Oscar praat van die bloedige Valentynsdag in eerste TV-onderhoud

'n Skermskoot van die onderhoud met Oscar Pistorius.

‘n Skermskoot van die onderhoud met Oscar Pistorius.

Oscar Pistorius het in sy heel eerste televisieonderhoud sedert hy op Valentynsdag in 2013 vir Reeva Steenkamp doodgeskiet het, huilend vertel dat hy haar bloed nog ruik en voel.

Die eksklusiewe ITV-onderhoud, wat deur die ondersoekende joernalis Mark Williams-Thomas behartig is, is in Pistorius se oom se huis in Waterkloof en die moordhuis in die Silverwoods-landgoed opgeneem en Vrydagaand om 23:00 op M-Net vir Suid-Afrikaanse kykers uitgesaai.

Oscar begin die onderhoud deur vol te hou dat hy sy meisie as ʼn inbreker aangesien het.

“Ek ruik nog die bloed, ek voel die warmte daarvan op my hande,” sê hy. “Ek verstaan die hartseer van mense wat lief was vir haar en haar mis. Ek voel dieselfde pyn. Ek voel dieselfde haat vir myself. In ongeloof vra ek myself, hoe kon dit gebeur?”

Oscar en Reeva het drie maande lank uitgegaan toe sy op 13 Februarie 2013 vir die laaste keer hom gaan besoek het. Oscar se suster, Aimée Pistorius, sê in die onderhoud sy was opgewonde dat haar broer met Reeva uitgaan. “Hulle het gelukkig saam gelyk en goeie chemistry gehad,” sê sy.

Oscar verduidelik sy het 18:00 by sy huis opgedaag waarna sy aandete gemaak het. “Sy was vriendelik en het geglimlag, ek kon sien sy was opgewonde. Sy het die tafel mooi gedek. Ons het geëet en ’n ruk lank by die tafel gesit en gesels.”

Die twee is daarna slaapkamer toe om televisie te kyk. Hy verduidelik in detail waar hy sy vuurwapen gebêre het, die skuifdeur oopgemaak het en waaiers aangeskakel het omdat dit bedompig was.

“Voor ons gaan slaap het, het sy nog gesê ‘Babba come brush you teeth’,” sê hy met ʼn hartseer glimlag. “Voor ek aan die slaap geraak het, het ek haar gevra of sy sal omgee om die skuifdeur toe trek. Ure later is sy dood.”

Oscar sê hy het net na 03:00 wakker geword en gesien Reeva het nie skuifdeur na die balkon toegemaak nie. Hy het op sy stompies uit die bed geklim om die deur en gordyn toe te maak. Die kamer was pikdonker. “Reeva was langs my toe ek uit die bed geklim het.”

Hy sê hy het ʼn skuifgeluid in sy badkamer gehoor en was bang omdat daar voorheen naby sy huis ingebreek is. “Ek het paniekerig geraak. Ek het vir Reeva gefluister om die polisie te bel en om op die vloer te lê terwyl ek my vuurwapen kry. Ek het aan haar veiligheid gedink.”

Hy is sonder sy prostese in die klein gangetjie na die badkamer toe terwyl hy skreeu: “Get out of my house, get the f*** out of my house!”. Toe hoor hy die toiletdeur toeklap. Hy skreeu weer vir Reeva om die polisie te bel. Hy was angsbevange. Hy sien toe die badkamervenster staan oop en hoor ʼn lawaai agter die toe toiletdeur.

“Toe ek weer weet het ek vier of vyf skote geskiet. My ore het getuit. Ek het weer na Reeva geskreeu maar kon niks hoor nie.”

Hy het teruggeloop na die bed en besef sy is nie daar nie. Hy was eers verlig en het gedink sy het weggekruip, maar sy was nie op die grond nie, ook nie agter die gordyne nie. “My hart het gesink. Ek het nog gedink daar was ʼn indringer in die huis, maar toe besef sy was dalk agter die geslote toiletdeur.”

Hy is so vinnig soos wat hy kon op sy stompies na die toilet, maar die deur was gesluit. Hy is terug na sy bed om sy prostese aan te sit. Hy het tevergeefs probeer om die deur oop te skop en met sy skouer te stamp terwyl hy Reeva se naam noem en hardop bid dat dit nie Reeva is nie.

Hy gaan kry dan die krieketkolf waarmee hy die deur stukkend slaan en kry Reeva gebuk oor die toilet.

“Toe weet ek, ek het haar doodgemaak, sy is dood,” sê hy en begin hardop huil. “Ek wou haar optel, maar kon nie. Ek het die handdoek gegryp. Daar was net bloed orals, net bloed orals, so baie bloed,” waarna hy onbedaarlik huil.

Hy sluit dié gedeelte van die 45 minuut lange onderhoud af met verwyt. “Sy was seker badkamer toe om haarself te gaan verlig en toe sy die geskreeu hoor het sy haarself daar toegesluit. Ek het myself al menige keer baie vrae oor klein dingetjies gevra soos waarom ek nie die skuifdeur toegemaak het voordat ek gaan slaap het nie. As dit nie vir iets so klein was nie, was sy dalk nog hier.”

Vrydagaand se uitsending was deel van ʼn spesiale Carte Blanche-program. SuperSport sal dit ook weer uitsaai en dit sal later op DStv Catch Up beskikbaar wees.

Lees alle vorige berigte oor Oscar Pistorius op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

81 Kommentare

Poplap ·

Wat ‘n absolute klugspul. Oscar se tranedal was perfek geoefen hy kan sommige akteurs ‘n go gee. Dit was die grootste fout wat hy kon maak om hierdie onderhoud te doen. Waar moontlik nog simpatie vir hom kon gehad het het hy dit nou heeltemal vermorsel met sy “woe is me attitude”. It’s all about ME dis wat oorgekom het in die onderhoud. Ag nee wat dis ‘n klugspul die hele clan kan hul koppe in skaamte laat sak omdat hulle so daarvoor gedruk het. Hulle het meer skade as goed aangerig. Jig slegte poefie smakie gelos

san ·

Dis so hartseer as jy na ons afrikaner mense luister en lees hoe hulle een mens so kan veroordeel!! As Oscar nie beroemd was nie, sou daar nie soveel veroordelings gewees het nie en soveel publisiteit daaroor nie!! Jul wat so oordeel en net op Oscar konsentreer asof hy die enigste moordenaar is, wil net vir jul vra wat van al die ander moordenaars in ons mooi land wat op vrye voet nog is of wat slegs 2 of 5 jr tronkstraf kry en uitkom om weer te gaan moor!!Hoeveel ander vroue en kinders word daagliks hier vermoor – jy hoor nooit weer daarvan of dat hul so veroordeel word aanmekaar en nie te praat van soveel media dekkings nie!!! As Oscar doelbewus haar vermoor het, sal hy met sy gewete moet saamleef – n erger straf gaan wees as die selle. Hy moet eendag voor God gaan staan en by Hom sal net die Waarheid wees want voor God is daar nie leuns nie – Slegs Die Waarheid. God alleen kan oordeel. Elkeen van jul wat met n steen staan om Oscar te stenig en veroordeel moet pasop dat daardie einste steen(e) nie eendag na hul kant kom nie.Ons mense moet mekaar bymekaar staan, omgee vir mekaar en mekaar respekteer in geloof soos Christene en vlgns God se Wil,

martien ·

My mammie ons reeds van klein af geleer om nooit n leun te vertel nie. As jy aanhou om leuns te vertel sal jy jouself begin glo. Ek verstaan nou wat mammie bedoel het…..

Rob ·

San. Ons oordeel nie vir Oscar nie. Die wet en Hof oordeel hom en sal hom tronk toe stuur. Ons stem net saam met die uitslag! En ja, ons moet omgee vir mekaar – ek gee om vir Reeva!! En ja ons mag nie oordeel soos God nie. En ja sy gewete gaan hom pla elke dag – dit is hoe dit hoort!!

christine ·

Nooit baie van hom gehou nie gedink hys bietjie trigger happy En eendag gaan daar n ongeluk gebeur.Maar egter nooit getwyfel of gedink hy is skuldig nie.

Amelia ·

Selfs die geharde afgetreerde regter het gisteraand besef wat werklik gebeur het. Mense is wreed en kan so maklik n opinie vorm…nog nooit het hy ontken dat hy haar lewe geneem het nie…maar dat hy bedoel het om haar spesifiek dood te maak is bespiegel maar NOOIT bewys nie…ek voel jammer vir hom en waarmee hy moet saamleef…

E ·

Hierdie man verdien nie die selle nie. Hy verdien ook nie negatiewe kommentaar nie. Dit was ń ongeluk wat baie tragiese gevolge gehad het. Ek staan by Oscar en ek weet daar is baie ander wat dieselfde voel. Ek hoop en bid sy verhoor uitslag sal positief wees. Hy het nog soveel talent en ek glo hy kan positief tot die gemeenskap bydra.

ai ·

Verdien nie die selle nie????!!!!! Deur moord te pleeg? Is jy n regter? Ken jy al die feite? Wat van Reeva wat nie meer n lewe het nie? Ongelooflik dat die man nou die onskuldige is?!

Wilma Potgieter ·

Ek kan net se Dankie Liewe Vader dat ek Oscar nog nooit verdink het nie. Ons gesonde mense leef in vrees hoeveel te meer n gestremdesvir al di misdaad. Ek bid vir hom. Sterkte.

Liewe heksie ·

So jy verdink hom nie Mia??? Wie verdink jy dan?????

Hendrik ·

Na Gisteraand se storie het ek hom baie jammer gekry. Tot die besef gekom kan met enige een oorkom, veral in vandag se tyd met misdaad. Kan duidelik sien hy kry swaar en dit sal sy hele lewe lank by hom spook wat ek dink al klaar n groot straf is wat hy op sy eie gaan worstel.

bielie ·

Poplap jou slegte mening dra nie water nie. Ek hoop en bid dit kom jou nooit oor nie. Jy moet net dankie sê dat jy nie in sy skoene is nie.

Susanna ·

Steeds die 1 vraag Waarom het Reeva n blou oog gehad. …..????

Amelia ·

Logiese bioligiese antwoord…as jy jou neus breek is jou oe ook blou ..

Clyvia ·

Johanna, dit was as gevolg van die impak van die koeël. ‘n Verslag wat in die hof gelees is, het dit ook genoem.

Joe ·

Het nog nooit van OP gehou nie … hy is te vol van homself …. helse attitude … dit help nie nou om op tv te praat nie , hy het reeds die skade gedoen deur moord te pleeg . Hy het ook nie die waarheid in die hof gepraat nie & hom telke male weerspreek …. hy soek nou self bejammering & hy dink nou net aan homself …. Sorry … maar ek se OP moet boet vir sy dade & terug gaan tronk toe , dit is waar hy hoort . Hy kan nie die tronk vry spring deur dit wat hy gedoen het nie , weereens hy kan nie die ” punch ” van die straf vat nie , regte Jannie Jammer .

Charmaine ·

Julle wat die klippe gooi was mos daar het self hoogtes bereik met n gebrek en is vlekloos… sies

Koos Karoo ·

Vooraf ingeoefende vertoning om die maksimum simpatie te probeer ontlok. Alles gaan oor Oscar, wat nog steeds geen berou toon nie, en voorgee dat die feit dat hy Reeva vermoor het, bloot ‘n tegniese aangeleentheid is. Om te sê dat hy nie sy “lewe wil mors” deur in die tronk te sit nie, en dat Reeva dit nie so sou wou hê e nie (!!!!), ignoreer hy die feit dat hy haar lewe in totaal gemors het deur haar dood te skiet.

Lh ·

Die enigste nar gedurende die bespreking was die kamstige sielkundige wat regs gesit het, om slim te wees is een ding maar om jou slim te wil hou is heel iets anders. Om mense se woorde en gedrag so te draai dat dit by jou siening pas is nie baie moeilik nie.

Pastoor ·

In die 1st plek moes sy nooit daar gewees het nie. Jy slaap eers saam na die Huwelik. Gen 3 sê n man sal sy huis verlaat trou met sy vrou en hulle sal een wees. Die amder maniere werk nooit

Bobby ·

Liewe aarde Pastoor! Dit is presies wat hulle gedoen het. Hy het ‘n vrou gevat! Maar in plaas van om vir haar te sorg het hy haar vermoor!!!

Pastoor ·

Klink maar vir my asof hy lank gedink het. Hyt n goeie storie. Weet nie of hy waterdig is nie

M'Lady ·

Ek glo Oscar se weergawe 100%. Hy het geskiet sonder om te dink. Dis hoekom hy self nie kon verklaar hoekom nie. Sy storie van dag een af het dieselfde gebly. Onthou net hy was op al die medikasie (seker 10 verskillende pille) wat die nugterheid waarop hy vrae in die hof beantwoord kon beinvloed. Soos die afgetrede regter gese het laat hy onder huisarres bly en gemeenskapsdiens doen. Die tronk gaan nie vir hom of die gemeenskap baat nie. Hy is n gebroke man.

antonet ·

Ek stem saam, laat hy kinders met gebreke help. Iets positief. Oscar sal homself nooit vergewe nie. Ten minste kan hy dan n positiwe bydrae maak vir die samelewing…

Bobby ·

M’lady en Antonet – ” Hy is ‘n gebroke man Hy sal himself nooit vergewe nie” Strooi man!! Hy het klaar ‘n nuwe meisietjie en geniet die lewe te lekker!!!

Knapie ·

Die Appèlhof het hom skuldig bevind aan moord. Hy moet dus sy straf gaan uitdien. Gedra jou mooi ini tronk, moenie tantrums gooi nie en siedaar jy kom vroeër uit. Jade Panayotou sit al n jaar in die tronk – verhoorafwagtend.

indigogirl ·

Umm, ekskuus tog? Jade? In die tronk? Het ek iewers iets gemis?

lang dries ·

Het iemand al ooit v oscar gevra of daar loadshedding op die aand was as nie hoekom het hy nie kamerlig aangesit om te sien of reeva by hom was nie die inbreker was dan volgens hom in die badkamer . Ek pa van 3 dogters sal meeste pa’s sommer se dis ok glo sy weergawe as jou dogter so geskiet word? Ek sal nie!

antonet ·

Nadat ek dreigemente ontvang het het ek amper my eie seun met n mes aangeval. Ek se net dankie dat ek nie n geweer gehad het nie…. ek was vrou alleen (met my kleuter vas aan die slaap by my), bang en het GEWEET hy slaap in die onderste verdieping en breek nooit sy roetine nie. Min wetend dat daar n pyp gebreek het en sy kamer was onder water. Daar was n oomblik wat ek sy naam wou se (nadat ek iemand bo gehoor het) maar ek was bang die skelm weet dan eks wakker. Al wat ek kan se is, as jy nie in daardie skoene staan met daardie persoon se verwysings-raamwerk, gebreke,vrese en paranoia nie, kan jy nie oordeel nie. Toe ons altwee lam van skok kon praat het hy gese hy wou se Mamma, maar was bang hy maak my wakker. Hy het net op die regte oomblik wegbeweeg. Let wel, ek is teen geweld, maar ek was bang en was reg om die ‘inbreker’ dood te steek, of ten minste af te skrik.

Antoinette ·

Weet julle, ek kry Oscar regtig jammer. Hy het van die begin af dood-eerlik gesê hy het haar doodgeskiet. Ek glo dit was n ongeluk. Hierdie man het n gewete waarmee hy moet saamleef vir die res van sy lewe. En net so terloops: watter reg het ek en ENIGE iemand anders om hierdie man verder te veroordeel? Ons SELF doen ELKE dag dinge waarmee ons ander mense se lewens verwoes, hetsy dit met ons tong is, of met n blote skewe gedagte aan n ander persoon. Net: Ons dade of woorde kom nie altyd aan die lig nie.

Sonet ·

Oscar het glad nie soos sommige moordenaars soos bv. “Modimolle” verkragter en moordenaar probeer vlug nie. Daar was oorgenoeg tyd en voertuie, maar hy het by Reeva gebly. Dit laat mens nogal dink…

TVR ·

Punt bly staan sy is dood deur sy handewerk en die gereg Moet sy gang gaan daar is BAIE ander gestremdes ook id tronk, as hy tot tronkstraf gevonnis moet word is dit dan word dit in ag geneem. Hy het dan so asngedring om id normale katagorie deel te neem bd spele… Hoekom is sy gestremdheid nou n issue as dit by tronkstraf kom?

Skepties ·

Ek glo nie sy storie nie. Het nog nooit nie en sal ook nie.

Ander Koos ·

Ja, beslis bietjie dik vir ‘n daalder. Beter dat hy nou stilbly en die gevolge van sy onbesonne daad dra

cobusp ·

Oscar jy se Reeva was die oorsaak van haar dood want sy het nie vir jou gese sy gaan tiolet toe nie……………..Jy is so n groot leuenaar en jy begin jou self te glo…………het jy vergeet wat ontbloot is in die hof………..Reeva was nie in haar slaap klere nie maar in haar gewone klere in die tiolet gevind, wat se dit? Die deur was gesluit, hoekom…..Sy het haar selfoon by haar gehad, hoekom….daar is met die nadoodse ondersoek gevind daar was 2 skiet wonde op haar een voorarm van n windbuks “air rifle” met dieselfde patroon merke in die kamer. So jy moes haar aangerand het en begin skiet het met die air gun agv rusie tussen julle……sy het skreeuende gevlug na die tiolet en dus toe dat jy haar met daai vreeslike skietyster met spesiale patrone haar koelbloedig vermoor het en haar gemors het en dood geskiet deur die deur……Jy is n moordenaar

Rientjies ·

Leer die Bybel ons nie om 7x 7 te vergewe en nie te oordeel nie? Vir wie is en was die Here daar? Vir die sondaars en moordenaars! Oscar moet daarmee saamleef van wat daardie aand gebeur het. Dis alklaar ‘n vreeslike ding. Ek glo verseker dat hy die horlosie sou wou terugdraai. Sterkte vir Oscar!

ai ·

Jy moet nog steeds die gevolge van jou dade dra. Of moet ons vir elke moordenaar, verkragter en ander kriminele net se … dis okay ons vergewe jou, gaan maar aan met jou lewe? Tien regters sal hom nie skuldig bevind sonder bewyse nie. So hou op om op gevoel te se hy is onskuldig en DINK aan die onskuldige lewe wat hy geneem het!

Ander Koos ·

En dieselfde bybel leer ook ” ‘n oog vir ‘n oog en ‘n tand vir ‘n tand”. Watter een is waar?

HFC ·

Ander Koos: en dieselfde bybel leer ook dat AS jy per ongeluk iemand anders se dood veroorsaak, jy na een van die vrystede kan vlug waar niemand jou iets mag aandoen nie.

Joann ·

Indien Oscar per ongeluk geskiet het vra ek vergifnis. Maar hy is skuldig volgens my. Ek nou al so dik vir sy toneelspel. Hy moet tronk toe en vinnig ook.

Hammie ·

Niemand kon nog verklaar hoekom Reeva na 3 in die oggend badkamer toe is EN die deur sluit nie! Ek dink sy was bang………..

Elke ·

Ek het n swak Blaas weens n motor ongelukkig Staan omtrent elke uur op vir n badkamer. Ek is al badkamer toe my Honde hoor blaf na die Venster geloop en volgende oomblik was my man gereed on my deur n venster tehardloop by het my nie eers hoor opstaan nie

Hendrik ·

Reeva is toilet toe Oscar oppad badkamer toe dat by vir Reeva skreeu bel die polisie. Daai oomblik toe hoor hy badkamer deur toe gaan en sluit. Ek glo sy weergawe. Wat snaaks is toe Reeva se pa in hof was, het hy omtrent gebewe en geluide van huil…. Maar sien nie n traan!!! Reeva se dood het haar ouers bekendheid en rykdom gebring

Lh ·

Dit was n tragiese ongeluk en dit is net gerrie nel wat nie sal saamstem nie agv sy persoonlike image.

Bibbies ·

Oscar moes nooit ñ atleet geword het nie maar ñ akteur, wanneer hy uit die tronk kom eendag moet hy beslis by Hollywood gaan aanklop…….

jaco ·

gerrie beter sy werk doen. hy is n wit afrikaanse man en hy is staatsaanklaer. dis n wonderwerk dat hy nog so ‘n pos in die staatsdiens het.
wat ek egter nie verstaan nie, is dat sy aanvanklike kritiek op regter masipa se aanvanklike uitspraak en ligte vonnis van Oscar, nie as rassisme gesien is nie.

Bibbies ·

Oscar is ñ fantastiese akteur met toneel spel uit die hoogste rakke…….

Kobus ·

Skuldig of nie skuldig (met opset)..?? Soveel meenings.. Kyk en sien gerus die volgende feit raak wat so baie mis. Om n vuurwapen te besit vereis opleiding gevolg deur n toets aflegging. In min woorde, jy gebruik slegs jou vuurwapen in n lewens bedreigde situasie wanneer jou eie lewe direk in gevaar is en alle tekens daarop dui dat die aanvaller jou lewe gaan neem. OP het geen van hierdie aspekte eers in ag geneem nie… Net so terloops, net een skoot maak dood.

Paull ·

Kobus, Jou bydrae is sekerlik een van baie min wat die waarheid mooi vasvat. As vuurwapeneienaar is dit tog baie, baie, baie nodig om te weet jy skiet slegs na ‘n geïdentifiseerde teiken, ek onthou selfs tydens ons troepie opleiding as jy ‘n teiken raakskiet wat iemand sonder ‘n wapen voorstel, was blarepluk jou voorland.

Schalk ·

Vir n man wat ter versagting sy gebrek voorhou, en die feit dat hy al voorheen die slagoffer van huisbraak was, het hy darem n vet kans gevat om aan die slaap te raak met sy skuifdeure oop. En dan wil dit vir my klink asof hy nou vir Reeva blameer omdat sy vergeet het om dit toe te maak. As n pa en man,is dit my plig in hierdie land, om seker te maak dat alle deure en vensters toe en gesluit is voordat ek in n bed klim. Dat hy reeds deur hel gaan kan n mens nie ignoreer nie,en dit sal nog baie erger word. Ongelukkig sal niemand ooit die volle waarheid van wat daai aand gebeur het, weet nie.

John ·

Die antieke Griekse tragedies was veral gerig op gebeure in famiies, soos in Oeidipus waar ‘n seun sy pa vermoor en met sy ma trou. Hierdie gebeure sou daarvolgens die mees tragiese van almal wees weens groepskuld en omdat die moordenaar in ontkenning bly juis omdat hy/sy dit self nie wil glo dat hy of sy soveel woede en haat jeens sy naaste koester of durf openbaar nie. Hierdie dramas was glo gerig op die katartiese -/suiwerings-effek by die toeskouers juis omdat hulle onbewustelik identifiseer met die karakters. Freud het gewaarsku dat ‘n mens se diepste psige nie aan homself bekend is nie en dat hy/sy, wanneer sekere omstandighede voordoen, tot erge aksies mag oorgaan…

johan ·

Ek glo in Oscar se onskul 100%. Dit kan met enige iemand gebeur.
So kom ons kyk gou hier:
Moses slaan n egiptenaar dood..hy word een van God se grootste leiers oor Israel;
Dawid laat die koning vermoor in n oorlog om sy vrou te kan kry..en tog was hy n man na God se hart..
Paulus vervolg christene, vermoor hulle en gooi hulle in die tronk..en tog; was hy een van , nee die grootste moordenaar wat God uitverkies het om die evangelie te verkondig en n baie groot gedeelte van die NT te skryf.
Dus my vriende..kyk na jou hand waarmee jy n vinger wys…kyk mooi…wat sien jy…3 vingers wat terug wys na jouself toe.
Gan staan in Oscar se skoene in die aanklagbank en probeer normaal antwoord of optree…jy gan fail…
Soos vriende reeds gesê het, hy het nooit ontken dat hy Reeva doodgeskiet het nie.
Sy weergawe van gebeure kan niemand sê dat hy lieg nie. Daar was niemand anders behalwe hy en God wat die waarheid ken nie. Wat ek hierbo lees tov sy onderhoud, was van die begin af so.
Laaste vraag wat ek wil vra aan diegene, einlik almal, en dit sluit myself in, as jy sonder foute is, tel dan n klip op en gooi hom na die “beskuldigde”. Maar weeee..oppasas jy uitgevind word dst jy meer sondes en oortredinge het as die persoon waarna jy n klip gegooi het.
Groetnis

susan ·

En as dit jou dogter was? Wed jou jy het nie een nie? As jy een het en dit was haar lot. Hoop ek dit sou ook jou antwoord gewees het.

Poplap ·

Impliseer jy nou rerig dat Oscar een van God se uitverkorenes is? Rerig?
Onthou asb om hierdie gelowige benadering to volg met elke liewe misdadigers in die land. Onthou ne dit moet nou in sluit die plaasmoordenaar die rower die verkragter want almal verdien mis vergifnis. Onthou as die hof saak vir moordenaar van daai agent voorkom mag jy nie vingers wys nie net want daar gaan dan 4 terug wys na jou. Asseblief laat weet of jy dit kan en sal doen.

Georgie ·

In die hofsaak het Gerrie mos bewys hy kan nie verantwoordelikheid vir een v sy dade vat nie, blameer almal, tot sy regspan, nou HOEKOM gaan hy die ware gebeure erken?

2.Nie eens sy suster of broer, of enige v sy familie het tydens “sentencing” vir hom gaan getuig nie…bang vir Gerrie Nel, nee ek glo nie. As dit my broer was het ek die belangrikste geleentheid gebruik om met die regter self te praat en in te tree vir hom

thers ·

Ek verstaan nie, toe Oscar stilgebly het, het mense gepraat, noudat hy uit eindelik praat, nou is dit ook verkeerd.
Wat is dan nou uiteindelik sy opsie!!!!!

Pippie ·

Sy opsies is eenvoudig:
Go to jail do not pass go do not collect R100.

Poplap ·

Ag dit maak eintlik nie saak wat hier geskryf word nie. Die hof het gespreek en dit is nou dit. Oscar is verhoor,veroordeel as moordenaar en moet nou net gevonnis word en sy tyd uitdien soos enige ander krimineel. Ons opinies is eintlik maar irrelevant ne.

Liewe heksie ·

Tjankbalie meen die lewe draai net oor hom DIE BLOEDDORSTIGE VROUEMOORDENAAR

John ·

?..tel ‘n klip op… Oscar kon nie vlug nie… want daar is ‘n wag by die hek, wat ook ‘n inbreker sou keer… Hierdie scenario is presies wat die verdediging gebruik het en amper mee geslaag het. Almal kruisig vir Piet maar Oscar wil ons vrylaat. Ons is bosregters wat kies wie moet sterf en wie moet vry gaan. Beide Piet en Oscar is in die hande van ons Hemelvader wat ons harte na Hom wil draai. Vergifnis en bekering is vir almal. Mense gaan nie bepaal wie Hemeltoe sal gaan of nie. Die Bybel se regters moet regverdig oordeel: nie ‘n man oorsien net omdat hy ryk is nie, maar ook nie ‘n arm man net omdat hy arm is nie.

Pippie ·

Die hof neem nie die Bybel on ag nie dit neem die wet (law of the land) in ag

Denise ·

Wel hoe spreek mens dit aan… Ek het glad nie die onderhoud gekyk nie. En die saak het ek net gevolg aan die begin toe alles net gebeur het. Maar my gedagtes bly by die saak dat dit met eenige iemand kan gebeur. As die ‘n inbraker wel was sou die saak nog steeds so groot gewees het? Net omdat dit Reeva se lewe was en nie die van ‘n inbraker nie word hy so afgebreuk waar ‘n lewe ‘n lewe is. Of dit nou haar lewe was of die van iemand anders… Hier in die leaveld waar die crime net so erg is dat jy nie meer by die deur kan in of uit sonder om te worry dat iemand jou gaan aanval nie was daar al ‘n paar videos release waar jong meisies inbreukers met ‘n healgeweer wou skiel, as sy wel raak en dood geskiet was sou dit steeds dieselfde reaksie gehad het as die?
Al wat ek se is dink voor jy judge. Die Here weet wat is die waarheid en om sout in die man se wonde te smeer is so ‘n aardelikse ding. Ek wens in my hart dat julle simpatie sal toon en ek wens dit oor geen van julle oor nie.
Na die alles het die Here steeds ‘n plan met sy lewe en so elkeen van julle ook.

Denise ·

John in dien jy nie maroela media gelees het twee – drie dea terug nie… Hulle het in pretoria een van die sekuriteits komplekse in gebreuk en ‘n musiek groep se klank stelsel gesteel ter waarde van R15 000. Hulle het by ons huis in gebruik wat ook in ‘n kompleks is waar jy moet in teken en die kluis met gewere uit die grond uit geruk tv al die rekenaars juwele en klomp goed gesteel.
In vindag se lewe is dit bitter maklik…

Ina ·

Jammer Reeva kry nie ook ‘n kans om in ‘n onderhoud te vertel wat daardie angswekkende aand gebeur het nie …..

Vettie ·

So moeg om van die ou te lees. Hy is n slap gat en plaas dat hy net se wat die aand gebeur het. Maar nie hy tjank die hele tyd en dink mens moet nou jammer vir hom voel. Gaan sit in die tronk en dink aan jou sondes en wees n man en vertel wat regtig gebeur het. Dit is waar jy hoort. Jy moes eers gedink het voor jy geskiet het.

Elke Murray ·

Almal wat vir OP so oordeel en van julle iemand se lewe direk of indirek geneem ? Die skuldgevoel wat n mens saam loop loop elke dag saam dit Klim nie iewers af nie. 10 jaar terug op ouderdom van 17 het ek my vriendin saam genooi na n partytjie op n ander dorp. Ek het nie gestuur nie maar ek is die een wat die bakkie bestuur het nie maar ek het haar wel saam genooi en ook saam g egaan toe sy n storie vir haar ouers versin het. Daardie aand het die bakkie gerol my vriendin is op slag dood. Ongelukkig het mense hulle eie weergawe opgemaak ek word tot vandag toe daarvoor veroordeel. Geen persoon Kom net oor so iets nie. My man het my al amper deur ons Kamer venster gehardloop omdat by gedink het dit is n inbreker hy het my glad nie hoor opstaan nie.

Buks ·

Lang Dries ek weet nie waar jy groot geword het nie maar in die Nuwe SA skakel jy nooit ligte binne die huis aan om te hoor waar n moordenaar in jou huis inbreek nie. Nooit moet jy vir jou vyand wys hoe dom jy is nie. Dit gaan te goed met die meeste van ons daarom verstaan ons nie mense se aksies en gedrag wat se lewens al aan n draaitjie gehang het nie. Vat liewer die dronkaards en dwelm gebuikers vas wat my en jou familie lede se lewens op die paaie kan neem. Hulle kom weg met moord. My opienie.

Petro ·

Wil ook net se! Hoekom het Reeva nie terug geskreeu…..babba dis ek wat in die badkamer is nie. Net tenminste iets gese. Nee want sy het weg gaan kruip om op haar foon te wees. Oscar het nie beplan om haar te gaan skiet nie. En nie een van ons kan oordeel as ons self n geraamte in die kas het nie.

Dave Viljoen ·

Die feit dat hy die sneller getrek is bo alle twyfel bewys, so is die feit dat daar ‘n geskil was tussen hulle voor die voorval. Hy moes net erken en die waarheid gepraat het, en sy spyt en jammerte opreg getoon het dan sou sy straf ligter gewees het, maar om te lieg en ‘n skouspel te gee, gaan hom ‘n swaar straf op die lyf haal. Dit is net jammer dat die doodstraf afgestel is, want as dit my dogter was, was ek lewenslank en nog ‘n rukkie in die tronk en ek sou versagtende omstandighede kon aanvoer.

Annatjie durant ·

Ek is bly ek staan nie in Oscar se skoene nie!!Met die mate waar mee jy ander meet, sal jy ge meet word! Niemand Ken hom persoonlik nie? En niemand was daar toe dit gebeur het nie

Van ·

Al wat Reeva nooit sou wou gehad het nie, is om nie doodgeskiet te word nie!!!!

Blondie ·

hy is n passiewe leuenaar, maar sy gal sal gewerk word. Ek dink Reeva sou ook iets kon se. Kyk hoe lyk haar ouers. Deur een gewentenlose passiewe leunaar. Gooi die sleutels weg

Cherie ·

Afgesien van die feit dat hy berou toon , moet mens ongelukkig die gevolge dra van jou aksies. Net hy sal waarlik weet wat daardie aand gebeur het. Die wette van ons land is egter verantwoordelik om strafregtelike implikasies te he vir mense soos Oscar wat die wette oortree. Sonder om persoonlik te raak dink ek mens moet die bewyse objektief oorweeg en uitspraak lewer. Daar is nie plek vir emosie in hierdie geval nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.