruder” in die huis gekom het? Deur die badkamer venster? Indien hoe het “Hy” tot daar bo gekom as daar geen teken was van ‘n leer teen die muur om by die venster in te sluip nie, onmoontlik om die muur uit te klim sonder enige hulp. Nee wat ek glo nie Oscar se storie nie. My opinie hy het geweet wie in die toilet was en het geregtigheid in sy eie hande geneem sonder om 2 keer te dink.

Muller ·

Bets jy glo seker ook aan Liewe Heksie. Rerig?? As hy konstitusionele hof toe gaan is hulle gelaai met die geld. Is jy net so vrygewend as dit kom by die arme plaas boere wat so uitgemoor word en die vrou of die kinders nou alleen moet aansukkel? En wat van die res van die moordernaars, jy kan nou nie onderskeid tref en net fokus op Oscar nie, daar is elle lange lyste van moordenaars, asb onthou om hulle in jou stigting te onthou ook

Melt Olckers ·

Dit is ouens soos hy wat Pappa se geld misbruik om die regstelsel te misbruik en op te hou. Di striem die regstelsel.

Henry ·

Maroela
Wat is fout met my poging? Vloek, skel, persoonlike beledigings, lieg, bedrieg ens ???
Ek het al die een van stadig lees gehoor. Hoe staaaaarag is staaaaarag?
Wil veel eerder lyk asof daar teen ‘n paar van ons ge-diskrimineer word.

sonnie ·

Hemel….kom ons gee eerder soveel publisiteit aan al die plaasmoorde en mense wat in hulle huise vermoor word soos die vyftienjarige dogter ook in die koerant.

Carl ·

Ek kan vir jou een ding Se was dit ek of jy en het ons iemand Se lewe geneem het ons lankal gesit. Maar dis Oscar en dis geld wat praat. Al was dit n inbreker en het hy iemand anders geskiet was dit nogsteeds moord waarvoor hy moet boet.

pop ·

Ek nog nooit gehoor n dief breek in en maak homself in n toilet toe nie, Nogal een wat die verste van alles af is. En as dit so was, was hy naby ontsnappings roete trap af, maar nee hy gaan n gangetjie in en deur n badkamer en skiet in n toe toilet deur in. Snert en kaf. Oscartjie, jys nog net so arrogant soos altyd. Jyt Reeva agterna gesit en sy kon nie verder vlug nie. Siestog.

pop ·

En daar se die NVG dit nou self, vir n eerste moord skryf hierdie patetiese land 15 jr voor. So eers as jy jou 2 de moord gepleeg het kry jy die 25jr. Ek slaan my oe opwaarts.

Pierre Prinsloo ·

Ek sal graag will sien DAT die staat en Gerrie Nel met die selfde toewyding en fondse die plaas moordenaars vervolg maar dit is wens denkery DAT dit sal gebeur want dit is nie belangrike saak vir die staats lakeie end dwepe nie.

Karin ·

Sover ek weet was Reeva nie ten volle geklee nie, maar in n kortbroekie en strappy top – ek slaap ook daarin. As ek snags moet toilet toe gaan en my selfoon flikker n boodskap, vat ek dit baie keer saam en lees sommer op die toilet. Sou ek dan hoor ek moet die polisie bel, sal ek toiletdeur toesluit. En hoekom sal n dief nie voor hy steel eers in toilet wegkruip as hy hoor mense word wakker nie?? Daar is veel meer logiese verklarings as bewyse teen Oscar. Maar Gerrie het mense mooi gebrainwash sodat almal sy storie glo. Niemand sal ooit weet wat die waarheid is nie, so hou op oordeel!

Poplap ·

Indien jou fabel iewers in die omgewing van waar sou gewees het…dan moes Pistoors mos geweet het dat Reeva in die toilet is en dat daar nie een of ander ‘inbreker’ skuil nie. Waar sou enige ‘flikkerende boodskap’ vandaan gekom het in die vroeë oggendure?

Sy het nie tyd gehad om te verklee nie, want Pistoors het haar bedreig, waarna sy haar in die eerste die beste plek toe gesluit het, om van Pistoors se woede en vuurwapen weg te kom.

sabrina ·

Hoeveel ‘gewone’ mense kom los? Baie. Waarom is mense so afgunstig op ander se rykdom en status? As OP se familie nie in sy onskuld geglo het nie, sou hul nie soveel geld gee om hom tronkstraf te spaar nie. Die Pistoriusse lyk vir my na baie goeie mense, stylvol en ordentlik.

karin ·

Vat dit vir jouself. Jys beroemd met baie geld . Jyt glad nie bene nie. Ek sal kwesbaar voel en bedreigd voelEn ja met die misdaad in suid afrika . Geen mens is meer veilig nie. Ek dink regtig hys onskuldig . God het hom klaar vergewe . Wie gee ons die reg om dit dan nog teen hom te hou…

sabrina ·

Poplap, flikker jou foon ni as daar n email deurkom ni? Dit gebeur deur die nag ook, veral vanaf mense in ander lande. As hy by skuifdeur is en sy’s nog in die bed volgens hom, kan hy mos dink di geluid in badkamer is van iemand anders. Sy’t soontoe gegaan terwyl hy by ‘fan’ besig was. Hoekom is dit so “onlogies” volgens die Oscar haters? Hul wil nie insien dat hul verkeerd kan wees nie. Dis mos lekkerder om te oordeel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.